Resep vir peppadews

pepperdewstested

Lekker! Kook gelyke hoeveelhede water, appelasyn en suiker. Suiker moet oplos.Jy kan bietjie peperkorrels byvoeg. Halveer Peppadews en verwyder pitte. Smeer jou hande met olie of trek handskoene aan. Dit brand! Laat kook so 2-3 min saam met water, suiker en asyn mengsel. Bottel.
BRON – Janine Strauss-Zandberg
Janine Strauss-Zandberg Just remember to wear gloves, when working with chillies, especially if you’re a contact lense user.




ROHACK met gemsbok maalvleis

 

ROHACK met gemsbok maalvleistested

Vanaand sal ek weer my geliefde ligte ete eet…
300 gram sagte skoon maalvleis (Sirloin)
1 ui
1 eier geel
Maal die vleisies sommer deur die Chinese nommer 8 meultjie
vat nou n Brotchen, smeer botter, en lekker mostert…
Pak die maalvleisie daarop..so 150 gram, pak nou rou uie, en agurtkies op. Gooi sout en swart peper en eet n lekker ROHACK broodjie…
(MYNE sit ek nog n rou eiergeel in die middel)..
BRON- STEFAANS BLAAUW




ROOIBOSVERFRISSER

Pons Bola

ROOIBOSVERFRISSER
500 ml sterk rooibostee
50 ml vars suuurlemoensap
500 ml vars lemoensap
250 ml pynappelsap
3 cm stuk gemmerwortel, gerasper
500 ml limonade
fyn ys
vars kruisementblare

Meng die tee, vrugtesappe en gemmer en plaas in die yskas tot goed koud. Voeg die limonade, ys en kruisementblare by net voor jy dit skink.




HOMEMADE SRIRACHA SAUCE (CHILLIE SAUCE)

Home made Sriracha sauce Chilli sauce

HOMEMADE SRIRACHA SAUCE (CHILLIE SAUCE)
1 pound red jalapeno peppers,stems cut off
1/2 pound red serrano peppers, stems cut off
4 gloves garlic, peeled
3 tbsps light brown sugar
1 tbsp salt
1/3 cup water
1/2 cup distilled white vinegar

Chop jalapeno and serrano peppers,retaining seeds and membranes, and place into a blender with garlic,brown sugar, salt, and water. Blend until smooth, pulsing several times to start.
Transfer puree into a large glass container such as a large jar or pitcher. Cover container with plastic wrap and place into a cool dark location for 3-5 days, stirring once a day. The mixture will begin to bubble and ferment. Scrape down the sides during each stirring. Rewrap after each stirring and return to a cool, dark place until mixture is bubbly.
Pour fermented mixture back into blender withvinegar; blend until smooth. Strain mixture through a fine mesh strainer into a saucepan, pushing as much of the pulp as possiblethrough the strainer into the sauce. Discard remaining pulp, seeds, and skin left in strainer.
Place saucepan on a burner and bring to a boil, stirring often, until reduced to your desired thickness, 5-10 minutes. Skim foam if desired.
Remove saucepan from heat and let sauce cool to room temperature. Sauce will thicken a little when cooled. Transfer sauce to jars or bottles and refrigerate.
Wala!!!
Recipe and photo: All recipes
Posted: Amanda Conradie




SKAAP AFVAL POT

SKAAP AFVAL POTBRAWNtested
SKAAP AFVAL POT

Skoon pens en pote en 1 kg skaap skenkels, 2 uie in stukke gesny. In die slow cooker gesit met 1 koppie water, 1 koppie wit asyn, potjie kos spice, dit is 16 spices wat gemeng word deur die Indiers. Halwe koppie chuckney en so drie eet lepels woster souce. Ek het dit op hoog gesit vir 7 ure.

Saam met rys en groente geeet. Die res het ek opgeskep in n bak met al die sous in die yskas gesit en Brawn gemaak.

Vir Brawn

Die bene uit gehaal op geskep in n bak en toe die sous wat in die cooker oor is, bo oor gegooi. Het klaar genoeg geletien in van die bene. Ek het niks by gesit nie.

BRON- FLORIS MOMBERG




KOOS SE SKAAP AFVAL

SKAAP AFVALtested
KOOS SE SKAAP AFVAL

Mense hier is wat ek gedoen het. Onthou jy kan seker baie byvoeg vir allerhande smaak soos, Gemmer, Knoffel, Chilli, Briyanie en wat ook al. Speserye is n persoonlike smaak. Om dit stadig te kook en reg te kook nie te brand nie kom met oefening maak nie saak watse vleis mens kook nie.
Skoonma ken en sy het inspeksie kom doen of die afval skoon is. Seker die belangrikste is dat dit oordentlik skoon is.
Ek het 2 bokse van 2 kg elk gekoop en besluit om als gaar te maak terwyl ek nou die guts het.
Ek het eerste die pootjies (14 van hulle) in die Druk kooker gesit met 3 groot gesnyde uie, sout en peper geskat of dit genoeg is en n halwe koppie asyn.
Die asyn is blykbaar dat die kook van die afval nie so n erge reuk het nie. Peper op die deksel help blykbaar ook.
Die elektriese druk kooker stop elke 15 minute dank an jy stoom afblaas om gou te kyk.
Die Pootjies is gekook tot die vleis begin los kom van die bene.
Ek het toe Alles uit gehaal en in n glas bak gebere.
Toe kook ek Lam stew vleis saam met twee pense wat ek by gekry het met dieselfde metode nie weer uie nie maar Sout, Peper, Asyn tot die Stew van die bene begin los kom.
Ek het na die eerste 30 minute se kook 5 groot aartappels blokke gesny en by gevoeg.
Daarna het ek al die vleis en aartappels gemeng en net die helfte van die sous by gegooi.
Alles in n yster pot gesit om stadig te prit in my geval op die plaat no 2
Een koppie asyn met 2,5 eet lepels Kerrie poeier(Medium)
Alles vir n half uur laat prit en die stoof afgesit en die pot verwyder van die warm plaat en so oor nag laat afkoel en dat die Kerrie trek.
Vanoggend het ek die helfte uit die pot geskep in n glasbak en gebere om weer te gebruik.
Die kleur en smaak was nog nie soos ek wou he nie en vat toe van die Curry Pasta wat mens van die rak af koop en gooi een groot eetlepel by in die pot.
Ek het die sous wat gister aand nie gebruik is nie ook in die pot gevoeg en laat prit vir 3 ure

Dis is bedien met Stamp Mielies.
Twee groot dinge

Maak seker die afval is goed skoon.
Jy moet geduld he dit vat n tydjie maar moenie dit brand nie.
BRON- Koos van der Merwe




GEBAKTE AMARULA-TERT

Amarula terttestedamarula tert reonamarula tert 2 reon
GEBAKTE AMARULA-TERT
Resep wat ek by vriendin gekry het – lekkerste tert wat ek ooit geëet het.
60 ml kakao
125 ml kookwater
3 eiers
220 ml suiker
60 ml olie
250 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
2 ml sout

STROOP
200 ml suiker
250 ml water
60 ml Amarula
1 blikkie karamel kondensmelk
Styf geklopte room en Flake

Beslag:
Meng kakao met kookwater laat afkoel. Klits suiker, olie en eiers een vir een saam. Voeg afgekoelde kakao mengsel by en klits goed deur. Sif droë bestanddele en voeg by eiermengsel, meng goed deur. Gooi in glasbak 22 cm/30 cm vooraf gespuit met cook n bake. Bak by 180°C vir 25-30 min.
Stroop:
Kook water en suiker vir 5 minute tot suiker opgelos is. Haal van die stoof af en voeg Amarula by, roer goed deur. Prik koek sodra dit uit die oond kom en gooi warm stroop oor. Laat heeltemal afkoel.
Versiering:
Karamel kondensmelk en room strooi Flake fyn bo-oor.
Smeer eers karamel kondensmelk oor en dan styfgeklopte room en strooi dan fyn Flake oor.
Resep geplaas deur Marie Rheeder Troskie
Foto:  Reon Conradie




BAIE LEKKER FUDGE

tested
BAIE LEKKER FUDGE
8 koppies suiker
1 blikkie kondensmelk
250 gr margerien
2 koppies vars melk
1 eetlepel goue stroop
kwart teelepel kremetart
1 eetlepel asyn.
Plaas al die bestanddele behalwe die asyn in groot kastrol.

Meng baie goed en roer aanhoudend tot mengsel begin kook.
Wanner balletjies vorm in koue water en mengsel begin verkleur haal van stoof af.
Eerder bietjie langer kook as te kort.
Klits tot dik en aan kante begin vassit. Voor te dik klits 1 eetlepel asyn by.
Keer uit in ‘n rolkoek pan of vlak oondpan. Sny blokkies voor heeltemal koud. Dit is baie fudge en so heerlik dit smelt in jou mond.

BRON- Cecilia van Huyssteen

Hierdie resep het ek nog nie self gemaak nie maar het fudge geeet wat van dit gemaak is was heerlik

Foto:  Anmarie Watney




BAIE LEKKER KOOLGEREG

 

KOOL

Sorteer een ui, green pepper, sampioene en n pakkie bacon.

Snipper koolkop….voeg by …braai tot verlep….

voeg klein houer room of ongegeurde joghurt by…kook tot dit….

gooi in gesmeerde bak….rasper cheddar en feta oor…

bak teen 180C tot gestol en bruin……

Nota: het n houer roomkaas ingeroer en die cheddar bo – oor gesit. Baie lekker
BRON- Pieter Smit




BRAAIKOOL

 

KOOLtested

Hi ek maak n braai kool. Wat “baie lekker is.

Sny jou kool in dun repies. Gooi in bak.

Gooi nou kook water oor en laat staan vir so 20 minute.

Braai nou jou uie en green pepper. Net mooi lig bruin.

Voeg nou jou tamaties by ( ni geblikte tamaties asb ) onthou om di skilletjies af te trek.

Braai tot jy dink dis amper reg.

Voeg nou sout , peper, suiker by. Meng deur.

Sny nou n pakkie wit mushrooms in helftes en voeg by braai nog n rukkie.

Voeg nou die kool deur n vergieter (strainer ) sodat al die water af is.

Voeg dit nou by die uie en tamatie mengsel.

Roer goed op lae hitte. Roer kort kort. Moenie brand ni. As te droog voeg bietji water by en roer goed.

So 15 minute voor opdiening voeg dan n klein blikkie chakalaka ( mild ) by roer goed deur. Laat kook nog so 10 minute en bedien. Ek hoop julle gaan dit ook so baie soos ons geniet
BRON- HEILA DE BRUIN