CARROT AND PINEAPPLE CAKE

2015-11-09-carrotandpineapplecaketested
CARROT AND PINEAPPLE CAKE

INGREDIENTS
CAKE
432g can of pineapple crush
4 eggs
500ml Brown sugar
250ml Sunflower oil
500ml Cake flour
15ml Ground cinnamon
10ml Baking powder
7.5ml Bicarbonate of soda
5ml Salt
500ml Grated carrot
125ml Chopped Pecan nuts

ICING
175g Cream cheese
65ml Butter
500ml Icing sugar

METHOD
Drain a 432g can of Rhodes Pineapple Crush in Light Syrup and reserve the fruit and 125ml syrup.
Beat together eggs and brown sugar until creamy then beat in the reserved syrup and sunflower oil. Sift and then fold in cake flour, ground cinnamon, baking powder, bicarbonate of soda and salt. Stir in the pineapple crush, grated carrot and chopped peacan nuts and pour into a greased cake pan then bake at 180 degrees celsius for an hour or until baked through.
Blend all the icing ingredients together and decorate cake once cooled down.
PHOTO: Reon Conradie




SALAMI EN POPPIESAAD ROSTI

2015-11-09-salamienpoppyseedrostitested

SALAMI EN POPPIESAAD ROSTI
3 groot aartappels, grof gerasper
1 medium ui, grof gerasper
Dreineer deeglik, en druk soveel ekstra vloeistof uit as moontlik.

In ‘n aparte bak, meng deeglik:
sout en peper na smaak
knoffel en origanum na smaak
1 eetlepel Maizena en 1 eetlepel koekmeel
4 – 6 skyfies salami, fyn gesnipper
Meng aartappels en uie deeglik by meel mengsel
Voeg so 2 eetlepels olie by
Meng 1 eier by

Skep in ‘n gespuite oondpannetjie van jou keuse. (ek het ‘n Brownie pannetjie gebruik)
Sprinkel mildelik met poppy seeds bo-op.
Bak vir so 20 – 30 teen 180°C of tot goudbruin en crispy.
Laat effens afkoel en skep uit.
Bron en foto: ‎Meyer Combrinck‎




AARTAPPEL NAAN

AARTAPPEL NAAN
BRON: Lacy Grey
FOOD LOVERS RECIPES
Hier is die naan brood resep wat ek gebruik. Dit is ‘n resep wat ek van ‘n pakistaniese tannie gekry het omtrent 15 jaar terug. Vir my gesin is dit die lekkerste naan resep wat by die huis gemaak word.

½ kop warm aartappel wat fyn gemaak is
¼ koppie lou water
½ teelepel sout
1 ¼ teelepel aktiewe droë gis
Meng goed, voeg dan die volgende by:
2 koppies all purpose flour
3 eetlepels gewone Griekse jogurt
3 eetlepels melk
¼ teelepel bak poeier
1 eetlepel gesmelte botter / olie

Meng tot die deeg glad is. As die deeg te veel aan jou hande klou, voeg nog meel by, maar doen dit een telepel op ‘n slag.
Plaas in ‘n bak wat goed ge-olie is. Rys tot dubbel in grote ± 2 ure.
Na twee ure knie al die lug uit en deel in ses en vorm balle.
Verhit ‘n non-stick pan op medium hitte. Rol elke bal plat uit.
Die deeg moet redelik dun wees, maar nie papier dun nie.
Kook een op ‘n tyd tot dit blasies vorm, draai en kook aan die ander kant.
Smeer met botter net voor jy dit uit die pan haal.




LEKKER PAMPOENTERT

pampoentert marlene2tested

LEKKER PAMPOENTERT
4 x 250 ml gaar pampoen
2 x 250 ml koekmeel – gesif
20 ml bakpoeier
4 ml sout
3 geklitste eiers

Ek het my pampoen gekook soos ek dit kook vir soetpampoen. Net bietjie minder suiker ingegooi omdat ek die sousie bo-oor sit. Maak pampoen fyn. Sif meel, bakpoeier en sout by. Meng. Voeg geklitste eier by en meng goed deur. Skep in oondbak. Bak by 180°C vir so 45 min.
Stroop:
30 ml margarien
375 ml suiker
250 ml melk
20 ml Maizena
180 ml kouewater
Kook margarien, suker melk saam in kastrol. Meng die Maizena met die water en roer stadig by die mengsel in kastrol wat kook. Laat kook so vir ‘n paar minute. Ek voeg bietjie karamel essense ook by. Sny warm tert in blokkies en skep dadelik die warm stroop oor die warm tert. Maak tert langs die kante los sodat stroop kan intrek. Jy kan resep halveer as jy wil.

Resep en foto: Marlene Mouton Carstens




AARBEI STROOP VIR KAAS KOEK

2015-11-08-aarbeistroopvirkaaskoektested

AARBEI STROOP VIR KAAS KOEK
500 ml aarbeisap, verhit 400 ml tot kookpunt.
Neem 100 ml oorblywende sap en voeg 5 ml maizena, 15 ml vlapoeier en 20 ml suiker daarin, roer. Voeg by warm stroop en laat 5 minute stadig prut.
Voeg dan die 500 ml vars aarbeie in die stroop, verwyder van hitte en laat afkoel. Wanneer koud skep op kaaskoek.
Variasie:
Fyngekapte vars mintblare en vars blomblare kan ook by stroop geroer word, sit dan versuikerde gemmer skyfies tussen in, enjoy

Resep en foto: Floraine Wasserman Venter




LEKKERSTE MIELIETERT MET BACON

2015-11-06-lekkerstemielietertmetbacontested

LEKKERSTE MIELIETERT MET BACON
SOURCE: Amke Fourie
PHOTO: Janka Nagel
FOOD LOVERS RECIPES
2 blikkies creamy sweetcorn
60 ml suiker
60 ml gesmelte botter
4 eiers
15 ml bakpoeier
1 pakkie spek, gaar
60 ml koekmeelblom

Meng alles saam en bak vir 40 min teen 180°C en geniet!




KOOS SE KOMBUIS POTJIE

tested
KOOS SE KOMBUIS POTJIE

Ek noem die ‘n kombuis potjie want jy moet ‘n ysterpot gebruik soos op n drie poot buite op die vuur maar in die geval ‘n plat boom pot. ‘n Mens maak nou die in die huis as dit nie lekker weer buite is nie en jy kry dieselfde resultaat as buite.

Gebruik 3 groot uie saam met 3 kg skenkels
Speserye is Sout, peper, Chilli beef Aromat.
Sny uie skuifies om te braai.
Bedek die bodem van die pot met Olyf olie net genoeg om die uie in te braai
Plaas gekerfde uie in die pot saam met die olyf olie
Braai uie tot glaserig.
Haal die uie uit die pot uit
Plaas die eerste laag vleis in die pot tot bodem bedek is en braai vining altwee kante tot donker en verwyder weer die vleis. Dit is om die vleis te seel.
Doen dieselfde met al die vleis totdat dit aan altwee kante gebraai is.
Verlaag hitte onder die pot tot omtrent no 2 of 3 op my stoof
Plaas nou die vleis terug in die pot. Begin met die dik stukke en pak laag vir laag
Voeg sout, peper en Aromat by volgens smaak
Voeg die helfte van die uie in die pot bo op die vleis en weer na die tweede laag vleis
Pak nou die res van die vleis in die pot en Voeg die laaste uie bo op die vleis in die pot.
Voeg sout, peper en Aromat by volgens smaak
Sit die deksel op en los om stadig te kook
Ek glo vleis moet in sy eie sous kook dus voeg ek nie sommer water by nie.
Jy moet maar vir die eerste uur kort kort roer om die vleis nie aan te brand nie en terwyl daar sous vorm.
As dit regtig te droog is kan jy bietjie water by sit maar vermy as jy kan.
Na 2 ure Proe of die sout in jou sous volgens smaak is en voeg by.
Jy gaan nou nie weer aan die pot roer nie.
Die hitte moet reg wees. Stadig prit, Die sous genoeg wees en die sout moet reg wees
Pak nou jou groente bo op die vleis.

Gooi bietjie speserye oor die groente. SWit die deksel op die pot en los.
Jy maak ook nie weer die pot oop voor oor n uur nie. Probbeer net ruik aan die stoom of die pot nie brand nie.
Alles behoort nou gaar te wees en nie gbrand as jou hitte stadig gebly het nie.
Maak nou vir jou n sous. Bruin uie sop poeier en room werk altyd lekker.
Voeg die sous nou by in die pot en sit weer die deksel op en laat prit vir 15 minute
Beste resultaat as jy nou daai pot net so los die hitte van die stoof plaat af sit en laat staan tot more oggend.
Daar is n paar geheime/tricks aan potjie
Hitte moet reg wees.
Moenie water gebruik nie dit vat die smaak van die vleis uit die pot. Vleis het genoeg vogtigheid wat sys eie sous sal vorm.
Jy maak nie n pot onnodig oop in die laaste 2 ure nie. Die geur ontsnap.
Vleis wat brand gee n aaklige smaak aan n potjie so hou die hitte laag.
2de foto: Vanoggend stap ek in n speserye winkel in en sien die sak wat se rys vir diabete.
Dis maar Basmati maar soos hulle se dis long grain.
Volgens die man in die winkel is hy diabeties en hy eet elke dag van die rys.
So lyk dit.
My kombuis potjie met daai Long Grain Basmati rys.

BRON/FOTO: Koos van der Merwe




RACHELLE SE HOENDERPASTEI

2015-11-04-rachellesehoendertested

RACHELLE SE HOENDERPASTEI
2 x skilferkorsdeeg rolle
Gaar, ontbeen en gevlokte hoender
sampioene in botter gebraai met sout en peper
Eiers (gekook en in blokkies gesny)
Ham (in blokkies gesny)
Gekookte ertjies
Feta kaas (gekrummel)
Witsous
1 x eier geklitsVoorverhit oond (200°C)
Plaas ‘n vel deeg onder in ‘n oondvaste bak, prik met ‘n vurk en bak in oond (om die onderste deeg eers te bak voor jy begin om jou pastei te maak, gee dat jy nie met rou of half gaar deeg onder in die bak sit nie, omdat alles wat jy in die pastei gebruik reeds gaar is). Wanneer die deeg gaar is haal uit oond en begin om die pastei te bou. Plaas eerstens ‘n laag hoender gevolg deur ‘n laag witsous. Plaas dan ‘n laag sampioene gevolg deur die eiers, dan die ham en laastens die ertjies. Frummel feta kaas bo-oor en skep laastens weer witsous oor. Plaas ‘n vel deeg bo-oor om die pastei te bedek en smeer met ‘n geklopte eier. Bak in oond totdat die deeg uitgeswel en goud bruin is.
(Julle sal sien dat ek nie aanwysings gee vir hoeveel van als nie want dit hang maar af van hoe groot jou bak is en natuurlik vir hoeveel honger mense jy die pastei maak)
Geniet!

Resep en foto: Rachelle




SEWE MINUTE POTPOEDING

2015-11-04-seweminutepotpoedingtested

SEWE MINUTE POTPOEDING
In ‘n pot bo op die stoof.
Vinnig maklik en heerlik.

BESLAG
½ koppie botter
1 eier, geklits
½ koppie gouestroop of appelkooskonfyt
1 koppie koekmeel
¾ teelepel koeksoda

STROOP
3 koppies water
1 teelepel gemmer
¾ koppie suiker
Kook saam tot suiker gesmelt is. Hou eenkant.

Smelt die botter, stroop/konfyt en koeksoda saam.
Roer eier by.
Gooi die meel by.
Skep eetlepels vol in die stroop.
Sit delsel op en kook vir 7 minute.
Moenie die deksel oplig nie.

BRON/FOTO: Leandri Potgieter




MEYER SE SPINASIE RING

2015-11-04-meyersespinasieringtested

MEYER SE SPINASIE RING
300g rou spinasie, gewas en fyner gekap
1 ui, fyn gekap
1 pakkie sampioene, fyner gekap
125g pakkie salami skyfies, in klein blokkies gesny
4 eiers
200ml room
2e Maizina
Peper, na smaak
Neutmuskaat, na smaak

Braai uie stadig tot gaar en effens bruin, voeg sampioene by en braai deur, voeg dan salami by, en braai deur.
Voeg spinasie by, en braai deur.
Voeg lekker baie peper by (na smaak natuurlik).
Klits eiers, Maizina, room en Neutmuskaat saam.
Temper eiermengsel met lepelsvol spinasie mengsel tot alles gemeng is.
Giet in ringpan (vooraf gespuit natuurlik), sprinkel kaas bo-oor, en bak teen so 180oC tot deurgaar. Laat rukkie afkoel, en keer dan uit op opdienbord.

BRON/FOTO: Meyer Combrinck