SKAAPSTERTJIE EN SPRINGBOK KNIESKYWE
SKAAPSTERTJIE EN SPRINGBOK KNIESKYWE
500 g skaapstertjies
500 g knieskywe
1 eetlepel sout
1 teelepel swart peper
1 teelepel fyn neut
1 teelepel koljander
2 eetlepels Worcestersous
2 eetlepels appel asyn
1 groot ui
1 groot aartappel
500 gram groenbone
100 ml vars room
Kook die vleis vir 30 minute in die drukpot saam met die speserye. Sny nou die ui, en aartappel in, saam met die boontjies en kook weer vir 30 minute. Meng nou die room by en laat staan so 5 minute voor dit opgeskep word saam met ‘n potjie rys en stampkoring mengsel.
DIE wat nou oorbly, raak môre lekker DIK VLEISSOP.
Resep en foto: Stefaans Blaauw










