NELLIE SE SPURBROODJIE

 

Nellie se Spurbroodjietested

NELLIE SE SPURBROODJIE

1 liter kookwater
125 ml bruinsuiker
4 x 250 ml semels
500 ml koekmeelblom
500 ml volkoringmeel
5 ml sout
5 ml bakpoeier
250 ml droëvrugte koekmengsel
250 ml sonneblomsaad
10 ml koeksoda opgelos in 25 ml water

Voorverhit jou oond tot 180°C. Spuit twee broodpanne van 21 x 11 x 7 cm (of wat jy het) met kleefwerende middel. Giet die kookwater oor die bruinsuiker en roer tot dit opgelos is. Voeg die semels by en laat afkoel. Meng die res van die bestanddele saam en giet die semelmengsel by. Meng goed deur en skep in die voorbereide panne. Bak vir 1 uur lank of tot gaar. Bedek die brood na sowat 20 minute met tinfoelie sodat dit nie bo-op te donker word nie. Keer uit op ‘n draadrakkie en laat afkoel. Dien op saam met lekker vars botter en geniet. As jy die standaardpanne soos hierbo gebruik, sal die beslag genoeg wees om twee mooi broodjies te bak.

FOTO – Claudia Bellink




SPRINGBOKSKENKELPOTJIE

SPRINGBOKSKENKELPOTJIE
Hou die pot aan die kook
Jy het nodig vir 6 mense:

sout en swartpeper na smaak
½ koppie koekmeel
1 eetlepel paprika
1 kg wildskenkels, in skywe opgesaag (Knip die sening op vier plekke rondom die skenkel om te keer dat dit later opkrul.)
olyfolie en botter, om die vleis te verbruin
1 kg heel klein uitjies
2 groot gekneusde knoffelhuisies
¼ koppie tamatiepuree
2 teelepels bruinsuiker
2 koppies verhitte hoenderaftreksel
²/³ koppie rooiwyn
1 eetlepel wynasyn
2 lourierblare
1 kaneelstokkie
2 eetlepels varsgekapte of 1 eetlepel droë pietersielie

Eers die vleis. Meng die sout, peper, meel en paprika. Bedek die skenkels met die gegeurde koekmeelmengsel. Verhit die olie en botter in ’n swaarboompot en braai ’n derde van die vleis op ’n keer alkant bruin. Skep die vleis uit en hou eenkant.

Dan die uie. Verbruin die uie in dieselfde olie waarin die vleis gebraai het. Roer af en toe en skep ná omtrent 10 minute uit as dit ligbruin is. Skep dit uit en hou eenkant.

Pot toe. Plaas die knoffelhuisies, tamatiepuree, bruinsuiker, hoenderaftreksel, rooiwyn, wynasyn, lourierblare en kaneelstokkie in die pot en bring tot kookpunt. Roer goed. Plaas die vleis terug in die pot. Verlaag die hitte sodra die pot begin kook, plaas die deksel op en laat prut stadig vir omtrent 2 tot 2½ uur. Voeg die uie by en roer sodat die vloeistof dit bedek. Prut vir nog 30 tot 60 minute tot die uie gaar en sag is. ’n Ryk, dik sous sal vorm. Kook die sous vinnig sonder die deksel om dit in te damp indien nodig. Garneer met die pietersielie en sit voor op kapokaartappels.
Resep geplaas deur Gideon Louw
Foto:  Gideon Louw
Nota:  Het paar stukkies lamsribbetjie bygesit om bietjie vetjies by te kry, dit was regtig heerlik




GEBAKTE SUURLEMOEN POEDING

 

Gebakte suurlemoen poedingtested

GEBAKTE SUURLEMOEN POEDING
Terwyl dit bak verdeel hierdie poeding in ‘n sponslaag oor ‘n basis van smaaklike suurlemoenvulsel.
Lewer 4-6 porsies
125 g witsuiker
50 ml botter
15 ml kokende water
50 g koekmeel
Sap en gerasperde skil van een groot suurlemoen
2 groot eiers geskei
225 ml melk

Klop die suiker en botter tot romerig en klop dan die kokende water in. Roer die koekmeel, suurlemoensap & skil by. Klits die eiergele en melk saam en voeg dit bietjies-bietjies by die geroomde mengsel. Klop na elke byvoeging deeglik. Klits die eierwitte styf en vou by die meelmengsel in. Giet die mengsel in ‘n gesmeerde oondbak en plaas in ‘n oondpan half vol met water (ek bak myne sonder die oondpan met water). Bak 45min lank by 170°C. Sit warm voor of laat effens afkoel en bedien met dun room.

Nota: Ek sal in die vervolg hierdie resep verdubbel en in dieselfde oondbak gooi.
FOTO – Elsabie Templeton




SARIE SE KERRIEKOOL

Kerrie kooltested

SARIE SE KERRIEKOOL
1 koolkop opgekerf
2 koppie vars boontjies gekerf – kook apart tot nog crispy
2 groot uie opgesny
2 rissies opgesny
Meng  die volgende saam:
2 eetlepel kerriepoeier
1 koppie suiker voeg meer by as verkies
3 koppie witasyn
1 koppie water ( jy kan nog 1/2 koppie by sit indien nodig)
2 desert lepel droë mosterdpoeier (12.5 ml)
1 eetlepel paprika
2 eetlepel borrie vir mooi geel kleur

Kook nou als saam tot sag maar nie pap nie.
Maak dikker met maizena.(Ek maak somer so 3 eetlepels aan met betjie water en gooi bietjie by kyk as dit dik genoeg is, hou op ingooi.)
Bottel warm in gesterilliseerd bottel ….en geniet dit as slaai of saam enige vleis
( Ma se resep altyd uit die kop gebak en brou)
Resep en foto:  Sarie Meintjies




PAP EN CHAKALAKA

PAP EN CHAKALAKA
Pap en sous is eg tradisioneel aan die Afrika-kultuur. Nou kan jy sommer jou eie Chakalaka ook maak.
Pap:
500 ml water
3 ml sout
10 ml botter
225 g mieliemeel

Bring water, sout en botter saam tot kookpunt in ’n kastrol.
Meng mieliemeel met ’n bietjie water tot ’n gladde pasta.
Voeg mieliemeel-pasta by en roer tot pap gaar en dik is.

Chakalaka:
30 ml olie
1 ui, gekap
1 huisie knoffel, gekneus
3 cm gemmer, geskil en gerasper
15 ml kerrie-poeier
3 wortels, grof gerasper
420 g boontjies in tamatiesous
410 g tamatie en uie sous
sout en peper na smaak

Verhit die olie en braai die ui tot sag.
Voeg knoffel en gemmer by en braai vir 1 minuut.
Voeg wortels by en braai vir 2 minute.
Voeg die twee blikke se inhoud by
Meng en verhit goed.
Voeg sout en peper na smaak by.
Resep van KykNet




GEBOTTELDE CHILLI BELLS

Chilli bellstested

GEBOTTELDE CHILLI BELLS
Vanaand Chilli bells ingele. Die wat resep soek.
Gelyke dele asyn en suiker. Gooi in pot roer en kook tot suiker opgelos is.
Pak rou ontpitte chillies in flesse en gooi kokende stroop oor.
Seël dadelik. Wag ‘n maand voor gebruik.
Dit proe net soos peppadews.
BRON – Jacques Gericke




CREAMSODA TENNISBESKUITJIE FUDGE

Creamsoda tennis beskuitjies fudgetested

CREAMSODA TENNISBESKUITJIE FUDGE
Resep en foto:  Stephnie Du Plooy
FOOD LOVERS RECIPES
1 blikkie kondensmelk
3 koppie suiker
1 pakkie jellie (na jou keuse, hoef nie jellie by te voeg nie)
½ pakkie tennisbeskuitjies(fyn gedruk, maar nie krummels nie)
½ koppie water
2 eetlepels botter

Plaas 3 koppies suiker en ½ koppie water en 1 pakkie jellie in ‘n pot. Kook tot suiker heeltemal gesmelt het. Haal van plaat af. Voeg 1 blikkie kondensmelk by. Sit terug op plaat. Roer aan een tot sagtebal vorm.
Toets in water as dit stol is reg. Sit die beskuitjies by roer deur en skep in gesmeerde pan. Laat effens afkoel sny in blokkies. (In plaas van tennisbeskuitjies kan jy ook rice krispies by sit of enige van jou keuse koekies of lekkergoed.(Smarties of jelly tots).
Nota: Ek het creamsoda jellie gebruik, mens kan enige geur jellie gebruik.




FANIE SE PAPTERT

tested

FANIE SE PAPTERT
Paptert loop so…
1 kg Impala mieliemeel
2 blikke tamatie en uie
1 blik chacalaka mild en spicy of hot soos u verkies
1 blik 3 bone
2 pakke gekerfde bacon
2 pakke mushrooms
2 blokke cheddarkaas
2 groot uie
2 vars tamaties
1 blik sweet corn
Crushed garlic na smaak
All gold tamatiesous
Chutney
Aromat

Braai uie tot sag saam met tamaties, voeg bacon by en braai tot bruin, voeg mushrooms by en braai en voeg dan knoffel by. Gooi blikke támatie en uie en chakalaka en bone by, voeg tamatiesous en chutney by na smaak en kook vir sowat 10 min.
Gebruik groot bak, daar kom baie uit, skep eers die pap, gooi die sousmengsel oor en dan lekker baie kaas. Dan weer pap, sousmengsel en druk dit in die oond. Ek gooi die laaste kaas oor net om te smelt en bak dit nie tot die kaas bruinerig raak nie…..
Die sweet corn gooi ek in die pap. Ek sit ook nie ekstra sout of peper by nie, gebruik net aromat.
Hoop dit kom lekker uit.
Hierdie paptert maak ek gereeld en is baie lekker.
BRON – Fanie Smit
Lynette Jacobs Wasserman – My metode is baie soos Fanie s’n behalwe dat ek nie geblikte tamatie & uie gebruik nie; ek maak graag my eie smoor. Ook meng ek cheddar, feta en bloukaas. Gee die paptert net so bietjie diepte!




FANIE SE GARNISH SAUCE

tested

FANIE SE GARNISH SAUCE
Garnish sauce from my restaurant. Try it at home.
Fine chopped green red and yellow peppers
Tomatoes
Olives
Garlic freshly cooked in oven
Basil pesto
Peppadew
Lemon juice and Balsamic vinegar
Chopped fried onion
Feta
Olive oil.
Cook all ingredients together. May be served as a Putanesca sauce….delicious.
No fixed recipe as I always make it at random.
Kies julle eie hoeveelhede na smaak.
BRON – Fanie Smit




LEKKER GROEN ONTBYT

Groen en Ligte ontbyt

LEKKER GROEN ONTBYT
Groen en Ligte ontbyt (2 porsies)
groenboontjies
1 eetlepel BOTTER
sout en peper
droë pietersielie
Green Onion spice
gerasperde kaas
eiers
vars room
springbok wors

Kook groenboontjies in bietjie water sommer so in die pan.
Wanneer dit droog gekook is, sit 1 eetlepel BOTTER in en panbraai tot dit begin donker raak.
Geur met sout, peper en droë pietersielie.
Deel in 2 porsies.
Skep die helfte in ‘n klein eierpannetjie, met so handvol gerasperde kaas bo-oor.
Breek 1 eier bo-op die kaas en gooi so 50 ml vars room oor die kaas.
Geur met sout, peper en Green Onion spice.
Bak op medium hitte met die deksel op totdat die eier gaar is.
Bak ‘n vars springbok worsie in die pan en eet ‘n LEKKER GROEN ontbyt.
Bron en foto: Stefaans Blaauw