TANNIE WYNA SE VANILLAKOEK

2013-07-17-tanniewynasevaniljekoektested
TANNIE WYNA SE VANILLAKOEK
Hier is die resep
1 ½ koppies suiker
4 ekstra groot eiers
1 teelepel vanilla geursel
Klits die 3 bestanddele saam tot lig en fluffy omtrent 10 min lank.
2 koppies koekmeel
2 opgehoopte eetlepels maizena
3 teelepels bakpoeier
½ teelepel sout
Sif die bestanddele saam en klits dit in die eierbeslag in.
Verhit die volgende 3 bestanddele tot alles warm en gesmelt is:
1 ½ koppies melk
2 eetlepels kookolie
2 eetlepels margarineGiet die vloeistof op die deeg en vou dit baie goed in.
Verdeel die beslag in 2 gesmeerde koekpanne wat uitgevoer is met waspapier en bak vir 25-30 min by 180ºC.

VERSIERSEL
250 g sunshine D margarine
500 g versiersuiker
1 teelepel vanilla geursel
4 eetlepels melk

Klits eers die margarien tot sag. Voeg die res van die bestanddele by en klits tot dit lig van kleur en baie fluffy.
Indien dit nog te styf  lyk, voeg eetlepels gewys melk by, en klits weer tot dit slap genoeg is om lekker te kan smeer.

En mens kan dit verander na sjokolade of lemoenkoek toe.
Vir sjokolade voeg net 2 opgehoopte eetlepels kakao by in die vloeistof mengsel, en verhit dit. En jy sit kakao in by die versiersel.

As jy lemoenkoek wil maak gebruik jy 1 teelepel fyngerasperde lemoenskil ipv vanilla geursel.
Gebruik 1 ½ koppies vars uitgedrukte lemoensap ipv melk.

Resep: Naudéa Visser
2de foto:  Marié Fourie
Chocolate koek gebak met Tannie Wyna se vanilla koek resep op die blog.
Ek het net kakao by gesit soos resep lees. Het ‘n bar one sjokolade gesmelt en bo oor die versiersel gedrup en sjokolade gerasper en bo oor gestrooi.




SUURLEMOEN MERINGUETERT

suurlemoen meringue tert 2
SUURLEMOEN MERINGUETERT

Lewer middelslag-tert van 25cm in deursnee
Kors:
275 ml koekmeel
1 ml sout
80 ml (75 g) sagte botter of margarien
60 ml koue water

Vulsel:
250 ml suiker
175 ml mielieblom (maizena)
1 ml sout
500 ml water
3 groot eiers (geskei)
25 ml (20 g) botter of margarien
100 ml suurlemoensap
125 ml strooisuiker

Kors:

Sif koekmeel en sout saam. Voeg die botter/margarien by en roer die water by. Meng tot deeg ‘n bol vorm en plaas in sakkie in yskas vir 30 min.
Verhit die oond tot 220ºC. Rol deeg dun uit en voer ‘n gesmeerde tertbak met volume van 1 liter daarmee uit. Prik boom met ‘n vurk en bak die kors blind vir 15 minute. Verwyder waspapier met bone/rys, en bak die kors ‘n verdere 10 minute. Laat kors heeltemal afkoel.

Vulsel: Meng die suiker, mielieblom en sout saam in die boonste deel van ‘n dubbele kastrol. Roer die water by. Verhit die mengsel oor kokende water tot dik; roer dit af en toe. Laat dit vir 15 minute stadig kook.
Voorverhit die oond tot 160*C. Klits die eiergele, voeg bietjie van die warm mengsel stadig hierby en roer dan alles geleidelik by die mengsel in die dubbele kastrol. Roer dit 2 minute oor kokende water. Haal die mengsel van die kokende water af, roer die botter/margarien by en laat dit afkoel. Roer die suurlemoensap by. Skep die suurlemoenvulsel in die tertkors. Klits die eierwitte totdat stywe punte vorm. Klits twee derdes van die strooisuiker geleidelik by. Vou die res liggies met ‘n metaallepel in die meringue in. Skep die meringue op die suurlemoenvulsel.
Bak die tert 15 minute lank op die middelste oondrak tot ‘n baie ligte bruin. Sit dit warm of koud voor

Foto: Regina Strydom




RENE SE VETKOEK

2013-07-15-vetkoekefotomadeleinewaltersbester
RENE SE VETKOEK

Ek bak dié vetkoek al baie lank. Dit is lekker hol en die kinders sny net ‘n gleufie in die kant en skep die “pocket” vol vleis.
Hoop dit werk vir jou. My truuk is dat ek net 1 vetkoek op ‘n slag bak en dan die warm olie bo-oor skep todat die bokant lekker vet is…draai om wanneer dit mooi opgepof het.

Ek bak potbrood, brood en broodrolletjies met die deeg.

7 koppies koekmeel
1 groen pakkie (10 g) droë gis
3 eetlepels suiker
1 eetlepel sout
3 eetlepels kookolie
± 2 koppies warm (nie kook) water

Meng al die bestanddele behalwe die water.
Voeg water stelselmatig by.
Knie totdat die meel nie meer aan jou hande vasklou nie.
(gebruik bietjie droë meel om net die deeg van jou hande af te frummel).
Maak die deeg in ‘n bol en smeer olie bo-oor.
Bedek die skottel met plastiek. Maak warm toe met kombers.
Laat dit staan en rys vir omtrent 2 ure in ‘n warm plek. Die deeg sal vedubbel.
Ek maak bolletjies en druk dié plat. Bedek weer met (geoliede) plastiek en laat dit rys terwyl die olie opwarm.

Plaas in olie en bak.
GENIET!!!
Elize.

FOTO- Madeleine Walter Bester




GIDEON SE LEKKER LASAGNE

2013-07-15-lasagnefotogideonlouw
GIDEON SE LEKKER LASAGNE
Maak ongeveer 800 g maalvleis gaar volgens jou smaak.
Ek voeg ook 1x 410 g blikkie tamatie en uiemengsel by.
Asook ‘n pakkie vars sampioene.
Pietersielie, sout, peper en ‘n bietjie suiker.
Kook spinasie-lintnoedels en hou eenkant.
Maak witsous met 1 liter melk, 125 g botter en 3 hoogvol eetlepels meel.
Voeg bietjie sout en peper by.
En 1 koppie gerasperde kaas.

Pak nou eers ‘n laag noedels, dan ‘n lagie maalvleis, dan witsous. Herhaal en eindig met witsous. Bak vir ongeveer ‘n uur by 180°C en strooi gerasperde kaas oor wanneer dit uit die oond kom.

RESEP: Gideon Louw




KOPER PENNIE WORTELSLAAI MET SOPPOEIER

tested

KOPER PENNIE WORTELSLAAI MET SOPPOEIER
Slaai
1 kg Wortels
3 Uie
3 Groen Rissies
Sous
250 ml Water
1 Pakkie tamatie roomsop
200 ml Asyn
250 ml Suiker
125 ml Olie
10 ml Worcester Sous
7 ml Mosterd

Metode Slaai
Sny Wortels in ringe. Kook wortels 15 minute (Nie te sag nie). Sny uie in ringe en kook. Sny groen rissies in blokkies. Pak wortels, uie en groen rissies in lae in bak.

Metode Sous
Meng al die bestanddele vir die sous saam. Kook 3 minute saam. Gooi warm sous oor die wortels. Laat staan in yskas vir ten minste een dag

Resep geplaas deur Marie Rheeder Troski




LEKKER GEBRAAIDE SNOEK MET SOUSIE

SNOEK BRAAI

LEKKER GEBRAAIDE SNOEK MET SOUSIE
smeer dit alkant lekker met olyfolie
vat sommer oondpan,met n bietjie olie.
le snoek oop met vel kant onder in pan
vat n bakkieskep so
6e botter
2e knoffel
4e appelkooskonfyt
rasper 1 uie,daarin
sit in mikrogolf so 1 min sit pan op lou kole,
Bedruip vis met sous tot gaar.

BRON- HESTA HUISAMEN




KLAPPER KLUITJIES

FLR Slogan 2b

KLAPPER KLUITJIES
Uit ouma FLORENCE se kombuis
Hierdie reseppie kom uit my ouma se resepteboek, Sy was 83 jaar toe sy oorlede is en ek het die boekie al 25 jaar. Ek gaan hom gee net soos sy dit geskryf het, dis baie lekker en altyd ‘n sukses.

4 eetlepels koekmeel hoogvol
1 eetlepel botter
2 eetlepels klapper
1 eetlepel suiker
1 eier
2 ½ teelepels bakpoeier
3 kleinkoppies kookwater met ½ teelepel sout

Klits suiker en botter en klapper saam met vurk, klits nou die eier in, klits goed. nou meel en bakpoeier in en roer goed. Maak ‘n rukkie koud in yskas, skep dan teelepels vol in die kookwater. Stoofplaat moet op 3 wees as water kook en dan na 1 as kluitjies in is.
Kook 7-8 minute dan is dit gaar, skep in bak met deksel. maak nou die sous.

Sous
Sit ‘n  ½ koppie of meer suiker en bietjie fyn pypkaneel in selfde pot waarin kluitjies gekook is, voeg 1 koppie water by en roer goed en voeg ‘n lekker groot klont botter by.
Kook 10 minute by 3.
Skep die sous oor die souskluitjies en strooi bietjie kaneel oor.

UITSTAANDE RESEP DIE.
Die geheim van souskluitjies is, dat dit soos ‘n laagkoek aangemaak word, dan slaan dit nie toe nie al word dit ook gebere. Moenie die deksel oplig solank dit kook nie. ‘n driekwart duim water in die pot is genoeg, op 7 minute is dit net mooi droog gekook as die stoofplaat afgedraai word in die begin.

Resep:  -Floraine Wasserman Venter




MARDI SE HOENDER MUFFINS


MARDI SE HOENDER MUFFINS
1 kg hoenderborsies, fyngemaal
4 eierwitte
1 ½ – 2 koppies gewone hawermout
½ teelepel gemaalde komyn
½ teelepel gedroogde tiemie
2 teelepels droë geel mostertpoeier
1 teelepel swartpeper
1 teelepel rissiepeper
1 teelepel sout
2 eetlepels gedroogte knoffel of 2 knoffelhuisies, gekneus
1 ui, gekap
4 selderystokkies (fyn gekap)

Voorverhit oond tot 180ºC.
Sproei ‘n muffin of broodpannetjie met Spray ‘n Cook.
Meng al die bestanddele saam in ‘n groot bak.
Skep die mengsel in die muffin- of broodpan.
Bak vir 40 minute.
Resep:  Mardi Delport




JOODSE KAASKOEK

jewish cheesecake
JOODSE KAASKOEK

Vir die tertkors meng jy die volgende:
150g Mariebeskuitjies, fyngemaak
125g margarien, gesmelt
15ml suiker
Voer ´n tertbak hiermee uit.

Meng:
2 houers roommaaskaas
125ml room
3 ekstra groot eiers
200ml suiker
5ml vanieljegeursel

Gooi die vulsel in die kors en bak teen 180ºC.   Bak 15 min. Verlaag temperatuur tot 150 celsius , bak dit dan n verdere 15-20 min. Skakel oond af, laat oond deur op n skrefie oop en laat die kaaskoek in die oond afkoel. Plaas na afgekoel is in yskas om goed koud te word.

 




ERTJIE EN PITMIELIE SLAAI

FLR Slogan 2btested

ERTJIE EN PITMIELIE SLAAI
500 g bevrore jong ertjies
500 g bevrore pitmielies
gerasperde Cheddarkaas
mayonnaise
seldery
blare of net blaarslaai
ui
biltong/spek

Maak blare fyn en plaas onder in slaaibak.
Maak seldery en ui fyn en strooi bo-op slaaiblare.
Plaas bevrore ertjies bo-op selderye.
Plaas bevrore pitmielies bo-op ertjies.
Strooi gerasperde cheddarkaas bo-op pitmielies
Giet mayonnaise oor kaas.
Sit in yskas.

Maak slaai vorige dag.
Ek sit sommer dun gesnyde biltong of gebraaide spek stukkies bo op die mielies.

BRON-Tinkie Nel Nortmann