

WORS GEREGTE
Marie Grobler – Is daar nie asb ‘n resep vir wors nie iets soos wors en groente gebak , is nie lus vir gebraaide wors nie. Sal bly wees as iemand kan help. Dankie
Jeanette Martins – Ek sny wors in stukkies, braai so bietjie. Braai uie in dieselfde pan en gooi blikkie tamatie en uie smoor by. Roer wors daarin. Sout en peper en ‘n klein bietjie suiker, worcestersous en bietjie chutney. Gooi in ‘n pyrex bak. Sny aartappels in baie dun skyfies en pak bo-op. Bak tot aartappels sag is.
Sonja Young – Ek kook spaghetti, maak ‘n lekker tamatie en uie sous waarin tamatiepuree is. Braai wors en sny dan in stukkies. Voeg dit by die tamatiemengsel. Dien op bo oor spaghetti of voeg dit by tamatie worsmengsel en laat bietjie deurkook
Hettie Nagel – Sny wors stukkies. Sny aartappels ook in blokkies. Kerf uie fyn voeg by kook met water 1 teelepel borrie en 1 teelepel kerrie kook tot aartappel begin breek roer 1 eetlepel appelkooskonfyt in kook deur . Heerlikste kerrie.
Gloutjie Barnard – Ek braai wors in ‘n pot en sny in stukkies. Braai uie, tamatie, gooi gesnyde sampioene en baby marrows by met sout, peper en bietjie suiker ens. Skep wors terug in sous en bedien op gaar rys, spaghetti/noedels of stampmielies. Pap sal ook lekker wees.
Patience Rossouw Grobler O’Kennedy – Het ook nou die aand nie geweet wat om te maak nie toe het ek n pers ui gevat opgekerf. Aartappel geskile en blokkies gesny en dit saam die uiegekook. Het bietjie oorryp tamaties gevat en ook blokkies op gesny en by aartappel en uie gevoeg sout en peper en bietjie gekook. Het wors apart gaar gemaak en ook klein stukkies gesny en by die aartappel ui en tamatie gevoeg en net deur geroer en op toast bedien. Lekker babalas ete ook
Sonja Young Worskos!
Sny wors in stukkies, braai uie en voeg wors by – braai tot gaar. Voeg blik tamaie en uiesmoor en blikkie tamatie paste by. Gooi bietjie peper by indien verkies. Laat dit deurkook.
Kook intussen genoeg spaghetti. Skep spaghetti in bord met worsmengsel bo-oor. Geniet
Andrew du Toit
My vrou doen ook deesdae die opgesnyde wors ding. Met allerhande byvoegsels op rys. Sal nie sê ek is altyd mal daaroor nie maar ek kan ook nie sê dis sleg nie. Net bietjie uitheems. Maar die variasie op wors en eiers met mash of pap en wors is nogal nie sleg nie.
Stephanie Kohrs
Sny die semi gevriesde wors in wielietjies, druk spanghetti daar deur en kook tot gaar. Maak n pasta sous of kaas sous by.
Petronella Kleintjie Botha Pieterse – Maak ‘n gewone vleisbredie, sonder vleis. Gebruik ‘n biefblokkie om die vleisgeur in te kry. Braai wors soos gewoonlik. Met opdiening sny die wors in stukkies en roer versigtig deur bredie.
Jakkie da Costa
Mash met ‘n lekker bruin sous
Renier Korff
Braai uie en wors in stoompot. Skil artappels. Maak 2 pakkies Brown onion sop aan. Gooi aartappels in pot, dan sop. Stoom tot hoogte beryk. Los op plaattot amper afkoel. Kyk net of arteppels gaar is. Bedien op rys, brood of mash.
Mona Bekker
Maak leker tamatie uie sous, maar gooi as jy die sous maak, chatney en eetlepel suiker by. dan word hy leke glanserig, op hot dog buns dis heerlik en nie baie moeite nie
Albertina Fourie
Wors met mash potatoes, ertjies en lekker groen slaai ek lief dit.
Marelize de Villier
Maak wors gaar, klaar gaar sny in ringe, maak pasta gaar, maak tamatie en uiesous. Pak laag pasta laag wors, laag tamatie en uiesous dan weer laag pasta, laag wors, laag tamatie en uiesous en laasta weer pasta. Maak lekker witsous, gooi bo oor met gerasperde kaas en bak bietjie in oond heerlik.
Lizette De Waal
Kaas en macaroni met die wors ingesny.
Yvette Cilliers
Braai wors met gesnyde uie in pan, ui word so lekker bruin met wors se bietjie vet, sny aartappel in blokkies, voeg by wors/uie en braai tot sag. Alles heerlik goudbruin. Gemengde groente daarby.
FOTO – Linda Venter