
WENKE OM N WIT KLEDINGSTUK WEER WIT TE KRY
Deleen Venter Loker – More aan al die besige mensies. Ek sit en krap my kop maar kry nie die regte antwoord nie so kom ons sien wie gaan help. Nie direk met kos te doen maar soek raad. Kleinseun het 2 weke terug in Durban rugby gespeel in the nat reenige weer. Probleem week al sy wit rugby broeke al vir wie weet hoe lank. Het Vanish probeer na 3 dae nie veel verskil nie. Nog 3 day in Jik, selfde storie. Die broeke is nie goedkoop nie en glo my al 4 sy rugby broeke lyk sleg… HELP ASB EN DANKIE!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Denver Petersen – Soak dit in dosmestos water! Die dosmestos wat mens die toilet mee skrop. Maak dit aan soos jy jik aanmaak. Veral met ou kolle wat al lankal op die materiaal is
Tina Bruwer – Vryf met die groen sunlight seepkoekie en laat lê tot volgende dag. Was dan.
Wilma Batt – Ek het ook gedoen…laat lê in son met sunlightseep op…dit werk. Het ook gedoen met rooi kolle van n krieketbal
Cecilia van Huyssteen – Probeer gewone wit badseep
Sarie Strydom- Lux seep dit moet die wit een wees smeer goed en laat le bietjie . Maak tot jou kouse weer mooi wit.
Marieta James – Groen koekie Sunlight en week in son. Dit werk soos n bom
Ida Bouwer – Lekker warm water en pine gel doen wonders
Corrie Ludik – Een botteltjie lennons se witdulsies in 2liters warmwater. Laat le wit goed daarin vir ingeveer 6-8 ure. Gebruik sommer daardie water in die water waarin die klere gewas word. Vryf maar goed met Bingo of sunlughtseep
Kiti De Jager – Ewe veel (so halfkoppie elk) asyn en Jik. Gooi 2 teelepels sout in, staan terug en roer van doer ver af. Pasop vir dampe, dis erg!. Gooi oor kolle, vryf, los ‘n rukkie en was. Niks werk so goed om witgoed weer wit te kry nie.
Marietjie Erasmus Opperman – Ek het my seun se wit krieket broeke se vlekke altyd met Sunlight Liquid verwyder. Sit net ‘n klompie daarvan op die vlekke en laat dit ‘n rukkie week en was dan gewoonweg.
Trisa Louisa Storbeck Strydom – Meng Witdulsies met water en le dit daar in dit kom skoon uit
Hannes Pieters – Moenie wassoda onderskat nie.
May van der Merwe – I use a red bottle from PnP called prewash and that takes out marks too. Try the new Aerial
Joyce Fourie – Vanish en Jik en seeppoeier…lê in jik vir paar uur….skrop met naelborseltjie..gooi in wasmasjien met warm water
Tanya Erasmus – wat altyd vir my werk en dit werk soos n bom. selfs op manlief se vuil overalls wat altyd vol grease is. gewone sunlight dishwash liquid. gooi op die vuil areas, kook water uit ketel op dit, los vir n rukkie en was dan met OMO waspoeier en handy handy in jou was water. sal daai klere nie erken nie
Ninette De Kock – Iets wat nuwe en ou vlekke uit witgoed fantasties verwyder is suurlemoen. Sit die broekies in genoeg water om dit te bedek, gooi sommer ‘n hele bottel suurlemoensap (500ml) in en dan sny jy ook sommer so paar suurlemoene in skywe en gooi dit by die klere in die water. Druk die skywe om dit net te kneus. Los dit vir so 2 dae. Jy kan dit so nou en dan net so deur roer met jou hande. Ons het ‘n probleem met ons water gehad wat soos teer gelyk het en al my kinders se wit skoolhempde het deurgeloop en ek het die uit radeloosheid probeer en dit het al die hempde witter as wit gemaak. Tot die ou hempde was weer spierwit. Dit laat ook sommer die klere lekker ruik. Hoop dit werk.
Ronisa van Zyl – Sterinappy bly maar beste
Nicky EN Charlene Welgemoed – haai try n bikie die resep. 1l yoghurt bakie vol surf waspoeier pers spirits en bloekomolie. meng in n pasta smeer aan en los n paar uur. werk vir my hoopenlik werk dit vir jou ook
Ben Rautenbach – Weet nie of mens nog blousel kry nie maar sal help om weer mooi wit te kry na al die bleik!
Jo-Mari Langner – Domestos en groen sunlight koekie seep smeer broek vol seep en laat Le in sterk warm water domestos vi n Paar ure en Dan begin jy seep uit vryf en spoel