OMELET-KOEK

Omeletkoek
OMELET-KOEK

‘n Omelet vir ontbyt (of enige ander ete) is hemels – bederf jouself met ‘n hele stapel daarvan!
8 eiers
seesout
grofgemaalde swartpeper
brie (ongeveer 50g)
bloukaas (ongeveer 40g)
bokmelkkaas (ongeveer 50g)
handvol vars basiliekruid
1 eetlepel vars pietersielie, gekap
2 eetlepels grasuie, gekap
botter of druiwepitolie

Klits eiers en geur baie liggies met sout en peper. Verhit ‘n klein bietjie olie of botter in ‘n medium pan. Gooi ¼ van eiers in pan vir eerste omelet. Bak tot bokant amper gestol is. Gly uit op opdienbord. Breek brie oor omelet en strooi geskeurde basiliekruidblare oor. Bak volgende omelet en plaas versigtig bo-op eerste omelet. Breek bloukaas oor en sprinkel pietersielie oor. Bak derde omelet en plaas bo-op. Breek bokmelkkaas oor en sprinkel met grasuie. Bak laaste omelet en plaas bo-op. Sny in skywe en bedien warm of teen kamertemperatuur.




AMERIKAANSE PANNEKOEK – OF PLAATKOEKIES

AMERIKAANSE PANNEKOEK – OF PLAATKOEKIES
My kinders geniet hierdie Amerikaanse pannekoek met stroop vreeslik baie. Die rede waarom ek dit begin bak het, was omdat my man dit geniet het toe ek die eerste keer Gluten Vrye kosse probeer maak het. Dit is omtrent al wat van die begin af ‘n sukses was!!! Ek het egter die resep verander deur die jare en hierdie resep is regtig vreeslik lekker!!
½ koppie water
½ koppie melk
2 eiers
1 eetlepel botter
½ eetlepel suiker
1 teelepel bakpoeier (gluten vry gekoop by Dischem)
‘n knippie sout
1 ½ koppie meel (meng chickpea, wit rys en tapioca meel saam)
½ teelepel Xantham Gum (kan dit ook koop by Dischem)

Meng die water, melk en eier saam. Voeg die suiker by en klits goed.
Smelt die botter en meng hierby.
Sif die meel, sout, bakpoeier, meel en Xantham Gum saam en voeg by.
Indien die mengsel te dik is, voeg ‘n bietjie water by. Die deeg moet egter nie so slap soos gewone pannekoek wees nie.
Meng alles saam en laat staan vir 10 minute.
Skep lepelsvol in’n warm pan en bak aan albei kante.
Bedien met stroop, jogurt en piesang. Dit smaak heerlik!!
Indien jy wel Gluten kan eet, vervang gerus die meel met gewone meel en bakpoeier en laat net die Xanthan Gum weg. Hierdie resep is heerlik en geskik vir die hele familie.




HEERLIKE HOL VETKOEKE

elna se vetkoektested

HEERLIKE HOL VETKOEKE
5 koppies koekmeel
1 eetlepel suiker
5 ml sout
15 g kitsgis
Meng en maak aan met 300 ml louwarm water en 1 eetlepel olyf olie.
As dit bietjie droog voel gooi n groot eetlepel griekse yogurt by of as dit te klam is gooi bietjie meel by
Laat die deeg op n warm plek rys.

HOE OM DIE VETKOEK HOL TE KRY:
Jy breek stukkies deeg en druk plat met vingers, moet nie die lug uitrol of te veel handteer nie.
Wanneer die vetkoek bak dan bly jy warm olie oor gooi.
Jy kan sien as hy bak hoe hy oppof en hol word binne,
BRON – Ina Van Heerden Jones




BOLANDSE LAMSKERRIE

BOLANDSE LAMSKERRIE

Lamskerrie is die perfekte Sondagmaaltyd om voor te berei. Hierdie resep is genoeg vir ses mense.
Bestanddele:
2 kg lamstowevleis
kookolie
2 gekapte uie
5 knoffelhuisies
1 t varsgekapte groengemmer
1 E masala
2 E kerrie
1 E borrie
1 E fyn koljander
1 t fyn komyn
2 heel steranyse
5 kardemomsade
3 vars lourierblare
Growwe sout en –peper
1 pypkaneel
5 E appelkooskonfyt
10 klein uitjies
3 geelwortels, opgekap
1 handvol geweekte droëperskes
1 blik gekapte tamaties
6 aartappels in kwarte gesny
Kookwater

Metode:
Hierdie resep is genoeg vir ses mense.
Braai die lamsvleis in die kookolie tot bruin en skep dit uit.
Braai dan die uie, knoffel en groengemmer en sit die vleis terug.
Gooi die masala, kerrie, borrie, koljander,komyn, steranys, kardamomsade, lourierblare en sout en peper, pypkaneel en appelkooskonfyt by en roer deur.
Gooi dan die uitjies, geelwortels, droë perskes, tamaties, aartappels en genoeg kookwater by.
Laat stadig prut.

Foto: Ivanda Venter
Resep geplaas deur Linda Venter




Chicken Topped With Mustard, Chives And Cheese

 

Chicken Topped With Mustard, Chives And Cheesetested

4 Chicken Fillets
Salt & Black Pepper
150ml Low-Fat Creamed Cottage Cheese or Cream Cheese
100ml Grated Cheese
30ml Mayonnaise
40ml Softened Butter
5ml Prepared English Mustard
10ml Chopped Fresh Chives
Fresh Breadcrumbs

Preheat oven to 200 Deg. Cel.
Season the chicken and place in a greased ovenproof dish.
Mix the rest of the ingredients (except the breadcrumbs) together and place a tablespoon of the mixture on top the fillets. Spread slightly to form a crust.
Sprinkle with the breadcrumbs.
Bake uncovered for about 20 minutes or until done. Place until grill until the crust turns golden brown.
You can add cooked mushrooms or spinach to the topping.
Source Everyday Delicious Christine Capendale
FOTO – Melissa Ann Vermeulen




DIE BESTE MANIER OM KABELJOU GAAR TE MAAK

Die beste manier om n kabeljou gaar te maaktested

DIE BESTE MANIER OM KABELJOU GAAR TE MAAK
Stefaans Blaauw – In die oond, of OP DIE KOLE…soos ‘n Snoek..met botter en suurlemoensap…sout en peper..NIE appelkoos konfyt op die vis nie…dit kom op die Brood, met egte BOTTER..

Michelle Joubert – Het laas week myne in die oond gemaak. Heel Kabeljou: Gesmeer met sout, peper, suurlemoen sap. Gestop met sprietuie, knoffel en baaaaie botter. Oond toe vir so 30min. Lekkerrrrrr




APPELKOOS-JOGURT YSKASTERT

tested
APPELKOOS-JOGURT YSKASTERT
Ek het net ‘n grootmaat resep:
1 liter dubbelroom jogurt
1 liter vars room
2 blikke kondensmelk
1 koppie suurlemoensap
1 blik appelkoos halwes
½ koppie strooisuiker, opsioneel
1 donker sjokolade
2 pakke Tennis koekies

Pak koekies in bak en teen kante.
Meng jogurt met strooisuiker as jy dit soeter wil maak.
Meng kondensmelk met suurlemoensap.
Klits room baie styf.
Sny halwe appelkosies fyner.
Gooi alles bo-op mekaar en roer met 4 hale deur, dit moet nie heeltemal gemeng word nie.
Gooi helfte vulsel, laag koekies, weer vulsel en sit apelkoos halwes op.
Ek gooi strepe smelt sjokolade oor.

BRON – Roelette Spies Greyling
Foto:  Elma Venter-Brittz
(Het twee terte uitgekry. Het vergeet om sjokolade te kry vir bo-oor en het sommer ive-cap sjokolade van die roomys gebruik en dit het 100 % gewerk)




KOEK VERSIERSEL

 

FLR BB be the first to give us a photo!!tested

Koek versiersel vir geleenthede waar die koek as nagereg ook dien… Styf geklitste vars room met n tl suurlemoen sap in, versier suiker met baie min melk aangemaak ( kan enige geur en kleur gebruik) meng room met net so 4 hale deur die versiersel en pak op en om koek, die twee kleure moet nie meng nie. Dit is heerlik en lyk baie mooi, ek sit eetbare glitter en vars blomme by as versiering.
BRON – Roelette Spies Greyling




VINNIGE FILLET EN SAMPIOENE

 

Vinnige Fillet en Mushroomtested

VINNIGE FILLET EN SAMPIOENE
300 gram Fillet in 1cm x 1cm blokkies gesny
1/2 teelepel Growwe swart peper
1 eetlepel olyfolie
1 eetlepel Balsamiese asyn
1/2 teelepel sout
1 teelepel Masala
1 teelepel Crushed Garlic
1/2 teelepel droe pietersielie
1/2 skyf Fettakaas
3 Bruin Sampioene
50 ml Vars room
1 medium Ui

Braai die ui in bietjie olyfolie, en wanner dit bruin raak, gooi die Fillet blokkies by en roerbraai net vir 60 SEKONDES..sodat dit seel.
Gooi nou 1 teelepel Balsamiese asyn, en 1 eetlepel room in elke Mushrooms,
Sny dun skyfies 5mm dik Fetakaas, en bedek die mushrooms daarmee.
SKep nou die gebraaide uie en Fillet bo op die gepakte Mushrooms, en bak vir 15 minute teen 150 grade Celsius…
Wanneer dit opgeskep is..gooi daai roomsousie in die pan oor die vleis.
Geniet saam n tamatie en Olywe
BRON – Stefaans Blaauw




White Chocolate and Raspberry Cheesecake

 

White Chocolate and Raspberry Cheesecaketested

1 packet of choc Ripple biscuit
1 cup cream, lightly whipped
1 teaspoon grated lemon rind
1/2 cup fresh or frozen raspberries
2 teaspoons gelatine dissolved in 1/4 cup boiling water, cooled
200g fresh raspberries
200g White Chocolate, melted
3/4 cup sugar
500g block PHILADELPHIA Cream Cheese, softened
75g butter, melted

Combine the biscuits and butter and press into the base of a greased 22 cm spring form pan.
Beat the PHILLY, sugar, and lemon rind until smooth. Stir in the gelatine mixture and fold in the melted white chocolate and cream.
Pour the filling into the prepared base and refrigerate 3 hours or until set. Garnish with raspberries .

Optional
If you would like to make a raspberry sauce, add one packet of raspberry with 3 tbs of sugar and boil over low heat until it breaks down. Should take about 10min

BRON – Di Bo