HOE OM ‘N SAMOOSA TE VOU

HOE OM ‘N SAMOOSA TE VOU

HOE OM ‘N SAMOOSA TE VOU
Weet jy hoe om inkopie sakkies te vou? Die driehoek manier? Wel jy vou samoosas dieselfde.Sny jou deeg ongeveer 4 cm x 8 cm. Le die deeg voor jou met sy lengte voor jou uit.Vat die linker hoekie naaste aan jou en vou oor die deeg na die regterkant om die punt dan diagonaal oor te steek. Vul jou vleis nou in die driehoek opening. Vou die driehoek dan na links, dan na regs en dan behoort dit ‘n driehoek te wees




MAYONNAISE EN BLATJANG TJOPS

may en blatjang tjopstested

MAYONNAISE EN BLATJANG TJOPS
4 vark tjops
½ koppie mayonaise
¼ koppie blatjang
¼ koppie tamatiesous
1/2 pakkie bruin uiesoppoeier
1 koppie kookwater

Braai tjoppies tot net bruin en pak in oondbak.
Meng die res van die bestanddele saam en gooi oor tjops.
Bak vir 30 min teen 200 grade C.

BRON – Mari Krige Burger
FOTO:  Yvonne Vd Merwe Kotzé




BEEF EN CHEESE PIE

beef and cheese piebeef and cheese pie 2beef and cheese pie 3BEEF-EN-CHEESE-PIE-2tested

BEEF EN CHEESE PIE
Fry beef cubes, onions and garlic till brown.

Season with Salt, pepper and Italian spice.

Add 1cup coke cola and spinach

Boil then simmer till dry.

Add 2 tsp Oxtail soup. (Dry)

Use 2 sheets of puff pastry to fill bottom of foil bakkie. Put some filling in, top with grated cheese and cover with the other puff pastry sheet. Seal the two sheets with beaten egg. Wash with egg and bake at 180 degrees C. until golden brown
Nix Botha – Die oond hier in Taiwan is nie soos ons dit ken nie…ekt dit op 200° gesit vir 45min!
BRON – Nix Botha




BLANCHING TIMES

BLANCHING TIMES

BLANCHING TIMES
Asparagus, small spears: 2 minutes
Asparagus, large spears: 4 minutes
Green, wax, or Italian beans, small: 2 minutes; large: 3 minutes
Broccoli, 1½-inch pieces: 3 minutes
Brussels sprouts, small heads: 3 minutes; large heads: 5 minutes
Cabbage, quarters: 4 minutes; wedges: 2 minutes; shredded: 1½ minutes
Carrots, sliced or diced: 2 minutes; whole: 5 minutes
Cauliflower, small pieces: 3 minutes; large pieces: 5 minutes
Corn, whole cut kernel or cream style: 4 minutes
Corn on the cob, small ears: 7 minutes; medium ears:
9 minutes; large ears: 11 minutes
Okra, small pods: 3 minutes; large pods: 5 minutes
Mushrooms: Steam whole 5 minutes, buttons or quarters 3 1/2 minutes, slices 3 minutes.
Peas, black-eyed and green, small: 1½ minutes; large: 2½ minutes
Sugar peas, small: 2 minutes; large: 3 minutes
Zucchini or summer squash, ¼- to ½-inch slices: 3 minutes
Chopped onions and peppers usually don’t need blanching.

Sweet potatoes, pumpkin, spaghetti squash, and tomatoes should be cooked before freezing. Steam blanching normally requires 50 percent more time than water blanching. Steam blanching is less likely to cause water-soaked vegetables and is ideal for broccoli and other delicate vegetables.
If you don’t have a blancher, substitute a colander, sieve, or deep-fryer basket.




FRIDGE TART ALA JENNIFER

tested
FRIDGE TART ALA JENNIFER
Recipe and photo:  Jennifer Weir

397 g tin condensed milk
280 g Philadelphia full fat soft cheese / smooth Cottage cheese
300 ml double cream
juice of 2 lemons
½ teaspoon vanilla
1 packet Tennis biscuits

Whisk the condensed milk and cheese until smooth, add the cream and whisk until thick. Add the vanilla and lemon juice, then whisk again. Be careful not to over whisk, you know what happens to cream when you over whisk it!
Line a dish with Tennis biscuits, spread half the mixture on top, then add another layer of tennis biscuits and add the last layer of mixture. Place cherries on the top (Or whatever you want to use) and refrigerate! (I put mine in the freezer for about an hour then put in fridge)
Source:  Jennifer Weir

Note:  A medium lemon will give 2 – 3 Tablespoons of juice, where a larger lemon can give 1/4 cup (4 Tablespoons). Just have to decide on much lemon flavor you want in your recipe as to which number you pick.




BENHET SE VLAKOEKIES

 

BENHET SE VLAKOEKIEStested

BENHET SE VLAKOEKIES
BRON – Wenresepte 3
FOTO – Benhet Nieuwenhuis
340 g botter
100 g versiersuiker
5 ml vanieljegeursel
325 g ongesifte koekmeel – 625ml koekmeel
175 g vla poeier
20 ml bakpoeier
knippie sout

Voorverhit oond op 180°C.
Verroom botter. Voeg versiersuiker by en meng. Voeg geursel by en meng goed.
Sif meel, vlaploeier, bakpoeier en sout saam. Voeg by botter mengsel en knie tot deeg vorm.
Vorm koekies. Plaas uitmekaar op bakplaat en bak 10 – 12 min.
Baie lekker! !!
Dis ‘n sagte deeg. Werk met ‘n koekie drukker of maak balletjies. Hy kan nie gerol word nie!!
Flash maak kleur bietjie donkerder as wat dit is!!
Ekt 61 koekies van ongeveer 18g uit gekry.

Letty Schoombie:
Ok, hier is die res van die geheim, gebruik sagte droëkoekie vulsel op die volgende bladsy 190.
250 g botter/margarien
500 g versiersuiker gesif
1 eiergeel. goed geklits
5 ml gliserien
knypie sout

Verroom die smeer.
Klop versiersuiker bietjiegewys by en dan die eiergeel, gliserien en sout.
Klop mengsel baie goed. Vul koekies taamlik dik hiermee.
Dis nou regtig vlakoekies wat smelt in die mond.
Ek gebruik die helfte van die vulsel resep vir ‘n baksel koekies.




OUTYDSE BLIKKIE KERRIEVIS

blikkie kerrievis2testedkerrievis in blikkies

OUTYDSE BLIKKIE KERRIEVIS
Die resep het ek nog van ‘n Kaapse Maleier gekry … Orals waar ek gaan en iets eet waarvan ek hou, bedel ek die resep … Dit proe soos die regte blikkies vis van vroeër jare.
1 kg snoek/ hake in porsies gesny
Sout na smaak
Kookolie vir vlakbraai
2 groot uie, in ringe gesny
5 knoffelhuisies, gekap
2 koppies asyn
2 koppies water
2 teelepels fyn koljander
2 teelepels fyn komyn
1 eetlepel masala
1 teelepel borrie
2 lourier blare
4 elk wonderpeperbessies en naeltjies
1/4 teelepel peperkorrels
Suiker na smaak

Geur vis met sout, druk in meel, en braai in olie tot gaar …. Behou olie … Plaas res van bestanddele behalwe suiker in kastrol en verhit tot kookpunt. Verminder hitte en pruit tot uie deurskynend maar nog ferm is. Voeg suiker na smaak by en roer tot opgelos. Giet warm sous en olie oor vis … Maak seker dat elke porsie vis bedek is.
BRON – Petré Van Jaarsveld




OUTYDSE SOETKOEKIES–MET BESKUIT DRUKKER

OUTYDSE SOETKOEKIES – MET BESKUIT DRUKKERtestedsoetkoekies benhet

OUTYDSE SOETKOEKIES – MET BESKUIT DRUKKER
250 g botter
600 g suiker
5 groot eiers
800 g ongesifte koekmeel
30 ml bakpoeier
10 ml neutmuskaat
2 ml sout

Verroom botter, Suiker en eiers! Sif koekmeel , bakpoeier, neutmuskaat en sout saam! Meng droe bestanddele met eier mengsel tot sagte deeg! Bedek en laat 30min rus. Voorverhit die oond tot 200c (ekt op 180 gewerk anders word my koekies donker onder)
Rol die deeg dun uit (dun)
En druk vorms (eks soma my beskuit pan se drukker gebruik) Strooi ekstra suiker bo oor! Bak 8-12 min.
Ekt 145 koekies uit gekry
Michael wou meultjie koekies gehad het maar die is nou by die see so toe werk die beskuit drukker sommer ) baie lekker

FOTO – Benhet Nieuwenhuis




AARTAPPEL EN UIE KOEKIES

 

aartappel koekies lisindatested

AARTAPPEL EN UIE KOEKIES
Bestanddele
1 eetlepel (15 ml) bruinsuiker
1 eetlepel (15 ml) Balsamiese-asyn
1 eetlepel (15 ml) rooiwynasyn
1 rooi ui, in ± ½ cm ringe gesny
3 medium aartappels, gerasper
2 teelepels (10 ml) roosmaryn, grof gekap
1 groot eier, liggies geklits.
2 eetlepels (30 ml) botter, gesmelt
Sout en swartpeper na smaak

Metode
Verhit die oond tot 180°C.
Spuit die holtes van ‘n medium muffinpan met kleefweerde sproei.
Meng die bruinsuiker en asyn saam in ‘n mengbak en verdeel die mengsel tussen elke muffinpan-holte. Plaas ‘n uiering in elke holte.
Meng die aartappel, roosmaryn, eier en botter saam en geur goed met sout en swartpeper.
Skep genoeg van die aartappel bo-op om elke uiering te bedek en gebruik die agterkant van ‘n lepel om dit effens vas te druk.
Bak vir 20-25 minute of tot die aartappel goudbruin en gaar is.
Gebruik ‘n mes met ‘n dun lem om die rante los te maak. Keer uit en bedien warm saam met spek en roereiers.
BRON – RSG
FOTO:  Lisinda Blaauw




DEDREI SE HEERLIKE MACARONI EN KAAS

DEDREI VENTER SE HEERLIKE MACARONI EN KAAStested

DEDREI SE HEERLIKE MACARONI EN KAAS
Foto en resep deur Dedrei Venter
FOOD LOVERS RECIPES
½ pakkie macaroni
500 g maalvleis
1 gekapte ui
Sout, peper en tjop speserye
Tamatiesous
Blatjang
Tamaties
Gerasperde Cheddar
5 eiers
½ koppie melk

Kook macaroni in water met sout en bietjie olie.
Braai ui en maalvleis met speserye, blatjang en tamatiesous.
Neem oondvaste bak, pak lae van macaroni, maalvleis, tamatie skyfies, herhaal twee maal.
Heel bo op gerasperde chedder.
Meng eiers, melk en sout en peper en giet bo oor.
Bak in oond van 180ºC ongeveer 20-25 min.