GROENSLAAI MET JELLIE
Meng jellie met ½ koppie kookwater.
Pynappel en tertappels moet fyn wees.
Meng met res van bestanddele.
Skep in ringpan en laat stol oornag
Meng jellie met ½ koppie kookwater.
Pynappel en tertappels moet fyn wees.
Meng met res van bestanddele.
Skep in ringpan en laat stol oornag
500 g Noedels gekook volgens verpakking
1 Groot ui fyn gekap
1 Groot green pepper fyn gekap
Sous
250 ml Tamatiesous
200 ml Suiker
125 ml Olie
125 ml Wit asyn
25 ml Kerrie
7 ml Sout
2 ml Peper
1 ml Tabasco/peri-peri
Gooi sous oor gaar noedels, meng goed en laat afkoel.
As slaai vir dag oorstaan proe dit beter.
Geniet.
Resep en foto: Nicolene Bruwer.
Uie fyngekap
Soetrissies fyngekap
Braai saam tot gaar in bietjie kookolie.
Voeg n blikkie Room van Tamatiesop by en prut tot dit begin kook.
Meng met gaar rys.
Jy kan ook bietjie gaar gemengde groente byvoeg.
Dis eintlik lekkerder as dit die volgende dag bedien word.
Geure meng heerlik deur.

WARM KAAS EN AARTAPPEL SLAAI
4 groot aartappels
120 g kaas, in blokkies gesny
2 repe spekvleis, gebraai en gekap
125 ml Franse slaaisous
gekapte grasuie
Kook aartappels in kookwater tot sag. Trek skil af en sny in blokkies. Plaas in opdien-bak.
Voeg kaasblokkies by en meng. Sprinkel spekvleis oor.
Verhit slaaisous maar moenie kook nie. Giet oor slaai, sprinkel grasuie oor en dien dadelik op.
‘n Ligte slaai wat ook goed vertoon:
Blaarslaai, swart en wit druiwe, kersietamaties en fetakaas.
Skywe gerookte kaaswors of lekker nat biltong kan addisioneel bygevoeg word.
Breek die slaaiblare in kleiner stukkies en plaas in die slaaibak saam met die gesnyde sprietuie.
Sny die spek in 1 cm-stukkies en roerbraai in ‘n bietjie olie tot bros.
Haal uit en dreineer op kombuis papier.
Sny die brood in blokkies (1 cm x 1 cm) en braai in die dieselfde pan as die spek tot goudbruin.
Voeg ‘n bietjie ekstra olie by indien nodig. Haal uit en dreineer.
Sny die avokado en rangskik op die slaaiblare.
Bedek met slaaisous.
Sprinkel neute, spek en bros broodblokkies oor slaai net voor opdiening.
Foto: Lizelle Erasmus