CHILLI TOMATO AND ROASTED PEPPER RELISH

Chilli Tomato and Roasted Pepper Relishtested

CHILLI TOMATO AND ROASTED PEPPER RELISH
Die rissie pot pic van gisteraand het my mond laat water. Kon nie wag vir resep…so google is getrou met great resepte en hier is my weergawe van rissie relish. Enigste probleem is dit gaan nie lank hou nie !! Amazing

1.5 kg ripe tomatos
1 kg red (Sweet – Not Hot) peppers (also called Capsicum in Australia)
8 – 10 large red Cayenne (Hot) Chilli Peppers (De-seeding optional)
500 g brown (or white) onions (sliced)
2 cloves garlic (crushed)
1 cup brown Sugar
1.5 cups malt vinegar
1 tbsp curry powder
1 tbsp mustard powder
1 tbsp cayenne pepper
1 tbsp cornflour
Olive Oil, Salt, Pepper
Approx 6 medium clean glass jars with metal (coated) lids

Preheat the Oven to 200 Degrees Celcius
Slice the Peppers (Capsicum) in half lengthways and remove the seeds.
Lightly brush each half with Olive Oil and sprinkle with Salt and Pepper
Place halves skin side up on baking tray lined with baking paper
Roast the Peppers in the oven for 30 minutes, remove and allow to cool.

Meanwhile, prick the Tomato’s skin all over and place in a large bowl
Pour boiling water to cover the tomatos and leave for 5 minutes
Drain water and de-skin the tomatos. Discard skin.
Chop the tomatos and place in a large heavy based pot or saucepan (4.7 Litre minimum)
Slice the onions and place in the pot.
Add remaining ingredients (except the roasted Capsicum, Chilli’s and cornflour) to the pot.
Bring the mixture to the boil, stirring well.
Reduce to a medium-low heat and cover with lid. Simmer for 20 minutes.
Peel the skin from the roasted Peppers (Capsicum) and discard the skin.
Chop the roasted Peppers (Capsicum) and Chilli’s and add to the pot (after the 20 mins in step 6)
Remove the lid and simmer on low heat until the volume has reduced by almost half, stirring occasionally to prevent sticking to the pot.
This could take 2 hours. Monitor it closely so it doesn’t stick to the bottom of the pan and burn.

Add Cornflour to a small amount of cold water and add to the pot. Stir until thickened.
Sterlise jars (and lids) by boiling in water for at least 10 minutes
Remove jars from water, and while jar & mixture are still hot, carefully spoon in the mixture.
Wipe the rim of the jar to remove any mixture residue and screw on lid tightly.
Allow to cool. Once cooled, the vacuum should have sealed lid.
Continue until all mixture / jars used.

Notes:
If jars have heat sealed correctly, the mixture will keep in a cool, dry place for 3 months. Once opened, refrigerate and consume within 7 -10 days.

If jars did not seal correctly, either refrigerate immediately, or re-heat treat by standing jar upright in water and boiling gently with jar lid on – but not too tight (allow air to escape). Remove and tighten lid. Allow to cool.
FOTO- Herman Fick

Herman Fick
Ek het vir ontbyt vanoggend ‘n derde potjie van die goed opgeeet saam met roer eier op 1 sny toast!! Die mostert en kerrie saam is ‘n wenner! Glad nie te brand warm nie. Ek hou niks van ‘brand’ kos nie. Ek is agter smaak aan en die is volop! Ek het 3 veranderings aan die resep aangebring. Ek het nie bruin suiker gebruik nie, ek het koppie sweetner poeier ingegooi in plek daarvan en ek het nie die cornflower gebruik nie. Ek hou nie van daai glaserige effek nie en my ‘reduction’ was baie goed en nie baie loperig nie! Ek het ook ‘n duim grootte vars gemmer in gerasper. Toe alles klaar ‘reduce’ het, het ek die fyn gekap met my Bamix en toe gebottel. Hierdie resep gaan baie gereeld gemaak word. Nie nodig om alewig vir nuwe lekker smaak rissie sousies te soek nie! (nie dat ek juis baie kry wat ek geniet nie!)

All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.

Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.

 




HOE OM AVOKADO MOOI GROEN TE HOU

HOE OM ADVOKADOPEER MOOI GROEN TE HOU

HOE OM AVOKADO MOOI GROEN TE HOU
Rio Judy Canovi Brand –
Ek het n link gesien hoe om avokado mooi groen te hou… En vanoggend getoets.. Vanoggend het my dogter guacamole gemaak, die orige het ek in n bakkie gesit. Blokkies uie oorgegooi en nou net die foto geneem en dit het pragtig groen gebly. Ek is BAIE in my skik. Haal net die uie af en gebruik. Jy kan jou avo in ‘n bakkie sit, gekerfde uie in/op die avo gooi, toe maak en dit bly lank groen sonder om te verkleur en geen na smaak. Hier is n foto wat ek geneem het van die persoon wat die link op google gesit het.. die foto is 72 uur na die toets geneem.
Wilmary Alicia Noonan Noonan –
suurlemoensap hou dit ook mooi groen
Christene Schoonbee –
ruik die avo nie na uie nie ?
Rio Judy Canovi Brand
Nee Christene Schoonbee, glad nie…
Wilmary Alicia Noonan Noonan
ek het al die suurlemoensap probeer.. maar ek het nie van die suurlemoen geur op die advokado gehou nie. Die toets wat die man gedoen het, het ook dit bevestig.. die water toets het hy gese dit is slymerig.. die olyf olie se hy, advodakado het genoeg olie.. die plasiese sakkie wat hy gebruik het, was n zip lock nadat hy die lug uit gesuig het… Laas week het ek die boonste punt van n advokado af gesny , die avo was groen, ek het dit in n bakkie gesit, uie in die bakkie gesny en buite gelos met die hoop dat dit ryp word. Ek het dit nou net oop gesny, dis ryp en ek proe nie n ui geur nie.
Magda Paulsen
bietjie suiker oor ‘n gesnyde avo keer ook dat dit verkleur..
Rina Kleinhans
Speol die gesnyde avo af onder koue water, of gooi die hele avo met skil en al in kookwater vir so 1 minuut, haal uit en laat afkoel, sny dan, dit verhoed dat dit verkleur




JELLIE JOGURT

tested

JELLIE JOGURT
6 pakkies verskillende kleur jellie
water
gelatien
rum, vodka of eninge gegeurde alkol yskoud gemaak
1liter greekstyle jogurt of ening na smaak
Besproei jou vorm liggies.
Gooi ‘n ¾ k water in ‘n pannetjie en gooi 1tl gelatien by,
Verhit op lae hitte en voeg die 1ste pakkie jellie in roer tot opgelos verwyder van stoof en gooi ½k alkol by en roer,
Gooi ongeveer ¾k van die mengsel in die vorm en verplaas na vrieskas om styf te word (NB: moenie dat die jellie heeltemal styf word nie, net tot soos dit lyk soos eierwit anders klou jou lae nie)

In die oorblywende jellie roer so 3 groot eetlepels jogurt in en gooi oor jou 1ste laag as hy reg is en sit terug in die vrieskas, herhaal al die oorblywende pakkies jellie op dieselfde manier tot jou vorm vol is maar nie tot op die rand nie As jy klaar is laat staan oornag in yskas om goed styf te word.
Ek het gevind om in elke laag alkohol in te gooi bietjie te sterk jy kan die alkohol uitlaat en vervang met water of net in sekere lae alkohol ingooi. Geniet !!
BRON- Ilona Turner Chester




Kaas Poffertjies

 

tested

Bestanddele:
275g (500ml) Ongesif afgemeet Koekmeel
25ml Bakpoeier
2ml Sout
‘n Knippie Rooipeper
400g (1000ml) Gerasperde Cheddar Kaas
(200g word in die deeg in gemeng en dan strooi ek kaas bo-oor voordat ek dit bak)
500ml Melk
2 Ekstra groot Eiers

Metode:
Voorverhit die oond tot 200oC
Smeer/Spuit die holtes van ‘n mini muffin pannetjie (ek spuit sommer 6 klein pannetjies)
Sif die koekmeel, bakpoeier, sout en rooipeper saam.
Voeg die 200g kaas by en meng.
Klits die melk en eier saam
Voeg dit by die meelmengsel en meng tot ‘n slap deeg.
Skep die holtes van die pannetjies 2/3 vol deeg.
Strooi gerasperde kaas oor elke poffertjie.
Bak die poffertjies 10 minute op die middelste oondrak tot goudbruin.
Dien warm op.

Wenk: Ek voeg ook die volgende by:
250g Bacon/Viennas/Bully Beef/ham (Enige Vleiserigheid)
4 Spring onions fyn gekerf
½ Greenpepper fyn gekerf
5ml Oreganum
15ml Olie om te braai.

Metode:
Gooi olie in ‘n pan en braai al die bestanddele saam tot uie en greenpepper lekker sag is.
Laat dit effens afkoel en voeg dit saam met die kaas by die meel mengsel
Volg resep verder soos normaal geen ekstra vloeistof is nodig nie.
Jy bak so ± 7 doz poffertjies.
BRON- Esmarie Friedrichs




SKURWE ABRAHAMS

Skurwe Abrahamstested
SKURWE ABRAHAMS

Voorverhit oond tot 200°C. Smeer ‘n rolkoekpan van 45 x 30 x 2 cm of bespuit dit met kleefwerende middel.
5 x 250 ml koekmeelblom
15 ml kremetart
12,5 ml sout
500 ml suiker
250 g botter of margarien, kamertemperatuur
10 ml koeksoda
250 ml karringmelk
1 eier, geklits

Sif die meel, kremetart en sout saam, voeg die suiker by en meng goed.
Vryf die botter/margarien met die vingerpunte in die meelmengsel tot fyn krummels.
Meng 25 ml van die karringmelk met die koeksoda en meng in by meelmengsel.
Voeg die eier en 225 ml karringmelk saam.
Hou 25 ml van die mengsel om oor die beskuit te verf en voeg die res by die meelmengsel.
Meng goed tot deeg.
Verdeel deeg in 8 ewe groot stukke.
Rol elke deel afsonderlik op’n meelbestooide plank tot ‘n wors van 28 cm en druk effens plat.
Sny elke wors in 4 ewe groot stukke en plaas dit effens uitmekaar in die pan.
Verf oorblywende 25 ml karringmelk mengsel oor die beskuit.
Bak sowat 30 min tot gaar op die middelste oondrak.
Laat effens afkoel, breek hulle oop en droog op draadrakke in ‘n koel oond uit.

FOTO- Daleen Burger




SPINACH PESTO

SPINACH PESTO
Spinach isn’t just affordable but also high in vitamins and antioxidants. Add this healthy green vegetable to your favourite dishes and see how it complements the taste and texture.
3 x 250 ml (3 c) baby spinach,
250 ml (1 c) fresh basil leaves,
250 ml (1 c) pecan nuts,
1 clove of garlic,
125 ml (½ c) Parmesan cheese,
salt and pepper,
125 ml (½ c) olive oil.

In a blender add the ingredients together except the olive oil. While the ingredients are blending pour the olive oil in slowly until the mixture is well combined. Add the pesto to your favourite pasta or serve on toast.




WAATLEMOENJELLIE

waatlemoen jellie
WAATLEMOENJELLIE
Iets vir die waatlemoenseisoen wat voorlê.
500 ml verpulpte waatlemoen
30 ml(2 eetl) suiker
30 ml (2 eetl) gelatien
90 ml (6 eetl) water

Druk waatlemoenpulp deur sif om pitte op te vang.
Voeg suiker by en roer tot opgelos.
Spons gelatien oor water en verhit tot deurskynend.
Roer gelatien by waatlemoensap.
Gooi mengsel in bak van ongeveer 15cm x 20cm.Plaas in yskas tot gestol.
Sny in klein blokkies en sit voor met vars waatlemoen stukkies,bloubessies en frambose. Persoonlik dink ek spanspek of enige ander vrugte in seisoen sal ook werk.

Resep ingestuur deur- Thalia Botha-Rondganger




DOUGHNUTS IN DIE DOUGHNUT MASJIEN


DOUGHNUTS IN DIE DOUGHNUT MASJIEN
1 koppie bruismeel
¼ koppie strooisuiker
mespunt koeksoda
1 eier, geklits
¾ koppie melk
20 g botter,gesmelt

Sif die droë bestanddele saam.
Klits eier, botter en melk saam en meng in droë bestanddele.
Laat beslag 10 min rus.
Bak in jou doughnut maker volgens die instruksies van jou masjien.
Resep: Uit die Doughnutmasjien boekie

 




3 BESTANDDELE DOUGHNUTS


3 BESTANDDELE DOUGHNUTS
2 koppies bruismeel
175 g botter / bak margarien
350 ml drinking jogurt
olie

Vryf die botter in die meel in tot dit goed gemeng is en soos broodkrummels lyk.
Meng die jogurt in.
Dit is ‘n sagte deeg, maar moenie aan jou hande vassit nie.
Rol uit en druk jou doughnuts uit.
Bak in warm olie.
Maak sjokolade versiersel oor indien verkies.
Resep ingestuur deur Amelia De Villiers

 




KLEUTER RESEP VIR HARTJIE SOETKOEKIES

kleuter koekiestested
KLEUTER RESEP VIR HARTJIE SOETKOEKIES

2/3 koppies (160 ml) margarien
¾ koppie (180 ml) suiker
2.5 ml vanielje
1 eier
15 ml melk
2 koppies meel
10 ml bakpoeier
1 ml sout

½ k versiersuiker
1 t kook water(ek het net 3 teelepels by gegooi)
1 druppel pienk voedsel kleursel

1. Room margarien, suiker en vanielje. Voeg die eier en melk by.
2. Sif meel, bakpoeier en sout.
3. Voeg dit by die margarienmengsel. Meng dit deeglik.
4. Skep lepels vol op ‘n bakplaat wat toegevoer is met waspapier en druk plat. Vat die hartjie vormpie koekie druk, en druk omtrent twee derdes af in elke koekie.(ek het dit uitgerol en ees uitgedruk)
5. Bak vir 6 min teen 180°C(ek het hulle vir 12min gebak)
6. Laat die koekies afkoel op ‘n droog rak (anders raak die koekies nog bruiner aan die onderkant as jy dit op die bakplaat laat afkoel)
7. Maak ‘n mengsel van die versiersuiker en kook olie(dink dit moet kook water wees), die konsistensie moet lekker dik wees. Plaas dit in ‘n versiersakkie, en kleur die hartjie in.(ek sommer net teelepel gebruik)
Dit is makliker om eers die randte van die hartjie uit te trek en dan na die binnekant.

8. Laat die versiersuiker hard word

FOTO- Lynette van Zyl