CUCUMBER AND CHEESE MOUSSE

tested
CUCUMBER AND CHEESE MOUSSE
Serves 6 to 8)
250 ml cottage cheese
1 small onion, finely chopped
5 ml lemon juice
20 ml castor sugar
5 ml Aromat
salt and pepper to taste
1 cucumber, grated with peel
20 ml gelatine
170 ml water
250 ml ORLEY WHIP, stiffly beaten

Mix cottage cheese, onion, lemon juice, sugar, Aromat, salt, pepper and cucumber. Soak gelatine in water and heat until dissolved.
Add to cheese mixture. Fold in whipped ORLEY WHIP. Rinse a 1-litre Tupperware mould with 100 ml water plus 5 ml salad oil.
Place mousse in mould and refrigerate until set. Turn out onto a glass plate, decorate and serve either as a starter or as a cold buffet dish.
Recipe: Gillian Logan Bredenhann




DIE VINNIGSTE FRIKKADELLE OOIT

Die vinnigste frikadelle ooittested

DIE VINNIGSTE FRIKKADELLE OOIT
1 kg maalvleis
1 pakkie bruin uiesoppoeier
200 ml suurroom
Meng room en sop, voeg maalvleis by, vorm frikadelle en bak by 180 ºC tot gaar.
Ek sit soms fyngesnyde sprietuie by.
Resep – Annemarie Roelofse

Shaunay Strydom  – Hier is my resep
1 kg maalvleis
1 pakkie bruin uiesoppoeier
1 blikkie suuroom
1 gerasperde ui
Meng alles mooi saam, rol in balle bak op 180ºC vir 45 minute. Maak sy eie sous, maar ek maak ‘n pakkie “savoury gravy” aan en gooi dit oor frikkadelle as hulle uit die oond gekom het…is heerlik.




DOM PEDRO


DOM PEDRO
Serves 4
4 cups Vanilla Ice-Cream, slightly softened
½ cup Amarula Liqueur or Kahlua
¾ cup fresh cream
1 Flake Chocolate Bar, crumbled or any shaved Chocolate

Place the Ice-Cream, Liqueur and Cream in a blender – blitz until combined.
Pour into serving glasses and sprinkle with Chocolate flakes/crumbs.
Serve immediately




FANTASTIESE FOELIE GROENTE

tested

FANTASTIESE FOELIE GROENTE
Ek het die resep by iemand gekry, kan nie onthou waar nie, verbeel my dit was op ‘n blaadjie tydens die Loeriefees.
Veral in die winter is ons lief vir die groente in foelie. Enige vars groente wat jy in groterige stukke kan opsny. Dit bak ongeveer 45 – 60 minute. Indien jy dit dus te klein opsny kan dit fyn kook.
Gebruik na eie keuse:
wortels
klein of groot uie, in kwarte opsny
baba of groot aartappeltjies, in 4 tot 6 stukke gesny
murgpampoentjies
heel babapampoentjies (‘Patty pans’)
patat, opgesny soos aartappels
sampioene
botterskorsies, ongeskil
klein groen skorsies
geel- en / of groenrissies, opgesny in groot stukke
Venita sê dat dit goed werk as jy al die gewaste groente in ‘n groot skottel plaas en dan die speserye oorstrooi. Skud die bak (indien dit ‘n deksel op het, anders verskyn jy dalk ook in ‘n waspoeier advertensie), of meng dit met jou hande deur sodat die speserye die groente heeltemal bedek. Neem ‘n groot rol breë foelie en plaas dit met die
blink kant na onder op ‘n bakplaat. Pak die groente op die foelie, jy kan nou nog speserye oorsprinkel, sowel as knoffel- of gewone botter (opsioneel). Vou die foelie oor die groente, vou die hoeke goed toe sodat geen stoom kan ontsnap nie. Maak seker om die “opblaas” van die foelie toe te laat (klink amper soos Gys se hoenderresep, bak by 180 – 200ºC vir 45 – 60 minute of “Loerie” hom en plaas dit op matige kole vir ongeveer 1 uur.)
Resep geplaas: Lorraine Weitz Brand




FIZZY JELLY

Fizzy jelly
FIZZY JELLY
Something for summer (use any flavour combination)
pineapple and mango sparkling fruit crush (only use a little bit of boiling water to dissolve the crystals – the rest of the water quota – use fizzy cooldrink instead)
orange flavour sugar free jelly crystals
mango pieces and slices of lime
BRON – Stefanie Rymsza




GESTOLDE KOMKOMMER SLAAI MET JOGURT

gestolde komkommer vormtested

GESTOLDE KOMKOMMER SLAAI MET JOGURT

2 pakkies groen jellie (suurlemoenjellie), aangemaak met 250 ml kookwater
1 Engelse komkommer
500 ml granadilla jogurt

Maak die pakkies suurlemoenjellie aan met die kookwater.
Laat dit afkoel – dit moet heeltemal koud wees.
Skil en rasper intussen die komkommer.

Plaas die gerasperde komkommer in ‘n sif bo-oor ‘n bak en laat die vloeistof uitloop.
As jy haastig is, kan jy ook ‘n kleinbordjie of piering bo-op sit afhangende van die groote van jou sif en gewig daarop plaas sodat die vloeistof vinniger kan uitpers.
Wanneer die jellie amper gestol is, klits die joghurt daarby in.
Meng die komkommer deeglik met die jelliemengsel en gooi in ‘n voorbereide jellievorm.
Laat in die yskas om te stol.
Keer net voor opdiening uit en bedien dadelik.

Foto:  Rina Kleinhans
Nota:  Ek het dit bedien saam met ertjies en vars mint en dit was regtig heerlik vars.




GRANADILLASTROOP

GRENADELLAtested
GRANADILLASTROOP
20 vars granadillas
750 ml water
600 g witsuiker
7 ml wynsteensuur
Halveer die granadillas en skep die vleis uit in ‘n kastrol. Voeg die water en  suiker by die granadilla en verhit die mengsel stadig op die stoof. Roer totdat al die suiker opgelos is.
Verhoog die hitte en verhit die stroop tot kookpunt. Kook dit 2 minute sonder ‘n deksel. Verwyder die kastrol van die stoof en roer die wynsteensuur by die stroop.
Laat die stroop afkoel en syg dit deur ‘n sif of ‘n doek. Bottel en verseël die filtraat in gesteriliseere bottels.
Bewaar die stroop in die koelkas. Geniet die stroop deur dit met yswater te verdun en vars kruisement by te voeg indien verkies.
Resep en foto: Riekie Boshof




GRIEKSE MACARONISLAAI

tested

GRIEKSE MACARONISLAAI
Resep: Lorraine Weitz Brand
FOOD LOVERS RECIPES
Hier is ietsie anders
Fetakaas, soetrissie, olywe en tamatie gee geur aan die slaai wat sommer van macaroni gemaak is.
Genoeg vir 4 – 6 mense
Sous:
45 ml (3 eetlepels) sonneblomolie of olyfolie
30 ml (2 eetlepels) vars suurlemoensap
5 ml heuning
sout en varsgemaalde swartpeper
Slaai:
½ pak macaroni
300 ml fetakaas, grof gekrummel
2 stingeluie, in ringetjies gesny
½ groen soetrissie, ontpit en in repies gesny
250 g kersie tamaties, gehalveer
30 ml fyngekapte, vars orego
45 ml (3 eetlepels) fyngekapte vars pietersielie
20 swart olywe, ontpit en in kwarte gesny

Klits die bestanddele vir die sous saam en geur met sout en peper.
Kook die macaroni in genoeg vinnig kokende soutwater, waarby olie gevoeg is, tot gaar. Dreineer.
Giet die slaaisous oor die macaroni en laat afkoel.
Voeg die res van die slaaibestanddele by en geur met ekstra sout.




HEERLIKE GRANADILLASTROOP

HEERLIKE GRENADELLASTROOP
HEERLIKE GRANADILLASTROOP
Resep getoets: Chantell Cilliers
FOOD LOVERS RECIPES
1,6 kg (8 x 250 ml) witsuiker
1,5 liter kookwater
500 ml vars granadillamoes (+- 40 granadillas)
1 pakkie Engelse sout
1 pakkie wynsteensuur

Plaas die suiker, kookwater en granadillamoes in ‘n groot kastrol op die stoof en verhit stadig. Roer die mengsel totdat die suiker opgelos is. Verhoog die hitte tot kookpunt. Verwyder die mengsel van die stoof en giet dit deur ‘n fyn sif. Voeg die Engelse sout en wynsteensuur by en meng. Laat die stroop afkoel, giet dit in bottels en bewaar op die rak of in die koelkas.
Ek het dit al baie gemaak, dis baie lekker.




HEERLIKE RYSGEREG

tested

HEERLIKE RYSGEREG
Hierdie is ‘n baie ou resep wat heerlik is…
Braai rou rys, spek en uie heerlik bruin.
Voeg 1 koppie kookwater met hoender of beesaftreksel by.
Kook vir so 15 min en voeg vars groenteblokkies, swart peper en knoffel by.
Laat stadig sag kook. Is ook heerlik by braais…
Resep: Ronel Van Zyl