KNOFFELBROOD MET ROOM


KNOFFELBROOD MET ROOM
1 kg vetkoek deeg – deeg wat by “Spar/Checkers” te koop is.
500 ml Ultramel room of enige ander volroom
kaas, soveel soos wat jy wil insit (ekke vat sommer lekker beleë cheddar)
gebraaide spek (opsioneel)
gekapte swart olywe (opsioneel)
knoffel, oveel soos wat jy wil insit
Maak die deeg in lang vorm (soos ‘n brood).
Sny dit in die middel oop (in lengte), voeg kaas, knoffel, ens. in en druk die deeg toe.
Draai die deeg om met gesnyde kant na onder.
Plaas die deeg in gesmeerde broodpan /oondpan (pan moet diep wees).
Gooi 375 ml room oor die deeg.
Strooi bietjie kaas en paprika bo-oor.
Vooraf verhit die oond tot 180°C.
Bak ongeveer uur.
Gooi die laaste room oor – 5 minute voor die brood uitgehaal word.
Die warm brood kan in die room in pan gedoop word soos dit geëet word of opgesmeer word. Hoe langer die brood in die room lê hoe lekkerder.
BRON: Tinkie Nel Nortmann
FOTO: Lisinda Blaauw









