

TIPSY TERT VIR DIABETE
125 g dadels, gekap
100 ml kookwater
10 ml koeksoda
250 ml klein wit boontjies, fyn gemaak
1 groot appel, fyn gerasper
15 ml olyf/canola olie
200 ml sagte bruinsuiker
2 eiers, geklits
5 ml vanieljegeursel
125 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
knippie sout
125 ml oats, vasgedruk in die maatkoppie
125 ml All Bran, fyn gemaak
12 pekanneut halwes, gekap
SOUS
250 ml perske en lemoensap, gemeng
5 ml vanieljegeursel
65 ml brandewyn
Voorverhit die oond tot 180ºC.
Gooi die kookwater oor die dadels. Laat staan vir n tydjie tot die dadels sag is, en maak fyn. Voeg die koeksoda by en roer tot die mengsel skuim.
Meng die boontjies en appel in die dadelmengsel en laat afkoel.
Roer die olie en suiker, en dan die geklitste eiers en vanieljegeursel by.
Sif die meel, bakpoeier en sout saam en voeg die droe bestanddele by die dadelmengsel. Meng goed.
Gooi uit in lig gesmeerde tertbord en bak vir 50 minute. Sny terwyl nog warm.
Sous:
Kook al die bestanddele saam vir 5 minute en gooi oor warm tert.
Bedien met verkilde lae vet ingedampte melk.
Wanneer fyn boontjies by jou eie resepte gevoeg word, 250 ml is die meeste wat bygevoeg kan word, en onthou om 1 teelepel bakpoeier by te voeg. Dit maak die beslag lig, en verminder dan die vloeistof met 1/3.
Omdat die nagereg bestaan uit 2 stysels, moet daar nie stysel by jou ete wees nie.
1 porsie is gelykstaande aan ½ suiwel en 1 vrug
PHOTO: Petré Van Jaarsveld
All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.
Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.