SKAAPLEWER

SKAAP LEWERtested
SKAAPLEWER
Nog ‘n randrekker dis. Sny jou lewer soos steaks en maak gaar soos steak. Lewer wat reg gaargemaak is, is heerlik.
500 g skaaplewer, vliese en are verwyder
sout en grof gemaalde swartpeper
botter en olyfolie vir braai
Soetsuur Sous:
4 uie, grof gekap
3 knoffelhuisies, gekap
5 ml (1 teelepel) sout
5 ml (1 teelepel) rooipeper
5 ml (1 teelepel) brandrissievlokkies
5 ml (1 teelepel) paprika
100 ml suurlemoensap
skil van 1 suurlemoen
125 ml bruinsuiker
200 ml water
meel om sous te verdik

Lewer:
Sny die lewer in stukke en geur met die sout en peper.
Verhit die botter en olyfolie in ’n diep riffelpan.
Braai die lewerstukke vinnig aan weerskante tot net gaar. Verwyder van die hitte en hou eenkant.
Suursous:
Braai die uie en knoffel liggies in ’n bietjie botter en olie.
Voeg die res van die bestanddele, buiten die meel, by. Laat prut tot al die suiker gesmelt en die speserye goed deurgekook is.
Verdik die sous met ’n bietjie meel wat aangemaak is tot ’n pasta en kook deur. Roer. Sit voor met die gaar lewer.
Bedien die lewer en sous met kapokaartappel of mieliepap en slaai.

Foto: Elize de Kock
Aangepas: Elize de Kock




VEREBESKUIT MET KONDENSMELK

VerebeskuittestedVere beskuit
VEREBESKUIT MET KONDENSMELK
Resep en notas: Kiti de Jager
Foto’s: Dorea Fischer, Betsie Ferreira en Bev Lahoud
FOOD LOVERS RECIPES
Lewer sowat 150 lang beskuite.

375 ml melk
250 g botter of margarien
200 g witsuiker (250 ml)
sowat 1 liter sterk lou water
60 ml korrelsuurdeeg / kitsgis
40 ml sout
2.5 kg koekmeel
2 eiers – goed geklits
½ blik kondensmelk (379 g)
25 ml suurlemoensap
ekstra botter / margarien om die hande mee te smeer

Kook die melk, botter en al die suiker behalwe 15 ml saam, laat afkoel.
Meng 500 ml van die lou water, die suurdeeg, 7.5 ml van die sout en die 15 ml suiker wat eenkant gehou is.
Roer genoeg van die meel hierby om ‘n pannekoekbeslag te vorm.
Hou dit louwarm tot goed uitgerys na sowat 15 minute.
Meng die eiers, kondensmelk en suurlemoensap goed.
Meng die oorblywende sout met die res van die meel.
Voeg melk, suurdeeg en eiermengsel by en gebruik nog sowat ½ liter lou water om die beskuit mee aan te maak en te knie.
Die deeg moenie styf wees nie. Knie die deeg 20 minute lank en smeer die hande dikwels tydens die knieery.
Bedek die deeg en laat dit goed uitrys totdat dit dubbel die oorspronklike grootte is.
Maak bolletjies sonder om die deeg eers af te knie. Die bolletjies moet `n bietjie kleiner as hoendereiers wees.
Rol elke bolletjie in ‘n worsie tussen die handpalms, druk dit plat en plaas dit taamlik styf teen mekaar in gesmeerde beskuitpanne wat skuins staan. Smeer die hande met sagte of gesmelte botter of margarien terwyl die bolletjies gemaak word, want dan is dit nie nodig om tussen die bolletjies ook te smeer nie.
Laat die beskuit in die panne rys totdat dit gelyk met die rand van die panne is.
Bak die beskuit 70 minute by 190ºC (375 ºF). Keer die beskuit op draadrakke uit en laat afkoel. Breek versigtig oop, pak op draadrakke in die oond en droog oornag in ‘n koel oond uit met die oonddeur op ‘n skrefie oop

Nota: Dorea Fischer
Ok dis so bietjie aangepas, minder sout en dis net die helfte van die oorspronklike resep, die hele een van 5 kg meel is te veel vir ons.

Nota: Kiti De Jager
Een liter op 2.5 kg meel. Jy gebruik 500 ml vir jou starter (die suurdeeg slap degie) en dan voeg ek die gekookte melkmengsel, die kondensmelk/eiermengsel en nog 500 ml louwarm water by voor ek die res van die meel bysit. Bygesê, ek weeg al my bestanddele, dan weet ek presies die regte hoeveelheid meel is daarin.
Maak seker jy activate jou suurdeeg, al sê dit klits en jy kan met meel meng. MOENIE. Activate met warm water, bietjie van die suiker en bietjie meel. Eers as dit rys, kan jy gebruik. Moenie kortpad vat nie en volg stappe. Ek het al probeer net bymekaar voeg, met minder suksesvolle results (bv die melk kook stap uitlos). Laat dit baie goed rys die eerste stap. Jy sal die verskil voel in die deeg na dit gerys het, Dis sag, mollig en mens wil net speel. As jy bolletjies maak, doen dit deur om te vou, weer en weer, en dan druk ek my vinger of duim in die middel en vou om, dan het jy goeie “oppervlak spanning”. Dit maak dat jou deeg meer hoog rys. Ek sit ook foelie bedekte kartonne in my panne as ek ‘n groot pan maak, so in die middel af. Dit keer dat die binneste nie afsak nie maar iets het om aan te klou. Jy kan jou panne se rande verhoog deur dit toe doen aan die sykante van ‘n broodpan.

Adele Marais Kuit
Dit is ook beter om jou kitsgis met jou meel te meng as jy die pannekoek beslag maak anders werk dit nie goed nie.
Ek het ook ‘n hele blik kondensmelk gebruik.

Nota: Betsie Ferreira
Verebeskuit (het my bestanddele gehalveer en botter gebruik)
Vir 5 kg meel: 750 ml melk, 500 ml witsuiker, sowat 2 liter louwater, 3 koekies van 25g saamgeperste suurdeeg, 75 ml sout, 5 geklitste eiers, 1 blik kondensmelk, 50 ml suurlemoen sap




KIKKER OU BROOD EN MIELIEPAP BIETJIE OP

FLR BB with Heart
KIKKER OU BROOD EN MIELIEPAP BIETJIE OP
Maak n beslag van
1 koppie koekmeel
1 eier
1/2 koppie melk
1 teelepel bakpoeier
1 teelepel botter
knippie sout en peper
Bietjie melk ekstra om slap deeg te maak.
Melt die botter, en klits die eier daarby in, meng met half kp melk.
Meng die droe bestanddele en meng met die vloeistof mengsel. Indien die mengsel te dik is, voeg bietjie melk by tot ‘n slap beslag
Neem ou snye brood en doop in die beslag. Bak in warm olie. Bedien met kaas of biltong.
Maak Mieliepap en skep in n laagpan, druk mooi vas. Laat staan oornag, sny in skywe en doop in beslag.
Bak bruin in olie.
Bedek met oorskiet stukkies vleis en fyn pietersielie. Gebruik vir ontbyt!




KWEPER BLATJANG

KWEPER BLATJAN

KWEPER BLATJANG
In groot kastrol:
3 groot geskilde, gemaalde kwepers
2 groot geskilde, gemaalde appels
en ook 2 groot gekapte uie

Voeg by:
375 ml bruinsuiker
2 teelepels sout
1 teelepel gemmerpoeier
1 telepel mosterdpoeier
halwe teelepel kerriepoeier
en 500 ml bruin asyn

Roer goed. Bring tot kookpunt en roer gereeld. Kook op matige hitte vir 2 ure, pasop vir aanbrand na einde se kant. Skep in gesteriliseerde bottels.




TAMATIEBREDIE MET KRUIEKLUITJIES

tested

TAMATIEBREDIE MET KRUIEKLUITJIES
750 g beesstowevleis (met been), in kleiner stukkies gesny
sout en vars gemaalde peper
15 ml (1 e) olyfolie
2 uie, gekap
2 knoffelhuisies, fyngedruk
50 g tamatiepasta
1 x 410 g-blik gekapte tamaties
4 x 250 ml beesvleisafreksel

KLUITJIES
375 ml (1½ k) bruismeel
30 ml (2 e) gemengde gedroogde kruie
125 g botter, in blokkies gesny

Geur die vleis met sout en peper.
Verhit die olie en braai die vleis tot bruin.
Voeg die uie, knoffel en tamatiepasta by en roerbraai ’n paar minute.
Voeg die tamaties en aftreksel by en laat prut 45 min. of tot sag. Voeg nog water by, indien nodig; die bredie moet taamlik souserig wees.
Skep die bredie in ’n diep oondbak. Verhit die oond tot 200 °C.

Kluitjies Meng die bruismeel en kruie en vryf die botter daarby in. Voeg ’n bietjie water by sodat ’n stywe deeg vorm.
Breek stukkies van die deeg af en rol balletjies. Pak op die bredie, bedek met foelie en bak 20-25 min. of tot die kluitjies gaar is. Sit voor saam met rys.
Dié kluitjies is ook baie lekker op potjiekos. Sit die deegballetjies op die gaar potjiekos, sit die deksel op en laat prut tot die kluitjies gaar is.
Foto en resep geplaas deur Adam Cloete
Ek het gisteraand die idee van hierdie resep gebruik, hoofsaaklik agter die kluitjies aan. Ek het maar meer eie kop gevolg met die bredie en vir die kluitjies het ek gedroogde basil, tiemie, cumin en neutmuskaat poeier ingesit. Dit was soooooo lekker




BORRELS

 

BORRELS
BORRELS
Hierdie is nou nie iets om te eet of te drink maar vir al die lede met kindertjies!
BLINK BORRELS:- Borrels blaas is groot pret vir kleingoed, maak dit sommer self met een van die resepte:

MOOI BORRELS:-
1 koppie water /
2 eetlepels gliserien /
4 eetlepels skottelgoedwasseep.
Meng alles stadig en liggies saam sodat dit nie skuim nie.

REUSAGTIGE BORRELS:-
6 koppies water /
1/2 koppie mielieblom /
1/2 koppie opwasmiddel /
1 eetlepel bakpoeier /
1 eetlepel gliserien.
Giet die water in ‘n vlak bak. Los die mielieblom daarin op. Roer die orige bestanddele liggies by. Werk liggies sodat jy nie skuim maak nie. Laat dit ‘n uur staan en roer weer versigtig. Dit is in die haak as daar bietjie mielieblom onder in die bak bly le. Hierdie mengsel werk goed as jy baie groot borrels wil blaas.

WENK:- Voeg n paar druppels voedselkleursel by die borrelmengsel.
(Oppas die borrels kan ‘n teelvloer of stoep baie glad maak)

Ingestuur deur – Hanlie Schneigansz




SUIWER DRUIWESAP

druiwesaptested
SUIWER DRUIWESAP

Ek het ‘n nuwe manier om druiwesap te maak, ek kook dit eenvoudig op die stoof sonder water, gooi net heeltyd die sap af.
Sny jou druiwe middel deur,gooi in n pot op lae hitte soos hy kook gooi jy net heeltyd die sap af tot daar niks meer sap uitkom nie, laat afkoel en drink. Ek het niks suiker by gegooi nie want hys soet net so.
BRON – Debbie Willemse




KARRINGMELKBESKUIT MET SUURROOM

2014-04-05-karringmelkbeskuittested

KARRINGMELKBESKUIT MET SUURROOM
1,5 kg bruismeel
10 ml (2 teelepels) sout
5 ml (1 teelepel) kremetart
500 g (2 koppies) botter
375 ml (1 ½ koppies) karringmelk
125 ml (1 ½ koppies) suurroom
375 ml (1 ½ koppies) suikerVoorverhit oond tot 180ºC. Smeer ‘n broodpan.
Sif droë bestanddele saam.
Smelt botter. Klits karringmelk, room en suiker by.
Roer bottermengsel by droë bestanddele en meng goed. Vorm bolletjies en pak styf teen mekaar in gesmeerde broodpan. Bak een uur tot gaar. Keer uit en laat afkoel. Breek in stukke en droog oornag uit in lou-oond
Resep en foto: Emelia Lans-Brown




PASTA WITH ZUCCHINI PESTO

Pasta with Zucchini Pesto

PASTA WITH ZUCCHINI PESTO
Ingredients for 2 people.
200 g Spaghetti or Linguine pasta
3 or 4 zucchini (baby marrows) Raw
¼ cup olive oil
Small clove of garlic
3 or 4 FRESH mint or basil (whatever your preference is I used mint)
50 g Parmesan cheese grated
Salt and Black pepper
Optional toasted Pine Nuts 1 Tablespoon or Walnuts.
Put all ingredients (except the pasta) in a mixer and whizz must be creamy texture if a little dry add little more Olive oil.
Boil you pasta “al dente” drain and keep a little of your pasta water.
In a pot add your zucchini cream then add on top your cooked pasta. Mix well if too thick add a little of the water you have kept aside.(not too much water)
Garnish your pasta with some of the zucchini cream and sprinkle some of the toasted Pine nuts or Walnuts
Recipe and photo:  Sabrina Merli




SOUTVULSELS VIR PANNEKOEK

SOUTVULSELS VIR PANNEKOEK
Gebraaide murgpampoentjie en frankfurter skyfies, gemeng met ‘n lekker tuisgemaakte tamatie-en-uie-smoor.
Roomkaas, gaar spinasie en gebraaide sampioene. Jy kan bietjie gebraaide spek byvoeg as jy wil.
Gevlokte skelvis (haddock) en kaas-mosterd-witsous.
Ham of gaar spek, fyn gesny, gerasperde kaas en bietjie romerige mayonnaise om dit aan te klam. Dis heerlik koud.
Oorskiet hoender en fetakaas-witsous.
Gerookte snoek + avo + mayonnaise.
Gaar brokkolie en geurige romerige slaaisous. Jy kan bietjie spek en geroosterde dennepitte ook byvoeg as jy dit ekstra dekadent wil maak.
Ek het al hoender ala king in pannekoek voorgesit met ‘n ete en die mense was gaande daaroor.
Geurige maalvleis toegerol in die pannekoek en dan in ‘n bak gepak met witsous bo-oor en gerasperde kaas bo-op, gebak tot lekker goudbruin.
Gebraaide sampioene en ham in ‘n lekker geurige witsousie.
Bak klein pannekoekies en voer gesmeerde muffinpannetjies daarmee uit. Maak jou gunsteling bobotie en skep in die pannekoek-bakkies, gooi klein bietjie van die eiervla bo-oor en bak so tot die bobotie reg is. Dit lyk baie mooi en is sommer ‘n anderste manier om bobotie voor te sit vir gaste.

Mariette Visser: Ek het tot ‘n vegetariese variasie vir julle:
smoor 1 ui (baie fyn gekap) saam met 750 g wortels (kap dit in baie klein blokkies of rasper dit as jy te haastig is) in 30 ml margarien tot dit sag is.
Voeg 1 ½ pakkie sampioene (ook fyn gekap of gerasper) by en braai so rukkie.
Voeg 500 ml vars room en 2 garlic and herb blokkies.
Prut oor lae hitte vir ± 10 min. Dreineer die wortel-sampioenmengsel (sif/ vergietes/gaatjieslepel) en vul 16 pannekoeke daarmee. Pak in ‘n diep oondbak. Gooi die roomsous bo-oor en besprinkel met so 80-100 g gerasperde kaas. Bak vir 20-30 min by 180°C tot kaas mooi goudbruin en alles deurwarm is. Bedien saam met ‘n lekker vars mengelslaai.

Petro Borchard – Ek glo sodawater sal die beslag lekker lig maak.
Ek maak ‘n chicken (of tuna) mayo mengsel en maak lae met pannekoek, gebraaide mushrooms, gebraaide uie, sheba, gerasperde kaas of wat ek ookal in die huis het. Gooi dan kaassous bo-oor en laat deurwarm word. Grill vir ‘n paar minute vir die mooi en sny soos ‘n koek in wiggies. Bedien met slaai of piekels

Hester Vrey – Vir sout pannekoek gebruik ek ‘n blikkie tuna, gemeng met dik kaassous (witsous met bietjie kaas), fyn gekapte ui, fyn gekapte agurtjies, greenpeper. Meng net alles en vul. Jy kan fyn hoender in tuna se plek gebruik. Roomkaas versiersel vir wortelkoek, heerlik vir soet variasie.