CURRIED CARROTS

KERRIEWORTELStested

CURRIED CARROTS
In not too much water. Boil the following until al dente.
2 tabelspoons salt
2 and a half kg carrots
1 kg onions
Add the following to the carrots:
2 cups sugar
2 cups vinegar

Bring to boil
Mix 1  extra cup vinegar with:
2 tabelspoons medium curry
3 tablespoons Maizena
3 tabelspoons whole mustard seeds
Add to carrots and bring to boil. Allow to cool slightly and bottle.
FOTO – Louise Groenewald
Louise Groenewald – Ek het meer kerrie en Maizena bygesit en ook borrie




KONDENSMELK JELLIE KOEK (broken glass jello)

kondensmelk jellie koektested

KONDENSMELK JELLIE KOEK (broken glass jello)
1 koppie kookwater
½ koppie koue water

Sprinkel jou 2 koevertjies gelatien oor die halwe koppie koue water en laat rukkie staan.
Dan meng jy die kookwater by en laaste die blikkie kondensmelk.
Snipper jou jellie op en gooi kondensmelk mengsel oor en laat stol.
Jellie maak jy gewoonweg aan.
BRON – Mariska Taljaard

Delene Van Zyl
Maak net seker dat jul kondensmelk met gelatine net genoeg afkoel, anders smelt die jellie blokkies weer.
Meng dan na verlang, lae of deurmekaar.

Tweede foto: Alta Gunter Van Wyk




SPINASIE MUFFINS – TERT

tested
SPINASIE MUFFINS – TERT

250 g maalvleis, gebraai met uie en sampioene (geen sout – peper of knoffel)
500 g spinasie, kook tot sag
Meng:
4 eiers
1 bakkie suurroom
1 bakkie gladde maaskaas
1 pakkie bruinuiesop
½ koppie cheddar

Meng en roer al die vleis en spinasie by. Bak as een hele tert of soos in muffin pan en strooi cheddar bo-op. Bak tot goudbruin. Dit vries heerlik. Jy kan die mengsel ook optooi met green peppers ens. dit is regtig ‘n baie lekker resep.

BRON – Sharon Du Toit
Foto:  Cora Naude




FLAPJACKS OR WAFFELS

flapjackstested
FLAPJACKS OR WAFFELS
Ek het sommer gou besluit om flapjacks te maak vir more oggend se ontbyt! Maar ek het ‘n Wafel Mix se resep gebruik. En dis so lig en donsig:
1 ¾ cups cake flour
2 teaspoons baking powder
3 teaspoons sugar
½ teaspoon Salt
Mix all the dry ingredients in a bowl.

3 egg yolks beaten
1/3 cup cups oil
1 ½ cups milk
3 egg whites beaten stiffly

Combine egg yolk and milk. Stir in dry ingredients. Stir in cooking oil. Carefully fold egg whites in. DO NOT OVERMIX. Ready for use in waffelpan or to bake flap jacks
Photo: Ronel Muller Thoma




GEVULDE BABY MARROWS

gevulde baby marrowstested

GEVULDE BABY MARROWS
Ek het gekyk of daar so n resep op die blog is maar kon nie iets sien nie.
Ek het nou die probeer nie om iets te maak vir n snack of om te eet nie maar uit nuuskurigheid.
Vanoggend in n winkel sien ek die gevulde baby marrows. Dit het nie meer vars gelyk nie toe los ek dit. Wel ek dink nog die hele tyd want dit het lekker gelyk en toe probeer ek die.
Ek het nie geweet watse vulsul is in die winkel gebruik nie.
Ek het 4 baby marrows in die lengte gesny nie in die helfte nie so drie kwart
Daarna het ek die drie kwart stukke uit gehol. Dit lyk nie so op die foto nie maar dit was uit gehol
Ek het die stukkies wat ek uit gehaal het kleiner stukkies gesny en sommer van vanmiddag se Eis Bein ook stukkies gesny en dit gemeng en toe weer die Baby Marrows op gevul.
Kaas oor gerasper.
In die oond gebak tot gaar
Ek dink volgende keer moet ek tande stokkies aan die kante in sit vir voetstukke sodat dit nie omval terwyl dit bak nie.
Nou net een geproe. Defnetief speserye binne in die uitgeholde Baby Marrow gooi voor jy die vulsul in sit.
BRON – Koos van der Merwe




BOBOTIE WAT GEVRIES KAN WORD

tested
BOBOTIE WAT GEVRIES KAN WORD
2 groot uie
2 eetlepel botter
3 snye brood
½ koppie kookmelk
3 eetlepels borrie
1.5 eetlepel kerrie
3 eetlepels appelkooskonfyt
1 eetl blatjang
¾ koppie asyn
1 eetlepel suiker
2 eetlepels sultanas
1 gerasperde appel
900 g maalvleis
2 eiers
1 koppie melk

Braai uie bruin in botter.
Week brood in melk, druk melk uit, voeg by uie.
Meng res van bestanddele behalwe vleis, melk en eiers.
Voeg by uie en stowe 10 min.
Voeg die warm sous by vleis in kastrol en laat kook tot gaar.
Roer af en toe.
Skep in vriesbare bak en laat afkoel.
Sit in vrieskas.
Ontdooi oornag in koelkas.
Klits eiers en melk en giet bo-oor.
Bak by 190°C vir 15 min.
BRON – Ben Rautenbach




GEBAKTE “MARROW” GEREG

tested

GEBAKTE “MARROW” GEREG
3 eiers
2 eetlepels botter/margarien
1 koppie suiker
2 eetlepels koekmeel
2 teelepels bakpoeier
knippie sout
1 teelepel vanilla geursel
6 koppies gerasperde pampoen

Klits eiers, botter, suiker en vanilla goed.
Voeg meel, bakpoeier en sout by.
Skil pampoen en verwyder alle pitte en rasper dit.
Voeg by eier/meelmengsel en meng goed.
(Die mengsel skif, moet nie worry, en ja dit is net 2 eetlepels meel)
Smeer ‘n plat oondvaste bak en gooi mengsel in.
Bak by 180°C tot ligbruin.
Bedien warm!!!
Indien daar oorbly is dit koud net so lekker.

Geniet dit!!!!!
BRON – Erina Keyser




MURGPAMPOEN – BABY MARROW IDEES

Murgpampoen Baby Marrow
MURGPAMPOEN – BABY MARROW IDEES

Wanda van der Merwe – Middag mensies. Ek wil net graag vra of iemand my kan sê hoe mens die “vlapampoen” sal gaar maak? Kook ek hom net soos mens gewone pampoen sal? Met suiker en kaneel ens?

Quinette du Toit – Wanda dit is n baie waterige pampoen. Prut hom eerder stadig in botter en voeg dan suiker en kaneel by. As hy te veel water trek kan jy blokkies brood in jou pot sit dit absobeer dan vd oortollige water en neem die smaak vd pampoen aan.

Thea Visser – Wanda ek kook dit net soos gewone pampoen, pak net n paar snye brood (korsies is heerlik) heel bo op en sprinkel pypkaneel oor en kook dan. ons noem dit broodpampoen,

Kiti De Jager –  Dis ‘n “marrow” – volwasse weergawe van baby marrow. Stoom en gooi bottersousie oor, met sout en peper. Bak in oond met knoffelbotter oor, gesny in stukke. Op sosaties op die vuur. In blokkies met ratatouille.

Elrika Lesch – O lekker broodpampoen ….. sny in skywe en skil …. pak laag pampoenskywe dan laag gebotterde snye brood in 4 gesny dan weer laag pampoen en weer laag brood en weer laag pampoen … sprinkel ruim met Kaneelsuiker …. voeg half koppie water in kastrol en kook stadig tot sag en bykans deurskynend ….. pasop dit brand maklik as te vinnig kook.

Ria Magdalena Susanna – HEERLIK!! Jy kan die snye brood ook in klein blokkies sny en by die pampoen in die kastrol voeg en kaneelsuiker oorstrooi en stadig laat kook.

Ben Rautenbach – Het gister 1 gekry en vandag gekook op my manier!1 ui fyn gasny in bietjie olie gebraai.1 tamatie opgesy by ui gevoeg. Die pampen/marrow blokkies gesny.Saam met ui mengsel gebraai vir so 20 min.Bietjie sous,fyn swartpeper,aromat+ half kp water opgegooi,2eetl suiker opgestrooi laat kook vir 45min!Was baie lekker effense soetsuur smaak maar nie oorweldigend nie!

Alida Siebert –  Gebakte murg van groente. Ouma Alida se resep. Sny MVG in blokkies en kook sag in bietjie water met sout en suiker na smaak en ‘n kaneelstokkie. Dryneer en skep in gebotterde bak. Maak vla aan van 1 kop kookmelk, 0.5 kop suiker 1 eier en 2 eetlepels meel. Meng en gooi kookmelk boor. Gooi vla oor pampoen en stip met botter. Bak in oond teen 180 tot gestol en goudbruin.

Ansie van Schalkwyk – Dit kook Baie waterig-so moenie vlieistof insit nie! Ek het myne altyd met n klein bietjie olie,suiker en kaneel gekook. N dik sny brood in blokkies gesny en dan botter gesmeer en saam gekook-dit neem van die vloeistof op!

Sanette Henning – sny punte af, hol pitte uit, vul met gaar mince soos vir herders pastei druk punte vas met tandestokkie, Draai steweig toe in foelie , bak by 180 C vir omtrent n uur tot skil sag is . Die is koningskos. Of Hol dieselfde manier uit vul met kaneelsuiker en broodblokkies bak soos bo




AVOKADO KAASKOEK

avo kaaskoek 1testedavokado kaaskoek adam

AVOKADO KAASKOEK
250 g tennisbeskuitjies
100 g botter
1 pakkies lime jelly of enige groen jellie
100 ml kookwater
750 g roomkaas – cream cheese
2 groot ryp avokado’s
15 ml suurlemoensap
*  Lees nota asb?
Berries, avo’s en kiwi’s.  of enige vrugte van jou keuse.(opsioneel)

Meng koekies en botter. Druk in pan en bak 5-8 min by 180ºC.
Los jellie op in kookwater. Meng puree avo, cream cheese en suurlemoensap by jellie. Gooi bo-oor koekies en los oornag om te set. Maak koek los uit pan en versier met vars vrugte
BRON – Dini Redgard
Foto:  Rina Kleinhans

Nota: Ek het altyd verby die een geblaai tot vandag wat ek besluit het om dit te probeer en “mense” dit is regtig heerlik, ek beveel hom regtig aan. Ek het die kaaskoek bedien met vars vrugte wat ek baie klein gesny het en net bo-op geskep het. Ek het wit en swart druiwe, spanspek en pynappel gesny, ‘n paar rooi kersies vir kleur en bietjie vars vrugte sap oor die vrugte gegooi. Die kaaskoek het pragtig gestol ek het 2 teelepels gelatine ekstra bygesit, want ek het bietjie meer avo en roomkaas gebruik. Probeer hom gerus.. julle gaan aangenaam verras wees.

Foto 2 – Adam Cloete
Ek het hierdie Avo Kaaskoek resep probeer, maar het die kors weggelaat en van dit ‘n Avo Kaastert gemaak. Ek het vrugte onder in die bak gesit, ‘n lagie jellie daaroor gesit en eers laat stol voor ek die res van die mengsel ingesit het. Na dit alles gestol het, het ek dit omgedop om die ondeste kant bo te hê. Dit is regtig buitengewoon lekker. Ek het cream soda jellie gebruik
avokado kaaskoek adam




GAMMON MET COKE

 

CAMMON MET COKEtested

GAMMON MET COKE
Bedek die hele Gammon met Coke in ‘n pot, kook vir ‘n uur, haal uit, sny die ergste vet af, smeer met mengsel van Worcester sous en stroop, gooi speserye na smaak (Cajun, Origanum en sout en peper) en sit in oond vir ongeveer ‘n uur tot goudbruin. Smeer kort-kort met die stroop mengsel!!

BRON – Duane en Toenkies Bouwer
Nicolette Schonken Duane En Toenkies Bouwer is dit ‘n 340ml blikkie coke?

Duane En Toenkies Bouwer – Nee, die Gammon moet heeltemal bedek wees as hy kook. Ek het al sommer bietjie water bygegooi as die 2l te min is.
Duane En Toenkies Bouwer – Druk sommer cherries op tandestokkies in die Gammon as hy oond toe gaan. Die cherries raak warm en sous loop oral in