EASY CARVE LEG OF LAMB

Easy carve leg of lambtested
EASY CARVE LEG OF LAMB

1.5kg easy-carve leg of lamb
4 garlic cloves, sliced
3 sprigs fresh rosemary, cut into 2cm lengths
1 onion, sliced
1/3 cup redcurrant jelly
1 cup red wine
1 cup Campbell’s Real Stock Chicken

Step 1 Preheat oven to 220°C. Use a sharp knife to make 12 slits in the top of the lamb. Insert a slice of garlic and a small sprig of rosemary into each slit.
Step 2 Scatter onion slices over the base of a lightly greased roasting pan. Sprinkle over remaining garlic and rosemary. Place the lamb onto the bed of onions.
Step 3 Heat redcurrant jelly in a small saucepan and brush over lamb. Season lamb with salt and pepper. Roast for 15 minutes, then reduce heat to 180°C. Pour in wine and stock. Roast for another hour (for medium) or until cooked to your liking.
Step 4 Remove from oven, cover loosely with foil and rest for 15 minutes before carving.

My metode:- nadat ek die boud gegeur het. Sit ek dit oornag in die oond op 80 grade – so 6 tot 7 ure. Daarna laat ek dit afkoel, gooi die meeste van die sous uit en verbruin dit mooi onder die rooster element van die stoof. Dan laat rus ek dit vir so 30 minute voor ek dit opsny anders val dit uitmekaar – doeksag smelt in die mond lekker.

Foto en resep geplaas deur  Stephanie Kirchner




GEBRAAIDE BUTTERNUT

 

GEBRAAIDE BUTTERNUTtested
GEBRAAIDE BUTTERNUT

2 medium butternut geskil en in skywe van so 1 cm skywe
Krap snytjies in die vleis aan albei kante.
Vryf dit in met ‘n mengsel
1 T gemaalde komynsaad.
1 Tvars gekapte gemmer.
rissie poeier na smaak
5 ml Chinese five spice.
45 ml olyfolie.
Sout en peper

Maak ‘n pasta van die speserye en vryf dit in die gleufies. Braai op die rooster of in ‘n riffelpan stadig. Sprinkel suurlemoen sap en vars koljanderblare oor

BRON – Food & Home Okt 2003
FOTO – Martie Fourie Moolman




MAKLIKE INGELEGDE PEPPAEWS

Ingelegde Peppadewstested

MAKLIKE INGELEGDE PEPPAEWS
Kook stroop van gelyke dele suiker, water en asyn.
Geur met sout, rooipeper en bietjie kaneel na smaak.
Maak peppadews skoon(haal pitte uit).
Gooi in kokende stroop en kook net so 1 of 2 min. (Anders word dit pap)
Bottel dadelik en draai proppe op.
BRON – Henrieta Bester




KLAPPER POEDING

tested

KLAPPER POEDING
4 eiers
50 ml margarien
250 ml suiker
125 ml koekmeelblom
2 ml sout
3 ml bakpoeier
500 ml melk
250 ml klapper
5 ml vanielje

Plaas bestanddele in ‘n mengbak en klits goed totdat al die bestanddele goed gemeng is. Giet in ‘n gesmeerde oondvaste 24 cm tertbord en bak sowat 45 -55 min. by 180 grade C of totdat die bo-kors goudbruin is en die vlavulsel gestol is. Dis heerlik en super maklik om te maak. Bedien met vla dan is hy nog lekkerder
RESEP INGESTUUR DEUR – Jelana Van der Merwe
Jelana Van der Merwe – Het hom al n paar keer gemaak.




PEER TERT

Peer terttested

PEER TERT
2 eiers
2 eetlepels botter
1 koppie bruismeel (1 koppie meel +1 teelepel bakpoeier)
1 groot blik pere (enige vrugte)
1 koppie suiker
Knypie sout
1 koppie melk
Sous:
1 houertjie room
1 koppie suiker
1 teelepel caramel essence
Fyn kaneel
2 doppies brandewyn (optioneel)

Room eiers en suiker saam
Meng melk en botter by
Roers meel en sout by en meng goed.
Gooi mengsel in ‘n oondbak van 2L.
Plaas vrugte eweredig bo op en bak vir 30 min teen 180°.
Sous kan na 20 min gemaak word.
Kook bestanddele vir die sous vir 10 min saam.
Haal tert uit die oond en prik op verskeie plekke.
Gooi kokende sous oor en sprinkel kaneel oor.
Bedien warm saam met vla
BRON – Adele Scheepers




PEPPADEW EN RISSIE CHUTNEY (BLATJANG)

tested

PEPPADEW EN RISSIE CHUTNEY (BLATJANG)
1 koppie fyn uie
1 koppie greenpepers gekerf
1 koppie peppadews (pitte uit)en gekerf
Half koppie rissies (brand)~ opsioneel
1 koppie suiker
1 koppie asyn
Sout en peper en kruie na smaak

Kook alles saam vir 1 uur of tot gaar.
Kan verdik word met maizena indien verkies
Bottel warm.
BRON – Henrieta Bester




OUMA SE SOET-SUUR HOENDER

Sweet and Sour Chickentested
OUMA SE SOET-SUUR HOENDER
Resep nog van my ouma, absoluut fantasties lekker!
Soet-suursous:
1 blik pynappelstukke gedreineer
1 blokkie Hoender Stock (Knorrox)
1 koppie water
2 eetlepels suiker
2 eetlepels maizena
2 eetlepels soya sous
6 eetlepels asyn

Ekstra:
vleis van jou keuse in blokkie
maizena, sout en peper in ‘n plastieksakkie
olie vir diep braai

Plaas alles in souspotjie en bring tot kookpunt, draai hitte af na 1 en roer gereeld tot hy so mooi donker bruin kleur word. Hou op hitte.
Gebruik vleis van keuse (Ek verkies vark Fillette) maar, hoender of vark is albei heerlik!
Sny op in blokkies so 2x2cm. Plaas maizena en bietjie sout en peper in plastiesesakkie, sit al die vleisblokkies in die sakkie en skud goed sodat al die vleis bedek is. Braai in dieperige olie tot gaar.
Gooi onmiddelik van olie binne sous wat voorberei is.
Sit voor met lekker rys en viola, heerlik verby!!!
Resep en foto: Lee-Ann Nieuwenhuis




FOOL PROOF CARROT CAKE

lekkerste wortelkoektested

FOOL PROOF CARROT CAKE
Amanda Stapelberg Trent: Ek maak hierdie een al vir 30 jaar – maklik en flop proof. Jy klits niks, jy roer net al die bestandele saam and gooi in panne.

250 ml sugar
250 ml oil
3 eggs
375 ml flour
10 ml baking powder
10 ml cinnamon
5 ml baking soda (Bicarb)
250 ml banana, mashed
250 ml grated carrots
125 ml pecan nuts

Put everything into a mixing bowl. Stir well. (don’t beat, just stir well).
Pour into 2 small greased bread pans.
Bake at 180°C for 25 minutes. (I bake it for longer… but don’t remember – I think closer to 40 minutes)
Just check after 25 mins and you’ll figure it out.

Icing:
cream cheese
butter
icing sugar

Cream together.

Tip: Other than the flour and pecans, all the qty’s are 250 ml. I just put a bunch 25 0ml empty margarine containers on the counter and fill each one up. Flour is 1.5 containers. Takes the thinking out of measuring.
Recipe:  Janine Kunneke
Recipe posted by Amanda Stapelberg Trent
Foto geleen




WENNER WORTELKOEK

wortelkoek meyertested

WENNER WORTELKOEK
Wortelkoek is altyd ‘n wenner – saam met tee of as nagereg. Gebruik vars vrugte as ‘n finale versiering
Lewer 1 groot koek
340g Bruinsuiker
100g Klapper
4 Eiers
1 ¼ Koppie Olie
3 Koppies Koekmeel
2 Teelepels Vanielje
2 Teelepels Neutmuskaat
4 Teelepels Kaneel
2 Teelepels Koeksoda
Sap & Skil van 2 Lemoene & 2 Suurlemoene
100g Okkerneute, gerooster & grof gekap
200g Korente of Sultanas
400g Wortels, gerasper

Roomkaasversiersel:
250g Sagte Botter
250g Roomkaas, kamertemperatuur
280g Versiersuiker, gesif
5ml Vanieljegeursel

Verhit die oond tot 140°C.
Plaas al die bestanddele vir die koek in ‘n groot mengbak en roer tot goed gemeng.
Skep die deeg in ‘n voorbereide koekpan en plaas in die oond. Bak vir 2 ure of totdat ‘n toetspen droog uitkom. Verwyder die koek uit die oond en laat vir 5 minute in die pan afkoel voordat dit verwyder word en op ‘n afkoelrak geplaas word om af te koel.
Terwyl die koek afkoel begin solank die versiersuiker:
Plaas die sagte Botter & Roomkaas in die mengbak van ‘n elektriese menger en meng tot glad en geen klonte sigbaar is nie.
Verlaag die spoed van die menger en voeg die Versiersuiker by die Bottermengsel. verroom tot glad.
Voeg die Vanieljegeursel by en meng vir ‘n paar sekondes.
Sodra die koek kamertemperatuur bereik kan jy begin om die koek te versier.
Laastens: gebruik vars vrugte as ‘n finale versiering.
Foto en resep geplaas deur Meyer Combrinck
Nota:  Meyer Combrinck – Mensekinners, is hierdie ‘n wenner, of is dit ‘n wenner? Glo my: dit IS ‘n wenner!




DRINK JOGURT

tested
DRINK JOGURT
2 liter kookwater
1,5 liter koue kraanwater
500 g country pasture milk powder (nespray)
175 ml plein jogurt
Volgende dag:
2 pakkies jellie van jou keuse
500 ml kookwater
500 ml suiker

Meng die kookwater, kraanwater en melkpoeier (Nespray) bymekaar tot opgelos.
Voeg dan die plein jogurt by.
Meng goed. Sit glad-wrap oor bak en vadoek bo-oor en laat staan oornag.
Volgende oggend meng die jellie, kookwater en suiker tot goed opgelos.
Meng dit dan saam met die ander mengsel en laat afkoel in yskas.
Enjoy.
Nota:
Eerste mengsel staan oornag buite die yskas.
Klaar jogurt word in yskas gebêre. Nie seker hoe lank dit kan hou nie. Myne hou nooit lank nie, word vinnig gedrink.

Resep en foto:  Annelizle Botha