SARDIEN IN TAMATIESOUS POFFERTJIES

 

sardien in tamatiesous poffertjiestested

Kyk net na hierdie lekker sardien in tamatiesous poffertjies
1 blik sardiens in tamatie sous
2 koppies koekmeel ( gesif)
2 teelepels bakpoeier
2 eiers (geklits)
sout en vis speserye na smaak
bietjie melk of water om te meng

Maak vis fyn met n vurk, voeg geklitse eiers, speserye en sout by en meng. Voeg by die meel en bakpoeier en roer deur. Sit nou melk of water by en meng tot ‘n redelike medium beslag wat jy met lepel kan skep. Braai in diep warm olie tot gaar. Dit gee nogal baie poffertjies en is perfek as jy kuier mense het om te help eet.
BRON – Ralie van Tonder




PASTA ALA PORK

Pasta-ala-Porktested

PASTA ALA PORK

Cook tagliatelli
Cut 2 large onions and cut rings and fry in ore-heat olive oil that already has salt pepper parika and thyme in.
Slice green, yellow and red peppers and add to onions
Dice 2 tomatoes (large) and add to mix
Slice and add 2-3 knackwurst and 4 pork loins chops and add
Put on the lid at medium heat for 15 minutes
Layer taglatheli, mozarella cheese and mix and place in pre-heated oven till the cheese is melted
BRON- Sonja Beatrix Coetzer




DIE DORS BREKER – SUURLEMOENSAP

Die DORS BREKERtested
DIE DORS BREKER – SUURLEMOENSAP
Hierdie een is nou niks met Vleis te doen nie…MAAAAAR…
DIT is die LEKKERSTE sappie wat ek nog gedrink het…
Sal nie weer vir my kinders gas koeldrank gee om te drink nie..
2 Groot suurlemoene of 4 medium/klein
1 stuk gemmer wortel fyn gekerf
2 eetlepels fyn kaneel
250 ml Flax seed oil
4 knoffelhuisies
1 liter heuning…(GEEN SUIKER)

Skil een groot suurlemoen af en haal die pitte uit.of 2 medium/kleines
Sny die ander een of 2 in skywe MET SKIL…en haal pitte uit,
Plaas nou die Olie, en die res van die bestandele (BEHELWE HEUNING) in n voedselverwerker, en maak alles baie fyn…keer dit uit in ‘n mengbak, en klits die 1 liter heuning daarby….en klits goed deur.
Bere in die yskas…
Neem een eetlepel 3 x per dag OF meng dit 1 op 10 met water, en ys…en jy het die lekkerste sap om te drink vir die dors…
Resep en foto – Stefaans Blaauw




CHOCOLATE AND CRANBERRY CHEESECAKE

chocolate and cranberry cheese caketested
CHOCOLATE AND CRANBERRY CHEESECAKE
5 min 4 ingredient no bake cheese cake.
370 g cream cheese (room temp – this is important!) you can use the new PicknPay Cream cheese range (Cranberry and Chocolate or Pineapple flavour)
400 g tin of sweetened condensed milk
250 ml thickened cream or I used Coconut Cream for this one
1/3 cup of lemon or lime juice.

In a mixing bowl, mix the cream cheese to get most of the lumps out. Then add the other ingredients, making sure the juice is added last. The reaction of the citrus juice will start to set your mixture almost immediately. On the low speed of your hand mixer, blend
well until all ingredients are incorporated.
Immediately pour mixture into pre-prepared crust.
Refrigerate for 1 – 1 ½ hours.

For the crust
Take 250 g of your favourite plain biscuits and crush well.
Stir in 125 g of melted butter and press into the base of a lined spring-form tin.

Photo and recipe posted by Angela Walker Bennett




MARIAN SE STEAK POTJIE

Marian se steak potjietested

MARIAN SE STEAK POTJIE
Resep en foto: Marian van Deventer
FOOD LOVERS RECIPES
Ek het vier groot tenderise steakS gevat en dit gesmeer met olyfolie, soyasous, paar druppels sesameolie, balsamic vinegar en vars tiemie en roosmaryn wat ek eers saam gemeng het. Dit oornag in yskas gesit. Die volgende dag sny in repies en sny al die senings uit as daar is.

In ‘n bietjie olyfolie en botter braai n 1 eetlepel knoffel, 3 blare salie en 3 mintblare en ‘n paar bassieliekruid blare wat opgesny is. Sit vleis in en sprinkel “steak en tjops” speserye, sout en swart peper oor en braai.
Voeg so ¼ pakkie tamatiesoppoeier oor die vleis. Sit 1 eetelepel soyasous, 4 eetlepels perskeblatjang en koppie water by. Kook vir so halfuur.
Sous:
Skep vleis uit met gaaitjie lepel en los sous in die pot.
Voeg ‘n pakkie bruinuiesop wat aangemaak is met bietjie water by die sous in pot. Prut tot die sous verdik.

Aartappel (Mash)
8 meduim aartappels
1 eetlepel knoffel
4 stukkies gebottelde gemmer
sSout
water
paar blare basieliekruid

Sny aartappels op en sit in water met res van bestanddele. Kook tot gaar. Dreineer en haal die blare en gemmer uit.
Voeg 1 eetlepel botter en ¼ koppie warm melk by en maak fyn.

Uie en Peppers:
Sny 1 ui en n ¼ van rooi, geel en groen soetrissies elk klein.
Braai in bietjie botter. Voeg ‘n bietjie sout en peper, 1 teelepel suiker, 1 teelepel heuning 1 eetlepel “blackgold balsamic reduction”.  Roer deur en skep uit in bakkie.

Sampioene:
Sny op en braai in pot waar uie in was. sprinkel so bietjie mix herbs oor.

Sny Mozarella en Cheddar kaas in klein blokkies.

Skep nou lae in potjie.
Eerste die uie mengsel.
Kapokaartappels daarna en maak dit gelyk.
Strooi kaas oor.
Sampioene.
Vleis.
Sous.

Maak toe met dekseltjies en sit in oond vir 10 min teen 180°C.
Strooi bo oor ‘n bietjie grasuitjies en rooi soetrissies wat fyn gesny is.

Ek het 6 potjies uitgekry.
Pasop net dis baie warm. So eet versigtig.




FARIEDA’S CHOCOLATE CAKE

chocolate caketested

FARIEDA’S CHOCOLATE CAKE
2 cups sugar
4 eggs
½ cup oil
1 teaspoon vanilla essence
3 cups selfraising flour
4 teaspoons baking powder
250 ml cocoa
½ teaspoon bicarbonate of soda
1 cup milkMix the 1st 4 ingredients. Then add the next 5 ingredients, mix till a smooth batter.
Bake at 140ºC for 30 mins or until cake is dry inside.
Decorate with what you desire.

Chocolate cake with mousse and fresh cream topped with ganache and chocolate balls.

Photo and recipe posted by Farieda Karriem Noordien




TUMERIC BABY POTATOES WITH STEAK

tested
TUMERIC BABY POTATOES WITH STEAK

Tumeric baby potatoes roasted in butter and garlic.
I peel the potatoes (my husband don’t like the skin) then I boil with salt and 1 teaspoon tumeric until they almost soft. Drain potatoes, mix with 2 tablespoons of butter and 1 teaspoon crushed garlic in baking dish. Bake until nice and crispy.

Steak – I sealed each side in a hot non stick pan. Then simmer on low heat with dark soya and a ½ cup Jimmy sauce.
Nice sticky bbq taste.
Recipe and photo: Annie Williams




TUISGEMAAKTE KNOFFELGEGEURDE OLIE

Tuisgemaakte knoffel gegeurde olie

TUISGEMAAKTE KNOFFELGEGEURDE OLIE
Om gegeurde olies te maak wat jy in jou kos kan gebruik is maklik, handig en lyk baie mooi op ‘n kombuisrak as jy dit in ‘n mooi bottel of fles gegooi het. Dis ook ‘n oulike manier om die kruie wat jy in jou tuin kweek te gebruik.
‘n Goeie kombinasie vir ‘n braaivleis bedruipolie is Lourierblare, roosmaryn en knoffel. Daar is verskillende metodes van hoe om knoffel gegeurde olie te maak. Ons deel twee met julle wat so maklik is dat enige iemand dit kan probeer:

Belangrike wenk – Moenie knoffel flokkies gebruik nie. Slegs skoon knoffel huisies moet gebruik word en verkieslik “extra virgin olive oil” of sonneblom olie. (Algemene raklewe – nie langer as 6 maande.)
Metode 1:Plaas die gedroogte kruie van jou keuse in ‘n mooi gesteriliseerde bottel of fles. (Jy kan bv. onder andere roosmaryn, tiemie, oreganum, peperkorrels , gedroogte suurlemoenskil gebruik.) Vul die bottel verder met olyfolie en laat dit staan vir 3-4 weke.
Metode 2:10 groot gedroogte knoffelhuisies (geskil en in die helfte gesny) – Die hoeveelheid wat jy gebruik is geheel en al na smaak.570 ml olyfoliePlaas die knoffel in ‘n warm, gesteriliseerde fles. Verhit die olie tot 180 grade Celsius en gooi dit oor die knoffel in die houer. Seel en laat dit staan vir 1 – 2 weke. (Raklewe: Heelwat langer as bogenoemde metode.)
N.S. Onthou: Moet nooit knoffel in olie berg of inmaak vir LANGER as 3 weke nie dit raak TOKSIES al seg wie wat!…bron – ons dorp kospraatjies




WENKE VIR GEROESTE PANNE EN POTTE

WENKE VIR GEROESTE PANNE EN POTTE

WENKE VIR GEROESTE PANNE EN POTTE
Retha Ingel Marais – spuit jou pan met Zeb vir koue oonde, plaas die panne in ‘n plastieksak oornag en was dit goed af die volgende dag. Plaas die panne in die oond om goed droog te word. Sal van die roes en ou vuilgoed ontslae raak. As jy bang is vir die yster,voer die pan met bakpappier (amper soos waspapier maar sonder die was).

Lynette Jonck Ellis – Jy kan gerus asyn en koeksoda ook probeer. Dit help om roes te verwyder.

Marietjie van der Merwe – ek het net sulke ou panne en ek skuur hulle maar met asyn en koeksoda. Hul werk nog heeltemal goed vir my. Jy kan ook waspapier insit, spuit die pan en sit dan die waspapier in. Ek ondervind geen probleme daarmee.

Nelia Coetzee – Skuur met “Handy Andy” en voer die panne met papier, and you are ready to go!

Lionette Steyn – Giet Coke in die geroeste pan, dit sal help vir die roes. Gebruik dan waspapier of bakpapier binne in.

Susan Sussiena Wagenaar Mitchell – Wassoda sal geroeste panne mooi skoonmaak. Skuur die panne elke keer na jy dit gebruik het met staalwol en “sunlight” seep (die groen koekie seep) en maak dit goed droog.

Linette Naude van Taak – As jy dit klaar gebruik en gewas het, sit die papiersakke wat suiker in verpak word, binne in die pan, dit verhoed roes. Die platpot staan al meer as ‘n jaar so, geen roes.

Bron: Idees tydskrif – Besprinkel die roeskolle in bakpanne met skottelgoedwasser- of klerewaspoeier. Sny ’n rou aartappel middeldeur en skuur die kolle met die gesnyde kant. Spoel dit met koue water af en droog af. So nie kan jy kola-koeldrank op die roes gooi en dit oornag so laat staan.

Marilize Hauptfleisch Fourie – Om panne skoon te kry met gleuwe. Neem ‘n ¼ glas koeksoda en voeg genoeg peroksied by om ‘n pasta te vorm. Smeer die pasta met jou vinger of ‘n borseltjie aan die panne.

Jeanette Gouws – Wanneer die pot skoon is, smeer die pot met ‘n nat teesakkie. Dit werk soos ‘n bom.




BRIE KAASBROODJIE

Brie kaas broodjietested
BRIE KAASBROODJIE
Foto:  Elmarie van Dalen
My man Thomas se eie resep.
2 koppies volgraan meel
2 koppies koekmeelblom
3 koppies witbroodmeel
1 teelepel sout
2 teelepels bruinsuiker
40 ml olie
2 koeverte korrel suurdeeg
louwarm water
250 g Brie of Cammembert kaas

Meng droë bestandele saam.
Sny kaas fyn in droë bestandele.
Giet water geleidelik by en roer met houtlepel tot sagte kniebare gladde deeg.
Knie vir 5 min, laat rys oornag en knie weer af.
Plaas in panne en laat rys vir 2 ure.
Bak teen 180°C vir 45 min of tot gaar.