Fig Jam

 

Fig Jamtested

Home made bread and home made fig jam – figs from my own tree….
3kg figs
1.5 kg castor sugar
100g brown sugar
2ml cinnamon
2ml ginger
5ml vanilla essence
1 Lemon

Wash figs and cut the stems slightly, cut then the bottom of the fig (X) but not to far down..
Place all of this in a bowl cover with water, leave over night (except for the lemon) then cook this all for 2 hours on a medium heat (i use a gas stove) stirring regularly, then wash the lemon and cut it in half and add it to the cooking figs, cook for another hour, remove lemon, allow figs to cool.
Place the jam in sterilized jars, I cook my jars in water for about 10 min…. and enjoy……
BRON – Myanne Holder




APPEL KANEEL MUFFINS

APPEL KANEEL – MUFFINS
APPEL KANEEL MUFFINS

Oond 180 gr C.
Smeer holtes van 2 muffinpanne.

Klits saam:
125 gr sagte margarine,
125 ml suiker
en 2 eiers goed saam.

Voeg by:
1 klein blikkie tertappels, fyner gesny,
halwe k sultanas,
2 k bruismeel,
knippie sout,
1 k melk
en 1 t vanilla geursel.
Meng liggies deur en skep in panholtes. Sprinkel kaneelsuiker oor elke muffin en bak vir 25 minute tot gaar.

 




LEKKER SOET SOUS

lekker soet sous
LEKKER SOET SOUS
Maak ‘n geroosterde broodjie met hierdie lekker soet sous saam kaas :
Hoe langer hy staan hoe lekkerder

1 blik kondensmelk
1 koppie wit asyn
3 eiergele
2 eetlepels mosterd poeier

Klits al die bestanddele goed saam
Kook oor matige hitte tot ‘n glans
Giet in bottels en laat afkoel

GENIET!




Fluweel versiersuiker

 

gevriesde fluweelversieringtested

Ek het ongelukkig nie fotos beskikbaar nie, maar kan waarborg dat dit die lekker, lekkerste versiersuiker is.
250 ml melk
75 ml koekmeel
250 ml gewone margarine
250 ml strooisuiker (castor sugar)
5 ml vanielje

Metode:
Meng melk en koekmeel tot klontvry..verhit tot kookpunt en roer aanhoudend met houtlepel. Roer – kook dit ‘n minuut lank en laat afkoel. (heeltemal koud) Verroom margarine en strooisuiker saam, voeg melkpap en vanielje by en klits goed.
Vir sjokolade icing, voeg 3e kokoa by meel en meng met melk voor jy dit kook!……Dit proe soos roomys en kan ook suksesvol gevries (sien nota onder) word vir hergebruik….lekkerrrrrr!
BRON – Maria Kolesky

Nota: ek het onlangs dieselfde resep gebruik om ‘n lemoenkoek ter versier en het die melk vervang met heerlike vars lemoensap. Maak net seker dat dit gesif word om die segmete (?) te skei van die sap. Dit was net so lekker. Ek sluit foto in van die gevriesde weergawe daarvan, ongelukkig nie ‘n baie goeie foto nie. Onthou asseblief dat die gevriesde versuiker nie in mikrogolf mag ontdooi word nie.




SEAFOOD COCKTAIL

Seafood Cocktail

SEAFOOD COCKTAIL
Packet deveined prawns
Box of Hake fillets
Onions
Shredded peppadew
Cocktail onions (cut in half)
Sweet & Tangy Gherkins
Mayonnaise
Condensed milk
Garlic
Fish spice
Course Black Pepper
Lemon juice

Fry the onions, shredded pepadews and half a teaspoon of crushed garlic in butter – remove and place in a bowl
Place hake fillets in a pan with butter and season with fish spice, once done remove fillets from pan to cool down.
Add the prawns to the pan, place a lid on the pan, once done remove from the pan, place one side to cool down.
Flake the hake fillets and place in a large bowl. Add the prawns, onions – peppadew mixture, sliced gherkins and sliced cocktail onions – season with course black pepper.
Mix mayonnaise, condensed milk and 2 tablespoons of lemon Juice and add to the seafood mixture.
Spoon mixture into the pineapple halves
BRON – Colleen Wagner Mulder




SJOE SJOE CHUTNEY

Sjoe Sjoe chutneytested
SJOE SJOE CHUTNEY
6 Groot Sjoe sjoes
Geskil, ontpit en in blokkies gesny
6 groot uie
3 kop asyn
2 teelepels all spice
2 eetlepels Kerrie
2 teelepels borrie
2 koppies suiker
10 heel naeltjies
Halwe teelepel gemmer

Kook Sjoe sjoes sag en hou eenkant.
Gooi al die ander bestandele plus ‘n handvol rosyne in ‘n kastrol en kook tot sag . Kan nog n kop water ook byvoeg sodat dit nie aanbrand nie. As gaar voeg sjoe sjoes by en kook goed deur. Bottel dadelik.
BRON – Henrieta Bester




WENKE VIR BOTTERVERSIERSEL

 

BOTTERVERSIERSELtested

Hannetjie Snyman
Kan iemand my dalk se hoekom my botterversiersel klontjies maak as ek dit meng, my botter is lekker sag.

Antoinette Rossouw – Wat se botter gebruik jy, een wat jy altyd gebruik?Het jy jou versiersuiker gesif … indien wel, sif dalk te grof, gebruik fyn sif.

Heibre Schronen – Hannetjie het jy jou versiersuiker gesif, daar is ook gewoonlik klein harde stukkies in.

Hannetjie Snyman – Ek sif altyd die versiersuiker, maar sal maak soos Antoinette se en ‘n fyner sif gebruik. Dankie in elk geval.

Rina Kleinhans Hannetjie Snyman jy moet jou botter klits dat die die biesies bewe, dit moet sommer so wit word soos room, dan sit jy jou versiersuiker wat gesif is bietjie vir bietjie by en klits… klits… klits…. dan het jy sulke lekker “smooth” versiersel

Alida Siebert – Hannetjie, sif jou versiersuiker so tweekeer voor jy dit by die botter insit, en dan klits jy tot by Tant Ella en Nathaniel verby

Zuri Roos – Hannetjie, ek het van my oorlede ma geleer dat mens botterversiersel moet klits tot dit begin-begin skif. Dan is dit glad, die suiker is opgelos, en dit proe heerlik. As mens dit nie lank genoeg klits nie, het dit soms so’n effens sanderige tekstuur.

Ilse Beneke – Ek gooi my versiersuiker bietjies by….en klits omtrent 5-8 min op hoog…..baie lekker romerig. Altyd met elektiese klitser

Nicolette Fick – Ek het vir my ‘n boek gekoop : The contemporary Buttercream Bible’ ek het die resep probeer vir hulle buttercream en dit werk ongelooflik: 225g botter, 113g Holsum, 2 teelepels vanilla essence, 600g versiersuiker. Dan sê hulle jy kan die botter klits so lank soos wat jy wil (5 min met ‘n menger) maar die oomblik as jy die groentevet bysit moet jy nooit meer as 20 – 30 sekondes op ‘n slag klits nie (dis nou in ‘n menger). Voeg nou die essence by en dan die versiersuiker en meng goed. Dis ‘n baie ferm botterversiersel en jy kan ‘n druppel of twee water bysit as jy dit sagter wil hê. Dit maak ‘n baie stabiele botterversiersel wat in die koue en hitte goed werk.

Fanie Smit – Ek gebruik supabake white. Werk baie goed.

Hannatjie Vd Berg Pieters
Klits 1 blik yskoue kondensmelk met 250g stork bake wat sak is (nie gesmelt nie) tot styf en spierwit soos room. Gooi 1t vanilla of caramel geursel by. Heerlik!




HOLLANDSE POFFERTJIES

hollandse pofferstestedHOLLANDSE POFFERTJIES

HOLLANDSE POFFERTJIES
1 koppie koekmeel
1 eier
½ koppie gewone jogurt
½ koppie melk
50 g suiker

Meng goed en bak lepelsvol in holtes van ‘n vlak muffinpannetjie.
Jy kry ook die klaargemaakte mengsels by Spesialiteits winkels. Bedien met stoop of kaas of waarvoor jy lus het.
Resep en foto: Martie Fourie Moolman




GROENTE OP DIE VUUR

Groente op die vuurtested
GROENTE OP DIE VUUR
Dis hoe ons braai groente maak. Vat 2 tot 3 velletjie foelie en maak ‘n holte in die middel. Gooi soveel mix veg in as wat jy wil eet. Moet die gesnyde groente wees. Die ander is nie so lekker nie. Strooi chilli aromat oor.
Sit 2 eetlepels botter en 1 eetlepel gegeurde roomkaas op. Maak toe en braai oor die kole vir so 20 minute.

BRON – Nico-Jenny van der Merwe

Marthie van Breda – Het jule al AArtappelblokkies met uie so gaargemaak; heerlik

Nico-Jenny van der Merwe – Ons maak mielies ook so gaar. Het ook al babymarrows probeer. Ook sampioene met knoffel botter. Dis lekker en gesonde bykos vir braaivleis. Iets anders as die gewone pap en sous of slaai en braai broodjies.




BLUEBERRY COOKIES FOR 4 FOOTED FRIENDS

dog treats

BLUEBERRY COOKIES FOR 4 FOOTED FRIENDS
1 cup of coconut flour
1/2 cup of smooth peanut butter
1/2 cup of mashed blueberries
1/2 cup of mashed bananas
4 eggs
1/3 cup of warm water

Preheat your oven to 350 degrees.In a large bowl, combine the coconut flour, peanut butter, crushed blueberries, mashed banana, eggs and water. Mix thoroughly, add more water if it is too dry.Roll out your cookie dough and use a cookie cutter to cut out shapes, or place on a cookie sheet covered in parchment paper in your size and shape of preference.
Bake in the oven for 22 minutes.

BRON – Marlize Harmse
Rina Kleinhans – Marlize dit klink so lekker dink jy die TWEE been kinders kan dit ook eet
Marlize Harmse – Jip. Bestandele is reg. Lol.