PETRE SE LEKKER VRUGTEKOEK
PETRE SE LEKKER VRUGTEKOEK
1,3 kg vrugtekoekmengsel
400 g rooi glanskersies
250g ontpitte dadels grof gekap
250 g gemengde neute
1 flessie groenvye gekap
15 groterige stukke maketaan fyn gekap
1 koppie cranberries
250 ml brandewyn
500 g botter
500 ml sagte bruinsuiker
10 ekstra groot eiers
10 ml vanieljegeursel
10 ml karamelgeursel
60 ml lemoenmarmelade
4 koppies ml koekmeelblom
2 ml sout
5 ml neutmuskaat
10 ml fyn kaneel
10 ml gemengde speserye
10 ml fyn gemmer
Meng al die vrugte met 1 koppie brandewyn en laat week oornag
Voer 2 vierkantige 20cm-koekpanne met 2 lae waspapier en 2 lae bruinpapier ( ek sit nog tinfoil ook tussenin .. Spuit of smeer goed en hou eenkant.
Klop die botter en suiker saam tot romerig. Voeg die eiers een-vir-een by en klop goed na elke byvoeging. ( Ek voeg n teelepel koekmeel met elke eier se toeveoging by … Dit help dat die mengsel nie skif nie). Voeg die geursels en marmelade by.
Sif die meel, sout en die speserye saam. Voeg die vrugte by die droe bestanddele en meng goed sodat al die vrugte met dit bedek is … Voeg dan die bottermengsel by en meng goed. Skep die beslag in die gesmeerde panne en bak ongeveer 2 1/4 ure in voorverhitte oond by 140 grade Celcius. Gooi 125 ml brandewyn dadelik oor elke koek sodra dit uit die oond kom. Laat die koeke heeltemal in die panne afkoel.
BRON/FOTO: Petré Van Jaarsveld
Beslag 1 en ‘n half keer aangemaak

Voorbereiding van die panne

Foto: Petro Kloppers













