GROWWE BESKUIT


GROWWE BESKUIT
8 koppies koekmeel
60 ml bakpoeier
3 koppies digestive bran
1 koppie rou oats
1 koppie sonneblomsaad
2 koppies suiker
3 eiers
500 ml karringmelk
500 g margarien

Meng droë bestanddele.
Klits eiers en karringmelk.
Smelt margarien.
Meng alles saam en bak @ 180 vir ‘n uur.
Droof uit.
BRON – Jackie Naude




HEERLIKE DEEG VIR PASTEIE

pasteietested

HEERLIKE DEEG VIR PASTEIE

4 koppies koekmeel
20 ml bakpoeier
5 ml sout
250 g margarien
250 ml melk

Sif droë bestanddele saam.
Vryf margarien in, meng met vinger punte.
Meng melk goed in.
Plaas in yskas vir 30 min voor gebruik.
Verf deeg met geklitse eier.
Bak by 180ºC vir ongeveer 15 – 25 min hang af van die groote van die pasteie en watse oond jy gebruik.
BRON – Theresa Peel-Van Loggerenberg
FOTO:  Adam Cloete




HOE OM BRUISMEEL TE MAAK

bruismeel
HOE OM BRUISMEEL TE MAAK

9 koppies koekmeel
8 teelepels bakpoeier
2 teelepels koeksoda
2 teelepels kremetart
1 pak Maizena
Sif 3 x deur
BRON – Talitha van Niekerk

Wietske Mioch Roux – Waarvoor sou die Maizena wees? Ek het al bruismeel gemaak net met koekmeel, kremetart en koeksoda. Wonder of dit dan “ligter” is?

Rina Kleinhans – Wietske Mioch Roux ek reken ook dit is dan “Ligter” en so sal dit jou gebak ook dan lekker lig en sponsig maak.. dis maar wat ek dink kom ons hoor wat se Thys Taljaard

Thys Taljaard – Maizina of te wel “corn starch” het 2 funksies nl.
1. Dit werk as n verdikkings agent… word meestal gebruik daarvoor; maar
2.Dit kan ook as n “stabilizer” gebruik word in meeste gebak is dit waarvoor dit bygevoeg word in resepte. Hoop dit help Rina Kleinhans

Petronella Kleintjie Botha Pieterse – Mazeina maak dit stywer, nie so loperig soos bv wanneer jy melktertvulsel maak. Dit maak natuurlik ook die hoeveelheid koekmeelblom wat jy gebruik minder.




Maak silverware skoon in 2 minute

 

Maak silverware skoon in 2 minute

Hierdie is nou nie kosmaak nie, maar moet dit deel. Maak silverware skoon in 2minute. Gooi halwe koppie koeksoda en halwe koppie sout in n bak wat gevoer is met foelie. Blink kant na mengsel se kant. Voeg warm water by en dompel silverware daarin vir 2 minute. Spoel af met skoon water en droog af met sagte lap. Ek ht nog nooit so vinnig my silver skoongemaak soos nou nie.
Marietjie van der Merwe




Hoender en Kool Surprise

Hoender en Kool Suprisetested

Ons aandete:
Het 3 hoederborsies sonder been op gesny en dit saam met knoffel gepraai, toe het ek halwe klein kool grof gekap en saam gebraai en toe sout, peper en lemon en rosemary by gegooi. Daarna het ek 1 blikkie Tamatie en uie, 1/2 blikkie rooiwyn, 1/2 blikkie tamatie puree en 2 blikkies water bygevoeg en klaar gekoop. Dit op Spaghetti gesit! Lekker

Foto en resep geplaas deur Ronel Muller Thoma




ITALIAN PASTA

Italian Pastatested
ITALIAN PASTA
al Pomodoro e Basilico is Pasta with Tomatoe and Basil.
Recipe for 6/8 people.
Olive oil 8 Tablespoons
2 Tins Chopped Tomatoe
1 Onion chopped
5 Cloves of garlic chopped
a nice BIG bunch of FRESH basil
salt and black pepper optional if you wish chillie.
Put all ingredients in a pot and let it cook slowly for approx 1 hour til sauce is thickend. Calculate about 100gr per person of Fusilli pasta and cook “al dente” pasta must remain a little chewy about 9/10 mins. Sprinkle with Parmesan cheese. Enjoy.
BRON – Sabrina Merli




JELLIE WIELETJIES

Jelly wieletjiestestedJellie wieletjies Ina

JELLIE WIELETJIES
85 g jellie (enige geur)
85 g malvalekkers
½ kop kookwater

Los jellie in kookwater op, snipper malvalekkers by jellie in en plaas in mikrogolf vir so 35 sekondes totdat lekkers gesmelt is en klits goed. Gooi in ‘n pan wat gespuit is en plaas in yskas tot heeltemal gestol. Lig by hoeke op en rol op en sny in wieletjies.
FOTO – Ronel Muller Thoma
Ina Van Heerden Jones (groen wiele)
Ek het hierdie wieletjies gemaak vir ‘n kinderpartytjie vandag.
2 pakkies jellie
150g marshmallows
Los 2 pakkies jellie op in 250 ml kookwater. Sny marshmallows stukkies daarin, plaas in mikrogolf vir 30 sekondes, haal uit en klits goed, plaas terug vir nog 30 sekondes, tot al die mashmallows gesmelt het. Gooi in vlak pannetjie wat liggies bespuit is met nie-kleefmiddel. Plaas in yskas om te stol, ongeveer 2 ure. Rol op in breedte om wielietjies te vorm, sny met gare die wieletjies en plaas plat neer op bord. Baie soet.
PS: ek het by die een lot voedselkleursel 10 ml bygevoeg, toe kom die kleur donkerder. Die tandestokkies is net in om te help om te set, haal uit voor opdien. Hou so lank as moontlik in yskas.




LEKKER NEUTBESKUIT

neutbeskuittested
NEUTBESKUIT
1 kg bruismeel
2 hoogvol teelepels bakpoeier
2 koppies muesli
2 koppies All Bran
1 koppie sonneblomsaad
½ koppie klapper
1 koppie gekapte pekanneute, cranberries, pampoensade
2 koppies bruin suiker
2 eiers
2 koppies karringmelk
500 g margarien

Meng alle droë bestanddele.
Klits eiers en voeg karringmelk by.
Smelt margarien.
Meng alles saam en bak teen 180°C vir 1 uur en dan nog ‘n rukkie (so 10 minute teen 160°C).
Laat heeltemal koud word, sny en droog uit.

RESEP EN FOTO:  Jackie Naude




VEGETARIESE ONTBYT PLATTER

platters
VEGETARIESE ONTBYT PLATTER

Sansha Meyer *Vrugte kebobs – aarbei, pynappel, lichie, druiwe, spanspek, waatlemoen, ens geryg op sosatiestokkie

*Mini quiches – spinasie en feta

*Groente gevulde crépe koevertjies – gemengde groente gebind met geurige witsous en toegevou in klein pannekoekie.

*Mini pizza’tjies – peppadew, sampioen, basielkruid blare, mozarella op papierdun degie as basis.

*Verskeidenheid souterige enkeleetgoedjies soos olyfie, kasie, agurkie ens. op ‘n tandestokkie met ‘n yogurt/roomkaas basis doopsousie.

*Wortelstokkies, selderystokkies, kaas stokkies – werk ook saam met bg. doopsous.

*Garneer alles saam op ‘n groot bord met verskeidenheid goeie gehalte neute – nié grondboontjies nie!




Varkfillet

 

Varkfillettested

In lengte gesny en gebraai.
Mosterdsous gemaak en die fillet op lae tempretuur gekook. Laastens het ek 2 t mazina bygevoeg om die sous te verdik,
Die mostertsous is dieselfde as die mosterd aartappelslaai by foodlovers se blog
BRON – Nella Kootstra