KEURIGE ROMANY CREAMS


KEURIGE ROMANY CREAMS
250g botter
250 ml bruinsuiker
180 ml witsuiker
3 eiers
625ml koekmeel gesif
125ml kakao gesif
5ml bakpoeier
Voorverhit die oond tot 150°C.
Klits botter, bruin en witsuiker tot lig en romerig.
Voeg eiers een vir een bu en klits goes na elke byvoeging.
Voeg die meel, kakao en bakpoeier by en meng goed.
Rol eetlepels van die mengsel in bolletjies, plaas op gesmeerse bakplate en druk effens plat .
Bak 15 min of tot die koekies aan die onderkant begin verkleur.
Keer uit en laat goed afkoel.
Smeer koekiehelftes met jou gunsteling sjokolade vulsel en plak 2 opmekaar.
Wenk: My resep was lekker sag en het dit in n spuitsak gesit en sirkels gemaak op die plaat. Anders sit in die yskas om bietjie stywer te word en rol dan bolletjies as die deeg makliker hanteerbaar is.
FOTO – Bernadene Daniell Prinsloo








