FESTIVE FRUIT CAKE

FRUIT AND VEG CITY FESTIVE FRUIT CAKEtested

FESTIVE FRUIT CAKE
Ingredients
12 eggs
500g sugar
250g butter
5 ml molasses
1 tsp nutmeg
1.5 tsp mixed spice
625g cake flour
5 ml baking powder
100-125 ml brandy
1.5 kg festive cake mix
Method
1. Preheat oven to 140°C. Line a 25 cm diameter, deep round cake tin with baking paper and spray sides of tin with non stick spray.
2. In a mixing bowl, cream together sugar and butter until well blended.
3. Beat eggs and add to the sugar and butter mixture, mixing well.
4. Sieve the flour and spices into the mixing bowl, add the cake mix, molasses and brand. Mix well.
5. Pour cake mixture into tin and bake for 4 hours.
6. Decorate as desired.
Recipe posted by Bernadene Daniell Prinsloo
FOTO – Bernadene Daniell Prinsloo

Bernadene Daniell Prinsloo – WENK:
1. Ek het my vrugtekoekmengsel al so 2 maande gelede gekoop, ½ kop brandewyn ingegooi en in die yskas gebere en so 1 maal per week lekker deurgeskud. Die vrugte is dan alreeds heerlik vogtig.
2. Hierdie is ‘n groot ligte beslag, maar word donkerder soos wat dit ryp word. Ek gebruik 3 ronde silikoon koekpanne en spuit dit net met Spray en Cook. Ek bak vir so 3 ure of totdat dit gaar is.

Madelein Coetzee – Wat is die grote van jou pan?

Bernadene Daniell Prinsloo – 20cm deursnee en 6cm hoog

Madelein Coetzee – En wat is molasses?

Bernadene Daniell Prinsloo – Molasses is ‘n byproduk van suikerriet – dis soos ‘n dik donker stroop. Ek dink nie dit sal doodsake wees as mens dit nie insit nie.

Madelein Coetzee – Tx kan ek dalk dadels byvoeg.

Bernadene Daniell Prinsloo – Jip … enige ingelegde stroopvrugte soos vye, waatlemoenstukke, ook. En ekstra neute ook.

Madelein Coetzee – Kan mens lunch wrap ook onder sit en moet jy elke laag smeer.

Rina Kleinhans Madelein Coetzee – jy kan lunch wrap ook gebruik maar 3 lae, en jy smeer nie die lae nie, sit hulle net opmekaar. Ek sou se die beslag maak een groot koek of 2 x 20 cm en maak dit dubbel aan vir 4 x 18cm en dan kom hulle pragtig, onthou om jou baktyd aan te pas as jy kleiner koekies bak




GEMMERKOEKIES MET INVRYF BOTTER

Gemmerkoekkiestested
GEMMERKOEKIES MET INVRYF BOTTER
Resep geplaas en foto: Elize Venter
FOOD LOVERS RECIPES
4 koppies koekmeel
1 koppie goue stroop
125 g storkbake
1 eetlepel koeksoda
1 koppie suiker
½ koppie warmwater
2 eetlepels gemmer

Vryf margarine in die meel in met jou vingerpunte tot krummel. Voeg die suiker by en meng. Los die koeksoda op in warmwater en voeg by. Meng die stroop en gemmer in ‘n bakkie tot mooi glad. Voeg by meelmengsel en knie liggies. Rol balletjies so groot soos okkerneute en sit in gesmeerde panne. Druk plat met ‘n vurk of druk met jou duim ‘n duikie in.
Bak op 165ºC 15 min.




TAMATIEBREDIE MET LAMSNEK

Tamatie Bredie met lam nekkiestested

TAMATIEBREDIE MET LAMSNEK

Ek gebruik wat ek in die huis het.
2 blikke heel tamaties opgekap
tamatie paste
bruin uie soppoeier
uie gekerf
wortels in ringe gesny
aartappels gensy soos verkies
peper, garlic and herb spice
lamsnek opgesny in skywe
suiker na smaak
Braai dievleis tot goud bruin haal uit en braai die uie tot bruin en sag.
Sit weer jou vleis terug in die pot en voeg die aartappels en wortels by.
Sit die tamaties en paste by. Meng die sop en speserye saam met water en giet in die pot met vleis, aartappels, wortels etc.
Laat stadig prut of bak in oond tot vleis sag en groente gaar is.
Voeg ‘n bietjie suiker by om die suur van die tamatie te breek.
Kook deur en bedien.
Nota
Nog n bylas weet julle hoe lekker is dit met jasmin fragrant rys uit die boeke (sticky rice)
Resep en foto- Ingrid Mouton




VANILLAKOEKIES MET VARIASIES

tested
VANILLAKOEKIES MET VARIASIES
460 g botter (Ek gebruik sommer die hele 500 g Stork Margarien)
340 g (400 ml) strooisuiker
2 x-groot eiergele. (Ek bak sommer meringues van die eierwitte – ook ‘n wenner)
5 ml vanilla geursel
600 g gesifte koekmeel
50 g (100 ml) mielieblom (Maizena)
5 ml sout
Room botter en suiker. Klits tot amper wit.
Voeg eiergele en vanilla by en klits vir 1 minuut.
Sif droë bestanddele saam.
Voeg stadig lepelsvol meelmengsel by die bottermengsel. Klits goed na elke byvoeging.
Gebruik koekiedrukker en vorm koekies op gesmeerde bakplaat.
Bak teen 180°C vir 15 – 20 minute (Ek vind met die koekie drukker bak hulle net 8 minute)

NB: In die somer op warm plekke is die deeg geneig om baie sag te wees. Plaas dan in die yskas tot die deeg hanteerbaar is – moet nie meel byvoeg nie.
Variasies:
Vir Vlakoekies: Vervang ek die Maizena met vlapoeier.
Vir Romany Creams: Voeg ek ‘n koppie klapper by en ook 60 ml kakao. Dan maak ek balletjies en druk dit met ‘n vurk plat.
Sit die klaar gebakte koekies aanmekaar vas met gesmelte sjokolade.
Klapperkoekies: Voeg ek net ‘n koppie klapper by.
Ek voeg ook ‘n 1½ koppie Meusli by en maak balletjies wat effens plat gedruk word, voor ek hulle bak. Dip helfte van die koekie in gesmelte sjokolade en laat afkoel.
Vir sjokolade splinter koekies: Voeg ek 2 koppies Chocolate Chips by die basiese resep. Kids is mal daaroor.
Dan sit ek jelly tots op die basiese resep of cherries (halwes of kwarte) of enige ander versiering wat jy wil opsit.
Hierdie koekie kan jy enige iets mee doen. Alles werk lekker uit.
Geniet dit!!
BRON- Esmarie Friedrichs




KINGKLIP VIS MET ‘N CHILLI SOUS

Kingklip vis met n prawn chilli soustested

KINGKLIP VIS MET ‘N CHILLI SOUS
Ek hou daarvan om my vis eers met olyf olie te smeer en die ene het ek met Vitla se garlic, ginger en sesame flavour soy sous gesmeer en gelos vir so uur. Volgende het ek net gewone koekmeel gevat en die vis liggies bedek en vandaar in warm pan met olyf olie gebraai.

Nogal belangrik dat jou olie goed warm is.
Vir die prawnsous vat ek cape point se prawn wat klaar skoon is, braai in garlic botter, voeg Ina Paarman se tamatie en chilli sous by en simmer vir so 2min. Ek maak gewoonlik basmati rys saam die vis en die prawn sous gee vreeslik geur.
Vars mint bo oor is net heerlik. Ek’s mal oor kleur en vars produkte.
BRON- Danie du Preez




MERINGUE

skuimpies marie groblertested
MERINGUE
My meringue resep. Is altyd ‘n sukses.
1 eierwit van ‘n X-Groot eier
250 ml (210 g) strooisuiker
30 ml kookwater
15 ml asyn
2 ml bakpoeier

Voorverhit die oond tot 100°C.
Voer 2 bakplate met aluminium foelie uit, die blink kant bo.
Gooi die eierwit, strooisuiker, kookwater en asyn in ‘n mengbak en klits dit vinnig totdat die meringue stywe puntjies vorm as jy die klitser uitlig.
Vou die bakpoeier liggies in die meringue in.
Skep teelepelsvol meringue op die aluminium foelie of spuit sirkels daarop met behulp van ‘n versierbuis en -sak; die deursnee moet naastenby 4 cm in deursnee wees.
Bak die meringue 1 uur.
Skakel die oond af en haal hulle uit wanneer die oond byna koud is. (Ek haal hulle dadelik uit, omdat ek so baie op ‘n slag bak. Geen probleme sover gehad met meringues wat sag is in die middel nie)
Bewaar hulle in ‘n lugdigte houer.
Tips:
Ek strooi sommer sjokolade vermicilli oor of 100’s & 1000’s vir versiering.
Ek roer ook sommer 3 eetlepels van my gunsteling koffie poeier in sodra dit styf geklits is. En strooi dan sjokolade vermicilli oor. Almal is mal daaroor. Dan maak ek kleintjies en sit dit met gesmelte sjokolade aan mekaar vas.
Indien jy te veel eierwitte het nadat jy te veel van die vanilla koekies gebak het – kan jy die eierwitte een een of twee op ‘n slag in ‘n sakkie gooi en dan in die vrieskas gooi vir latere gebruik. Meringues hou vir omtrent 3 weke baie goed.
Geniet dit.
BRON – Esmarie Friedrichs
Foto: Marie Grobler




PIZZA GEMAAK MET WONDER COOKER DEKSEL

Pizza gemaak met wonder cooker dekseltested
PIZZA GEMAAK MET WONDER COOKER DEKSEL
Die pizza deeg:
500 ml bruismeel
125 ml olie
150 ml kookwater
knippie sout.
Gooi in houer met deksel, seël en skud heen en weer tot deeg vorm. Druk die deeg in ‘n pan vas,  sit vulsel op, maak toe met die wonder cooker deksel en bak op medium heat vir 6 – 7 minute. Ek bak myne bietjie langer so 10 minute. Toets soos jy gaan.
BRON- Madeleine Potgieter




VLEIS VIR WILDSPASTEI

 

FLR BB be the first to give us a photo!!tested

VLEIS VIR WILDSPASTEI

Ek kook my wild met coriander, naeltjies, wortels, sout en peper.   Ek gooi ook vars roosmaryn in en n skaap stertjie of 2 dan wanneer dit lekker lank gekook is en baie sag dan sit ek 2 pakkies bacon ook in.   Ek voel die trick is by die coriander, so moet nie skaam wees nie en dit moet korrels wees nie fyn gemaakte coriander nie,  maar wees versigtig met die naeltjies, te veel naeltjies kan die vleis bitter maak,  so daar is my resep baie maklik
BRON- Peter Harry




WILDS PASTEITJIES

 

WILDS PASTEITJIEStested

Wildsboud
6 uie
wortels
aartappels in blokkies gesny
soet patats (my eie byvoeging, het nog oorskiet patats gehad)
sout en peper
knoffel
speserye (enige)
bietjie gemengde kruie
pakkie soppoeier

gekoopte puff pastry

Ek het boud met al die ander bestandele in slowcooker gesit en oornag laat stap, tot vleis lekker sag gekook en dik sousie gevorm. Toe deeg uitgerol ingeskep. en bakkies en bak. Gereed vir bak
BRON- Mariette Fortuin




SOUTBLOK PRAATJIES

 

SOUTBLOK PRAATJIES

SOUTBLOK PRAATJIES

GIDEON LOUW – ons het vannaand gehad worsie oppie soutblok n tsoppie oppie soutblok als net traais saam met tsjops oppie kole en skaap stertjie s en dit was nou baaaaaasie lekkrrrr

Elizma Van Rooyen – Ken dit nie vertel my hoe maak mens steak daarop gaar…

Liezl Louw – Jy maak dit warm op die kole tot ongeveer 400°C. Dan braai jy jou vleis daarop. Jy hoef dit nie te sout nie en die blok hou sy hitte baie lank.
Jy kan dit ook “chill” en gebruik as n platter vir koue kos bv sushi ens.
Jy kan dit weer en weer gebruik. Word skoongemaak met slegs klam lappie aangesien sout self n reinigings agent is.

Nicolette Fick – Het al gebruik vir visbraai en steakbraai – ‘n wenner

Herman Fick – Sout blok Werk soos ‘n droom. Love it vir steak en vis. Beveel dit vir almal aan….. Ek verhit die slab tot so 200C. (Meet met infrarooi temp meter as jy onseker is van jou hitte op jou grill).. As jy klaar is, laat dit afkoel en spoel die bokant more af en alles is weer nuut!…

Liezl Louw –  So jy hou hom op die kole?.. En sit jy ekstra geurmiddels by?

Herman Fick –  Dis op my gas braaier. Jy kan hom seker op kole gebruik, maar swart gaan hy wees! Jy kan dit op ‘n gas stoof/plaat ook gebruik. Ek het defnitief spices opgesit…maarnue baie nie. Youtube het baie videos om te kyk. Pinterest het baie pics

Tina Botha – Kan mens dit ook op n elektriese plaat/plate gebruik? Die gas maak alles onder swart.

Herman Fick  – Jy kan geensins die blok op ‘n elektriese stoof gebruik nie. Dit word nie warn genoeg nie. Gas brand glad nie swart nie….behalwe as jou suurstof mengsel nie reg is nie en dit brand dan met ‘n geel vlam. Blou vlamme is wat jy veronderstel is om op gas plate te hê.

Gideon Louw –  Herman Fick inteendeel ek het my soutblok op die elektriese stoofplaat warm gemaak en dit het goed gewerk toe neem ek dit net ui na my braai kamer toe en sit dit oppie kole Tina Botha dink twee keer voordat jy dit aanskaf hoor !!