YSKAS OORSKIET SOUTTERT

YSKAS OORSKIET SOUTTERT

YSKAS OORSKIET SOUTTERT
Sondae is yskas skoonmaak dag want die vullis gaan uit op Sondag aande. Dan moet ek al die oorskiet in die yskas gebruik. Hier is vandag sn

Braai saam in n bietjie olie en botter:
1 ui gekap
1 soetrissie gekap
Bakkie sampioene in skyfies gesny
200 g bacon gekap( of naastenby)
Laat effe afkoel.

Klop saam:
4 eiers
1 koppie room
1/2 koppie koekmeel
Gooi die groente mengsel by die room mengsel .

Voeg by:
2 koppies kaas gerasper
1 bossie pietersielie fyngekap
1 teelepel sout
1/4 teelepel peper
Meng goed en skep in n gesmeerde tertbak.
Bak vir 35 minute by 180c.
Onthou dis yskas oorskiet so enige iets kan saam gegooi word.
BRON- HETTIE BEZUIDENHOUT




ROLKOEK BOMBE

 

ROLKOEK BOMBEtested

ROLKOEK BOMBE

vir die rolkoek
110G strooisuiker,
20 gr cacao,
25 gr meel
en 3 eiers,
na eiers als gemeng soos mens met rolkoek doen, voeg 15 ml kookwater by, Gooi in pan en bak.

Mens voer `n halfronde bak uit met kleefplastiek, pak die rolkoek skywe in. Daar is baie verskillende stappe en idees wat jou heeldag kan besig hou. Ek het direk my roomys ingeskep en die bak bedek en gevries. In my geloof mag ek nie dairy saam of na vleis bedien nie, so ek maak ook self die parev roomys (konkoksie), so ek neem aan mens moet die gekoopte roomys effens laat sag word. Kyk gerus op die net, daar is baie foto`s en idees van lae en kleure en geure. My skoonma maak al jare so rolkoek en room met instant poeding gemeng en vrugte soos ingelegde perskes of aarbye as `n yskaskoek, word selfde aanmekaar gesit en op bord omgekeer, baie mooi vir bedien.
BRON- Sonja Zino




TAMATIE SKAAPBREDIE

Tamatie skaap bredietested
TAMATIE SKAAPBREDIE
Wel, ek braai my skaap nuckles tot bruin en sit eenkant.
In dieselfde pot plaas die volgende:
1 groot blik heel geskilde tamaties
½ koppie ertjies
250 ml water
1 eetlepel van Ina Paarman se beef flavour stock powder
1 pakkie Ina Paarman se tamatie en chilli cook sauce
Meng alles in dieselfde pan en bring tot kook. Voeg baba aartappels in die helfde gesny met skil aan by en ook die skaap nuckles. Jy kan natuurlik uie ens bysit maar ek ni so lief vir uie. Myne bak ek dan in di oond vir so 2 ure.
Resep en foto: Danie du Preez




PEKANNEUTTERT

Pekanneutterttested

 PEKANNEUTTERT
Foto: Marika Tegmann
2de FOTO – Suneth van Rensburg
FOOD LOVERS RECIPES
Kors
190 g botter
325 g koekmeel
35 g strooisuiker
2 eiergele geklits met 75 ml koue water

Plaas botter, meel en suiker in voedselverwerker. Verwerk tot gemeng en soos broodkrummels lyk. Terwyl verwerker aan is voeg eiermengsel by. Meng tot deeg vorm. Haal uit en maak toe in kleefplastiek. Laat in yskas rus vir 30 minute. Rol uit op meelbestrooide oppervlak. Spuit 24cm tertbak en voer uit met deeg. Bak blind vir 15 minute by 180ºC. Laat afkoel.

Vulsel
300 g pekanneute
4 eiers
200 g sagte bruin suiker
190 ml goue stroop
Knippie sout
60 ml gesmelte botter
5 ml vanilla  geursel

Kap 200 g pekanneute grof in voedselverwerker. Gooi gekapte neute in afgekoelde tertdop.
Klits eiers, bruin suiker, stroop, sout, botter en vanilla geursel saam. Giet oor gekapte neute in die tertbak. Rangskik 100 g heel neute bo-op. Bak 40 minute teen 180º C. Sit warm of by kamertemperatuur voor.




ANZAC KOEKIES

Anzac Biscuitstested
ANZAC KOEKIES
1 koppie (150 g) koekmeel
1 koppie (90 g) hawermout (Oats)
1 koppie (85 g) klapper
¾ koppie (155 g) bruinsuiker
125 g botter (Ek gebruik Stork Bake)
2 eetlepels goue stroop
1 teelepel koeksoda
2 eetlepels water
Voorverhit oond tot 160ºC.
Spuit 2 bakplate met Spray and Cook.
Sif die meel in ‘n groot mengbak.
Roer die hawermout, klapper en bruinsuiker by.
Sit die botter, goue stroop en water in ‘n pot
Roer oor ‘n medium hitte, tot gesmelt.
Roer die koeksoda by. (Dit skuim baie – werk oor die mengbak)
Gooi bottermengsel by meelmengsel.
Roer tot goed gemeng.
Rol plat teelepelsvol in balletjies.
Plaas op bakplate ±5cm uit mekaar en druk effens plat met ‘n vurk of sommer met jou vingers.
Bak vir 10 minute tot goud bruin (hou dop van so 8 minute)
Na omtrent 2 minute nadat jy dit uit die oond gehaal het maak versigtig los van die bakplaat en laat 5 minute op die bakplate afkoel.
Tip: Ek maak die resep sommer dubbel aan. Anders gaan jy teleur gestel word omdat dit so vinnig klaar is…. Een baksel koekies lewer maar 626g koekies.
Geniet dit.
BRON – Esmarie Friedrichs
Foto:  Di Bo




FIESTA BEANS AND RICE

Fiesta Beans and Ricetested

FIESTA BEANS AND RICE
1 tablespoon olive oil
2 garlic cloves, minced
1 cup uncooked (non-instant) white rice
1 cup water
1 teaspoon cumin
1 teaspoon oregano
1 1/2 cups cooked beans or 1 can of beans, drained and rinsed
1 can diced tomatoes
3/4 cup frozen corn

In a skillet, heat the oil over medium heat.
Add the oil and garlic and cook until soft, about four minutes.
Add the rice and cook for about two minutes, stirring constantly, so as not to burn.
Add the water, spices, beans, corn, and tomatoes. Bring to a boil.
Reduce to a simmer, cover, and cook for 20 minutes.
BRON- Kristia Ludwig
FOTO- Hanta Henning




NOEDELSLAAI

NOEDELSLAAI
1 pak (500 g) skroef of skulpnoedels
1 soetrissie
1 ui
250 ml tamatiesous
125 ml asyn
125 ml sonneblomolie
200 ml witsuiker
25 ml matige kerriepoeier

Kook die noedels volgens die aanwysings op die pakkie tot gaar.
Laat dit goed dreineer.
Halveer, ontpit en sny die soetrissie fyn.
Skil en kap die ui fyn.
Meng die noedels, ui en soetrissie in’n slaaibak. Meng die tamatiesous, asyn, sonneblomolie, witsuiker, kerriepoeier.
Giet dit oor die noedelmengsel en meng dit liggies.
Verkoel voor opdiening.
Lewer 8 porsies
BRON – Steph Kirchner




BAIE LEKKER NOEDELSLAAI

tested

BAIE LEKKER NOEDELSLAAI
500 gr skulpnoedels
1 groot ui
1 green pepper

SOUS:
1 koppie tamatiesous
200 ml suiker
125 ml kookolie
125 ml asyn
25 ml kerrie
7 ml sout
2 ml peper
Kook noedels.
Kap ui en green pepper fyn.
Meng die sous bestanddele goed saam, meng met die noedels en bere in yskas.
BRON- Marinda Nieuwoudt Galloway




PONS / BOLA

Pons Bolatested

PONS / BOLA / PUNCH
2 liter Oros
1 liter lemonade
1 liter soda water
2 liter water
1 blikkie fyn pynappel stukkies
2 houertjies granadillas
Meng alles en geniet!!!!
Resep en foto:  Benhet Nieuwenhuis




PIESANGKOEK MET KARAMEL VERSIERSEL

piesangkoek gideontested
PIESANGKOEK MET KARAMEL VERSIERSEL
Hierdie klam en weelderige piesangkoek sal enige suikertand tevrede stel. Dis een van ons gunstelinge
Genoeg vir 6 mense
150 g botter
250 ml (1 koppie) strooisuiker
125 ml (½ koppie) bruinsuiker
3 eiers
500 ml (2 koppie) meel, gesif
7 ml (1½ teelepels) bakpoeier
10 ml (2 teelepels) fyn kaneel
200 ml suurroom
3 piesangs, fyngemaak
BOLAAG
125 ml (½ koppie) strooisuiker
50 g botter
125 ml (½ koppie) dikroom
1 piesang, in skywe gesny
Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n diep ringpan goed.
Plaas die botter, strooisuiker en bruinsuiker in ’n bak en klits tot vaal en romerig.
Voeg die eiers een vir een by en klits goed ná elke byvoeging.
Vou die meel, bakpoeier en kaneel in.
Voeg die suurroom en piesangs by en roer tot gemeng.
Skep die mengsel in die bereide bakpan en bak 50 minute of tot gaar ( ’n toetspen moet skoon uitkom wanneer dit in die middel ingedruk word).
Bolaag: Verhit die suiker in ’n pan oor matig-lae hitte 1 minuut of tot dit aan die kante begin smelt. Voeg die botter by en roer met ’n klitser. Giet die room in terwyl jy roer en hou aan roer tot dik. Giet oor die koek.
Bedek met piesangskywe en sit voor.

Foto:  Rinie Louw