MOSKONFYT

MOS KONFYT
MOSKONFYT
Ryp soet druiwe
10 ml gebluste kalk per 5 liter druiwesap
Trek die stingels van die druiwekorrels af, plaas die korrels in ‘n groot bak en druk hulle fyn.
Bedek die bak en laat eenkant staan tot die druiwe gis, wat ‘n paar dae kan duur.
Wag tot die doppe bo dryf, gooi die vloeistof deur ‘n sif en voeg die gebluste kalk by.
Laat 30 minute staan.
Skep die skuim van die sap af en syg die sap deur.
Verhit die sap tot kookpunt in ‘n groot swaarboom kastrol en syg dit weer deur.
Gooi die sap terug in kastrol en kook weer vinnig.
Skep die skuim af indien nodig.
Toets vir stolpunt.
Die moskonfyt behoort die tekstuur van dik stroop te hê.
Gooi die konfyt in warm droe gesteriliseerde flesse and verseël dit onmiddelik.




KERRIE SKAAPNEK

Kerrie Skaapnektested
KERRIE SKAAPNEK
Ek braai uie in n pot gooi so 2 Eetlepels Kerrie by en twee 2 teelepels suiker braai nog so bietjie en dan so 2 eetlepels asyn.
Neem dan die vleis en potbraai dit tot geseel is en lekker bruin.
Gooi dan kookwater op en kook tot sag.
Sit groente en spices op en gooi dan jou lekker mengsel van Royco Durban curry cook in sauce.
Laat prut tot groente lekker sag is op lae hitte.
Maak rys en bedien Kerrie saam rys of stampmielies.
BRON – Marlene Minderon




BAKED SAVOURY SAMP

Baked Savoury Samp

BAKED SAVOURY SAMP
500 ml Samp (2 cups soaked overnight in water)
250 ml Fresh cream
250 ml Mayonnaise (only use Crosse & Blackwell tangy mayonnaise)
60 g Thick white onion soup
125 g Mature cheddar cheese (grated)
250 g Bacon (diced)
250 g Mushrooms (sliced)
2 Onions (diced)
2 Garlic cloves (crushed)
1/2 Green pepper (diced)
1/2 Red pepper (diced)

Pre-heat oven to 180ºC
Boil the Samp, until soft, rinse and set aside to cool.
Put some butter in a large frying pan and fry the bacon, onions and
mushrooms until done. Add the garlic, red and green peppers. Fry for a further two minutes.
Mix the cream, mayonnaise and soup together.
Add the cheddar cheese to the cold Samp, then mix in the bacon, mushrooms, onion, garlic and red and green peppers.
Lastly mix in the cream, mayonnaise and soup mixture.
Place the mixture in an ovenproof dish, grate some cheese over, sprinkle with a little paprika.
Bake in pre-heated oven for 30 minutes at 180º C

Also a great side dish for a braai. Serve warm !
BRON – Hennie Botha

Hennie Botha – Rina jy sal my nie glo hoe mense wat nie stampmielies eet hierdie gereg eet nie As jy maak bere bietjie vir more dis nog beter die volgende dag. Geniet dit. by ons is dit ‘n moet vir ‘n braai. dit was my hoof voorgereg op ‘Braai dag’ met ons braai




CHEESE, BACON AND HERB MUFFINS

tested
CHEESE, BACON AND HERB MUFFINS

Serves 12
2 cups of self raising flour
75g butter – room temperature
1/2 cup of diced bacon
2 eggs
1 cup milk
1 cup grated tasty cheese
1/4 cup grated parmesan cheese
3 teaspoons dry mixed herbs – or finely chopped fresh herbs like basil or parsley if you have them
Preheat oven to 200ºC (180ºC fan forced)
Place flour into a large bowl and rub butter into the flour
Stir through the herbs, tasty and parmesan cheese
Add the eggs, bacon and milk and mix through with a fork
Scoop into greased tin (12 cupcake sized tin is perfect)
Cook for approximately 15 minutes.
Serve warm with some butter.
Extra yummy!
FOTO: Henry Herbst… Moeder soek nog ……… mmm dit was baie leka gewees




BACHELOR STEAK STIR FRY

 

Bachelors Steak Stirfry Saladtested

BACHELOR STEAK STIR FRY
So vinning en maklik om te maak!!! Braai n gemiddelde grote uie tot amper bruin in n bietjie olyf olie of egte botter of beide…
Voeg n handvol gensnyde ‘white button mushrooms’ by en verbruin.
Voeg enige steak/fillet in repe gesny by (ek het hie toevallig tenderised steak hier gebruik.)
Voeg ‘fresh of crushed garlic by na smaak., sout en growwe swart peper na smaak.
Ek gooi altyd n bietjie “Robertson Steak&Chop spice by om die vleis eksra lekker te geur.
Verbruin steak/fillet op hoe hitte to so meduim gaar. Bedien op n bed van “Sweet baby leaf salad”(Red and Green Salanova Lettuce). Bedruip met ‘Knorr Creamy Ranch Salad dressing’ en lekker Balsamic reduction. Mens kan ook optioneel, Feta kaas,olywe, tamatie, yellow pepers en avo byvoeg as slaai.
BRON – Sebastian Jonker




MARTIE SE KAMMA PERLEMOEN

MARTIE SE KAMMA PERLEMOEN
3 blikkies tuna met water
4 snye witbrood gekrummel
half t fyn neut
1 groot E botter
suurlemoensap
4 eiers geklits
sout en peper

In ‘n kastrol sit die tuna met water in en bring tot kookpunt. Voeg die vars broodkrummels by asook sout, peper en neut, sodra dit weer kook voeg die botter by. Trek die die pot van die plaat en voeg geklitste eiers en suurlemoensap by. Bedien met rys.
BRON- Martie Fourie Moolman




PIñATA KOEK

Piñata Koektested

PIñATA KOEK
6 eiers
2 koppies suiker
1 koppie water
1 koppie olie
½ koppie maziena
2 ½ koppie koekmeel
6 teelepels bakpoeier
sout
1 teelepel vanielje geursel

Meng eiers en suiker gooi dan water, olie en vanielje geursel by. Meng goed. Voeg dan droë bestanddele by meng goed. Deel deeg in hoeveelheid kleure jy wil he op, verkleur elke deeg met koek kleursel en bak elke kleur in sy eie pan. Sodra al die kleure gebak en koud is, vat ‘n glas en druk in die middel van elke laag ‘n gat. Versier dan lae op mekaar gooi smarties in die gat en sit die laaste laag se middel stuk terug op sodat daar geen teken van die gat is nie. Versier soos normaal.

Foto en resep geplaas deur Elmarie Vd Westhuizen Fourie




SUMMERS DAY COOLDRINK

tested
SUMMERS DAY COOKDRINK

Great cooldrink for a summers day is.
1 cup of lemon juice
1 cup of white sugar
Melt over low heat until the sugar has dissolved do not boil. Keep in the fridge dilute with water, or soda water.
Note:   Please let me just say a friend made some last night she tasted her syrup before she took it off and noticed that it needed some more sugar.. The sugar depends on how sour the lemons are so the cup of sugar to cup of lemon juice is a guide line. You can add more sugar to the cup of lemon juice.
Recipe posted by – Pat Southwood-Theron

Zelda Peters – Ek maak altyd net ‘n glas op ‘n slag, julle! Ek neem ‘n lang glas yskoue water,’n paar druppels suurlemoen-sap en 2 teelepels suiker en dan paar ysblokkies. Dit les my dors en is ook goed vir ‘n krapperige keel.

Elize de Kock – Add a pinch each of Citric Acid and Tartaric acid it will take it to another level and also preserve it




NUTTIGE KOOK INFO / WERD OM TE WEET

Nuttige INFO WERD OM TE WEET
NUTTIGE KOOK INFO / WERD OM TE WEET

SMOOR: is ‘n manier waarvolgens vleis, vis seekos of groente gaargemaak word deur

dit eerstens in ‘n bietjie warm olie te skroei en dit dan, bedek, in vloeistof te prut tot gaar.
Smoor verskil van Stowe in terme van die grootte van die item wat gaargemaak
word -kleiner stukkies word gestowe.
Die hoeveelheid vloeistof wat vir smoor gebruik word is ook minder5 as vir stowe,
en bedek gewoonlik net-net die helfte van die item wat gaargemaak word.
(bv. “roast” / skaapboud in oond / nek / “Eisbein” / soutvleis..)
Dit is inherent ‘n kombinasie van braai of bak en stowe.

STOWE : is ‘n kombinasie van soliede bestanddele wat in water of ander vloeistof
gekook word deur dit te prut,en wat bedien word sonder om gedreineer te word.
Bestanddele kan insluit groente, vrugte, wors en seekos. Alhoewel water gebruik word,
kan aftreksel, wyn of bier ook gebruik word.
Geurmiddels word ook bygevoeg. Bredies word dikwels teen ‘n relatiewe lae temperatuur
gestowe.
(Dit moet prut , nie kook nie) sodat die geure kan meng. (bv. Kerrie / potjiekos/ “stew”)

SOTEER: is een van die maklikste en vinnigste kook metodes.
Dit behels gewoonlik die braai van porsies vleis, vis of groente in ‘n bietjie warm olie
aan beide kante tot die kos sag is , maar nie bruin nie.
Die vleis of vis word gewoonlik verwyder, en die oorblywende stukkies en sappe (fond)
in die pan word by ‘n sous ingewerk. Sjefs ag dit as ‘n mors van ongelooflike geure
as jy nie van die fond ‘n sousie maak nie…
AS dit gedoen word tot die kos bruin, half deurskynend en gaar is, bv. soos by
gebraaide uie, is dit eintlik gekaramelliseerde uie.

KARAMELLISEER: is om droë suiker of bestanddele wat baie suiker bevat te
verhit totdat ‘n bruin kleur en karamelsmaak afgegee word.
Gebruik ‘n dikboomkastrol en matige hitte.

KOOK: is om oor vinnige hitte gaar te maak in water of in ander vloeistof.
Groot borrels vorm, kom na die oppervlak en breek.
Groente, rys , pasta en sop word gekook.

DRUKKOOK: is wanneer die proses van kook in ‘n verseëlde doelmatige
kastrol plaasvind onder hoë druk, dit laat kos gaarmaaktyd versnel en is uiters
effektief om vleis stukke wat taai is vinnig en doeltreffend te versag en gaar te maak.
Braai gewoonlik eers vleissnitte alkant bruin in vlak olie, alvorens dit in die drukkoker geplaas word
dit verseker ekstra geur en ‘n mooi kleur…

PRUT: is om oor lae hitte gaar te kook in vloeistof wat net onder kookpunt is.
Borrels vorm stadig en
breek net onder die oppervlak.

POSJEER: is die proses waar kos liggies in vloeistof gewoonlik water, melk,
aftreksel of wyn geprut word om die vorm te behou.
Dit is veral geskik vir eier geregte, pluimvee, vis en vrugte wat maklik
uitmekaar val in die gaarmaak proses.
Temperatuur moet laag gehou word en die kooktyd so kort as moontlik.
In water moet dit net klein kristal borreltjies
op die boom en teen die rand van die pan vorm en ander vloeistof moet skaars roer.
(Bv. Smoor-snoek / eiers ..)

ROOSTER: is die vinnige gaarmaak van vleis, vis of groente oor intense
hitte- op die kole of onder ‘n elektriese rooster element of op vlamme.
Die hitte kan van bo of van onder afkomstig wees of soms van beide.

BRAAI: is die stadige gaarmaak van vleis, vis, hoender of groente, onbedek met droë hitte.
Baie soos rooster, maar geskied stadiger en oor matiger hitte, afkomstig van kole,
of elektriese elemente of gasbraaiers.

PANBRAAI en DIEPBRAAI: is om kos in vlak of diep olie of vet gaar te maak. Die vet moet warm wees, maar nie rook warm nie.
Moenie teveel kos gelyk insit nie anders verkoel die temperatuur en absorbeer die kos teveel olie.

BEDRUIP: Om warm vet of vloeistof oor kos te skep terwyl dit gaargemaak word oor die kole ,
gebak of gerooster word.
Dit verhoog sappigheid en geur.

BESTRYK: Om warm vet of vloeistof oor kos te smeer met ‘n kwas terwyl dit gaargemaak
word oor die kole , gebak of gerooster word.
Dit verhoog sappigheid en geur.

BESTRYK: is wanneer gebak met water, eier en of melk of eierwit gesmeer word
gewoonlik voor of net na dit gebak word.

MARRINEER: is om vleis of groente in gegeurde vloeistof te week, om te versag
en ekstra sappigheid en geur te verkry.
Marinade bestaan gewoonlik uit ‘n mengsel van olie, asyn,
suurlemoensap water, gekapte uie en verskeie geur en kruiemiddels.
(Wie ken nie sosaties nie!)

STOOM: is die metode waar stoom gebruik word om kos gaar te maak.
Dit word as ‘n baie gesonde tegniek beskou en amper alle kosse kan so gaar gemaak word.
Dit werk deur eers water te kook, wat dit in stoom omskep, die stoom dra
dan die hitte oor na die kos wat dit dan gaarmaak. Die kos wat gaargemaak word, raak
nie aan die water nie.
Dit word meestal gedoen deur die groente of vleis in ‘n stomer – van staal of bamboes
of selfs plastiek in moderne stoom apparate- te plaas en dit in die pot
bokant die stoom te laat gaar word.

ROOM: in terme van metodes, verwys na die meng van bestanddele –
gewoonlik suiker- saam met ‘n soliede vet soos margarien, botter of olie.
Die tegniek word gewoonlik gebruik in die maak van beslag vir gebak soos koek,
koekies, wafels ,pannekoek ens.
Die droë bestanddele word met die vet gemeng tot lig en donsig…
en die volume daarvan vermeerder as gevolg van die skepping van lugborrels.
Hierdie lugborrels, by die vette ingesluit, bly in die finale beslag agter en laat die
produk uitswel soos dit bak, en dien dus as rysmiddel.

BESLAG: ‘n Mengsel van eier, meel en melk wat vir braai en bak gebruik word.

BAK: is ‘n metode waarby soet of sout items in die droë hitte van ‘n oond gaargemaak word.
Alhoewel bak self ‘n relatiewe maklike proses is, is dit ‘n goeie idee om ‘n basiese kennis
van elke bestanddeel te hê aangesien dit ‘n rol in die eindresultaat speel.
Moet nooit die oond te vol maak nie die hitte moet kan sirkuleer.
Moet ook nie oonddeur oopmaak tydens rysproses nie.
Bak groot koeke, pasteie, ligte vrugtekoeke, eiervla en geregte wat stadig moet bak,
op die middelste rak, sponskoeke, vlakterte en geregte
wat vinnig moet verbruin soos macoroni-en-kaas op die hoër rakke en ryk vrugtekoeke,
Skotse brosbrood en meringues op die laagste rak.

BESTUIF: Om ‘n klein bietjie meel of versiersuiker oor iets te sit of te strooi.

INSNY: is om soliede vet met droë bestanddele te meng deur dit met twee messe
in te sny tot die mengsel taamlik gekrummel is.
By skons en tertdeeg word die vloeistof gewoonlik by die droë bestanddele ingesny.

INVOU: is om geleidelik en liggies te meng en terselfdertyd lug in te sluit deur met ‘n
slaplemmes of metaallepel in ‘n sirkel beweging vertikaal in die mengsel in te sny en na die
rand van die bak op te lig en om te keer. Vou ‘n warm of koue mengsel geleidelik in styf
geklitste eierwit in en nie omgekeerd nie.
As eierwit geleidelik by ‘n warm mengsel ingevou word, word dit geleidelik gaar, en meng glad nie.
By sekere geregte bv. melktert pap, moet eierwit juis weer geleidelik bygevoeg word
om dit juis gaar te maak indien dit nie weer teruggaan na die oond of stoofplaat nie.

INVRYF: is om botter, margarien of vet liggies met die vingertoppe in droë bestanddele in te vryf
tot dat dit soos fyn krummels lyk.
Werk ‘n entjie bokant jou bak sodat dit deur die lug val en sodoende lug kan insluit.

KLITS: is om lug in ‘n mengsel in te neem en die mengsel baie deeglik te vermeng tot skuimerig en lig.
Moenie mengsels wat lig geklits is en ‘n tyd lank gestaan het weer klits nie.

KLOP: is om die mengsel glad te maak deur met ‘n houtlepel lug in vinnige sirkel bewegings in te sluit.
Deurdat die bestanddele om en om in een rigting geroer word, kom die onderste mengsel ook gedurig
met die lug in aanraking.

BLIND BAK: Om flan of pastei of tert doppe / korse te bak sonder vulsel. Sit deeg in tertbak,
plaas waspapier bo-oor, vul tertbak met droë bone en bak tot kors gaar is.
Verwyder papier en bone, en gebruik kors soos nodig.

KNIE : is om deeg te meng deur dit oor te vou saam te pers en te druk met die kneukels en hand.
Dit is die belangrikste stap in brood en beskuitbak. Dit veroorsaak dat die deeg elasties
word wat die deeg toelaat om goed te rys en te verseker dat die eindproduk sy vorm behou.
Bestrooi jou hande en die oppervlakte met meel aan die begin,
en begin aan die buitekant en werk na die binnekant.
Gebruik die palm van jou hand om die deeg herhaaldelik te vou.
As die deeg taai raak, strooi bietjie meel maar nie te veel nie.
Knie totdat die deeg elasties en glad is sowat 10 minute!

RYS: Plaas jou deeg in ‘n gesmeerde houer en bedek met kleefplastiek.
Ek het ook reeds hieroor ander wenke gegee gebruik wat jy vind vir jou help.
Die rysperiode sal verskil van gebak tot gebak, maar rys die beste in warm toestande.
Die deeg moet verdubbel in hoeveelheid tydens die rysperiode, dan is dit reg.
Druk jou vinger daarin om te sien of dit klaar gerys het, as dit genoeg gerys het
sal jou vinger se afdruk op die deeg agterbly.

AFKNIE : Nadat die deeg gerys het, keer dit op ‘n meelbestrooide oppervlak uit en
knie die deeg weer totdat dit so groot soos die oorspronklike grote is.
Dit sal die gasborrels wat tydens die rysproses ontstaan het egalig deur die deeg versprei
en verseker dat die deeg ‘n egalige tekstuur kry wanneer dit gebak word.
Knie die deeg af deur jou kneukels herhaaldelik in die deeg te druk.
Daarna kan die deeg gevorm word soos verkies in broodjies, bolletjies, vetkoeke, pizza basisse ens.
Brood en beskuit kan nou weer in die panne laat rys word tot amper dubbel volume
en dan gebak word, of dadelik gebak word.

SKIF: Wanneer gesmelte bestanddele skei en klonterig word pleks van glad.
Wanneer asyn in melk of eier mengsels ingeroer word,
moet dit aanhoudend oor lae hitte geroer word om te voorkom dat dit skif.

INMAAK: is die proses waar kos behandel word sodat die eetbaarheid en voedingswaarde behoue kan bly.
Algemene metode sluit in die droog van, vriesdroog van, vries van, vakuumverpakking, preservering deur (of mengsels daarvan)
van asyn, alkohol, olie, stroop of suiker.
Ander prosesse wat hierby aansluit is pekel, beroking en sout van kosse.

BLANSJEER: Om vleis wit te maak en sterk groentesmake te versag.
Ook om sekere kosse soos groente en vrugte te help
bewaar voor of tydens die bevriesings proses.
Plaas kos in koue water, verhit tot kookpunt en dreineer voordat dit verder kook.
Groente word egter sodra die water kook, in die kookwater vir nie langer as ‘n
paar minute nie gedompel en dadelik gedreineer.
Sodra dit afgekoel het kan dit bevries word.

KAP: is om voedsel in klein fyn stukkie te sny met ‘n mes of ander skerp voorwerp.
Veral geskik met verwerking van vars kruie.

PUREE: is om kos deur ‘n sif te druk of met ‘n voedsel verwerker baie fyn te maak
tot ‘n gladde dik moes.

PLUIS: is om stukkies gaar vleis , hoender of vis saam met die draad in kleiner repies te trek.

VLOK: is om stukkies gaar vleis , hoender of vis liggies met ‘n vurk in klein stukkies te verdeel.

GARNEER: Om ekstra bestanddele op of by geregte te voeg om dit aantreklik te laat lyk.

AL DENTE: is die Italiaanse term wat die tekstuur van gaar pasta beskryf, sag maar
ferm wanneer dit gebyt word.

BAIN-MARIE: ‘n oondpan halfvol warm water waarin soufflés, terriens, en so meer
gebak word in die oond teen 90 – 95 ºC

BOUQUET GARNI: ‘n klein bossie of moeselien sakkie gevul met vars kruie wat
saam met aftreksels of vleis geregte gaar gemaak word en dan net voor bediening
verwyder word.

GEUR: die byvoeging van sout, peper speserye of kruie om voedsel meer geurig te maak.

ROUX: om meelblom en vet saam te kook tot ‘n dik mengsel wat as basis vir talle
souse gebruik word.

UITBRAAI: om vleis met baie vet, of stukkies vet oor matig tot warm hitte te roer totdat
al die vette in olies omgesit word en kan uitkook, om suiwer olie te verkry wat in olie vorm
of in gestolde vorm gebruik kan word, soos bv. kaiings en vet wat verkry word uit stukkies
spek of varkvet…

VERGLANS: om gebak blink te maak deur deeg met eier en melk te bestryk om dit ‘n
blink aantreklike voorkoms te gee.

GLASERING: Dit beteken ook dat die bokant van die gevormde brode met ‘n glaseersel
soos ‘n geklitste eier of melk gesmeer word.
Dit beskerm die kors en verbeter die voorkoms van die brood.

Ook deur geregte, bv. pynappel-wortels met vla of meelblom te verdik tot ‘n glansryke
groente gereg, of vrugte stroop met vla of meelblom te verdik tot ‘n glansryke deurskynende
lagie bo-oor bv. by yskas of vrugte terte




OORSKIET RYS SLAAI


OORSKIET RYS SLAAI
In groot mengbak:
3 koppies gaar rys
1 groot ontvelde, ontpitte tamatie in blokkies
1 groen soetrissie, in blokkies
1 blikkie heel mielies, dreineer
1 klein blikkie geelperskes, kleiner gesny
½ koppie gevriesde ertjies
½ teelepel kerriepoeier
2 eetlepels kookolie
3 eetlepels blatjang
½ koppie mayonnaise

Meng liggies deur en plaas in yskas voor bedien.
Resep geplaas deur Linda Venter