FYN VYEKONFYT GESKIK VIR DIABETES

FYN FYEKONFYT GESKIK VIR DIABETEStested

FYN VYEKONFYT GESKIK VIR DIABETES
Was en skil genoeg ryp vye om 1.5kg uit te weeg.
Gebruik 600 g Xylitol versoeter
350 ml water
30 ml suurlemoensap
Een stuk gekneusde gemmerwortel in ‘n katoen doek toegebind.
10 g gelatine

Plaas die vye en versoeter in ‘n kastrol en voeg die water by.
Snipper die vye met ‘n sker in die kastrol.
Verhit stadig totdat die Xylitol versoeter opgelos is.
Voeg nou die gemmer en die suurlemoensap by en kook verder vir omtrent een uur.
Roer gereeld.
Verwyder die sakkie gemmer, skakel die stoofplaat af en strooi die gelatine stadig in en roer totdat die gelatine opgelos is.
Bottel die konfyt warm in gesteriliseerde bottels.
BRON – Lou Viljoen

All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.

Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.




DIE ‘tools of the trade’ VIR INMAAK EN INLE

Die tools of the trade

DIE ‘tools of the trade’ VIR INMAAK EN INLE
Wat die lewe makliker maak as jy wil konfyt maak of goed inlê:
Bo – tregter met medium gat om bottels te vul sonder om alles te bemors

Die groen tools – jy knyp die bottel vas met die eerste een om die deksels ordentlik vas te maak,
Knyper om bottels uit die kookwater te haal en die reguit pen met magneet voor aan wat onder lê om deksels uit die warm water te haal

Die blou lepel is silikoon en kry die laaste bietjies konfyt uit die kastrol

Die rooi en wit lepel om die konfyt uit die kastrol te skep en in die tregter te gooi

Die rooi tregter is vir groter bottels

Onder is ‘n swart tregter met ‘n groot opvang area met klein gaatjie om kleiner bottels te vul – dis eintlik die ding wat manne olie aftap van hulle karre – die een was nog nooit vir ‘n kar gebruik nie

‘n Stainless Steel maatbeker met medium grootte onderkant wat my man vir my afgesny het voor ek die plastiek tregters kon kry en langsaan ‘n stainless steel beker wat lekker werk as jy baie loperige goed moet skep en in bottels gooi

Plat rooi skraper om skuim na een kant toe te help voor jy dit afskep en dan ook om die laaste bietjie jam uit die pot te skraap en ‘n verf skraper en growwe skuurspons (ook van hardeware winkel) om die floppies van die bodem af te kry
Die belangrikste tools het ek vergeet – n GROOT kastrol vir vinnige verdamping en my laaaang houtlepels wat my man vir my gemaak het
BRON – Petro Borchard




Canolini mince en Pampoen gereg

Canolini mince en Pampoen geregtested
Canolini mince en Pampoen gereg
Het vir vannaand die heerlkike gereg gemaak. Sommer uit my kop uit. Het Canolini buise gehad en hulle gestop met maalvlais wat gebraai was met uie en speserye. Ek het pampoen gekook met sout en witsous gemaak.

Het die gevulde buise in oondbak gepak het die helfde van witsous bo oor gesit. Die pampoen bo op gepak die laaste witsous oor pampoen gegooi en toe gerasperde kaas heel laaste. Eers op 150 grade gebak vir 40 min en toe op 180 grade totdat kaas bruin geword
BRON – Ronel Muller Thoma




BASAAR POEDING

bazaarpoeding
BASAAR POEDING

Oor nag n blikkie ideal melk in yskas.
Klits die volgende dag ideal melk styf.
Maak ‘n pakkie jelliepoeier aan laat afkoel moenie stol nie.
Meng met blikkie crushed pynappel by die ideal melk . Voeg jellie by en meng goed.
Sit in glasbak en sit in die yskas om koud te word.
Resep en foto:  Nella Kootstra




CHAKALAKA SOUS

CHAKALAKA SOUS
5 groen soetrissies, in blokkies gesny
5 rooi soetrissies, in blokkies gesny
3 geel soetrissies, in blokkies gesny
4 groot uie, in blokkies gesny
10 – 12 tamaties, vel verwyder en in blokkies gesny
1 bottel sweet chillie sous

Gooi alles in kastrol en kook oor matige hitte.
Roer gereeld.
Jy kan die sous bottel en in yskas bere.




DIEPSEE DOOPSOUS

 

tuna doopsoustested

hier is my gunsteling…

185 g Tunavis (1 blik)
75 ml Mayonnaise
5 ml Pietersielie
Tamatiesous – na smaak
Blatjang – na smaak
Knippie paprika
Klein bietjie gerasperde ui

Meng al die bestanddele.
Garneer en sit voor met southappies.
BRON – Chantelle Geldenhuys




HEERLIKE PERI PERI HOENDERLEWERTJIES

Heerlike peri peri hoender lewertjiestested
HEERLIKE PERI PERI HOENDERLEWERTJIES

Ek het uie gebraai in klein bietjie mix van kook olie/avodado(lemon flavour) olie. My hoenderlewrs bygesit. Bietjie gebraai en toe Ina Paarmans se peri-peri marinade bygegooi, melk vir lekker sousie, bietjie appelkooskonfyt en toe laat stadig prut. Voor opskep sousie effens dik gemaak met maizena. Was heerlik!!
BRON – Annelizle Botha

Bruce van Deventer:
Ek hou van peri-peri maar het geleer om BAIE ligter met die hand te gaan as wat ek in die verlede gegooi het. Ek het ‘n nuwe suurlemoensap ontdek op PnP se rakke. Dis van Lecol en die een geur is suurlemoen met botter en die ander een is suurlemoen met peri-peri en ek vind die een met peri-peri is net sterk genoeg vir gaste om nie te brand nie, maar daardie pikante byt doer agter in die geur potfolio te plaas. Dit brand nie maar so 5 min na jy geëet het, dan begin jy agterkom dat daar ietsie brand was maar dis net lekker.
Ek glo ook om die lewertjies stadig te braai in ‘n non-stick pannetjie sodat dit ligbruin gaar braai saam met uie en peppers en mushrooms voordat ek die res van my sous goedjies by gooi.
Ek het ook geleer om eerder met klapper olie te werk eerder as olyf olie omdat ek glo dat olyf olie nooit moet warm word nie en slegs koud in slaai souse of net so oor kos gegooi moet word omdat olyf olie n baie lae rookpunt het en klapper olie weer ‘n baie hoë rookpunt het en nie die samestelling van die olie verander nie. Mens raak daaraan gewoond soos mens aan olyf olie geword het. Kry asb net die reuklose ekstra virgin klapper olie. Natuurlike klapper olie laat die hele huis soos son, see en vakansie ruik wanneer dit warm word maar die enigste disse waarmee die klapper reuk werk is kerrie disse. Anders moet slegs die reuklose klapper olie gebruik word. Ek lees al hoe meer mediese verslae deur klapper olie te gebruik, stop Alzheimer’s en keer dit selfs om. So ek is baie bly ek het oor geslaan na klapper olie. Dit kan duur wees maar mens leer waar om te koop vir beste pryse. Dischem is ‘n goeie ek om te begin. Jammer ek het nou vreeslik geborduur.
Net laastens weer, ek persoonlik hou daarvan om die lewertjies gaar te braai – stadig – eerder as om dit gaar te kook. Ek kry net beter geur op daardie manier.




HOENDERLEWER PATEE

tested

HOENDERLEWER PATEE
Resep: Marie Fourie
Foto – Gideon Louw
FOOD LOVERS RECIPES
1 ui
bietjie botter
170 g hoenderlewertjies
sout en gemaalde peper
bietjie vars suurlemoen

Rasper die ui en braai stadig in bietjie botter tot net sag.
Voeg die lewertjies by en smoor tot gaar.
Of gebruik soveel lewertjies as wat jy van patee wil maak, pas maar die hoeveelhede aan.
Geur met sout en gemaalde peper en bietjie vars suurlemoen sap.
Maak lewertjies fyn in ‘n ‘food processor’.
Sit in ‘n bak of vormpie en giet gesmelte botter bo-oor.
Los oornag in yskas vir beste resultaat. Heerlik op rooster broodjie!

 




MALVALEKKER POEDING OF TERT

tested
MALVALEKKER POEDING OF TERT

1 groot pak malvalekkers
2 blikkie kondensmelk
½ koppie suurlemoensap
aarbei geursel
en 1 liter room
en 2 blikkies pynappel, gooi die sap af (en drink dit haha)

Klits room mooi styf, voeg kondensmelk suurlemoensap, geursel en pynappels by en meng goed.
Voeg malvalekkers by (ek het myne kleiner geknip).
Meng alles saam en skep in bakkies.
Ek het myne bo-op ‘n koekie gesit.
Het gekoopte “sprinkles” en eetbare glitter oorgestrooi.
Dit is baie lekker!

Foto en resep geplaas deur Susan Maxwell




MIKROGOLF TUNA GEREG

Mikro tuna geregtested

MIKROGOLF TUNA GEREG

Jare gelede het my sus hierdie resep vir my gegee en het ek dit gereeld vir my seuns gemaak vir ete na skool.
Meng die volgende saam :
2 blikkies tuna
2 blikkies Tamatiesous spaghetti
1 blik hoender of sampioenroomsop

Krummel 1 groot pak kaas en uie skyfies en strooi bo-op en mikrogolf tot warm of warm op in oond. Heerlik op roosterbrood.
Foto en resep geplaas deur Anita Steyn

Andre Grove – Ken hom sonder spagetti en met kaas en post toasties gemeng bo oor

Joan Schubert – Ek gebruik Lays’ Balsamic Vinegar skyfies en 2 eiers+125ml melk in die plek van die sampioen sop, maar ek ken nie die weergawe met die Spaghetti nie – gaan probeer.