GEURIGE SKONS


GEURIGE SKONS
200 ml meelblom
5 ml sout
15 ml bakpoeier
60 ml melkpoeier
ʼn knippie rooipeper
200 g gerasperde Chedderkaas
250 ml water

Sny die gerasperde Cheddarkaas en water met ʼn slaplemmes in ander bestanddele in totdat ʼn slap beslag. Voeg gekapte gaar ontbytspek of weense worsies na smaak by. Skep lepelsvol beslag in gesmeerde kolwyntjiepannetjies. Bak 10-12 minute in ʼn warm oond. Dien warm op.




BACON KIP HOENDERGEREG

tested

BACON KIP HOENDERGEREG
Vir al die hoender liefhebbers, ‘n lekker en maklike resep om te probeer. Een heel hoender in stukke gesny, of kan lekker “leg quarters” ook vat.
Meng saam:
1 koppie tamatiesous
1 koppie chutney
1 koppie mayonnaise
1 pakkie bacon kips
1 koppie wit wyn
en 1 eetlepel knoffel

Pak in ‘n bak: hoender, klein aartappeltjies, grof gekapte wortels en een ui grof gekap. Smeer sous mengsel oor hoender en bak in die oond vir so 2 ure op 180°C.
Resep geplaas deur Tanya Erasmus




HAM, CHICKEN AND CHEESE PIE

Ham, chicken and cheese pietested
HAM, CHICKEN AND CHEESE PIE
Puff pastry, sandwich ham, smoked chicken breast, mozzarella, cheddar, spring onion and mushroom for filling.

Filling:
Fry spring onion and mushrooms in butter. Add a bit of spice to taste (I used Robertson’s Rosemary and Garlic spice), let cool
After dough circle has been laid, layer: ham, onion and mushroom, cheddar, smoked chicken breast pieces, mozzeralla, ham.
Fold over dough over to form the circle.
Bake at 200°C for 20 min or until golden brown.

Bron en Foto: Jeanette Van Rooyen-Strydom




RINIE SE KERRIEBOONTJIES

Rinie se groenboontjie slaaitested
RINIE SE KERRIEBOONTJIES
4 lb groenboontjies gekerf (1.8 kg)
4 groot uie gekerf
1 1/2 koppies asyn
1 eetlepel mosterd
1 1/2 eetlepels maizena
2 eetlepels kerrie
1 1/2 koppies suiker

Kook die boontjies en uie saam met ‘n bietjie sout vir +- ‘n halfuur en dreineer
Voeg dan 1 koppie water by die boontjies en plaas op ‘n warm plaat
Maak ‘n sous van al die ander bestanddele en voeg dit by die boontjies en prut vir 2- 3 min en bottel dit warm
BRON – Rinie Louw




STICKY CHICKEN WINGS / KLEWERIGE HOENDER VLERKIES

Sticky Chicken Wings of Klewerige Hoender Vlerkiestested

STICKY CHICKEN WINGS / KLEWERIGE HOENDER VLERKIES
Ek gebruik gewoonlik hoendervlerkies maar het dit al met ander stukke ook gemaak.

18 hoendervlerkies
3 sakkies tamatie puree
1 k klam donker bruinsuiker, die ene wat kriewel…
3 eetl hoenderspeserye

Moenie tamatiesous gebruik of bygooi nie, sy sous loop dan af van die hoender af sodra dit warm word en die idee is dat dit klewerige (sticky) hoender moet wees. Hou by die 3 bestandele…ek het al probeer om dit te rek maar dan werk dit nie so goed nie.
Meng alles saam en smeer elke hoender porsie daarmee, dis ‘n morsige besigheid maar defnitief die moeite werd.
Dis rou vlerkies,  bak op 200°C tot dit lekker bruin en sticky is. Seker so uur of wat. 😉
Dis so sticky, ons sukkel om hulle monde skoon te kry daarna!
RESEP INGESTUR DEUR – Hanlie Grobbelaar
FOTO – Hanlie Grobbelaar




BIERKOEK


BIERKOEK
125 g margarien
250 g dadels
5 ml koeksoda
300 ml bier
200 g bruinsuiker
2 eiers
12.5 ml kaneel
750 ml nutty wheat
7 ml bakpoeier

Voorverhit oond tot 190°C en smeer 2 laagkoekpanne -20cm deursnee
Smelt margarien, voeg dadels en koeksoda by. Meng saam.
Roer 100 ml van die bier by en laat staan n rukkie totdat dadels sag is en mengsel afgekoel het.
Roer eiers, suiker, kaneel en sout by.
Voeg volkoringmeel en oorblywende 200 ml bier beurtelings by dadelmengsel.
Roer bakpoeier laaste by.
Skep deeg in panne en bak vir 35 – 40 min.

Karamel kondensmelk is n heerlike vulsel/versiersel vir hierdie koek omdat die koek self nie baie soet is nie.
Hoop iemand is lus om dit te probeer en n foto daarvan te plaas.

RESEP INGESTUUR DEUR – Bernadene Daniell Prinsloo




IDEES VIR DAMES OGGEND

IDEES VIR DAMES OGGEND

Lida Pieterse – Hallo julle, help asb. Wat kan ons bedien by ‘n winterfunksie vir vroue. Dit vind plaas in die dag. Nie koek en tee nie en ook nie sop en brood nie. Iets ongewoon en anders. Sal dit baie waardeer as julle kan help met idees.

Abie Le Roux – Was by tuinbou funksie, het vir die dames n Thaise hoenderkerrie, lekker slaai en verskeidenheid vars broodrolletjies bedien. Roomys spanspek lietjies nagereg. ( Basmatie rys ook). Dit was heerlik. Elkeen net genoeg gekry

Waldette Smith – Pannekoek en vulsels?

Anne Greyling – Lekker pizzas en vleisrolletjies met vrugte slaaie

Rina Kleinhans – Pannekoek met verskillende vulsels is baie populer en hoenderkerrie is ook altyd ‘n wenner onder die dames… wat van ‘n lekker hoenderrol met groente en slaai. Dit kan lekker wees as daar ‘n patee of twee saam met die brood tafel bedien word…

Mickayla Swart – Ek sou gaan met melk tertjies en klein sout tertjies met kaas smeerkaas en sout beskuitjies sit genoeg voor en laat die dames hulself bedien. As hulle wil groot eet kan jy altyd paella ook maak.

Louise Groenewald – Quiche en slaai?… Bobotie in filodeeg cups met ‘n slaaitjie.

Suneth van Rensburg – Kaastafel, broodtafel en slaaitafel en dan ‘n nageregtafel.

Danell Du Plessis – Eg Italiaanse Lasagne met Italiaanse Open-salad en Panini brood.!

Yvette Cilliers – Kaas en wyn….heerlik vir koue dae…en dit werk vir die dag ook.
Rina Kleinhans – Ek wonder net is dit ‘n “sit aan” ete wat julle beplan, ons was nou die dag 250 vrouens en dan kan mens regtig nie almal hulle self laat help nie, dit is net te veel mense dink ek.. en met ‘n vroue dag wil die dames mos darem spesiaal voel en lekker bedien word of is ek verkeerd?

Lida Pieterse – Rina dit is omtrent 80 vrouens en hulle sit by tafels, maar gewoonlik help elkeen homself want ons is nie so baie dat ons hulle kan bedien nie.

Rina Kleinhans Dood reg Lida Pieterse ek het maar net gewonder… dan is verskillende tafels met brood, slaai, patees en beskuitjies altyd ‘n wenner.. mens kan so baie doen daarmee… maar ek voel nog dat iets warmer die ding gaan doen.

Marie Dumas Jennings – wat van ‘n gasvrou vir elke tafel, dek self elke tafel en julle sorg dat elke tafel sy eie bakke kos kry, warm gehou met tealight kersies. bedien dan rys met chicken ala king, cocktail rolls en slaai. Nagereg malva poeding gebak in muffin panne met heerlike warm vla

Rina Kleinhans – Dit klink vir my heerlik Marie Dumas Jennings en dink net hoe mooi gaan die tafels wees… ek is baie lief vir sit en eet.. rond staan en self help is nie vir my nie

Marie Dumas Jennings weet jy Lida Pieterse, dan is daar iemand wat na gaste omsien by die tafel. ek was by so ‘n funksie en die saal was kleurvol met verskillende smake en idees. bedien vir almal dieselfde anders is daar ‘n kompetisie. weet nie wat die geleentheid is of wanneer nie. kry ‘n plek wat vir elkeen ‘n sjokolade kan gee met ‘n plakker daarop van die geleentheid wat net dankie se dat hulle die dag gedeel het

Lida Pieterse – Marie dis ons VLU funksie waar ons ander takke nooi. Ons het dan ‘n lekker program die oggend en daarna die ete of wat ons ookal besluit. Ons maak ook self vir almal ‘n oulike geskenkie. Dit is 25 Junie. So kos moet warm wees.

Danell Du Plessis – 80 Mense is glad nie moeilik om vinnig te bedien nie.! n Maklike buffet-tipe opdiening is altyd gewild. Of indien 8 perone van 10 tafels elk is, is slegs 5 flink “waiters” nodig. Bediening kan vinnig geskied en almal kan byna terselfdertyd lekker saam eet. n self-help nagereg tafel is n opsie vir di wat lus voel vir iets soets na ete.
Marinda Engelbrecht – Warm poeding en port.

Nella Kootstra – Elke gasvrou het haar eie tafel gedek, pannekoek met die heerlikste vulsels is bedien. By ons Acvv is daar selfs mans wat elk hul eie tafel dek.

Christina De Jager – lekker lasagne en slaai, hoenderpastei en slaai, broccoli hoender en slaai, almal wil mos net slaai slaai slaai(mengelslaai)

Thea Visser – Butterchicken en naanbrode.

Marinette Ellis – Gevulde pannekoeke. Bedien die pannekoek met twee vulsels om van te kies. Kerriehoender en eiervrug en maalvleis bv. Dan bou elkeen sy eie pannekoek soos hy lus het
FOTO GELEEN BY – zijactief-zeilberg




RYS EN STAMPKORING GEMENG

RYS EN STAMPKORING GEMENGtested
RYS EN STAMPKORING GEMENG
Resep en foto: Stefaans Blaauw
FOOD LOVERS RECIPES
Ons is mos te gewoond om net te maak wat ons ken, of waarmee ons groot geraak het..
DIT is waarmee ek Groot geraak het…
½ koppie rys
½ koppie stampkoring
½ teelepel sout
1 eetlepel BOTTER, of Olyfolie
3 koppies water

Kook tot dit droog is, dan is dit gaar, en geniet saam met enige potjie..
AS jy dit EENKEER geëet het…dan eet jy nie sommer weer skoon ryspot NIE.

 




WENKE VIR SOUT GEPEKELDE VARKRIB

smoked pork ribtested
Helen van Wyk – Ek soek raad asb. Ek het 2 varkribbes laat pekel en rook – dis BAIE sout. Hoe nou gemaak? HELP ASB!!!!!!!

Stefaans Blaauw – Laat le dit vir 4 ure in vars water, en dan laat hang jy dit die nag uit om weer lekker af te droog en kleur te kry

Tracey Collier – kook dit eers in water met “n paar wortels, ‘n bay leaf of twee, peperkorrels, ‘n bietjie seldery en ‘n ui. Meeste van die sout sal oplos in die water. Kook stadig tot sag en maak net bruin oor ‘n vuurtjie

Fanie Smit – Laat lê vir 1 uur in koue water waarin aartappels sonder sout gekook was. Braai dan met ‘n mengsel van botter tamatiesous chutney appelkooskonfyt en worcestersous met klein bietjie vars knoffel

Johann Viljoen – Ek koop partykeer daai “rooi” gerookte varkrib, eintlik pienk. Dis erg sout, dus knip ek die sakkie net so klein gaatjie en gooi appelsap in. Die rib kan ‘n dag of meer in die appelsap lê en “marineer” – vark en appel loop hand aan hand!

Estelle Krüger Van Pletzen – Sal ook so bietjie kook met artappel en water afgooi doen dit so twee keer




HOMEMADE KITKAT

KITKATtested
HOMEMADE KITKAT
200 g Milk Chocolate
100 g Mint Flavoured chocolate
16 Vanilla flavoured wafers

Break chocolate into small pieces and melt in a glass bowl in the microwave.
Dunk the wafers and cover completely.
Use a fork and pick them out of the chocolate, let the excess drip off and place on parchment paper in a baking tray to set.
Place in the fridge till hard!
If you can manage not to eat one before hard and set, you’re better than me.
It’s yummy and I like the mint (my favourite).
Source: My own version – Esme Slabbert