
ELAND STEAK – WENKE EN RESEPTE
Ek moes amper ‘n hele eland alleen opeet so ek het baie eksperimenteer. Ek het drie maniere wat vir my lekker is.
Mosterd steak.
Koop een van daai 300ml bier beker mosterd by makro of PnP. Smeer die steak goed met die mosterd – moet sommer so dik op hom le. Maak ‘n woes warm vuur – vlamme is goed. Draai hom so elke minuut – doen elke kant so 3 keer op die meeste. Dan is hy ‘n perfekte rare en op sy lekkerste. Vir iets soortgelyk maar effe soeter gebruik Knorr se Honey and Mustard salad dressing maar moenie dit in vlamme braai nie.
Marinade steak
40% chutney, Mrs Balls chunkey fruit
40% fyn appelkoos Koo konfyt
15% olyf olie
5% woester sous
Vir elke steak so een eetlepel Roberston gemengde kruie.
Plaas in ‘n bak en meng, smeer steak goed en dik.
Maak ‘n woes warm kole vuur – nie vlamme nie, braai so 15cm op die meeste bo die vuur.
Draai voor die sous brand – as die jam brand raak dit effe bitter, as hy nie brand nie, word dit karamel en met die chutney lek jy die bak uit.
Sommer so steak
Sout, peper en olyf olie
Smeer olyf olie, vryf sout en peper in, laat staan vir so ‘n uur of wat terwyl jy vuur maak.
Braai op woes warm vuur in die vlamme, 2 minute op ‘n kant, 3 draaie
Nou is hy rare – perfek
Algemeen
Eland het ‘n baie growwe tekstuur vleis wat hom ideaal maak vir marinades en souse – die goed trek in sien.
Eland het nie vet nie en olie is nodig om te keer dat hy droog word.
Maak ‘n bitter warm vuur – dis waar vir enige steak. Vlamme is ok moet hom net nie te lank laat lê nie.
Vir RARE – vuur so warm as jy kan draai nie meer as vier keer nie.
Vir Meduim RARE – selfde vuur maar gee nog so 4 draaie.
Vir Meduim is dit beter om ‘n koeler vuur te hê – net warm kole nie vlamme nie en braai hom tot die vleis begin styf voel in die braai tang.
Vir WELL DONE – moenie my vra nie -sulke ouens is nie welkom om by my te braai nie.
Persoonlik verkies ek AL my vleis steak Tartare – ROU. Kry vir jou bietjie Kikoman woester sous by PnP (selfde as die sushi manne sn) en Ina paarman se “garlic and olive” sout. Sny dun repe, gooi kikoman en sprinkel paarman. Smulpaap lekker – maar nie almal waardeer dit nie.
Geplaas deur Linda Venter