SUURLEMOEN YSKASTERT

2013-06-21-suurlemoenyskasterttested
SUURLEMOEN YSKASTERT

1 blikkie kondensmelk
3/4 koppie suurlemoensap
1,5 liter vla (lekker dik aangemaak met genoeg suiker om dit soet te maak)
1 pakkie tennisbeskuitjies

Meng die kondensmelk met die suurlemoensap. Pak ‘n ry tennisbeskuitjies onder in ‘n vierkantige glas/platiek bak. Giet helfde van die vla oor en laat ‘n rukkie afkoel, giet nou weer die helfde van die kondensmelk mengsel oor, en smeer eweredig oor vla. Pak weer ‘n ry tennisbeskuitjies en giet die res van die vla daaroor, laat weer bietjie afkoel. Gooi nou die res van die kondensmelk mengsel oor die vla eweredig gesmeer en krummel ‘n paar fyngemaakte beskuitjies bo-oor. Plaas in yskas en laat stol
ek maak sommer dubbeld aan.

BRON- RIANA DU PLESSIS




TUNA CHIP CASSEROLE

2013-06-21-tunachipcasseroletested

TUNA CHIP CASSEROLE
2 cans cream of mushroom soup
2 can tuna (in brine)
bag of your favourite chips
milk (one soup can full)
pepper

In a casserole dish add your soup and tuna, fill the empty cream of mushroom soup cans with milk (I used Skim Milk for lower fat option). Add the milk to the soup and tuna and then crush the chips in the bag and add to the soup, tuna and milk and mix well.
Sprinkle pepper over the top and pop in oven at 180 ºC for about 35-40 minutes.
When finished allow 10 minutes to cool before serving.

Foto en resep deur Jacqui Landsberg Botma




HEERLIKE BESKUIT

2013-06-22-heerlikebeskuit
HEERLIKE BESKUIT
5 koppies koekmeel
50 ml bakpoeier
10 ml koeksoda
10 ml sout
750 ml volkoringmeel
500 ml karringmelk
1 ½ koppie klapper
2 koppies Allbran
500 g botter of maragarien
375 ml suiker
2 eiers

Verhit oond tot 200°C. Smeer 2 oondpanne, smelt botter en suiker saam, haal af van die stoof af en voeg karringmelk en geklitste eiers by, dan ander bestanddele, meng goed. Druk in pan en merk met mes in vingers. Bak vir ongeveer 1 uur of tot gaar. Breek in beskuite as koud en droog uit.
Opsioneel- Jy kan lynsaad en sesamesaad bo-oor strooi voor die beskuit gebak word.
BRON- RINA KLEINHANS




MILJOENERS BROSBROOD


MILJOENERS BROSBROOD
Ongeveer 24 blokkies
Brosbrood:
125 g (¼ blok) sagte botter
75 ml (5 eetlepels) strooisuiker
250 ml (1 koppie) koekmeel
knypie sout
Karamellaag:
60 ml (4 eetlepels) botter
45 ml (3 eetlepels) gouestroop
397 g (1 blik) kondensmelk
125 ml (½ koppie) strooisuiker
Bolaag:
200 g (2 pakke) sjokolade, in blokkies gebreek
100 g (1 pak) donkersjokolade, in blokkie gebreek
Voorverhit die oond tot 160°C.
Brosbrood – Room botter en strooisuiker tot liggeel. Sif koekmeel en sout by en meng tot sagte deeg vorm.
Druk deeg vas op die bodem van koekpan 20 cm x 20 cm groot wat met bakpapier uitgevoer is.
Prik deeg met vurk en bak vir 20 minute. Verwyder uit oond en plaas eenkant om af te koel.
Karamellaag –  Verhit bestanddele vir karamellaag oor matige hitte in dikboomkastrol tot suiker opgelos is. Roer af en toe. Kook verder tot mengsel dik en goudkleurig word. Dit neem ongeveer 10 minute vandat eerste borreltjies begin vorm tot karamel reg is. Skep karamelsous bo-oor broskors. Hou eenkant tot gestol.
Keer koekies versigtig met behulp van bakpapier uit die pan.
Bolaag – Smelt sjokolade teen 70%- krag in mikrogolf. Roer af en toe tot dit glad is.
Smeer sjokolade bo-oor karamellaag en laat eenkant tot gestol.
Sny kante gelyk en sny ewe groot blokkies.

 




DIANE SE PIESANGBROOD

2013-06-21-piesangbroodtested

DIANE SE PIESANGBROOD
Klaar gesny en heerlik!
(Die resep het ek al jare, kannie onthou by wie ek dit gekry het nie)
4 koppies koekmeel
2 koppies suiker
25 g botter
3 teelepels bakpoeier
3 teelepels koeksoda
5 – 6 groot piesangs
4 XL eiers
knippie sout

Room botter en suiker.
Klits eiers en voeg by, klits goed saam.
Meng al droë bestanddele by en voeg piesangs by.
As deeg te styf is, voeg bietjie melk by en meng goed.
Bake teen 180°C vir 1 uur of tot gaar.

BRON- DIANE ROODE HANCOX




HEERLIKE AARTAPPELKROKETTE

HEERLIKE AARTAPPELKROKETTE
660 g fynaartappel (750 ml)
2 eiers – geklop
30 g botter – gesmelt
5 g sout (5 ml)
500 mg rooipeper (1 ml)
5 g fyngekapte pietersielie (12,5 ml)
Krummels

Meng al die bestanddele en klop deeglik. Vorm in krokette en rol in jou krummels. Plaas ‘n rukkie in die yskas.Bak dit in ‘n gesmeerde pan tot mooi goudbruin  so by 180*C
Vir `n ander smaakie kan jy so 3 eetl. gerasperde kaas bygeroer.

 




HEALTY TUNA AND RICE BAKE

2013-06-18-healthytunaricebake

HEALTY TUNA AND RICE BAKE

Basmati Rice cooked (as much as you need)

2 Tins Tuna (in brine)
Peas (150g)
Weigh less (pour) cheese sauce
Gouda Cheese (finely grated)
Garlic Chilli Sauce (Wellingtons)
Curry powder
Salt
In a pan add your tuna (you are welcome to use onions but my kids don’t like onions and why I did not use) and cook for about 5 minutes then add your peas. Then add salt,curry powder and Garlic Chilli Sauce (as much as you want) and simmer until peas are cooked.
Add the rice and butternut and mix. Add to baking dish and pour the cheese sauce over and spread saunce evenly. Then add the grated cheese and pop in oven. Bake for approx 20-25 minutes until the cheese starts browning on top

Foto en resep deur Jacqui Landsberg Botma




HOENDER TERREIN

2013-06-19-hoenderterrein
HOENDER TERREIN
hoender, eie hoeveelheid
ready dough
1 middelslag ui, fyngekap
8 sampioene, gesny
sout en peper, na smaak

Kook hoender in ‘n stoompot soos wanneer jy pastei sal maak.
Voer ‘n bak uit met ‘ready dough’, bodem en alle sye.
Braai die ui en sampioene tot amper gaar, geur met sout en peper. Meng met die hoender en skep die vleis in die bak.
Wanneer jy klaar is, maak snytjies aan weerskante van die deeg op die kort sye en vou na binne. Vou dan die lang sye se deeg oor hierdie. Bak by 200°C tot gaar.

Resep en foto: Jaco Redelinghuys




AMARULA MALVAPOEDING

amarula malvapoeding Tersiatestedamarula malva poeding gideon

AMARULA MALVAPOEDING
Resep geplaas deur Linda Venter
Foto’s:  Tersia Du Preez Barnard en Gideon Louw
FOOD LOVERS RECIPES
Porsies: 6
25 ml wit suiker
1 eier
25 ml (1½ eetlepels) appelkooskonfyt [enige konfyt, of selfs stroop, sal werk)
250 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
knippie sout
5 ml koeksoda
250 ml melk

Stroop
60 ml botter
250 ml suiker
125 ml kookwater
250 ml Amarula likeur
knippie sout

Klits die suiker en eiers. Die mengsel moet lig en romerig wees, so wees geduldig en neem jou tyd.
Voeg die konfyt, meel, bakpoeier en sout by en roer goed.
Meng die koeksoda met die melk en roer by die beslag.
Giet die beslag in ‘n klein gietyster pot, sit die deksel op en plaas dit op matige kole.
Stapel ‘n paar warm kole op die deksel van die pot en bak vir ongeveer ‘n uur.
Verwyder die kole versigtig anders beland daar as in jou poeding.
Die poeding is gereed as ‘n skerp mes of toetspen in die middel skoon uitkom.
In die oond sal dit teen 180ºC vir ongeveer ‘n uur bak maar weer eens tot die toetspen skoon uitkom.

Stroop
Smelt die botter in ‘n pot oor die vuur.
Voeg al die ander bestanddele by en laat dit stadig verhit.
Moenie die sous kook nie.
Haal die poeding van die kole, en steek gaatjies in die poeding met ‘n vurk.
Giet die sous stadig oor die poeding en gee dit tyd om dit alles te absorbeer. Dit mag dalk lyk of dit veel stroop is, maar glo my, dit is nie. So moenie die resep verander nie – dit werk, en is heerlik

 




“MOET PROBEER” GEBAKTE KAASKOEK

GEBAKTE KAASKOEKtested

“MOET PROBEER” GEBAKTE KAASKOEK
Foto: Adam Cloete
FOOD LOVERS REICPES
Kors:
1 pakkie (300 g) beskuitjies
100 g botter, gesmelt
5 ml gerasperde suurlemoenskil
Vulsel:
500 g roomkaas
2,5 ml vanilla geursel
sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen
3 eiers, geskei
150 ml strooisuiker
30 ml mielieblom
150 ml suurroom

Suurlemoenbolaag
45 g botter
100 g strooisuiker
1 eier, geklop
5 ml gerasperde suurlemoenskil
10 ml suurlemoensap

Berei kors:
Meng al die bestanddele en druk dit op die bodem en effens teen die kante van ‘n losboomkoekpan of oondvaste tertbak vas. Plaas in die yskas terwyl jy die vulsel berei, of bak dit vir sowat 10 minute in ‘n voorverhitte oond teen 180 °C.

Berei vulsel:
Klop die roomkaas, geursel en suurlemoensap en -skil tot glad. Voeg die eiergele, 60 ml strooisuiker, mielieblom en suurroom by en klop tot goed gemeng. Klop die eierwitte styf, voeg die res van die suiker by en klop tot glad en blink. Vou dit by die roomkaasmengsel in. Skep dit op die kors en maak die oppervlak gelyk. Verlaag die oondtemperatuur na 170°C en bak vir sowat 55-60 minute of tot goudbruin. Die middel sal nog effens loperig wees, maar dit sal stol met die afkoel. Skakel die oond af en laat die kaaskoek in die oond afkoel.

Berei suurlemoenbolaag:
Meng al die bestanddele in ‘n glasmengbak oor ‘n kastrol met warm water. Roer deurgaans oor warm water totdat die suurlemoenbolaag ‘n lagie op die agterkant van ‘n lepel vorm. Verwyder van die hitte en laat dit afkoel.
Smeer die suurlemoenbolaag oor die kaaskoek. Verkoel in die yskas vir 4-12 uur voordat jy dit voorsit.