PIESANG EN WORTELBROOD

piesang en wortel broodtested
PIESANG EN WORTELBROOD
Hang af van gesin grote..
1 koppie koekmeel
1 teelepel bakpoeier
2 eiers
3/4 koppie suiker
1 groot piesang fyn gedruk
1 wortel gerasper
2 eetlepels botter gesmelt
(mespunt koeksoda in bietjie warm melk om laaste by te voeg)

Ek het alles saam gemeng met handvurk,  voeg dan bietjie warm melk met mespunt koeksoda laaste in.  Skep in voorbereide panne (broodjie of muffins)
Oond op 180 ºC – bak so 30 min (gebruik toetspen om te kyk of hy gaar is)
Maklik en eenvoudig. Ek maak gewoonlik dubbele resep aan
Resep en foto – Adinda Wright




MALASSADAS

Malassadastested
MALASSADAS
Meng die volgende saam:
2 koppies koekmeel
½ teelepel kaneel
10 ml bakpoeier
sout
50 ml suiker
Klits die volgende saam:
4 eiers
1 koppie water
Ekstra:
1 eetlepel suurlemoensap (of gerasperde skil)
olie

Maak ‘n gaatjie in die meel en voeg die suurlemoensap (of gerasperde skil) by.  Giet die eier/watermengsel by. Klits goed. Maak pot half met olie.  Sodra die olie warm is, skep lepels vol in warm olie, en laat gaar word, moenie te donker laat raak nie. Hou die stroop warm.

Stroop – Kook  die volgende saam:
325 ml water
250 ml suiker
Hou warm.
Doop bolletjies in stroop sodra dit uit die olie kom,  haal uit en dreineer.
My familie eet die helfte met stroop en die res net so.
Resep en foto:  Dorea Fischer




PASTASOUS

pastasoustested
Ek het tannie Poppie sin so bietjie verander en het sommer die naam verander na Pastasous, dit smaak heerlik. Ek het dit met ‘n “stick blender” fyn gemaak. Die sous is lekker dun en werk goed saam met pasta.
2ml fyn naeltjies,
2ml wonderpeper,
2 ml foeliespeserye,
2 ml fyn koljander,
5 ml fyn gemmer,
5 ml mostertsaad,
2,5 ml rissiepoeier,
5 ml peper,
5 ml sout,
1 knoffelhuisie (fyngekap),
12 groot tamaties (geskil),
1 groot ui,
400ml asyn.

(Hier stop tannie Poppie se resep – maar ek het nog die volgende bygevoeg)
1 kop suiker,
1 blikkie tamatie puree,
15 ml gedroogde basiliekruid.

Stamp die speserye, geurmiddels en knoffel fyn. Sny die tamaties kleiner en kook sonder water tot sag. Voeg nou al die ander bestanddele bymekaar en kook goed deur. (Hier het ek dit fyn gemaak met die blender) En bottel dit warm soos hier bo gesê is. O ja ek het dit met ‘n eetlepel maizena verdik.
BRON – Sandra Du Preez Thirion
N.S. – Foeliespeserye is mace die buitenste dop van nutmeg/ neutmuskaat




PIESANGRAAD SE PIESANGBROOD

tested

PIESANGRAAD SE PIESANGBROOD
Nota: Hierdie is die mees suksesvolste piesangbrood resep wat ek nog probeer het (en ek het al ‘n hele paar probeer na aanmoediging van vriendinne!). Beslis die geurigste ene en dis waarom ek dit met vrymoedigheid aanbeveel en elke keer terugkom na die een.

125 ml/115 g botter en/of margarien (*gebruik botter en vermeerder na 150 g)
250 ml suiker (*gebruik “castor sugar” omdat dit makliker verroom met die botter)
2 groot eiers
5 ml vanilla geursel (*gebruik karamel geursel vir meer geur & smaak)
500 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
knippie sout
5 ml koeksoda
250 ml ryp piesang moes (*verdubbel die piesangs na 500 ml, ongeveer 6 piesangs)
25 ml suurlemoensap (*vermeerder na 75 ml of een uitgedrukte suurlemoen)
*Fyn gerasperde skil van een suurlemoen (rasper eers die skil voordat jy die suurlemoen uitdruk)
*250 ml grondboontjies gekap maar nie heeltemal fyn nie

Smeer ‘n broodpan van 26 x 11 x 7 (myne is effens groter 30 x 13 x 9) met smeer en skud uit met meel (dit verhoed dat die piesang brood vassit). Stel oond op 180°C.
Klop botter en suiker saam tot geroom. Voeg die eiers een vir een by en klop goed na elke byvoeging. Voeg geursel by en meng. Sif droe bestandele (behalwe die koeksoda!) saam. Strooi die koeksoda op die piesangmoes en meng goed. Sit die suurlemoensap en gerasperde skil by die piesangmoes. Voeg die piesangmoes by die eier en botter mengsel en meng. Gooi stadig die meel mengsel en die grondboontjies by die klam mengsel en meng goed.
Gooi die beslag in die broodpan, sit in warm oond en bak vir ± 1 uur of totdat toetspen skoon uitkom en die broodjie mooi bruin is bo-op. Haal uit die oond en laat afkoel vir 10 min voordat jy versigtig die broodjie uit die pan gooi.
In ‘n gasoond gaan jy vind dat dit so 5 tot 10min langer gaan bak omdat dit ‘n klam hitte is.
Ek het vandat se broodjie in my LG Solardom konveksie oond gebak omdat hy soos ‘n wit olifant staan en net melk en kos warm maak! Dit het goed gewerk (helfte van die tyd!) maar die broodjie is vir my te donker bo en te lig onder. Ek gee in elk geval die instruksies:
Voorverhit die konveksie oond tot by 200°C en bak op die laagste rak op Speed Combi 5, 190°C + 180°C vir ongeveer 30 minute.

FOTO’s – Elsabie Templeton
Nota:  Ek het vanoggend hierdie een gemaak en het al amper die helfte opgeeet op my eie. Veerlig en lekker!
Ek het die “meer” eerder as die “minder” gebruik soos voorgestel. Ek het nie grondboontjies gehad nie het daarsonder gegaan – Petro Borchards

Daai piesangs het gesmeek om gebruik te word 😂Ek het net vandag paar ekstra goed bygesit:
1 koppie grondboontjies en rosyntjies
½ koppie vesel (wheat bran)
½ koppie gekraakte koring (crushed wheat)

Ek het die resep 3 x aangemaak en in 4 broodpannetjies gebak (22×11×7 cm)




The secret of Italian cooking

The secret of Italian cookingtested
The secret of Italian cooking
I have been living in Umbria for about five years now, enjoying every day. I have discovered a few myths and theories debunked… Italian cooking? Every 30 km it changes. Every region has its specialities and particular methods. The one stand-out thing I have learnt, is however,
“ La rispetta della materia prima” the respect of the main ingredient.. Too often we try to over complicate recipes with fancy sauces and over spicing. True Italian cooking is fresh, simple and true to its roots.
Recently the Famous chef Carlo Cracco whispered into a masterchef contestant’s ear, that the secret of a good Amatriciana pasta sauce is… Garlic… well, the uproar was felt around the globe. The elders of the town of Amatricia, in Abruzzo were so outraged that the world famous Michelin star chef had to make a public apology. Such is the seriousness that true Italians observe when it comes to their traditional recipes.
Keep it simple, use top fresh ingredients, and leave a part of your heart in every dish.
• Sugo di Amatriciana : a basic tomato base pasta sauce, made of Pork cheeks, San Marzano tomatoes, dry white wine, chilli, black pepper, Grated Pecorino cheese and extra virgin Olive oil

FYI : Pork cheeks are prepared much like Pancetta , thus, those packs of smoked bacon cubes work fine ( dont tell the Amatricianese)
BRON – Chris van Rooyen




VISVINGERPASTEI

VISVINGERPASTEItested

VISVINGERPASTEI
Weet nie of iemand dit al gemaak het nie, maar ek sal weer, dis heerlik.

Winkeldeeg uitgerol, deeg in bak,
laag visvingers,
laag gesnyde knopie sampioene,
laag gerasperde cheddar kaas,
dan laag skyfies tamatie
en weer laag visvingers, Toegemaak met deeg, gesmeer met eier, gebak by 180 vir 1 uur. Mens proe die visvingers en dis wat ek wou he, nie allerhande souse en speserye nie, net bietjie gemaalde sout en peper op die tamatie
My visvingers was nog half gevries

BRON – Mariette Heydenrych-Kotze




ZUCCHINI SALAD

ZUCCHINI SALAD
A delicious, healthy salad for summer,what to do with all those Zucchini!
For 4 people
500 g whole zucchini, finely grated
olive oil
salt
freshly ground black pepper
thinly shaved Parmesan cheese
dash of lemon juice

Toss altogether, serve immediately.
Enjoy! (as we do it in Umbria, italy)
BRON – Chris van Rooyen




COB LOAF


COB LOAF
Hier is die beloofde Cob loaf
250 grms bacon rashers diced
1 onion diced large
250 gms cream cheese
1 ½ cup cream
2 cups mozzarella grated
1 cup cheese grated
1 cob loaf or +- 6 normal buns

Cut the top off cob loaf and pull the soft bread out
Place the top and stuffing aside.
Fry onions and bacon, place in a blow.
Add the block of softened cheese, cream and grated chese. Mix well and fill the cob loaf.
Place bread lid on and wrap in foil.
Bake at 180C for 45 min.
Remove foil and cook for further 10 minutes.
Add the bread pieces and bake for 7-10 min to crisp up.
To serve place on a heat resistant platter with crispy bread pieces around the side to use as dippers.
Bron – Lettie Wentzel




SOUTHAPPIE VIR TV

SOUTHAPPIE VIR TVtested

SOUTHAPPIE VIR TV
1 blikkie bully beef
2 eiers geklits
500 ml koekmeel
olie
15 ml bakpoeier
melk en water gemeng
sout
gekapte pietersielie

Maak vleis fyn met vurk en voeg meel, bakpoeier, eiers en sout en pietersielie by die vleis. Meng met water en melk tot slap deeg. Verhit olie in diep kastrol. Gooi lepelsvol van vleismengsel in olie dit draai self om. Braai tot bruin en laat afkoel.
GENIET!

Geraldine Chantel Combrink- Ek het die beef met 300g gaar maalvleis vervang




MOSKONFYT

moskonfyt
DIT IS parstyd en niemand weet dit beter as Annalene Niemand van die Kleinplasie Museum op Worcester nie.

Ongeveer 5 tot 10 liter mos na gelang van die grootte van die pot beskikbaar in ‘n pot totdat dit halfvol is.
Meng sowat ‘n halwe teelepel gebluste kalk met ‘n bietjie mos totdat dit goed opgelos is en gooi by die mos in die pot.
Kook die mos vinnig. Terwyl dit kook, moet dit voortdurend geroer word en kan die skuim afgeskep word. Pasop vir oorkook, dit gebeur maklik. Dit moet baie lank kook totdat ‘n mens vind dat dit minder begin opkook. Die kleur moet ook sterk donker raak. Om te toets skep ‘n mens ‘n bietjie uit op ‘n piering en laat dit koud word. As dit die vloeibaarheid van heuning het as dit koud is, is dit reg. Moskonfyt kan ook tydens die kookproses gegeur word deur een van die volgende bestanddele in ‘n moeseliensakkie saam met die mos te gooi:
‘n stuk heel gemmer, anys, vyeblare of suurlemoenblare. Skep die konfyt in glas- of emaljehouers uit en gee die onsuiwerhede so twee tot drie dae om af te sak. Gooi nou oor in bottels met skroefdoppe om in te bêre