ROAST MEAT

 

Roast meattested

ROAST MEAT
The most delicious Roast meat.
Use beef, pork or lamb.
Remember you cant cook bad quality meat good.
BUY quality meat.
Spices. Ts salt, pepper, sugar, mustard seed mixed herbs, cumin, coriander
1 cube beef stock
3 bay leaves
5 cloves

Put in a spice grinder and grind into a powder.
you can use any spices that you may enjoy.
Take a sharp knife, as in picture and make deep insertions in the meat.
Using a teaspoon fill each little cavity with spice mix.
Plug each hole with garlic (illustrated)
Pour lemon juice over so that it runs into meat.
Pour olive oil over.
Sprinkle balance of spice over meat.
Roast at 140d until cooked to your taste.
Please restaurants who do carveries, for the most part your roasts are dry and tastless.
Try this
BRON – Evan Carikas




WENKE VIR MERINGUES-PAVLOVA

 

Meringues Pavlovatested

WENKE VIR MERINGUES-PAVLOVA

Les:
1. Wanneer meringues gemaak word moet jy so vetvry as moontlik werk. Dit beteken dus dat die toerusting wat jy gebruik skoon moet wees en met skoon vadoeke afgedroog word. Die klitser moet ook deeglik skoon wees….olierigheid veroorsaak dat die eierwitte NIE gaan styf klop nie.
2. Wanneer eiers geskei word moet daar versigtig geskei word om te voorkom dat daar eiergele in die witte ingaan…die eiergele het ‘n vet in en veroorsaak dan dat die eierwit nie wil styf klits….gooi weg en begin oor…glo my. Wenk: eiergele kan in yshouertjies met 1t water gevries word…ek gebruik dit in my pastei korse!
3. Gebruik eiers wat by kamertemperatuur gelos is vir ten minste 30min of plaas in lou water as dit direk uit die yskas kom vir 10min. Eiers by kamertemperatuur klop tot ‘n hoër volume as koue eiers.
4. Wanneer die suiker by die stywe meringue gevoeg word moet dit lepels gewys gedoen word en goed geklits word die heeltyd sodat die suiker korrels goed kan oplos en die mengsel ‘n amper silwerglans verkry. Jy toets ook die mengsel of dit gereed is deur die meringue tussen die vingers te vryf en voel of die korrels opgelos is.
5. Hierdie is ‘n stadige proses so wees maar geduldig.
6. Ek bevries my oortollige klaar gebakte meringues (kleiner, goed gedroogdes) vir tot 6 maande tussen waspapier lae in lugdigte houer.
7. Geur middels en kleur middels word eers aan die einde van die proses bygevoeg.
8. Die asyn en kremetart wat bygevoeg word is beide ‘n suur en dit help die eierproteine makliker koaguleer(stol) en meer wolkerig word. Die mielieblom gee weer aan die groot pavlova ‘n marshmellow binnekant sponsig en sag…
9. MOENIE as die humiditeit hoog is die meringues maak nie…dit gaan taai word as dit afkoel. So moenie goed op die plate kook dat die stoom staan en dan die meringues bak…eintlik word meringues gedroog nie gebak…
10. Variasies op geure: kaneel en pekans, rooswater, swart bitter kakao ingevou sodat dit ‘n marmer effek gee, koffie en fyn amandels vir ‘n cuppacino smaak….speel!!! Onthou dit word altyd laaste bygevoeg!

Resep
1k Strooisuiker
3 Eiers, geskei by kamer temperatuur
5ml Asyn
15ml Mielieblom, maizena
2ml Kremetart
5ml Vanielje geursel

Metode:
1. Klop die eier tot stywe punt stadium, NIE droog en vlokkerig nie!
2. Klop die asyn, mielieblom en kremetart by.
3. Voeg die strooisuiker 2 eetlepels op ‘n slag by…klits 5 minute en voeg weer 2 eetlepels by…hou so aan totdat al die suiker ingewerk is. Toets die meringue of dit reg is…kyk na die glans, dit moet ‘n lint vorm as jy die klitser oplig en die suiker moet opgelos wees.
4. Vou nou die geursels en kleursels by.
5. Om die pavlova te vorm word die meringue mengsel met ‘n groot opskep lepel, hoop vir hoop op mekaar gestapel en effens afgeplat en dan gebak vir 2 ure by 110°C. Vir die kleiner skuimpies of nessies word dit gebak vir 1 ½ uur by 110°C of toets of dit droog is…ek hou van hulle so effens taai.
Sousie:
1k Greek style yoghurt, 100ml strooisuiker gemeng en 5ml vanielje geursel. Meng alles saam.
Aarbei puree:
3k aarbeie gepuree, 1/2k suiker, en 10ml maizena opgelos in 50ml water. Saam gekook en eenkant gehou om die meringue met vrugte lae te bou.
Lewer 50 klein meringes of 2 pavlova dope
BRON- Annelien Pienaar

Amanda Conradie
Pascal Merlin ‘n chef in the UK did this
pavlova met kleur
Use gel food coloring…….Using a small paintbrush, paint 3 vertical stripes of food coloring inside a pastry bag fitted with a 1/2-inch round tip. Fill bag with meringue, and pipe shapes (they don’t need to be perfect), 2 inches apart on 2 parchment-lined baking sheets. As you finish piping each shape, apply less pressure to pastry bag, and swirl the tip off in a circular motion.




CURRY MARINADE FOR MEAT

Curry marinade for meattested
CURRY MARINADE FOR MEAT

Vandag kerrietjops gebraai! Die sous se resep het ek op die blad gekry (net nie seker wie s’n nie!) en is baie veelsydig! Vleis, sosaties ens.

4 large onions, sliced thickly
2 cups of white vinegar
4 cups of water
3 tablespoons mild curry powder
1 tablespoon salt
1 tablespoon turmeric
3 tablespoons ground coriander
4 cloves
4 bay leaves
1 large tin apricot jam (900 g)
750 ml peach chutney
½ cup brown sugar

Add all ingredients to a thick base casserole.
Bring to boil on low/medium heat.
Boil for 15 minutes.
Remove from heat and let sit until room temperature.
Spice meat as required, add some Worcestershire sauce.
Pour mixture over meat/kebabs and let sit for 3 days in refrigerator.
Can be frozen thereafter.
O ja, ek het ook al vleis in die sous gevries nadat ek dit vir 3 dae in die yskas gelaat het.
Resep en foto:  Pieta Van Der Walt‎




LESLEY SE ONGEBAKTE KAASKOEK

No bake cheesecake Ongebakte Kaaskoektested
LESLEY SE ONGEBAKTE KAASKOEK
Resep en foto: Lesley-Ann Fortuin
FOOD LOVERS RECIPES
Kors:
2 pakke gemmerkoekies of Tennis koekies, fyngedruk
180 ml gesmelte botter
Meng saam en druk onder en teen die kante van ‘n losboom pan vas. Plaas in vrieskas vir ten minste 10 minute.
Vulsel:
2 bakkies laevet roomkaas
1 ¼ blik kondensmelk
75 ml vars gedrukte suurlemoensap
¼ teelepel vanilla poeier of 1 teelepel vanilla extract

Klits die roomkaas met ‘n elektriese klitser tot glad. Meng die kondensmelk geleidelik by en daarna die suurlemoensap en vanilla. Skep die mengsel in die kors, bedek met plastiek, plaas in die yskas en laat stol vir 3 ure.
Versier met vars bessies of soos verkies.




GEEN GIS ROLLETJIES

tested

GEEN GIS ROLLETJIES
Yummy aandete! Vark fillet, geen gis rolletjie en slaai!
Vark fillet:
Safari legendary seasoning (proe soos biltong) saam sout en peper warm gemaak in pan, bietjie druiwepit olie en bietjie wyn bygevoeg, braai die heel fillet tot amper gaar saam met die spesery-mengsel, Voeg Jimmy sous by en kook tot lekker dik sous vorm. Sny die vleis in skywe met die sous oor.
Geen gis rolletjies:
Mengsel vir so 4 broodjies, verdubbel indien verlang
1 koppie koekmeel
1 teelepel bakpoeier
knippie sout
½ koppie volroom melk
2 eetlepels mayonnaise

Meng als saam in meng bak, skep in muffin pannetjie voorberei met kossproei.
Bak in voorverhitte oond teen 180°C vir 20 minute tot mooi goudbruin.
Slaai:
Spoel blaarslaai uit met soutwater.
Pak slaaiblare, tamatie, groen soetrissie, olywe, feta en wit pitlose druiwe in lae, voeg bietjie pietersielie en slaai sous oor. Ek het gekoopte jogurt- and kruieslaaisous gebruik.
Resep en foto 1:  Lee-Ann Snyman‎
Foto 2: Adam Cloete – ek hierdie resep van die geen gis rolletjies verdubbel en toe ‘n geen gis broodjie gebak. Probeer dit gerus. Die baktyd moet net verdubbel, afhangende van jou oond.




KOEDOE EN GEMSBOK-STEAK

Koedoe en Gemsbok steaktested
KOEDOE EN GEMSBOK-STEAK
Koedoe en Gemsbok steak soos ons dit hier in Namibië maak.
Kap jou steaks met vleishamertjie.
Gooi mildelik suurlemoensap oor en gooi braaispeserye oor.
Doop eers in geklitste eiers, dan in bruismeel.
Braai in warm olie. Dit moet warm olie wees anders val die meel af.
Pak in bak.
Maak ‘n soetsuur sousie deur die meel en eiers wat oorbly te meng met asyn en suiker en bietjie water.Jy kan ‘n vleisblokkie by die sous gooi om nog meer geur te gee.
Ons maak mash by en ‘n lekker tamatie, feta en sprietuie slaai.
Ek proe maar die sousie. Gooi so 2 koppies water, vleisblokkie, half koppie suiker en asyn na smaak. Ons hou van hom baie suur. Gooi dan jou eier en meel by wat jy met bietjie water aangemaak het by. Of verdik met maizena.

BRON – Annelore Von Solms Joubert




BLOMKOOLRYS EN ZUCCHINI (MURGPAMPOENTJIE) NOEDELS

BLOMKOOLRYS HANTAtested

BLOMKOOLRYS EN ZUCCHINI (MURGPAMPOENTJIE) NOEDELS
1 kop blomkool (of ½ kop blomkool en ½ kop broccoli)
½ui
botter vir braai

Kap blomkool fyn in ‘n voedselprosesseerder tot die stukkies omtrent grondboontjie grootte is.
Kap die ui fyn.
Smelt botter / verhit olie in ‘n pan en voeg ui by. Braai tot ui deursigtig is.
Voeg opgekapte blomkool by en braai deeglik tot sag.
Voeg halfpad deur sout en peper by na smaak.
Goeie plaasvervanger vir rys of aartappels saam met aandete.

Zucchini (murgpampoentjie) noedels
*Nota – hoe groter doe zucchinis hoe makliker.
Sny die bokant van die zucchini af en sny dit in noedels (mens kry spesiale katoeters om die groente in noedels te sny, maar ek het sommer repies met die groenteskiller af geskil).
Sprinkel met sout en laat vir 10 minute staan om orige water af te trek. Spoel dan af en druk droog.
Verhit olie/botter in pan. Voeg zucchinis by. Sprinkel gemengde kruie oor.
Roerbraai tot sag.

Kan spaghetti en ander pasta vervang. Mens kan dieselfde doen met wortels ook.
Bron en foto: Hanta Henning




AUSTRALIAN BUSH CHERRY – EUGENIAKONFYT

Australian Bush Cherry Konfyttested
AUSTRALIAN BUSH CHERRY – EUGENIAKONFYT
In die pot die lekkerste konfyt Australian Bush Cherry dis baie werk want uit ‘n 1 kg kry jy maar so 700 ml konfyt en dit vat lank om al die pitte uit te haal.
700 g Bush cherries, ontpit
700 g suiker
60 ml suurlemoensap

Kook alles saam vir so 15 min. Sit af jou stoof.
Skep so 1 teelepel vol in ‘n bakkie, sit in yskas en kyk of dit stol.
Jy moet maar so elke 10 min toets want dit het baie pektien in, dit word soos ‘n jellie as dit koud is, myne so 25 min gevat tot dit klaar was.
Geniet dit – dis heerlik op roomys ‘n wafel of topping vir ‘n kaaskoek en moenie vergeet van ‘n stukkie toast.
BRON – Anita Groenewald Olderwagen

Jacqui Conradie – Anita Groenewald Olderwagen ek het die agterkant van hekelpen gebruik om die pit van die stingelkant af uit te druk. dv. Môre is dit ek en konfyt kook.




SKONS MET ROOM EN KONFYT

 

skons met room aneentested
SKONS MET ROOM EN KONFYT

(4 porsies)

75 g koue botter, in blokkies gesny
280 g (500 ml) koekmeel
50 g (60 ml) strooisuiker
10 ml bakpoeier
2 eiers apart, elkeen liggies geklits
5 ml vanieljegeursel
120 ml melk
250 ml room, geklop tot sagte punte vorm
tuisgemaakte aarbeikonfyt

Verhit oond tot 180 °C. Sit botter,meel, suiker en bakpoeier in ‘n middelslagmengbak. Vryf alles saam met jou vingerpunte tot dit soos growwe broodkrummels lyk. Meng een eier, vanielje en melk. Voeg by droë mengsel en meng liggies tot deeg vorm. Sprinkel meel op werkoppervlak en keer deeg uit. Druk plat met vingerpunte tot sowat 4 cm dik. Gebruik nou ‘n koekiedrukker
met ‘n deursnee van 7 cm en druk sirkels uit. Sit op bakplaat wat met kleefwerende sproei gespuit is en verf sirkels met oorblywende eier. Bak vir 25 – 30 minute of tot goudbruin en gaar. Laat afkoel. Sit voor met sagte room en konfyt.
Foto:  Aneen Graupe




MARSHMALLOW LOLLIES

MARSHMALLOW LOLLIES

MARSHMALLOW LOLLIES

100 g butter
250 g (1 packet) tennis biscuits, crushed
1/2 tin (200g) sweetened condensed milk
180 g (1 packet) marshmallows, roughly chopped coconut
Mix together butter, biscuits, condensed milk and marshmallows. Shape into a log and roll in coconut. Refrigerate until firm and then slice into rounds.
BRON- KEVIN PEARSON