PANDORA SE MOSSELS


PANDORA SE MOSSELS
36 swartmossels
1 ui, fyngekap
100g botter
750ml broodkrummels
50g gebreekte amandels, gerooster
Sout en gemaalde swartpeper
15ml gekapte vars kruie of 5ml droë kruie
60ml mosselaftreksel
Paar druppels vars suurlemoensap
Bolaag
100g botter
250ml sagte broodkrummels
60ml gekapte pietersielie
Skrop mossels skoon, stoom oop, haal uit die skulp en sny in drie of vier stukkies. Syg deur deur en behou die aftreksel. Maak stewige nessie vir 36 mosselskulpe in ‘n laag growwe sout in ‘n bakplaat sodat hulle nie omval nie. Stel die oond op 180°C. Smoor die ui in botter. Verwyder van hitte en roer die mosselstukkies, krummels, amandels, sout, peper, kruie, mosselaftreksel en suurlemoensap by. Skep die vulsel versigtig in die skulpe. Smelt die botter vir die bolaag, roer die krummels en pietersielie by en skep hierdie mengsel oor die mossels. Bak 5-10 min tot baie warm en die bolaag bros is. Rangskik die mossels op borde en garner met suurlemoen wiggies. Sit voor saam met vars brood.
BRON – Anton Fourie (LID)
GEMARINEERDE KERRIE VARK RASHERS



GEMARINEERDE KERRIE VARK RASHERS
een groot ui gekerf en gesmoor
voeg dan by :
2 eetlepels balsamiese asyn
2 eetlepels tamatiesous
1 eetlepel tamatiepasta
2 eetlepels chutney
1 teelepel kerriepoeier
1 teelepel borrie
3 teelepels suiker
+- ½ koppie water
‘n knippie sout
‘n skeut worcestersous
Meng alles saam en marineer rashers in sous vir +- 3-4 ure
braai dan oor stadige kole tot gaar vir +- 40min
BRON – Gideon Louw en Benhet Niewenhuis
AARTAPPELSUURDEEG PLANTJIE SONDER DIE KITSGIS

AARTAPPELSUURDEEG PLANTJIE SONDER DIE KITSGIS
2 koppies lou water
1 groot ongeskilde aartappel in 8 blokkies gesny
3 teelepels suiker
1 koppie meel
1/2 halwe teelepel sout
Metode: plaas aartappel,suiker en sout in die lou water. strooi koppie meel liggies oor. roer dit net 2 keer. sit dit in houer wat 2 keer die volume van die beslag kan neem. bedek dit met doekie en sit dit dan in plasieksakkie en vou die houer toe in ‘n kombers. laat dit oornag staan. Die volg. dag kan jy ‘n halwe koppie uitskep om brood mee te bak. die res word dan in glas houer gesit en in die yskas gehou. dit kan so 3 weke lank gehou word. Die plantjie kan gebruik word vir enige suurdeeg beslag. As die vloeistof klaar is gooi net weer helfte van water, suiker, sout en meel by.
(Resep van RSG)
HOPS SUURDEEGPLANTJIE

HOPS SUURDEEGPLANTJIE
Kan hops by ‘n gesondheids winkel koop of by ‘n apteek. Dit is gewoonlik by die gesondheids produkte.
Suurdeegplantjie:
Kook ongeveer 1 koppie rosyntjies (met pitte) en drie koppies water totdat die rosyntjies sag is. Laat afkoel tot louwarm en druk rosyntjies fyn.
Kook ongeveer 3 gelykvol eetlepels hops en 3 koppies water. Bring net tot kookpunt. Laat afkoel tot louwarm, sif deur en gooi vloeistof by rosyntjies.
Laat staan vir ongeveer 48 uur totdat dit goed “kook”. Wanneer wil gebruik, sif deur ‘n groot sif en gebruik die vloeistof (gooi die rosyntjies weg). Gebruik ongeveer 2 koppies suurdeeg vir brood.
Jy gebruik ‘n plantjie van die vloeistof (sonder die rosyntjies) en gooi sout, suiker en meel by en laat staan dit om te rys.
Wanneer die meel opstyg is dit reg. [Jy kan die plantjie oor en oor gebruik deur dit “in te suur” met dieselfde metode soos bo. Die hops suurdeeg is baie lekker en gee die brood/beskuit ‘n
lekker smaak.
MASCARPONE KAAS


MASCARPONE KAAS
Probeer slag twee met mascarpone kaas. Alle resepte werk nie vir almal nie. Maar hier is die eind resultaat van die resep wat uiteindelik vir my gewerk het.
Heat 4 cups heavy cream to 180 degrees Fahrenheit stirring often to prevent the cream from scorching (ek het aanhou stadig roer want ek wou nie die kans vat dat dit sal brand nie).
Remove from heat and add a 1/2 tsp tartaric acid or 1 1/2 tsp cream of tartar (ek het tartaric acid gebruik). Meng stadig deur. Gooi oor in ‘n koue bak. Laat afkoel met ‘n vadoek oor. Maak toe met plastic wrap en laat staan vir vyf ure by jamer temperatuur. Gooi na vyf ure in ‘n dubbel gevoude kaas doek in ‘n sif. Moenie oor die mascarpone vou nie. Maak weer toe met pkastic wrap en laat staan 24 uur voor gebruik. My mascarpone het net sover altesaam 12 ure gestaan en is redelik dik. Dit het net meer as 2 koppies gemaak.
Lacy Grey Die gedreineerde vloeistof is so dik soos cultured buttermilk. Ek gaan dit nie weg gooi nie maar wel later gebruik as ek muffins maak. Ons glo net nie aan mors nie.
FOTO – Lacy Grey (LID)
SUBTROPICAL ICE-CREAM DELIGHT
DOROTHYS PAVLOVA


DOROTHYS PAVLOVA
You can make this before the time, store in airtight container
Use 3 Egg whites and Icing sugar. Mix Icing sugar into the whites till you can mould it. Divide into two.
Make two circles on wax paper. Mould the egg whites on to the circles. More or less 3inches or 8 cm wide and ½ inch – 1cm thick Bake in 750Watt microwave oven for 1½ minutes.
I make these in little rounds and fill with cream and strawberries to serve as deserts.
Sandwich together with cream and strawberries or kiwi fruit.
You can make lots of small meringues. Make it different colours and sandwich together with cream and pour chocolate sauce over
BRON – Adelaide Bear
POTATO PATTIES
1 cup olive oil
boiled potatoes
3 tablespoons chilli bite powder
Or optional for the chilli bite powder
(I suggest 3 tablespoons normal flour mixed with 1 tablespoon any braai spice)
pinch of salt, pepper, nutmeg and tumeric
1 cup of chopped fresh parsley
1 tablespoon oregano
1 green/spring onion, chopped
1 cup of bread crumbs
1 egg
3 crushed garlic cloves
Mash boiled potato.
Add all ingredients except the bread crumbs and oil.
Form balls, press flat with hand and fry in oil until golden brown.
Dry on paper towel.
Recipe: Shan T Russ
WENNER BOTTERSKORSIE SLAAI


WENNER BOTTERSKORSIE SLAAI
Botterskorsie slaai, hoe langer dit staan hoe lekkerder is dit.
Skil en rasper 1med botterskorsie
1 pakkie perske jellie aangemaak met koowater
Koppie lemoensap
Blikkie crushed pynappel.
Meng alles en laat oornag in yskas. ‘n Wenner
BRON – Marilize Hauptfleisch Fourie


