PAELLA MET NET GARNALE EN SPEK

2013-08-10-paelametnetgarnaleenspek

PAELLA MET NET GARNALE EN SPEK
Genoeg basmati rys vir hoeveel mense jy moet kos gee ek gebruik so koppie per 2 of 3 persone,
Kook dit met “chicken stock” blokkie 1 blokkie per 2 koppies rys.
Die water moet kook en ek skat altyd 2 kppies water per koppie rys, kook dit vir 5 min en draai dan die stoof op laag vir nog 10 min,
Roer as al die water weg is en laat staan om verder gaar te stoom met deksel op en roer so elke nou en dan om alles goed los te kry laat staan tot heeeltemal koud.

Bak in ‘n pan ‘n pakkie “baconbits” en gesnyde uie tot lekker krispy.
Bak nou 2 gepersde knoffelhuisies met bietjie ektra botter en voeg die gevriesde of vars klein garnale in.
Giet suurlemoen sap oor tot garnale mooi gaar is, haal uit en los een kant, giet weer bietjie suurlemoensap oor en vars gesnyde pietersielie.

Sit nou bietjie botter in en braai gesnyde green of red pepper, gesnyde wortels, mielies en as begin droog word, sit die grof gesnyde sampoiene in en braai tot alles amper gaar is.
Sit nou die spek en garnale by die groente en meng die rys liggies deur dat alles lekker goed gemeng is.

Ek hou dit in my “cast iron” pot en sit net ‘n klein bietjie water in, laat hom stadig opwarm deur stoom, so moenie baie water in sit nie, want dan gaan jou rys plakkerig word.

Of skep alles in ‘n oond bak en verwarm alles op so 180ºC met folie oor vir so 30min.
Sit voor met ‘n lekker slaai en vissous die swart soysous.
Mens kan ook bietjie peri peri by sit by die stadium waar jy die spek, uie en garnale braai met suurlemoensap, knoffel en boter.
Voeg extra sout en peper by voordat alles verwarm word na smaak!

BRON- Nathalie Jessica Koekemoer- Groot




RICE KRISPIE-KOEKIES

RICE KRISPIE-KOEKIES
MAAK + 200 koekies
500 g margarien
4 koppies suiker
2 teelepels vanilla
4 koppies klapper
4 koppies rice crispies
4 koppies hawermout
5 koppies meelblom
2 teelepels sout
3 teelepels bakpoeier
3 teelepels koeksoda gemeng met bietjie melk
4 eiers, voeg sodamelk by

Room margarien en suiker.
Voeg vanilla en eiers by, en dan ander bestanddele in volgorde.
Meng goed. Maak balletjies en druk plat met vurk.
Bak by 180°C vir sowat 12 min.




BLAMAANS (MIELIEBLOMPOEDING)

2013-08-10-blamaans(mielieblompoeding)
BLAMAANS (MIELIEBLOMPOEDING)
105 ml mielieblom
60 tot 75 ml suiker
1 ml sout
750 ml melk
1 eier
5 ml vanielje of amandelgeursel

Meng mielieblom, suiker en sout en voeg 60 ml koue melk by.
Verhit res van melk en roer mielieblommengsel stadig by.
Roer aanhoudend tot mengsel verdik, ek doen dit in mikrogolfoond, want mengsel brand maklik op stoof.
Klits eier goed en roer by.
Voeg geursel by en giet in poedingvorms om te stol.
Sit voor met vrugtesous, sjokoladesous, gemmersous of dadelsous.

VARIASIES

Sjokoladeblamaans
Meng 15 tot 25 ml kakao met die suiker en mielieblom.

PYNAPPELBLAMAANS
Voeg 1 koppie fyngemaakte pynappel by die poeding net voor dit in vorms gegiet word.
Jy kan ook fyngekapte kruisement byvoeg vir spesiale tye!

KLAPPERBLAMAANS
Voeg 190 ml fyn, droë klapper by die melk en kook dit dan.

VRUGTEBLAMAANS
250 ml fyn appelkooskonfyt of enige ander fyn konfyt
500 ml kookwater
30 tot 45 ml suiker
60 ml mielieblom
koue water

Smelt konfyt in kookwater tot stroop
Voeg suiker by en verhit mengsel tot kookpunt
Maak pasta van mielieblom en bietjie koue water en voeg by
Roer elke 1 minuut tot mengsel verdik, 5 -8 min, doen ook in mikrogolfoond
Giet mengsel in mooi poedingvorms en verkoel

Sit voor met dun room of vla

Hierdie is heerlike poedings om vir die lente en somer te maak.
Bedien met vars vrugte en versier met eetbare blomme en kruie. ENJOY!

Bron- Floraine Wasserman Venter




VISFRIKKADELLETJIES

 

VISFRIKKADELLETJIES

15 ml koekmeel
15 ml botter
60 ml melk
1 eiergeel
125 ml gaar fyngemaakte vis
2,5 ml gekapte pietersielie
sout en peper
5 ml kaasaromat
droe broodkrummels

METODE

Maak witsous van eerste 3 bestandele
Klits eiergeel effens en voeg by
Voeg res van bestandele by
Maak klein balletjies en rol in krummels
Braai vinnig tot goudbruin, dreineer, bedien op peuselstokkies met lemmetjiesap as doopsous
ENJOY!

BRON- Floraine Wasserman Venter




STOKVIS IN BIERBESLAG

vis in bierbeslagtested
STOKVIS IN BIERBESLAG

Vir die beslag:

1 koppie bruismeel, plus ekstra om die vis mee te bestuif
1/2 bottel bier (ongeveer 165 ml)
sout en peper
Vir die vis:
ongeveer 1 kg vars stokvis fillette, skoongemaak en grate verwyder (ongeveer 200-250g per persoon)
500-750 ml canola of sonneblom olie, vir vlakbraai

1. Verhit die olie in ‘n wye swaarboompot oor medium hitte totdat dit ongeveer 160 C warm is (die olie moet ongeveer 3-4 cm diep wees).
2. Terwyl die olie verhit, maak die beslag: in ‘n mengbak, meng die bruismeel met die bier en geur met sout en peper. Dit is ‘n dik beslag.
3. Neem een porsie vis op ‘n slag, bestuif dit oraloor met bruismeel, doop dit dan in die beslag en plaas versigtig in die olie. Na ongeveer 2-3 minute sal dit goudbruin wees aan die onderkant. Draai die vis om en braai vir ‘n verdere 2-3 minute totdat dit oraloor mooi goudbruin is. Verwyder van die hitte met ‘n gaatjieslepel en dreineer om kombuispapier. Herhaal met die ander vis porsies.
4. Bedien met mayonnaise en ‘n vars groen slaai of slap tjips.

Foto:  Adriana Wait Louw




REALLY, REALLY GOOD SALSA

2013-08-08-really,reallygoodsalsa

And easy! NO COOKING!
(Once you taste this recipe, you’ll never buy salsa again)!

3 cups chopped tomatoes
1/2 cup chopped green bell pepper
1 cup onion, diced
1/4 cup minced fresh cilantro
2 tablespoons fresh lime juice
4 teaspoons chopped fresh jalapeno pepper (including seeds)
1/2 teaspoon ground cumin
1/2 teaspoon kosher salt
1/2 teaspoon ground black pepper

Stir all ingredients together. Refrigerate. Best to let marinate overnight. But several hours will suffice, if you can’t wait to dig in! Serve chilled

BRON- SUSAN NIEUWENHUIS




HOMEMADE BOUNCY BALLS

balls

HOMEMADE BOUNCY BALLS

2 cups
Measuring spoons
A stir stick
2 tbsp hot water
1/2 tsp borax
1 tbsp glue
1 tbsp corn starch
Food coloring (optional)

Pour the water and borax into the first cup and stir the mixture until it is dissolved.

Pour the glue, cornstarch and food coloring into the second cup and mix. Then add the mixture from the first cup into the second cup.

Let the ingredients sit for 15 seconds then stir.

Once the mixture becomes difficult to stir, scoop it out of the cup, and roll into a ball. Enjoy!!!




PASTEI KORS WENK

PASTEI KORS WENK
Sommer net ‘n lekker wenk:
As jy weer ‘n pastei maak, smeer mayonaise ipv eiergeel bo-oor die kors om dit ‘n mooi goudbruin kleur te gee – dit is heerlik!

BRON- Marelize Kotze




LAMB CHOPS ROGAN JOSH

2013-08-07-lambchopsroganjoshtested

 

LAMB CHOPS ROGAN JOSH
Ingredients:
Paste:
2 green chilies with seed ( remove seed for a milder curry)
1 tablespoon ground coriander
1 teaspoon cumin seed
1 teaspoon poppy seed
2 garlic cloves, roughly chopped
1 tablespoon chopped fresh ginger
2 large onions, finely chopped
1 teaspoon ground turmeric

Curry ingredients:
4 tablespoons oil
1/2 cup plain yogurt
1 tablespoon chopped fresh mint
2 large ripe tomatoes, peeled and chopped
3 teaspoons garam masala
salt, to taste
6 lamb chops fat trimmed
Method:
Paste: Dry toast, ground coriander, cumin turmeric and poppy seeds in pan over low heat until spices brown slightly and become aromatic. (Shake pan so spices don’t burn.) Place into a food processor with garlic, ginger, onions and chillies and blend until smooth. You may need to add a little water to help the blending.

Curry: Heat oil in a large, heavy-based saucepan add paste mix and fry, stirring constantly about 5 min..
Stir in yogurt, a spoonful at a time.
Add mint, tomatoes, garam masala and salt and fry, stirring, for 5 minutes.
Add lamb chops and turn in paste over high heat to coat.
Reduce heat to very low, cover and cook for 2 hours or until the lamb is very tender. (Do not add any liquid). Stir occasionally to prevent spices from sticking to base of pan.
Serve with rice, lentil, potato and green beans and chapati , tomato and cucumber salsa

BRON- Elize de Kock




GEVULDE AARTAPPELS

2013-08-07-doityourself
GEVULDE AARTAPPELS

Op die eerste foto is die uie, aartappels en ham, sny die aartappels soos op die prentjie,  sit ‘n skyfie ui en ham in elke gleuf, sit bietjie sout oor en bak in die oond, sodra die aartappels sag is, gooi gerasperde kaas oor en bak tot kaas gesmelt. Dit is hoe ek dit verstaan, hoop dit kom lekker
n/s ek is seker mens kan ook knoffel of net waarvan jy hou hier by sit