JOHNNY SE KERRIE

Johnny se kerrietested

JOHNNY SE KERRIE
Ek gebruik ‘n pot met ‘n deksel wat ek in die oond kan sit sodra al die gebraai dele klaar gedoen is want dan hoe ek nie bekommerd te wees dat my pot sal aan brand nie

Kook olie vir braai
2 ster anys sade
bossie vars dania /koljander blare
aartapples een per persoon opgesny in vingers
3 takkies kerrie blare vars of gedroog
1.5 teelepels sout
1 kaneel stokkie +-60mm
3 naeltjies
2 eetlepels dania en komynpoeier
1 groot ui opgekap
3 tamaties gerasper of blikkie tamatie
1 kg + stukkies vleis van jou keuse
1 koppie maas
1 teelepel gemengde knoffel en gemmer pasta

Gooi olie in pot en verhit met kaneel stokkie en ster anys tot goed warm.
Sorteer uie to deurskynend en voeg knoffel, kerrie blare, dania en komyn poeier en kerrie masala by en braai om smaak uit te trek,maar moenie laat brand nie dan is dit bitter.
Voeg tamaties by en kook stadig tot ‘n pasta sous. Hou vog min
Voeg sout by.
Voeg vleis by (vleis sal nog vog veroorsaak)
Voeg .n koppie maas by sit pot se deksel op en druk in die oond vir 1 uur by 200 ºC.
Kyk of vleis amper sag is en kyk dat daar genoeg vog is (vul aan met water) en voeg aartappels by
Sny helfde van dania blare op en voeg by.
Sit terug in oond vir 40 minute to aartappels sag is.
Roer res van opgesnyde dania blare by.
Skep op rys of brood of maak ‘n bunny chow met n derde van ‘n uitgeholde vars brood en geniet
BRON – Johan Röntgen




KAASERIGE MIELIEPAP UIT DIE KALAHARI

 

LEKKER BRAAI PAPtested

Stywe mieliepap met blikkie sweet corn, gerasperde cheddar chees. Maak die pap klaar aan net voor gaar, gooi sweetcorn in, net voor jy dit afhaal strooi kaas oor roer leker deur, en haal af. Daar uit die kalahari!
BRON – Dirk Vilander




MOSTERD AARTAPPELSLAAI

Mostert aartappelslaaitested
MOSTERD AARTAPPELSLAAI
Hierdie is my weergawe
1 e droe mosterd
1 t suiker
1 t meelblom
1 t asyn
1/4 t sout
1 ui fyngekap
2 t fyn knoffek
So 1 draai swartpepper
100 ml tiemie, grasuie, roosmaryn

Metode
Skil en sny in blokkies kook gaar
Meng die res van die bestanddele
En voeg by aartappel terwyl dit kook.
Voeg 2 t meelblom by en kook dit verdik
Laat afkoel
Bron – Nella Kootstra




NELLA SE VINAIGRETTE

Vinaigrettetested
NELLA SE VINAIGRETTE

Eie weergawe. Aangepaste resep
2 sprietuie
1 knoffelhuisie
1/4 k asyn
gemenge speserye het van ltaliaanse speserye gebruik gemaak.
1/4 t sout
1 t heelmostertkorrels,
varsgemaalde swartpepper,
1/4 rooi
en 1/4 greenpper fyngekap
en n t suiker als gemeng

Als gemeng en in yskas geplaas vir more se gebruik.
Bron – Nella Kootstra




Waatlemoenslaai

 

Waatlemoenslaaitested

2 skywe waatlemoen in blokkies gesny
2 greenpeppers
1 ui
Sprietuie fyngekap
1 e heuning
1 e suurlemoensap
1 blikkie perskes fyn gesny

Meng alles liggies met die waatlemoen en laat koud word in yskas. Ek het meer waatlemoen gebruik en minder greenpepper. Ook nie van die jalepenos gebruik gebruik gemaak nie, dus het ek die resep ook aangepas
Nella Kootstra




Worsgereg

Worsgeregtested

Maak kapokaartappels van 8 aartappels, gooi bietjie melk, sout en peper, botter en halwe K gerasperde cheddar by. Draai intussen 1kg wors in duim grootte porsies en pak in gesmeerde bak.

Gooi 2 blikke gebakte bone in tamatiesous bo-oor. Skep die aartappels bo-op en bak by 180 grade vir 40 minute. Saam n groenslaai n heerlike ete!

Foto en resep geplaas deur Annemarie Roelofse




HOENDER EN SPEK ROLLETJIES

 

hoender en spek rolletjiestested

gistraant se oudurfie was baaaaie lekker
hoender en spek rolletjies oppie kole
4 hoenerborsie fillette in mote gesny (blokke)
1 groot ingemaakte groen vye fyn gekerf
3 e roomkaas
1 pakkie repiespek
2 e sojasous
2 e olyfolie

meng die vye en kaas
skep met n teelepel van die mengsel op die fillette en rol dit toe
draai n repie spek om die gevulde fillet en steek met n stokkie vas plaas vir n halfuur in vrieskas
meng sojasous en olyfolie en smeer alkante van die rolletjie
braai op kole tot bruin vir +- 15 min
BRON – Gideon Louw




GIDEON SE AARTAPPELGEREG

gideon se aartappel geregtested
GIDEON SE AARTAPPELGEREG
8 aartappels gekook en in wiele gesny
1 pakkie sampioene gekerf
1 ui gekerf
1 eetlepels crushed garlic
2 koppies gerasperde kaas
1 pakkie sampioen sop
1/2 liter room
1 koppie melk

Smoor die uie, sampioene en garlic in ‘n bietjie olie
Pak die aartappel wiele in ‘n oondbak en strooi die sampioenmengsel daaroor
Strooi sout na smaak oor die aartappels
Meng die room, melk en pakkie sop en bedek aartappels daarmee
Bak dan in ‘n voorverhitte oond op 180 ºC vir ‘n uur
Strooi nou die kaas bo oor en grill tot kaas gesmelt is
Resep en foto’s – Gideon Louw




YSKAS MELKTERT

nie bak melkterttested
YSKAS MELKTERT
Genoeg vir 10-12 mense.
Verkoel 4 ure.
1.5 liter volroom melk
300 ml suiker
100 ml koekmeel
100 ml mielieblom
1 ml sout
2 eiers
10 ml vanielje geursel
30 ml botter
5 ml fyn kaneel

Gooi 500 ml melk in ‘n mengbak,  maak ‘n deegmengsel met suiker, koekmeel, mielieblom en sout en klits saam tot die mengsel glad is.
Klits die eiers en vanilla in nog ‘n bak en voeg by deegmengsel.
Verhit oorblywende melk en botter oor matige hitte tot dit begin kook.
Verwyder van hitte voeg ‘n bietjie by die meelmengsel en klits stadig by die res van die melk. Verlaag die hitte en laat dit kook terwyl jy dit voortdurend klits. Wanneer die vla verdik, gooi dit in die bereide bak, sif die kaneel bo oor en laat dit afkoel voor. Jy dit vir 4 ure in die yskas plaas. Sny in blokke.
FOTO – Ronel Muller Thoma




VLA KOEKIES

vla koekiestested

VLA KOEKIES
250 g botter
3 koppies koekmeel
1 koppie suiker
2 eiers
8 eetlepels vlapoeier
4 teelepels bakpoeier
1 teelepel vanilla

Room botter en suiker voeg eiers en vanilla by. Voeg droë bestandele by. Knie goed. Dit is ‘n sagte deeg. Rol uit of rol balletjies of sit deur koekiemaker. Bak by 180 ºC vir 10 tot 12 minute. Hanteer versigtig dit is ‘n bros koekie.

Bron: Alice Meintjies
Foto – Samantha Dyer