AARTAPPEL EN WORS GEREG

AARTAPPEL EN WORS GEREGtested

AARTAPPEL EN WORS GEREG

Ons aandete! Het aartappels in kwarte gesny en onder in oondbak gepak! 2 pk Bruin uiesoppoeier oorgestrooi. Boerewors bo op gesit. Het uitgebraaide beesvet gehad en dit bo op gesit in die oond gebak met n toe bak. As aartrappels, wors gaar is verwyder uit vet. Gooi van die vet af. Gooi nou 1 blik tamatie en uie mengsel by met halwe blik tamatie puree. Kook die sous verder en proe maar vir nog sout. Het aartappels, wors bo op krummelpap geskep en sous bo – oor gegooi.

Foto en resep geplaas deur Ronel Muller Thoma




IDEES VIR LEKKER VARKWORSIES

 

tested

IDEES VIR LEKKER VARKWORSIES

Adriaan du Preez – Mud Pies . Sny warkworsies in skywies, braai saam met uie, mushroom, spek, knoffel en green pepper! Maak Bruin uie sop poeier aan, maar lekker dik, gooi by braai mengsel en laat dit prut vir 5 minute! Voorverhit oond tot 180 grade voer ‘n bak uit met phylo pastry, gooi mengsel in, en bedek met phylo pastry, verf met eiergele en bak tot ligbruin! Sit voor saam ‘n lekker groenslaai met gebraaide haloumi!

Liz Terblanche – Pannekoek bo oor en bak ini oond tot gaar en bruin bo op….. bief schnitsel om dit gedraai en bacon om en bak ini oond…..slit wors sit in halve piesangs en draai toe in bacon en bak ini oond…..kaas binne en bacon om en bak…..

Mariaan Jacobs – Baie lekker resep is braai uie en varkies tot gaar. Maak sous aan met ewe hoeveelheid tamatiesous, chutney en worcestorsous. Gooi oor varkies. Gooi dan groot blik gesnyde perskes met sap by en prut tot deurwarm. Heerlik saam met rys of spaghetti.

Mariette Heydenrych-Kotze – Varkworsies met uie en ingemaakte perskes mmmmmmmm heerlik maak sommer vinnig in braaipan




CHILLI RELISH

Chilli Relishtested
CHILLI RELISH
My maandelikse pot chilli relish. En dit word saam met als geeet!
3 uie
1 rooi ui
3 tamaties
4 groen chillies en ‘n rooie as jy kan kry
Halwe blik tamaties
3 eetlepels balsamic asyn
2 eetlepels worcestersous
1 eetlepel garlic
1 eetlepel botter.
Saute bogenoemde oor matige hitte.
Voeg die volgende by
2 eetlepels suiker
1 teelepel sout
1 pakkie crushed chillies
Prut tot als deur gekook is.
Verpak soos verkies en gebruik soos nodig.
BRON- Elize Strydom




LOW CARB RED THAI CHICKEN CURRY

Low carb Red thai chicken currytested

LOW CARB RED THAI CHICKEN CURRY
Serves 3
2 chicken breasts, cut into small pieces
2 red onions, chopped
2 carrots, roughly chopped
2 cloves garlic, chopped
Seasoning
1-2 tablespoon peanut butter
2 tablespoon red thai curry paste
1 tin coconut milk (shake can well)
2 julienned baby marrows (others can have rice)
Chopped chili (optional)
Cook your rice if using
Fry the curry paste in a tablespoon of olive oil
After a few minutes add a little of the coconut milk. Stir a minute or two then add the rest of the coconut milk. Stir for a few minutes
Add the onion, carrots and garlic and then the chicken
Cook over medium heat, stirring occasionally
Add the peanut butter
Chicken and carrots should be cooked after half an hour
Top your zucchini noodles with the curry and top with the extra chili if using
BRON – Angela Landsberg




Spek, spinasie en feta pasteie

 

Spek, spinasie en feta pasteietested

Die hoeveelhede wat ek gebruik het, het 6 groot pasteie gemaak, maar hoeveelhede kan aangepas word.

300g Spek (die klein stukkies)
400g spinasie
2 ringe fetakaas.
Deeghuys skilferkors deeg vierkante of soortgelyk
1 eier geklits

Braai spek sonder olie
Stoom spinasie tot net gaar, druk alle vog uit en snipper met n sker
Sny feta in klein blokkies.
Laat alles afkoel en meng deurmekaar.

Plaas sowat 3 eetl van die mengsel in die middel van die vierkante en rol op.
Plaas op gesmeerde bakplaat met vou na onder.
Smeer met n geklitse eier bo oor die pasteie.
Bak by 200°C vir sowat 30 min of tot goudbruin.

Nota: ek het geen sout bygesit nie aangesien die spek en feta alreeds sout in het, maar sout en peper na smaak kan bygevoeg word.
BRON – Bernadene Daniell Prinsloo




SLAKKE IN KNOFFELBOTTER

SLAKKE IN KNOFFELBOTTERtested

SLAKKE IN KNOFFELBOTTER
Dis eintlik net slakke uit ‘n blik, gedreineer en liggies afgespoel. Eintlik het ek nie ‘n resep nie! Jy meng dan regte botter (asb. geen margarien), regte egte fyngekapte knoffel en pieterselie, voeg swartpeper by, miskien ‘n fyn knippie sout. Ek skat maar die hoeveelhede. Sit ‘n slakkie of 2 of 3 (hang af van hul grootte) in elke holtetjie.

Mens kan altyd meer knoffelbotter maak as jy sien jy het nie genoeg nie. Vir hierdie gereg het ek bocconcini (sagte mozzarella) gesny en bo-op gesit, met bietjie geursout (weet nie eens wat nie; daar is so baie). Dan kortliks in ‘n warm oond (so 180 grade) tot die mozz. net begin smelt. Intussen maak jy roosterbrood om saam te eet met die lekker ryk sousie, of gebruik ‘n heerlike ciabatta … Dit is regtig een van daai dinge wat jy sommer so op gevoel en smaak maak
BRON – Zuri Roos




OUMA SE JELLIE STROOP

jellie strooptested
OUMA SE JELLIE STROOP
Verhit 1.5 Liter water tot kookpunt, kook 2 minute.
Roer 1 pakkie jellie [rooi, groen, oranje of geel] by tot opgelos, kook weer vir 2 minute.
Haal van stoof en roer 15 ml sitroensuur en 1 teelepel suurlemoensap by. Koel af en giet in bottels.
Stoor in yskas. Vir bediening, gebruik ‘n kwart glas stroop en vul met yskoue water of sodawater en ys.

Foto en nota Debbie Willemse
Moet by se eks moes ‘n koppie suiker by gooi want dit het te flou geproe




NELLA SE AARTAPPELGEREG

aartappelgebaktested
NELLA SE AARTAPPELGEREG
Kampeerder resepte se idee maar my eie aanpasing

6 aartappels. Myne met skil en al in blokkies gesny en gekook.
1 t mostertsaad
1 t komyn
1 t fyn knoffel
1/2 greenpepper
1/2 rooipepper
1 t borrie
Sout soos u dit verlang

Aartappels gekook
Res van die bestanddele gesmoor
En met die aartappels gemeng
Ek het n paar kaas en bacon worsie bygevoeg.
Die oorspronklike resep lees jalepenos en stirfry byvoeg. Jalepenos nie my smaak maar wel die stirfry. Het nie stirfry gehad nie.
BRON – Nella Kootstra




BLOMKOOLSLAAI MET EIER

tested

BLOMKOOLSLAAI MET EIER
1 blomkool fyn gesny
6 eiers gekook en fyngekap
3 t mosterpoeier
3 t pickling spice
1/3 koppie mayonnaise
1/2 kp gekapte ui (of na smaak)
Sout en peper na smaak
Spriet uie as versiering indien verkies

Kook blomkool sag maar nie pap nie.
Braai die ui en speserye in klapperolie (smoor is die woord).
Meng met die mayonnaise en meng met die blomkool.
As hierdie slaai oornag staan sal dit heerlik wees.




TUISGEMAAKTE FETA KAAS

TUISGEMAAKTE FETAKAAStestedtuisgemaakte feta kaas Leonie reggemaak

TUISGEMAAKTE FETA KAAS   (FOTO ILLUSTRASIE ONDER AAN)

Neem 500 ml vars melk, gooi 50ml asyn by. (MOET GLAD NIE ROER NIE)
Bring tot kookpunt. Die melk sal begin skei. Wanneer die water omtrent helder is, sal die stremsels skei. Gooi die water af en hou die stremsels eenkant. Meng met sout of enige kruie na smaak. Druk vas in houertjie en bêre in yskas tot gebruik. Nou het jy wei en fetakaas!
BRON – Marietjie van der Merwe

Marietjie van der Merwe – Sover ek weet moet dit vars melk wees. Het nog nooit gepasturiseerde melk gebruik nie.

Lucelle Les Myers – Het al gemaak met gepasteuriseerde melk (sakkies), geen probleme

Foto en Nota Gideon Louw:
my kasies proe baaaaaaie lekker en ek is nogals trots op dit die een van die vier “flawers” wat wat ek gemaak het wat vir my die lekkerste smaak is die een met olywe en knoffel vroulief fancy weer die een met mix herbs, swart peper en bietjie ekstra pietersielie die ander het chillie flakes in en die ander een tiemie almal het n bietjie sout ook in die mengsel !!

Foto: Benhet Nieuwenhuis
Nota: ons raak nou al lekker gekonfyt met die feta kaas. 5l Melk bring tot 86C gee ‘n goeie roer dat die melk draai. gooi dan so 3/4koppie asyn in sodra klaar geskei gooi deur sif en dan sit ons soma vars gemaalde peper by en dan in kaas pres. los vir die dag en sny in blokkie en maak dan die sout oplossing aan. laat afkoel en bere in sout oplossing.

Nota:  Rina Kleinhans
Mens kan die kaas verpak in ‘n houer en dan van die wei water wat afgekom het oor dit gooi om dit te bewaar, of gooi dit oor jou plante.

Hierdie foto’s wys mens stap vir stap hoe om die kaas te maak.. dankie Lisinda Blaauw

2015-06-28-lekkerstefetakaasooit12015-06-28-lekkerstefetakaasooit22015-06-28-lekkerstefetakaasooit42015-06-28-lekkerstefetakaasooit32015-06-28-lekkerstefetakaasooit62015-06-28-lekkerstefetakaasooit72015-06-28-lekkerstefetakaasooit52015-06-28-lekkerstefetakaasooit82015-06-28-lekkerstefetakaasooit9