KOMKOMMER EN KAAS GESTOLDE SLAAI

FLR BB Templatetested

KOMKOMMER EN KAAS GESTOLDE SLAAI
1 pakkie groen jellie (greengage)
1½ eetlepels gelatien
1 koppie kookwater
½ koppie koue water
Smelt jou jellie in die kookwater en voeg die kouewater by.
Laat afkoel.
Rasper 2 komkommers en 1 gekapte klein uitjie en plaas in jou vergietis om die vog te laat dreineer.
Wanneer die jelliemengsel afgekoel het – Voeg by:
¾ koppies gerasperde kaas
½ koppie fyngekapte geblikte pynappel
3 eetlepels asyn
2 eetlepels mayonnaise
Gerasperde komkommer
Gekapte uitjie

Meng alles en skep in ‘n nat vorm en plaas in jou yskas om te stol.
Ontvorm en versier soos jy wil !!!!
N.S Ek het nie die komkommers geskil nie !!!
Resep en foto: Rina Kleinhans




Komkommer-slaaivorm

 

FLR BB with Hearttested

Dis maklik en vinnig om te maak en behoort by almal byval te vind.
1 groot Engelse komkommer
pakkie (80 g) suurlemoenjellie
250 ml kookwater
15 ml gerasperde ui
125 ml gekapte dille komkommertjies
125 ml gekapte rooi of geel ontpitte soetrissie
250 ml appelkoos-jogurt

Rasper die komkommer met skil en hou eenkant. Los die jellie op in die kookwater en laat effe afkoel.
Berei ‘n ringvorm deur dit met kleefwerende sproei te spuit.
Meng al die bestanddele en giet in ringvorm. Plaas in yskas tot gestol.
Ontvorm op opdienbord en garneer na smaak.
BRON – Berie Smith




KONDENSMELKKOEKIES UIT DIE BOONSTE RAKKE

Kondensmelk koekiestested
KONDENSMELKKOEKIES UIT DIE BOONSTE RAKKE
750 ml suiker
4×250 g margarine
4 eiers
15 ml gouestroop
397 g kondensmelk
25 g koeksoda
30 ml melk
12x250g meelblom
25 g kremetart
5 ml sout

1. Room suiker en margarine
2. Voeg eiers 1 vir 1 by. Meng goed.
3. Voeg stroop en kondensmelk by.
4. Sif die droe best saam en voeg by bottermengsel.
5. Druk deur koekiemaker of rol uit en druk af, en bak 10 tot 15 min lank by 200 grade C (400 grade F) op n gesmeerde bakplaat.
6. sit op mekaar met konfyt of caramel kondensmelk indien verkies
FOTO – Lettie Martyniuk

Rina Kleinhans – Lettie Martyniuk – kan jy vir ons se hoeveel koekies hierdie resep maak asb?

Lettie Martyniuk – Hi ek het nog nie juis getek nie maar ek het die keer verskillende vorms gebruik en dis so plus minus 200 koekies




MAALVLEIS, SPINASIE EN PATATGEBAK

Maalvleis, spinasie en patat gebaktested

MAALVLEIS, SPINASIE EN PATATGEBAK
Patats (in ringe gesny)
Meng die volgende saam in ‘n bak:
500 g maalvleis
spinasie (fyn gesny)
wortels (gerasper)
sampione (gesny)
1 teelepel fyn knoffel
sout en peper
speserye na smaak

witsous
kaas (gerasper)
In ‘n bak rangskik v patatringe onder.
Skep die helfte van die maalvleismengsel bo oor.
Herhaal  die lae.
skep witsous bo oor.
Bak tot gaar by 180ºC.
Sodra alles gaar is, sit die oond af, strooi gerasperde kaas bo oor en sit bak vir 5 min in oond net tot kaas gesmelt is.

Resep en foto: Mariette Fortuin




KOOKWENKE vir die beste resultate

 

FLR BB Wenke

1) BOTTERBROODJIES moet onmiddellik van die bakplaat verwyder word
2) KLEIN KOEKIES moet 1 minuut op die plaat gelaat word
3) GROOT KOEKE moet 5 minute in die pan gelaat word. Ook tussen my eie respte!
BRON – Petronella Kleintjie Botha Pieterse




RIANA SE MIKROGOLF APPELKOOSKONFYT

riana se mikrogolf konfyttested

RIANA SE MIKROGOLF APPELKOOSKONFYT

Hierdied appelkooskonfyt kook pragtig .. probeer gerus

1 kg appelkose.  Breek die appelkose oop en haal die pitte uit.
Gebruik groot genoeg glas bak sit die appelkose daarin.
Sprinkel suurlemoensap oor en mikrogolf vir 8 minute.
Voeg 1 kg suiker by en roer goed deur.
Met bak oop, mikrogolf (100% krag) vir 30 minute.
Roer weer goed deur. Mikrogolf vir nog 10 minute.
Bottel warm.
Oja, ek gooi altyd paar pitte in. As konfyt koud is, is dit erg lekker om af te suig!
BRON – Riana Heyns
FOTO:  Petre Van Jaarsveld




NO BAKE OATMEAL COOKIES

NO BAKE OATMEAL COOKIEStested
NO BAKE OATMEAL COOKIES
Hier is my “no bake oat meal cookies”
2 cups sugar
4 tablespoons cocoa
1 stick butter (125 ml)
½ cup milk
1 cup peanut butter
1 tablespoon vanilla
3 cups oatmeal
Waxed paper

In a heavy saucepan bring to a boil, the sugar, cocoa, butter and milk. Let
boil for 1 minute then add peanut butter, vanilla and oatmeal. On a sheet of
waxed paper, drop mixture by the teaspoonfuls, until cooled and hardened.
RESEP INGESTUUR DEUR- Jessie Maritz-Vermeulen
FOTO – Jessie Maritz-Vermeulen
Jessie Maritz-Vermeulen – 1/2 koppie botter. Die grondboontjiebotter daarin maak dit net anders smaak, is baie lekker. Is nie baie harde “cookie” nie. Het myne in die yskas gesit.




GEROOKTE FOREL IN ‘N OMELET


GEROOKTE FOREL IN ‘N OMELET

1 teelepel olyfolie
3 eiers, geklits
80 g gerookte forel, gevlok
Sout en Peper na smaak
engelse mostert of roomkaas, opsioneel

Verhit ‘n klein pannetjie oor meduim hitte tot warm, voeg olyfolie by. Sodra die olie warm is voeg die geklitse eier by. Die sout en peper kan nou bygevoeg word.

Roer met n eierspaan van buite af binne toe. Beweeg die pan rond sodat die ongekookte eier die bodem van die pan weer bedek.
Sprinkel die forelvlokkies oor die omelette, verlaag die hitte en plaas ‘n deksel op vir 30 sekondes tot die eier net gaar is.
Vou die omelette versigtig oor met n eierspaan en plaas op ‘n bord.
Bedien met die mosterd of roomkaas.




ONTBYT VETKOEK

ontbyt vetkoektested
ONTBYT VETKOEK
Sondag ontbyt. Altyd tot my redding as ek vergeet het om brood te koop.
500 ml Koekmeel
15 ml Bakpoeier
2 ml Sout

Sif saam in ‘n mengbak.
Voeg 300 ml lou melk by (nie warm, net lou) en meng goed.
Skep lepels vol in warm olie en bak weerskante tot mooi bruin.
Pasop dat olie nie te warm is nie. My plate se hitte merke is van 1 tot 6 en ek gebruik 4. Olie moet warm wees voor deeg ingeskep word.
BRON – Steph Kirchner




PAPAJASTUKKONFYT

PAPAJASTUKKONFYT

PAPAJASTUKKONFYT
Sny halfryp papajas wat pas geel is maar nog styf is, in skywe op.
Skil en ontpit die skywe en sny dit in groterige blokkies op.
WEEG die hoeveelheid blokkies af.
Prik die blokkies en laat dit oornag lê in ‘n oplossing van 25 ml gebluste kalk (Lime) per 5 liter water.
Roer goed en laat die kalk afsak.
Gebruik net die skoon kalkwater en gooi die afsaksel weg.
Sit die blokkies papaja in die skoon kalkwater en laat staan vir 12 uur -of oornag.

Volgende dag:
Spoel die blokkies onder lopende koue kraanwater af.
Kook dit ‘n paar minute in vars water en dreineer dit goed.

STROOP:
Kook die stroop van 500 g wit suiker en 625 ml water vir elke 500 g papajablokkies.
Bring die stroop tot kookpunt en roer die suiker dat dit oplos. Plaas die blokkies bietjie vir bietjie in die kokende stroop en kook die stukke oor matige hitte tot die stroop dik -en die stukke helder is. Pak die vrugte in warm bottels en vul tot oorlopens toe met kokende stroop. Verseël die flesse dadelik.