CARROT AND PECAN NUT MUFFINS
INGREDIENTS
2 1/2 cups self-raising flour
1 tablespoon caster sugar
3/4 cup milk
1 egg, lightly beaten
1/2 cup vegetable oil
3/4 cup brown sugar
1 teaspoon mixed spice
1 3/4 cups grated carrot
1/2 cup pecan nuts
METHOD
Preheat oven to 190°C/170°C fan-forced preheated oven.
Combine the flour caster sugar, brown sugar, mixed spice, carrot and pecans in a bowl. Make a well in center.
Add milk, egg and oil. Mix until just combined.
Bake for 20 to 22 minutes or until golden and just firm to touch. Stand in pan for 5 minutes. Turn onto a wire rack to cool completely.
PHOTO: Chevonne Candice Williams
SOURCE: From Chevonne Candice Williams grandmothers recipe book
VEGETARIESE HERDERSPASTEI


VEGETARIESE HERDERSPASTEI
50 g sampioene gesny
3 knoffeltoontjies
500 g gemengde bevrore groente
1 blik tamaties
15 ml origanum
80 ml room
1 blik botterbone gedreineer sout en peper
kapokaartappels vir bo-op
Stel oond op 190ºC.
Roerbraai al die groente en prut vir ‘n rukkie, roer room by.
Bone kan fyngemaak word as jy dit verkies.
Voeg die groente mengsel in diep oondskottel, skep fyn aartappel bo-oor en bak so 25 min.
Lekker met volkoring brood en slaai.
Resep geplaas: Maude Kate Potgieter Bester
VOLSTRUISNEK OP MY OSSO BUCCO STYL


VOLSTRUISNEK OP MY OSSO BUCCO STYL
BESTANDDELE/METODE
1 Volstruisnek ( in stukke gesaag)
1/2 teelepel Naeltjies
1 Ui (grof gekap)
Sout
1 koppie Asyn
Bedek nek met water en voeg die sout, naeltjies, ui en asyn by. Kook vir 20 minute. Gooi water uit. Tap skoon water in en gooi weer die water uit … Bedek weer met water.
Voeg by :
Sout en Peper na smaak
1 Groot ui (grof gekap)
1 stingel Seldery ( gekap)
3 takkies Roosmaryn
5 takkies Tiemie
3 knoffel Chives blare (gekap)
1/2 teelepel Naeltjies
1/2 bottel Rooiwyn
Kook vir 45 minute
Voeg by:
Geelwortels (French cut) lekker groot stukke
Aartappels in blokke gesny, of Baba aartappels
Kook vir 15 minute. Haal van plaat af en skep nek, aartappels en geelwortels uit in oondskottel
Voeg by in oondskottel:
Sampioene en green-,red-, en Yellow Peppers … Lekker groot stukke gekerf.
Maak aan:
1 pakkie oxtail soppoeier, 1 pakkie bruin uie soppoeier, en 3 eetlepels Bisto, met 1 koppie rooiwyn en water … Gooi mengsel by sous in pot, en kook tot die sous dik raak … Gooi oor nek in oondskottel.
Bedek oondskottel met foelie en bak @ 180 grade C vir 2 tot 2 1/2 ure.
BRON/FOTO: Petré Van Jaarsveld
SALM SOP UIT FINLAND


SALM SOP UIT FINLAND
1 ui, opgekap
4-5 aartappels, geskil en opgesny in blokkies
3-4 wortels, geskil en opgesny
1,25 liter vis aftreksel
1-2 kg salm, in blokkies gesny
100-200 ml room
1 koppie dill
sout en peper
Braai die ui in botter vir ‘n paar minute.
Voeg die aartappels en wortels by en gooi water tot net bedek.
Laat die aartappels en wortels tot sag kook.
Voeg dan die salm by en laat kook tot die vis ligte pienk kleur raak.
Dit vat so 5 minute.
Voeg dan die room, vis aftreksel en dill by en laat prut vir omtrent 10-15 minute.
Voeg sout en peper by soos jy verkies.
Die sop is baie lekker om dadelik te eet, maar soos enige ander sop proe dit altyd beter die volgende dag.
Resep en foto: Nadia Thölix
GIDEON SE BRAAI AARTAPPELS


GIDEON SE BRAAI AARTAPPELS
Ek het vandag vir die eerste keer in n laang tyd n middagbraai gehou en sooooooo het ek weer iets nuuts getraai en wassit nie heerlik nie aartappels wat in die vorm van ‘n bakkie gesny is toe op ‘n sosatie stokkie gessteek met die holkant bo
Braai dan oppie kole vir so ‘n halfuur en vul dan met mostert en ‘n bietjie chillie sous en basil pesto dressing wat gemeng is met kaas bo oor
Sjoe dit was lekker sal dit beslis weer doen !
BRON/FOTO: Gideon Louw
JIMMY SE KERRIE BRAWN
JIMMY SE KERRIE BRAWN
4 Varkpote
1,5 kg beesskenkel
Stuk Beespens
5 groot uie gekap
400 ml asyn
30 ml matige kerrie poeier
15 ml borrie
15 ml sout na smaak
2 ml peper
Plaas pote, pens, en skenkelvleis in groot diep kastrol met Dik boom. Voeg res van bestandele by asook genoeg water om vleis mee te bedek . Sit deksel op en kook totdat al die vleis van bene val. Laat afkoel tot lou, verwyder al die bene.
Maal al die vleis fyn en voeg by sous in kastrol, voeg nog kookwater by as sous te min is. Laat dit opkook en kyk of daar genoeg sout en kerrie in is.
Giet die mengsel in reghoekige of vierkantige bakke en plaas in koelkas om te stol. Dit is na n paar ure reg vir gebruik.
BRON/FOTO: Jimmy Smit
VINNIGE SPEK EN KAAS BALLE
MAKETAANSTUKKE
(Ek kook net 1 kg op n slag) Sny een groot maketaan in skywe van 5 cm en verwyder die groen skil en die binneste sagte gedeelte met die pitte. Prik dan die heel waatlemoenskywe met ’n vurk en sny dit daarna in stukke of gebruik n prikker.
Plaas in ’n kalkoplossing (25 ml gebluste kalk per 5 liter water) en week vir een dag. Roer gereeld terwyl die stukke daarin week. Spoel die stukke deeglik af. Verhit water in ’n groot kastrol tot by kookpunt en gooi ’n bietjie sout by.
Plaas die stukke een vir een in die kokende water en maak seker dat die water nie ophou kook nie, anders word die stukke pap. Kook die stukke vir 10 minute.
STROOP
Weeg die vrugte en vir elke 1 kg waatlemoenstukke gebruik jy 2,5 liter water en 1,5 kg suiker wat daarin opgelos is. Verhit die water en gooi die suiker stadig by terwyl jy aanhoudend roer totdat al die suiker opgelos is.
Dit is belangrik dat die water nie moet kook voordat al die suiker opgelos is nie. Gooi 25 ml suurlemoensap en 4 stukke vars gemmer by die stroop en kook 10 minute lank. Plaas die waatlemoenstukke geleidelik daarin en kook totdat die stroop begin dik en die stukke deurskynend word.
Pak die konfytstukke in skoon flesse, gooi die warm stroop oor en verseël dadelik. Afgesien van die vrugtekoeke waarin ek van dié lekkernye gebruik, is dit ook ongelooflik lekker as jy hulle in klapper rol en net so eet as ’n soetigheid……….
2de FOTO
Maketaankonfyt: Vir die klein blokkie konfyt … Gebruik die binneste gedeelte van die maketaan … Sny in klein blokkies … 3 kg blokkies, 2.5 kg suiker en 4 groterige stukke vars gemmer… Meng goed tot dit n dik stroop vorm … Kook op hoog tot die blokkies deurskynend en jellierig is. 3 tot 4 skeute suurlemoensap, kook nog 5 tot 10 minute… Om en by n uur tot 1 1/4 se kook … Bottel warm ..
BRON/FOTO: Petré Van Jaarsveld

Vandag het ek 2,680 kg waartlemoen se wit vleis verwerk en die resepte gebruik. Agter is die stukke en voor is die konfyt. Slegs 680 g gebruik vir die konfyt en die resep aangepas deut 1,5 liter water en 1 kg suiker te gebruik.
Ek het koeksoda gebruik in die plek van gebluste kalk dit werk net so goed
Foto: Meisie van der Colff
PASTA WITH CLAMS


PASTA WITH CLAMS
Sauce
1 kg frozen clams (fresh ones are better)
2 cloves garlic chopped
Handful italian parsley chopped
8 tablespoons olive oil
1/2 glass dry white wine
Soak Clams in salt water until you see they expel sand thereafter change the water at least twice after that and making sure you rinse them properly until water clear of any traces of sand.
In a pot place olive oil and when warm add your garlic let it sauté until transparent the add your clams and cover until they open PLEASE NOTE discard any clam that does not open. Add your wine and let it cook until wine evaporated. Add Parsley . Don’t let the clam water dry out as you need to add to the Spaghetti.
In a separate pot boil about two liters of water with a handful coarse salt. When water is boiling add 250gr Spaghetti and cook as per instructions on box about 12 mins.
Drain your pasta then add your Clam sauce and mix.
SOURCE/PHOTO: Sabrina Merli







