BESTE VLEIS MARINADE

marinade1
BESTE VLEIS MARINADE

250 ml Tamatiesous
250 ml Blatjang
50 ml Olie
30 ml Stroop
5 ml Tobasco
5 ml Worcestorsous
5 ml Suurlemoensap
5 ml Sout
5 ml Aromat
5 ml Paprika
5 ml Peper
Metode:
Meng al die bestanddele saam. Marineer vleis (hoender, sosaties of steak) oornag. Braai vleis en geur na smaak

Bron- Food Lovers




ELAND STEAK – WENKE EN RESEPTE


ELAND STEAK – WENKE EN RESEPTE
Ek moes amper ‘n hele eland alleen opeet so ek het baie eksperimenteer. Ek het drie maniere wat vir my lekker is.

Mosterd steak.
Koop een van daai 300ml bier beker mosterd by makro of PnP. Smeer die steak goed met die mosterd – moet sommer so dik op hom le. Maak ‘n woes warm vuur – vlamme is goed. Draai hom so elke minuut – doen elke kant so 3 keer op die meeste. Dan is hy ‘n perfekte rare en op sy lekkerste. Vir iets soortgelyk maar effe soeter gebruik Knorr se Honey and Mustard salad dressing maar moenie dit in vlamme braai nie.

Marinade steak
40% chutney, Mrs Balls chunkey fruit
40% fyn appelkoos Koo konfyt
15% olyf olie
5% woester sous
Vir elke steak so een eetlepel Roberston gemengde kruie.
Plaas in ‘n bak en meng, smeer steak goed en dik.
Maak ‘n woes warm kole vuur – nie vlamme nie, braai so 15cm op die meeste bo die vuur.
Draai voor die sous brand – as die jam brand raak dit effe bitter, as hy nie brand nie, word dit karamel en met die chutney lek jy die bak uit.

Sommer so steak
Sout, peper en olyf olie
Smeer olyf olie, vryf sout en peper in, laat staan vir so ‘n uur of wat terwyl jy vuur maak.
Braai op woes warm vuur in die vlamme, 2 minute op ‘n kant, 3 draaie
Nou is hy rare – perfek

Algemeen
Eland het ‘n baie growwe tekstuur vleis wat hom ideaal maak vir marinades en souse – die goed trek in sien.
Eland het nie vet nie en olie is nodig om te keer dat hy droog word.
Maak ‘n bitter warm vuur – dis waar vir enige steak. Vlamme is ok moet hom net nie te lank laat lê nie.

Vir RARE – vuur so warm as jy kan draai nie meer as vier keer nie.
Vir Meduim RARE – selfde vuur maar gee nog so 4 draaie.
Vir Meduim is dit beter om ‘n koeler vuur te hê – net warm kole nie vlamme nie en braai hom tot die vleis begin styf voel in die braai tang.
Vir WELL DONE – moenie my vra nie -sulke ouens is nie welkom om by my te braai nie.

Persoonlik verkies ek AL my vleis steak Tartare – ROU. Kry vir jou bietjie Kikoman woester sous by PnP (selfde as die sushi manne sn) en Ina paarman se “garlic and olive” sout. Sny dun repe, gooi kikoman en sprinkel paarman. Smulpaap lekker – maar nie almal waardeer dit nie.

Geplaas deur Linda Venter




THE ULTIMATE RHUBARB CAKE

2013-08-16-theultimaterhubarbcakerecipetested

THE ULTIMATE RHUBARB CAKE
½ cup butter
1½ cup white sugar
1 egg beaten
1 teaspoon vanilla
1 cup sour milk (add 1 tablespoon vinegar to 1 cup milk)
2 cup cakeflour
1 teaspoon baking soda
3 cups chopped rhubarb
Topping:
1/3 cup brown sugar
1 teaspoon cinnamon

Preheat oven to 180ºC.

Cream the butter and sugar, then add egg and beat until light and fluffy. Add 1 cup of flour with the baking soda. Once combined add remaining flour, milk and vanilla.
You can either use fresh rhubarb or frozen. If using frozen – just defrost and pour it all in – juice too! Do not drain! Stir well.
Pour into a 9×13 pan.
Top with mixture of 1/3 cup brown sugar and 1 tsp. cinnamon.
My oven cooks hot, so when I make this it takes about 23 min at 150ºC in my glass pan, for normal ovens – it should take about 40 to 45 min.
It burns quickly, so maybe keep watch after 30 min? When toothpick comes out clean it’s done

Photo and recipe posted by Judy Lamber Bell




PIENK SAGO POEDING

2013-08-13-pienksagopoeding
PIENK SAGO POEDING
2 pakkies rooi jellie
1 blik kondensmelk
375 ml kookwater
6 eiers geskei
250 ml sago
1 liter melk
60 ml suiker
60 ml melk

Los die jellie op in die kookwater. Kook die sago in die liter melk tot gaar. Klop die eiergele saam met die suiker en die 60ml melk. Haal sago van stoof af en voeg eiermengsel geleidelik by. Sit terug op stoof en kook weer oor stadige hitte vir n paar min. Meng jellie met die kondensmelk en die styf geklopte eierwitte. Meng met sagomengsel en plaas in yskas om te stol.




PECAN PIE


PECAN PIE
Makes 1x 24 cm pie – or several small tartlets
1 tin condensed milk
12g butter
60 g golden syrup
5 ml vanilla essence
300 g pecans, roughly chopped

Add all the ingredients into a medium size saucepan – sir over low heat to melt the butter – DO NOT BOIL THE MIXTURE. Remove from the heat, cool and fill the tartlet cases.

1-2-3 Cookie dough

CHEF’s TIP: Use this very easy sweet dough recipe to line any tartlet cases for sweet tart fillings. The left over dough can be kept in the deep freezer for 3 months.
125 g sugar
250 g butter
375 g cake wheat flour
1  egg
2,5 ml vanilla essence

Cream the butter and sugar until smooth and light.
Gradually add the lightly beaten egg.
Add the flour and mix to incorporate
Rest the dough for 30 minutes in the refrigerator.
To put the tartlets together, line tartlet cases with 1-2-3 cookie dough, fill with pecan filling and bake at 160°C for 20 minutes or until light brown in colour.

Die deeg was genoeg gewees vir twee terte bakke en nog oor gebly. Ek het net die vulsel dubbel aan gemaak.
Die deeg is ‘n heerlike resep wat ek beslis wees sal gebruik.

Kommentaar en Foto: Marika Tegmann en Zelda Ellis




KOUE KARAMELSOUS (VIR ROOMYS)

CARAMEL CONDENSMILK
KOUE KARAMELSOUS (VIR ROOMYS)
Ek het dit vir my oudste seun se 10de verjaarsdag gemaak. Hy is nou al 30 jr oud maar is steeds gek hieroor. Wens so ek het foto gehad. Nooit kans gekry om dit af te neem nie, nog voor ek my oë kan uitvee is dit OP!!

1 blik (410 g) Ideal melk, kamertemperatuur
1 pakkie (90-100 g) karamel kitspoeding
50 ml goue stroop
50 ml crunchy grondboontjiebotter
sprinkelneute, opsioneel

Meng alles bymekaar en roer baie goed. (500 ml sous). skep oor roomys en sprinkel neute oor.

Resep- Lorraine Weitz Brand




SWARTWOUDBESKUIT

2013-08-13-blackforestbeskuit
SWARTWOUDBESKUIT

Hierdie is eintlik ‘n black forest biscotti resep. Ek druk dit in my drukker-pan en om ewe groot stukke te kry. Daarna droog ek dit gewoonweg uit in die oond, maar nie te lank nie.
1 koppie kersies
2 koppies water
½ koppie botter, kamer temperatuur
1 ½ koppie suiker
4 eiers
2 teelepel amandelgeursel
2 teelepel vanillageursel
1 koppie semi-soet sjokolade splinters
4 ¼ koppie koekmeel (of bruinmeel)
2/3 koppie kakao
1 teelepel sout
3 teelepel bakpoeier

Voorverhit die oond tot 180 ºC. Spuit die pan( met drukker) liggies.
Verhit die kersies en water vir 1 minuut in die mikrogolfoond en laat eenkant staan.
Room die botter en suiker tot lig. Voeg die eiers en geursel by. Vou die sjokolade in. Dreineer die kersies goed (op papierhanddoek) en roer dit in die mengsel in.
Sif die meel, kakao, sout en bakpoeier in ‘n aparte bak saam. Vou die nat bestanddele in die droë bestanddele in totdat dit ‘n deeg vorm.
Skep die deeg in die pan, en druk dit egalig vas in die pan. Druk dit af met drukker en bak vir 25 -30 minute tot gaar. Droog uit sodra dit afgekoel het, maar nie te lank nie.
GENIET

Resep en foto: ELSABE VERSTER




GILLIAN’S WAFFLES

2013-08-10-waffleresep

GILLIAN’S WAFFLES

Hier is my wafel resep. Wat lekker is, as ek melk het wat suur geword het, vries ek die melk en gebruik dit in hierdie resep. Anders vat ek vars melk, en sit 2 eetlepels asyn by, en laat staan so bietjie voordat ek met die resep begin. Dit maak die wafel soveel lekkerder.

2 cups cake flour
2 tsps sugar
2 tsps baking powder
1 tsp bicarb of soda
pinch salt

Mix together in mixing bowl

2 large eggs
4 tablespoon oil
250 ml soured milk

Beat the wet ingredients together and pour it into the dry ingredients.

Mix all together with a wooden spoon to form a batter.
Warm the waffle iron first, and then bake the waffles for approx 3 minutes.

This recipe will make 8 flower shaped waffles, but I always double the recipe. If any are left over, I freeze them and just toast them when needed again. It is nice a crispy.

You can also mix some ham and cheese into the batter if you feel like savoury waffles

Bron: Gillian Logan Bredenhann




PAELLA MET NET GARNALE EN SPEK

2013-08-10-paelametnetgarnaleenspek

PAELLA MET NET GARNALE EN SPEK
Genoeg basmati rys vir hoeveel mense jy moet kos gee ek gebruik so koppie per 2 of 3 persone,
Kook dit met “chicken stock” blokkie 1 blokkie per 2 koppies rys.
Die water moet kook en ek skat altyd 2 kppies water per koppie rys, kook dit vir 5 min en draai dan die stoof op laag vir nog 10 min,
Roer as al die water weg is en laat staan om verder gaar te stoom met deksel op en roer so elke nou en dan om alles goed los te kry laat staan tot heeeltemal koud.

Bak in ‘n pan ‘n pakkie “baconbits” en gesnyde uie tot lekker krispy.
Bak nou 2 gepersde knoffelhuisies met bietjie ektra botter en voeg die gevriesde of vars klein garnale in.
Giet suurlemoen sap oor tot garnale mooi gaar is, haal uit en los een kant, giet weer bietjie suurlemoensap oor en vars gesnyde pietersielie.

Sit nou bietjie botter in en braai gesnyde green of red pepper, gesnyde wortels, mielies en as begin droog word, sit die grof gesnyde sampoiene in en braai tot alles amper gaar is.
Sit nou die spek en garnale by die groente en meng die rys liggies deur dat alles lekker goed gemeng is.

Ek hou dit in my “cast iron” pot en sit net ‘n klein bietjie water in, laat hom stadig opwarm deur stoom, so moenie baie water in sit nie, want dan gaan jou rys plakkerig word.

Of skep alles in ‘n oond bak en verwarm alles op so 180ºC met folie oor vir so 30min.
Sit voor met ‘n lekker slaai en vissous die swart soysous.
Mens kan ook bietjie peri peri by sit by die stadium waar jy die spek, uie en garnale braai met suurlemoensap, knoffel en boter.
Voeg extra sout en peper by voordat alles verwarm word na smaak!

BRON- Nathalie Jessica Koekemoer- Groot




RICE KRISPIE-KOEKIES

RICE KRISPIE-KOEKIES
MAAK + 200 koekies
500 g margarien
4 koppies suiker
2 teelepels vanilla
4 koppies klapper
4 koppies rice crispies
4 koppies hawermout
5 koppies meelblom
2 teelepels sout
3 teelepels bakpoeier
3 teelepels koeksoda gemeng met bietjie melk
4 eiers, voeg sodamelk by

Room margarien en suiker.
Voeg vanilla en eiers by, en dan ander bestanddele in volgorde.
Meng goed. Maak balletjies en druk plat met vurk.
Bak by 180°C vir sowat 12 min.