Sondag kos kosblik
Naand julle. Ek het maar besluit om my kosblik van vanoggend vir julle te post. Ek het nou nie fancy goed in nie maar dit was lekker. Het julle al dop gehou op n Maandag wat bring almal in kosblikke werk toe. Gewoonlik dit wat oor gebly het van Sondag ete, Hoender, Rys, aartappels of Potjiekos en rys of Stukkies braai vleis en Braai broodjies.
Wel myne was van die afval en ek het gister mini broodjies gebak vir die wat nie stamp mielies wou eet nie. Ek het maar vir my van die broodjies in gesit saam met n tamatie om tamatie broodjie by die werk te maak want ek het geweet as mense daardie kosblik met afval sien dan gaan ek niks kry nie.
KOOS VAN DER MERWE
KOSBLIK VIR SKOOLKINDERS
Kosblik met ‘n twist
Die alledaagse kosblik. Niks snaaks maar maak dit anders dis altyd lekker.
Ek het n vetkoek deeg broodjie in gesit met Tamatie en Kaas. Dit raak ook later afgesaag. Nou ja die kaas het bietjie gesmelt toe ek die warm gemaakte russians in sit en soos altyd weer rond geskuif. Tamatie verkieslik vars op die brood by die werk anders gaan alles pap word of jy moet die broodjie baie vroeg eet as jy die tamatie by die huis op gesit het. Saam het ek n paar stukkies gerookte Russians in en toe koop ek vir my n pakkie chips. Gebruik jou gunsteling en pak chips tussen die kaas en die tamatie en eet dit so saam met die Russian of enige iets anders vleiserig.
Koos van der Merwe
DIE HARTJIE KOSBLIK
Russian Rolls Kosblik
Vandag eet ek my dood. Gister aand soveel Russians gerook ek kan elke dag n kosblik met Russian Rolls pak op verskillende maniere.
KOOS VAN DER MERWE
Stapeltoebroodjie
Stapeltoebroodjie met appel en choccie.
Toebroodjie met ham, kaas, tamatie, komkommer en mayonaise. Alles uitgesny met ‘n ronde cookie cutter en opgestapel. Om te keer dat dit omval, ‘n cocktail stokkie, en dit rond hom dan mooi af met nog komkommer en ‘n tamatietjie.
VENITA NOLTE
Visburger kosblik
Dankie vir jul inspirasie om beter kosblikke te pak – My kids se kosblik vir vandag Heerlike visburger, wortels, aarbeie en chocolatetjie vir die soet tand Hul het ook appelsap en water in vir die dors
Anita Yolanda Le Roux
STERRETJIEBROOD
Sterretjiebrood, vrugterol, tamaties en polonie.
VENITA NOLTE
VISVINGER TOEBROODJIE
Visvingers (van die met REGTE vis) met griekse slaaisous, komkommer, wortelrepe en blaarslaai. Wasge”gom” met ‘n cocktail stokkie en ‘n tamatie om dit af te rond. Ook in die blikkie was ‘n appel, polonie, joghurt en klein soutkoekies.
VENITA NOLTE










