FRIED MUSHROOMS

FRIED MUSHROOMS

Fresh white mushrooms, wiped clean
1 cup flour
1/2 cup cornstarch (maizina)
3/4 teaspoon baking powder
1/4 teaspoon salt
1 cup water
2 cups breadcrumbs (dried)

Directions:
1 Mix flour, cornstarch, baking powder and salt in a bowl.
2 Add water to make a batter.
3 Dip clean mushroom into batter letting excess batter drip off.
4 I find it easier to stick a toothpick into the mushroom to dip it.
5 After dipping into batter roll in breadcrumbs to coat.
6 Deep fry in oil until golden.
BRON – Fanie Oosthuizen




ZURI SE HEERLIKE FRANSE SLAAISOUS

 

Franse slaaisoustested
ZURI SE HEERLIKE FRANSE SLAAISOUS

Ek word moeg vir gewone slaaisouse, of dit nou my eie vinaigrette is en of dit uit botteltjies kom. In Frankryk ‘n paar jaar gelede het ons hierdie tipe slaaisous byna oral op slaai gekry, en dit was heerlik. Ek het dit tuis probeer namaak, en dis miskien nie presies dieselfde nie, maar dis baie lekker. Proe net goed: dit moet ‘n “tang” hê! Nie te soet nie, nie te suur nie — pas maar die suurlemoen en die suiker aan.
30 ml vars suurlemoensap (nie asyn nie)
15 ml strooisuiker (dit los makliker op as gewone suiker)
Knippie seesout soos Maldon
1 ruim teelepel gladde Dijon-mosterd
Ongeveer 1/4 koppie vars room (so 65 ml)
Goeie knippie growwe swart peper

Klits alles saam, en laat staan ‘n rukkie. Die sous sal effens verdik. Maak seker die suiker is opgelos, en proe vir daardie pikante smaak.
BRON – Zuri Roos




AARTAPPELSLAAI MET BILTONG EN N KARRINGMELK-KOLJANDER MAYONNAISE

aartappelslaai met biltongtested

AARTAPPELSLAAI MET BILTONG EN N KARRINGMELK-KOLJANDER MAYONNAISE
Hierdie aartappelslaai is regtig heerlik en iets anders met die karringmelk sous.. probeer dit gerus

Gewone gaar aartappel blokkies  gemeng met biltong en soetmielies soos vel as wat jy benodig vir jou aantal gaste.

Sous is mayonnaise, karringmelk, koljander blare fyngesny en suiker. Maak aan soos jy daarvan hou en geniet.
Ek het ongeveer ‘n derde karringmelk gebruik teenoor die mayonnaise, maar sal volgende keer bietjie meer bygooi.
BRON- Nicolaas Martinus Swanepoel

Mardine Mostert – Gaan dit beslis maak ek gebruik bacon in plaas van biltong, maar biltong klink lekker.

Anthony Raymond – Suurroom doen ook die ding




SIMONZOLA SOUS

 

blue cheese sauce on steaktested

SIMONZOLA SOUS
Ek is nie sterk op vreeslike sterk blou kaas nie, maar Simonzola is ‘n weergawe wat erg lekker is (soos Gorgonzola) maar slaan jou nie tussen die oë nie.
1 blok Simonzola
room
maizena
swart peper

As jy so ‘n blok Simonzola en room (ja, ja, ek weet …) saam smelt en effens verdik met maizena en jy maal lekker swart peper daarby – dis ‘n hemelse sous vir steak of vir pasta.
BRON- Petro Borchard




THREE INGREDIENT FRUIT CAKE

 

THREE INGREDIENT FRUIT CAKE

750ml Iced Coffee
1kg mixed fruit
2 cups Self Raising flour

Method
Soak mixed fruit in the Iced Coffee for 24 hours.
Add flour and mix well.
Bake in a lined 8 inch (20cm) square tin.
Bake at 150 degrees Celsius for 1 hour.Recipe posted by Linda Venter

Elsabe Otto – Ek bak die selfde resep maar 750ml lemoensap in plaas van Iced coffy en is heerlik Dan gooi ek koppie bruinsuiker en kop lemoensap wat ek kook soos n stroop oor koek as ek klaar is Probeer dit ook! Ook net die 3 bestandele behalwe die bruinsuiker en lemoenstroop agterna as koek klaar is Is altyd n sukses. En ek het ook neute of grondboonyjies en kersies bygevoeg want vrugtemengsel bevat dit nie Ongelooflik resultate. En dan maak mens hom in foelie toe en so week voor jy eet gooi jy elke aand so lepel brandewyn oor . My ouma en toe my ma het dit gedoen en daaroor doen ek dit ook nou.

Elsabe Otto Ja gooi asb n lepel sout in en jy kan speserye ook soos gemmer kaneel en neutmuskaat bysit .Ek doen nie net teel sout. Hierdie koek sal julle weer en weer en weer bak!

Meisie Hattingh – mens kry koffie by die gegeurde melkies afdeling wat alreeds versoet is. ek weet nie die brand nie maar hulle is heerlik. ek neem aan dit is wat in die koek kom

JACOBS het n ICED COFFEE beskikbaar in SA




SAVANNAH HOENDER MET EKSOTIESE SAMPIOENE

savagna hoender adritested

SAVANNAH HOENDER MET EKSOTIESE SAMPIOENE
3 eetlepels druiwepitolie
6 hoenderborsies, gehalveer in die lengte
seesout
grofgemaalde gemengde peperkorrels
1 eetlepel botter
400 g gemengde eksotiese sampioene
¼ koppie Madeira of soetwyn
½ koppie organiese hoenderaftreksel
1 koppie preie, grofgekap
½ koppie vars room
6 repies spek, gekap en gebraai

Verhit olie in pan en braai hoender tot bruin aan albei kante.
Verwyder uit pan, geur met sout en peper en hou eenkant.
Plaas sampioene en botter in dieselfde pan en braai vir 5 minute.
Voeg Madeira en hoenderaftreksel by en laat prut vir ongeveer 7 minute.
Voeg preie en room by, laat prut vir ‘n verdere 3 minute.
Voeg hoender by om te verhit.
Skep op opdienbord en sprinkel met spek.

Resep gepos deur Coen Cloete
Foto:  Andri du Toit




AMARULA KOEK

AMARULA KOEKtested
AMARULA KOEK
60 ml kakao
125 ml kookwater
3 eiers
220 ml suiker
60 ml olie
250 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
2 ml sout

Stroop
200 ml suiker
250 ml water
60 ml amarula


VERSIERSEL
1 Blikkie karamel kondensmelk
Styf geklopte room
Flake

Beslag:
Meng kakao met kookwater laat afkoel. Klits Suiker + olie + eiers een vir een saam. Voeg afgekoelde kakao mengsel by en klits goed deur. Sif droë bestandele en voeg by eiermengsel meng goed deur. Gooi in glasbak 22cm/30cm vooraf gespuit met cook ñ bake. Bak by 180ºC vir 25-30min
Stroop:
Kook water en suiker vir 5 minute tot suiker opgelos is. Haal van die stoof af en voeg Amarula by, roer goed deur. Prik koek sodra dit uit die oond kom en gooi warm stroop oor. Laat heeltemal afkoel. Versiering:
(Smeer eers karamel kondensmelk oor en dan styfgeklopte room en strooi dan fyn flake oor)
Dis ‘n lekker klam koek en jy kan ook meer Amarula gebruik en dit selfs saam die karamel kondensmelk inmeng.

BRON- Marie Rheeder Troskie
FOTO – Hettie Bezuidenhout EN  Susan Du Preez Bisschoff

Hettie Bezuidenhout –  Ek het hom dubbel aangemaak en as n koek gebak.Ondat ek die resep verdubbel het het ek die water verminder en die Amarula vermeerder na n koppie. Ook die Room effens versoet met n bietjie ekstra Amarula in

Elize Matthysen Theron – Is dit baie soet?

Hettie Bezuidenhout – Hy is nie so vreeslik soet nie.




GRONDBOONTJIEBOTTER KOEKIES MET OATS

peanut butter cookiestested
GRONDBOONTJIEBOTTER KOEKIES MET OATS

250 g botter
500 ml suiker
2 eiers, geklits
125 ml Black Cat gladde grondboontjiebotter
10 ml koeksoda
25 ml melk
5 ml vanieljegeursel
500 ml koekmeel gesif
500 ml Oats
500 ml klapper
500 ml graanvlokkies

Voorverhit oond tot 180ºC.
1. Room botter en suiker saam.
2. Voeg geklitste eiers by.
3. Voeg grondboontjiebotter by en meng goed.
4. Los koeksoda in melk op. Voeg geursel by.Voeg by bottermengsel en meng goed.
5. Meng die res van die bestanddele en voeg by die grondboontjiebottermengsel. Meng.
6. Vorm balletjies so groot soos okkerneute.Plaas op ’n gesmeerde bakplaat en druk effens plat met ’n vurk.
7. Bak 10-15 minute lank tot goudbruin en gaar.
8. Keer uit op ’n afkoelrak. Laat afkoel en berg in ’n lugdigte houer.Lewer ongeveer 8 dosyn koekies

Hannes En Anja Stemmet – ek het hierdie al gebak. Dis heerlik




BEETSAP

 

beetsaptested

BEETSAP
Hi julle neem 2 rou bete (skil af) 1 groen appel en 2 wortels geskil. Gooi in blender en 2 koppies water. Meng alles goed saam in blender. Verdun met breakfast punch. Tot (die) regte dikte wat jy verlang. Bedien koud of drink direk na dit gemaak is. Ek hoop julle geniet dit soos ons. Want ons neem dit as ontbyt
BRON- Heila De Bruin

Quinette du Toit – Ek gebruik sap van 6 lemoene en sit so 3 rou bete en duim grootte gemmer in versapper en meng alles. Dis heerlik!
Elsabe Piek – Versap 1 beet, een wortel en 1 appel… moenie skil, skrop net skoon, en drink dadelik op leë maag.




Simba chips en kaas snack

 

Heerlike snacks met Simba chips en kaastested

500ml gerasperde chedder kaas
250ml koekmeel
1 groot pak fyn gedrukte Simba kaas en uie chips
120 ml sagte margarien

Meng alles goed saam, rol in bolletjies en druk plat met vurk. Pan moet goed gesmeer wees. Bak in oond vir 10 min teen 220’C. Hou dop, brand maklik.

BRON – Chantel Vorster
Dunia Van Rensburg McMaster – love them….try Mexican chips gives it a better flavour