OUVROU ONDER DIE KOMBERS

2013-07-02-ouvrouonderdiekomberstested

OUVROU ONDER DIE KOMBERS
Meng die volgende saam:
maalvleis
1 eier
sout en peper na smaak
1 fyn gekapte ui
1 sny brood fyngemaak
blatjang
goeie skeut worstersous of wat ookal jou smaakkeuse is
Ekstra:
koolkop of twee
1 koppie kookwater
1 blikkie tamatie en uiesmoor
1 eetlepel suiker
BBQ spice of braai-spice

Neem goeie vars kool (sjoe die een van vandag was ekstra mooi en het pragtige blare gehad) breek buite blare af. Ek spoel myne in soutwater vooraf om seker te maak dit is sand/gogga vry. Sny die harde draad uit en elke koolstuk om om die frikadeletjie pas. Week in kookwater om hanteerbaar te maak.
Gebruik ‘n geskikte oondpan, liggies met olie gesmeer. Rol vleis in bolle en maak toe in die koolblare (sien foto), ek hou bietjie vleis vir oorstrooi eenkant. Pak die koolbolle in die pan.
Giet ongeveer 1 koppie kookwater onder in die pan, dit word jou sousie.
Skep ‘n blik tamatie/ui smoor egalig oor koolvleis.
Sprinkel die suiker egalig oor. Sprinkel bietjie BBQ spice of braai-spice oor (aangesien dit die kool) smaak kan gee, of bietjie woestersous. Bedek met deksel of foelie. Plaas in vooraf verhitte oond.
Ek sit myne vir eerste 15 min op 200 ºC en oorblywende 40 min by 180ºC. Hou vloeistof dop.
Sous is lekker saam kos. Bedien op rys.
Hoeveelhede is na gelang van gesingrootte. Frikadelle grootte van ‘n eier.

Resep en foto:- Daleen Terblanche




MIELIERYS EN WATERBLOMMETJIE BOBOTIE

2013-07-02-mielierysenwaterblommetjiebobotie

MIELIERYS EN WATERBLOMMETJIE BOBOTIE
½ koppie droë appelkose gesnipper en geweek in ½ koppie lou melk
1 koppie ekstra melk
250 g waterblommetjies
1 sny witbrood
1 groot ui in ringe gesny
20 ml botter
20 ml kerriepoeier
10 ml borrie
1 kg maalvleis
½ koppie rosyne
1 appel geskil en gerasper
10 ml sout
3 eiers
250 gaar mielierys
3 suurlemoenblare

Week appelkose in melk.
Kook waterblommetjies in water vir 10 min.
Dreineer en hou eenkant.
Week witbrood in 2de lot melk, druk melk uit en maak fyn.
Soteer uie in botter tot deurskynend.
Voeg kerriepoeier en borrie by en braai 2 min.
Voeg maalvleis by en soteer vir 3 min.
Voeg gedreineerde appelkose, rosyne,appel en sout by en roer tot gaar.
Klits eiers en res van die melk saam, voeg bietjie borrie by melkmengsel.
Meng vleismengsel, mielierys, brood en waterblommetjies saam en sit in swart platboom ysterpot.
Giet melkmengsel bo-oor, druk suurlemoenblare in en sit deksel op.
Bak vir 40 min by 180ºC of tot eier gestol is.
Nota:
Ek gaan myne in ‘n bak sit met bietjie water.
Kan ook oor warm kole gebak word, eers van onder vir 30 tot 40 min. Plaas ‘n paar kole op deksel en bak vir nog 20 min.

Foto en resep geplaas deur Elsa Van Antwerpen Kleinhans




KERRIE LAMSBREDIE

2013-07-02-kerrielamsbredie
KERRIE LAMSBREDIE
Foto en resep geplaas deur Linda Venter
FOOD LOVERS RECIPES
500 g lamsboud vleis in blokkies gesny
1 teelepel gemmer puree
1 teelepel knoffel puree
1 koppie uie puree
½ kpoppie olie
1 teelepel komynsade
1 teelepel kojandersade
2-3 lourierblare
4 kerrieblare
1 kaneelbas
4 kardamoms
2 teelepels garam masala
2 teelepels “leaf masala
½ teelepel rooipeperpoeier
1 teelepel borriepoeier
1 teelepel rajah kerrie (medium)
1 teelepel paprika
2 koppies fyngekapte tamaties sonder skil
1 beef blokkie opgelos in 250 ml kookwater
8 groot aartappels in blokke gesny
1 teelepel sout

Verhit olie, gooi die komynsade, kardamoms, lourierblare, kerrieblare, kaneelbas en kojandersade daarin. Wanneer sade begin skiet, voeg die gemmer, koffel en uie puree by en roer oor hoë hitte tot lig bruin. Sit die garam masala, leaf masala, borriepoeier, paprika, rooipeperpoeier en rajah kerrie by en meng deur.
Voeg die vleis en beefblokkie by en roer deeglik deur op hoë hitte.   Roer die die fyngekapte tamaties by.
Plaas die aartappels bo-op en roer liggies.  Laat prut in die pot vir so lank as nodig, tot alles gaar en sag is.  Bedien met Basmati  rys.

Onthou al die bykomstighede by hierdie kerrie gereg:  klapper, piesang en van ouma se tuisgemaakte blatjang

 




BANANA MUFFINS

banana muffins wilna
BANANA MUFFINS
Photo:  ‎Wilna Dorfling‎
FOOD LOVERS RECIPES
4 ripe bananas
1 cup of brown sugar (225 g)
2 large eggs
125 g of melted Stork tub
5 ml of vanilla essence or ½ a vanilla bean
1 cup of flour (115 g)
½ cup of oats (50 g)
½ cup of desiccated coconut (40 g)
5 ml bicarbonate of soda
5ml baking powder
5 ml of cinnamon
Mash the bananas and the sugar together. Put it in a medium bowl and add the eggs, melted Stork tub and vanilla.
In a large bowl, sift the flour, bicarbonate of soda, baking powder and cinnamon together. Add coconut and oats.
Add the first banana mixture to the dry ingredients and mix completely.
Spoon mixture into muffin pans with muffin liners.
Bake for between 15 and 18 minutes until golden brown.

 




PATATS MET GEMMERKOEKIES

patats met marshmallows
PATATS MET GEMMERKOEKIES
6 patats
150g bruinsuiker
50ml stroop
½ pak Marshmellows – gesnipper
250ml room
Pakkie gemmerkoekies – fyn gedruk.
Kook patats in soutwater tot amper gaar.
Meng suiker, stroop en room.
Pak lae patats en koekies, gooi suikermengsel oor.
Bak in matige oond tot sous dik word
Foto:  Marian van Deventer

 




ROERBROODJIE

2013-07-01-roerbroodtjie
ROERBROODJIE
Het die resep jare terug by n vriendin gekry.
3 koppies koekmeel
3 koppies bruinmeel
1 pakkie gis
2 eetlepels suiker
sout

Meng alles saam met louwater (skat hoeveelheid tot deeg reg lyk) tot lekker gemeng. Deeg moenie te slap wees nie. Gebruik ‘n houtlepel om deeg te meng. Sit in broodpannetjies. Laat rys op warm plek en bak by 180°C tot gaar.
Resep en foto: Patience Rossouw Grobler O’Kennedy




GEBRUIK VAN KRUIE EN SPESERYE

2013-07-02-kruieenspeserye

GEBRUIK VAN KRUIE EN SPESERYE
Pimento (Allspice) – Bredies
Basiliekruid (Basil) – Tamatie, eier, kaas, skaap, visgeregte
en slaaie
Lourierblare (Bay leaves) – Sop, bredies, maalvleis, bobotie,
piekels, vis en pastas
Kappertjiesaad (Capers) – Vis- en ander seekosse
Rissiepeper (Cayene pepper) – Kaas- en eiergeregte
Chilli – Sterk gegeurde vleis-, vis en groentegeregte
Grasuie (Chives) – Slaaie, sop, souse en doopsouse
Kaneel (Cinnamon) – Souse en vrugtegeregte, soetpatats, –
pampoen, nageregte, soetgebak
Naeltjies (Cloves) – Hoender-, vark-, vis- en
wildsvleisgeregte
Koljander (Coriander) – Vleis, droëwors en biltong
Vinkel (Fennel) – Groente en slaaie
Knoffel (Garlic) – Vleis, vis, groente en slaaie
Gemmer (Ginger) – Soetgebak, kerrie en soet-suur
vleisgeregte
Peperwortel (Horseradish) – Gebraaide bees en skaap
Foelie (Mace) – Bredies, frikkadelle, roomsouse en
hoendervulsels
Moederkruid (Marjoram) – Sop, bredies and vleisvulsels
Ment (Mint) – Groente en vis (met botter)
Mostert (Mustard) – Vleis, vis, groente, souse en sop
Neutmuskaat (Nutmeg) – Vleis, groente en soetgebak
Oreganum (Oregano) – Sop, bredies, slaaie, Italiaanse geregte
o.a. pizzas en pastas (wat tamatie bevat)
Paprika – Vleisgeregte, groente en slaaie
Pietersielie (Parsley) – Sop, vleis, vis, groente, soutgebak,
pastas en slaaie
Roosmaryn (Rosemary) – Vleisgeregte, hoender, sop en souse
Safraan (Saffron) – Rys, vulsels en vleis
Salie (Sage) – Vulsels vir vleis en hoender
Dragon (Tarragon) – Lamvleis, souse en piekels
Tiemie (Thyme) – Vleis (skaap en hoender), groente en sop
Borrie (Turmeric) – Kerrie, geelrys
Bronslaai (Watercress) – Slaaie

Geplaas deur Marie Rheeder Troskie
Bron- Afr resepte




GEBRUIKE VIR SPESERYE

2013-07-02-speserye
GEBRUIKE VIR SPESERYE

Eksotiese speserye van regoor die wêreld is deesdae tot ons beskikking , tog beteken die beskikbaarheid daarvan maar min as jy nie weet hoe om dit te gebruik nie. Tower jou kookkuns op met die wonderwêreld van speserye.

Om die wêreld van speserye in die beperkte ruimte van een artikel in te pas, is ´n moeilike taak. Hierdie is dus slegs ´n aptytwekker – net ´n kort beskrywing van sommige speserye wat dikwels in die kombuis gebruik is.

Brandrissie

In plaas daarvan om rooipeper of rissiepoeier te gebruik om ´n byt aan jou kos te gee, gebruik klein gedroogde brandrissies. Dit is baie maklik om die sterkte te beheer, deur die hoeveelheid rissies wat jy insit, aan te pas. Die ander voordeel is dat jy die brandrissies dadelik kan verwyder as dit te skerp proe, of as dit net reg is en jy dit nie skerper wil hê nie. Brandrissies word ook in tuisgemaakte kerriepoeier gebruik.

Kaneelstok

Almal van ons ken kaneel in pannekoek en ander lekkernye, maar dit kan ook vir sout-geregte gebruik word. Kaneel, veral saam met komyn en koljander, word dikwels in die Marokkaanse kookkuns gebruik. Voeg ´n heel kaneelstok by jou volgende bees-, vark- of skaapstowegereg. Of probeer die resepte vir vla en spesery-tee, wat onderaan verskyn.

Kardemom

Dis baie moeilik om die geur van kardemom te beskryf , maar wat ek wel kan sê is dat dit onmoontlik is om nie aan die geur verslaaf te raak nie! Dit is terselfdertyd sterk en tog subtiel, warm en kamfer. Dit is die heel beste om kardemompeule aan te koop. Onthou: dit moet groen en plomp wees. Binne die peul is daar klein swart saadjies ,dis wat jy wil gebruik , maar in baie geregte kan jy die hele peul insit en later verwyder. As jy dit heel insit, gebruik´n harde voorwerp, om die peul te ‘crush’ sodat die heerlike geure vrygestel kan word. Dit word alom in pilafs, drankies (bv. koffie en tee), nageregte, vrugtedisse, koekies en vleisgeregte gebruik.

Gemmer

Fyn gemmer is beslis nie onbekend nie, maar die vars gemmer waarvan dit afkomstig is, kry nie soveel aandag nie. Vars gemmer kan per kilogram aangekoop word en is dikwels by die groente-afdeling verkrygbaar. Maak seker dat dit nie gerimpel is nie, want dan is dit oud. Om dit te gebruik, breek ´n stukkie af, skil dit en rasper dit fyn. Heerlik as jy dit saam met uie braai vir roerbraai of kerrie. Mens kan ook gemmer klaar gerasper koop -John West se vars gemmer is byvoorbeeld heerlik om in die yskas aan te hou.

Kerrieblare

´n Eenvoudige manier om jou aan die smaak van kerrieblare bekend te stel, is om dit  by jou ma se kerrie-resep of by jou oorspronklike kerrie-resep te voeg. Mens gooi net eenvoudig een of twee takkies by terwyl die gereg prut en proe! Alhoewel mens dit kan eet, is dit beter om die blare uit te haal as jy nog aan die smaak gewoond raak. Sommige supermarkte het wonderlike afdelings waar mens Oosterse bestanddele kan aankoop insluitend vars kerrieblare wat jy per gewig koop. Dit kan tot 7 dae in die yskas bly, as dit dan nog nie opgebruik is nie, knoop die sakkie toe en hou dit in die vrieskas om later te gebruik.

Koljander

As getroue Suid-Afrikaner sal jy sommer dadelik die geur van koljander herken  dit word alom as geurmiddel vir biltong en wors gebruik! Koljanderblare word as krui

gebruik, terwyl die saad as spesery gebruik word. Koljandersaad vorm die basis van baie kerriepoeiers en masala. Dit word ook dikwels by ingelegde groente en vrugte gevoeg en word ook in die maak van blatjang gebruik.

Komyn

Komynsaad is lank, ovaalvormig en bruin. Dit kom meestal in fyngemaalde vorm voor. Komyn is een van die belangrikste bestanddele van kerriepoeier, masala en dukka. Komyn en koljander word dikwels saam in Indiese kos gebruik. Mens kan ook heerlike gegeurde flatbreads met komyn en koljander maak.

Lourierblare

Lourierblare het geen bekendstelling nodig nie. Maar, het jy geweet dat dit ´n boom is wat sommer baie maklik in ´n groot pot op jou stoep of in jou tuin sal groei? Nie net het die Grieke geglo dat dit jou wysheid sal bring nie, dis ook baie lekker om altyd ´n voorraad van vars lourierblare te hê, wat baie geuriger as die gedroogde weergawe is. Dit word in bobotie en baie ander vleisgeregte as geurmiddel gebruik.

Neutmuskaat

Neutmuskaat het ´n soet, warm aroma. Dis meestal in fyngemaalde vorm beskikbaar. Dis eintlik ´n groot saad met ´n pit in. Die pit, of kern, word heel verkoop en mens kan dan daarvan rasper soos jy dit benodig. Rondom die saad kom daar nog ´n spesery voor : foelie. Dit het ´n sterker neutmuskaat geur. Neutmuskaat word dikwels, maar nie uitsluitlik nie, in soetgebak gebruik. Witsous (blanchamel) is heerlik met ´n knypie neutmuskaat in, veral as jy eers die melk met lourierblare gegeur het.

Steranys

Steranys is die songedroogde vrug van ´n sekere magnolia-boom. Die geur daarvan is baie sterk en herinner aan die van anys en liquorice. Dit is meesal bekend inChinese five spice waar dit met Sichuan peper, vinkelsaad, naeltjies en kaneel gemeng word. Dit smaak heerlik in ´n suikerstroop om oor tropiese vrugte te eet, of voeg dit by wanneer jy pere in rooiwyn en speserye posjeer.

Saffraan

Saffraan is die stempel van die saffraanblom en word met die hand geoes. Ongeveer 80 000 blomme is nodig om 2.5 kg stempels te kry, wat 500 g saffraan lewer nadat dit gerooster is. Dit is dus geen verrassing dat saffraan die heel duurste spesery is nie. Gelukkig hoef mens nie baie daarvan te gebruik om die trefkrag te proe nie. Saffraan word as kleur- en geurmiddel gebruik. Dit kom tradisioneel in paella voor.

Gebruike van Kruie en Speserye

Naam Gebruik Engelse Naam
Basiliekruid Tamatie, eier, kaas, skaap, visgeregte en slaaie Basil
Borrie Kerrie, geelrys Turmeric
Brandrissie Sterk gegeurde vleis, vis en groentegeregte Chilli
Bronslaai Slaaie Watercress
Dragon Lamvleis, souse en piekels Tarragon
Foelie Bredies, frikkadelle, roomsouse, hoendervulsels en vrugtekoek Mace
Gemmer Soetgebak, kerrie en soet-suur vleisgeregte Ginger
Grasuie Slaaie, sop, souse en doopsouse Chives
Kaneel Souse en vrugtegeregte, soetpatats, pampoen, nageregte, soetgebak Cinnamon
Kappertjiesaad Vis en ander seekosse Capers
Knoffel Vleis, vis, groente en slaaie Garlic
Koljander Vleis, droëwors en biltong Coriander
Komyn kerriegeregte (Maleise resepte) Cumin (Jeera)
Lourierblare Sop, bredies, maalvleis, bobotie, piekels, vis en pastas Bay leaves
Ment Groente, lamsvleis en vis (met botter) Mint
Moederkruid Sop, bredies en vleisvulsels Marjoram
Mostert Vleis, vis, groente, souse en sop Mustard
Naeltjies Hoender, vark, vis en wildsvleisgeregte Cloves
Neutmuskaat Vleis, groente en soetgebak Nutmeg
Oreganum Sop, slaaie, Italiaanse geregte o.a. pizzas en pastas (wat tamatie bevat) Oregano
Paprika Vleisgeregte, groente en slaaie Paprika
Peperwortel Gebraaide bees en skaap Horseradish
Pietersielie Sop, vleis, vis, groente, soutgebak, pastas en slaaie Parsley
Pimento Bredies Allspice
Rissiepeper Kaas en eiergeregte Cayene pepper
Roosmaryn Vleisgeregte, hoender, sop en souse Rosemary
Saffraan Rys, vulsels en vleis Saffron
Salie Vulsels vir vleis en hoender Sage
Tiemie Vleis (skaap en hoender), groente en sop Thyme
Vinkel Groente, visgeregte en slaaie Fennel (Barishap




MIKROGOLF BOTTERSKORSIE EN WORTELKOEK

botterskorsie koektested

MIKROGOLF BOTTERSKORSIE EN WORTELKOEK
Koek:
2 eiers
250 ml (1 koppie) sagte bruinsuiker
187 ml (¾ koppie) olie
2,5 ml (½ teelepel) vanilla geursel
500 ml (2 koppies) koekmeel
10 ml (2 teelepels) bakpoeier
2,5 ml (½ teelepel) fyn kaneel
knypie sout
250 ml (1 koppie) gaar botterskorsie, verpulp
250 ml (1 koppie) wortels, fyn gerasper
50 g (½ pakkie) gemengde neute, gekap

Versiersel:
192,5 g (½ blik) gekookte kondensmelk
50 g (½ plak) donkersjokolade, gesmelt
625 ml (2½ koppies) versiersuiker, gesif
125 g (½ bakkie) laevetroomkaas teen kamertemperatuur

Stel oond op 160 °C.
Koek:
Klits eiers en bruinsuiker goed saam.
Voeg olie en vanilla by en klits goed.
Sif koekmeel, bakpoeier, kaneel en sout. Roer meelmengsel by eiermengsel tot goed gemeng.
Meng botterskorsie, wortels en neute en vou by beslag in.
Verdeel beslag in twee gevoerde koekpanne met 20 cm-deursnee.
Bak vir 30 min. of tot toetspen skoon uitkom.
Laat bietjie in koekpanne afkoel. Keer koeke op afkoelrakkie uit om heeltemal af te koel.
Versiersel:
Roer kondensmelk tot glad. Roer gesmelte sjokolade by.
Roer versiersuiker en roomkaas beurtelings by kondensmelkmengsel tot glad.
Versier koek soos verkies.

Foto en resep geplaas deur Adam Cloete

MIKROGOLF AANPASSING DEUR ADAM CLOETE
Ek het die koek in die mikrogolf gebak. Die beslag is in twee dele verdeel vir die 2 lae en elke laag het ek op 80% vir 8 minute gebak.

VERSIERSEL
http://www.foodloversrecipes.com/2015/08/karamel-versiersel-van-kits-poeding/




WENKE VIR HIGIENIESE HANTERING VAN HOENDER

2013-07-01-4goedwatjymoetweetoorhoender

WENKE VIR HIGIENIESE HANTERING VAN HOENDER
In bredie, roerbraai, gebraai of gestoom,  hoender se veelsydigheid ken geen einde nie. Verwyder die vel, dan is dit een van die goedkoopste keuses, as dit by gesond eet kom.
Bedek hoender dadelik om dit teen bakterieë te beskerm.
Wees veilig met hoender: Hoender is hoogs bederfbaar en moet daarom met sorg hanteer word. Bakterieë vermeerder by ‘n sekere graad van hitte, temperature tussen 8ºC en 75 °C is die gevaarsone. Verhoed bederf deur kos so vinnig as moontlik buite hierdie gevaarsone te kry, hetsy deur dit te verhit of bo 75 °C warm te hou of so vinning as moontlik te laat afkoel en dan in die yskas te plaas.
Yskas wenke: Moenie warm kos in die yskas plaas nie, dit maak al die ander kos in die yskas meer vatbaar vir bakteriese bederf.
Bêre rou vleis op die onderste rak van die yskas en gaar kos op die boonste rakke, sodat rou kos nie op gaar kosse kan drup nie.
Kapborde: Moenie dieselfde kapbord en mes gebruik waarop rou hoender gesny is om bv. slaai op fyn te kerf nie. Die slaai kan besmet word met die bakterieë van die rou hoender.
Skrop kapplanke en messe in warm seepwater om ontslae te raak van kieme. Was jou hande gereeld. Meeste kombuise het kleurkodes vir kapplanke, vir rou en gaar kos.
Rou vs gaar: Moenie gebraaide hoender met dieselfde tang waarmee jy dit uit die marinade gehaal het, van die kole verwyder nie. Moet dit ook nie in dieselfde bak plaas as waarin die rou hoender in was nie.
Wenke: Marie Rheeder Troskie