RAAD VIR KRAMPE

RAAD VIR KRAMPE
RAAD VIR KRAMPE
Adele Scheepers – Hi. Nie ‘n kos vragie nie maar hoop iemand kan help met boere raat. Ek het heel aand krampe in my kuite gekry en kry nogsteeds. Kan skaars loop. Enige raad hoe om dit beter te maak asb?

Rina Kleinhans – Dalk maar DR of apteek toe gaan dat hulle vir jou ‘n aanvuller gee, dit is een of ander tekort. hoop jy kom reg sterkte

Michelle Joubert – Magnesium en Calsium in oormaat!! Het dit ook gekry toe ek swanger was en dit het regtig gehelp!

Cecilia Hunwick – Drink tonic water. Dit help regtig. My man het dit vreeslik gekry & dit gedrink & krampe weg. My mammie was ook op allerhande pille & ek stel toe dieselfde voor, nou slaap sy weer snags. Probeer dit maar gerus

Erina Dell – Drink jy dalk enige kolestrol tablette want hulle kan jou vreeslike krampe gee, ek het dit so gehad en toe moes hul my pille verander. Anders Magnesium probeer word.

Heibre Schronen – Ek sukkel ook met krampe. Was eendag by ‘n maraton gewees- nie deelgeneem nie- Paramedic gee toe die raad vir my. Coke en Eno. Half glas Coke en bietjie eno. Pasop dit kook baie sodra dit minde kook drink dit. Dit help binne sekondes. Hoekom weet ek nie maar dit werk. Het gereeld 500ml Coke en Eno.

Wilhelmus Labuschagne – Slow mag tablets die beste

Brenda van den Heever – Adele, dis ‘n mineraal te kort in jou liggaam, probeer om ‘n kwart tee lepel Himalayan Pink Salt elke aand te drink met ‘n halwe glass lou water, volg dit op met ‘n glass koue water. Himalayan Pink Salt bevat 54 minerale wat goed is vir jou liggaam. Ek het amper 20 jaar lank gesukkel met krampe in my bene, vandat ek oorgeskuif het na Himalayan Pink Salt het ek geen kramp nie. Hoop jy kom reg.

Martin Roux – Eet eenvoudig net n piesang voor jy slaap! Moenie geld mors op pille nie! Piesangs is hoog in potassium! Jy kan ook n aartapel eet dit is even hoer in potassium en vitamin C. En eet dalk minder sout dit word grootliks deur sodium veroorsaak en sout het is net sodium

Nadia Rust – Beste raad wat ek al gekry het en gebruik is om aartappels in soutwater te kook tot dit gaar is en dan die water af te laat koel en te drink… Nie baie lekker nie maar dit werk regtig

Jesicha Carlson – Eet bietjie sout.Ek het dit erg gekry met al twee swangerskappe.

Debbie Charlton Cunningham – Please go and have your blood sugar tested. I was getting cramps for some time and taking all tablets recommended over the counter. Turned out that I was Diabetic and this was a warning sign.

Elmarie Laubscher – As jy krampe kry, sleg slaap en maklik skrik, is dit n sout tekort… ek het dit jare terug so gekry. Ek drink nou miracle magnesium olie, en dis iets van die verlede.

Adele Scheepers – Dink nie die sout is die probleem nie. Ek eet nie regtig soet goed nie en sout on my kos of snacks. My bloedsuiker en bloed druk is ook reg. Het nou die coke en enos probeer. Krampe darm weg. Sit nou net met die pyn wat agter gebly het daarvan. Baie dankie vir almal se raad.
FOTO GELEEN BY HUISGENOOT




TIP FOR CHUTNEY

date chutneytested
TIP FOR CHUTNEY
For those that already got their favorite chutney recipe.
Old Indian lady in Durban gave me this advice.
Instead of using all that brown sugar, grate a block of Dates and add to taste.
Its amazing.
Taste and texture perfect.
Bron – Hms Mike Peper




FANTASTIESE KOOLSLAAI


FANTASTIESE KOOLSLAAI
LEWER 12 PORSIES
1/2 middelslag-koolkop
1 blik (440 g) pynappelstukke
1 pakkie (80 g) groen jelliepoeier
1 blik (397 g) kondensmelk
250 ml mayonnaise (1 k)
Snipper die kopkool fyn. Voeg die pynappelstukke (en hul stroop) en die jelliepoeier by die koolsnippers en meng goed.
Voeg die kondensmelk en mayonnaise by en meng.
Die slaai kan dadelik voorgesit word of dit kan tot ‘n week lank in ‘n toe houer in die koelkas gehou word.
Ek verkies dat die slaai ‘n paar uur voor opdiening voorberei word – verkieslik die vorige aand.
Dan is dit soveel lekkerder!
Foto:  Meisie van ver Colff




HENNIE SE LEKKER MELKKOS

HENNIE SE LEKKER MELKKOStested
HENNIE SE LEKKER MELKKOS
Melkkos. Koningskos.
Kook melk, hoeveelheid hang af hoeveel mense jy het. Ek vat n liter.
Een koppie meel,
10 ml bakpoeier en bietjie sout na smaak

Meng dit en frummel botter in. Vat 2 eiers en skei die geel en wit. Roer die geel in die meel in. Bring melk tot kookpunt en meng bietjie melk in die meel mengsel in. Roer dit in die melk in en prut vir 15 minute. Vou die eierwit in en bedien met kaneelsuiker.
BRON – Hennie van Deventer




TAAI TAAI-DUTCH HONEY CAKE

honey caketested
TAAI TAAI-DUTCH HONEY CAKE
1 cup sugar
1 cup liquid honey
1 cup water
31/3 cups flour
1 teaspoon baking soda
1 pinch salt
1 teaspoon of spirits anise or 1 tablespoon anise
1 teaspoon cinnamon
1/4 teaspoon ground cloves
nonstick cooking spray

Directions:
Preheat oven to 325°F. Bring first 3 ingredients to a boil in a large pan. Remove from heat. When contents are at room temperature, add remaining ingredients. Thoroughly mix together using a wooden spoon. Spray a cake pan with cooking spray. Spread dough on pan and bake for 60 minutes or until lightly brown.
BRON – Petré Van Jaarsveld




TORINO WORTELSLAAI

TORINO WORTELSLAAItested
TORINO WORTELSLAAI
Rasper so 12 groot wortels meng dit met 1 gekapte soetrissie
150 ml gekapte stingeluie ek het Grasui gebruik want ek het in tuin
150 ml gekapte pietersielie.

Kook die volgende saam tot appelkooskonfyt gesmelt is.
150 ml druiwe asyn
150 ml appelkooskonfyt
12:pepperkorrels
10 ml kerriepoeier
2 ml sout
en so 4 lourierblare
150ml rosyne (opsioneel)

Laat effe afkoel en roer by wortels…skep in gesteriliseerde flesse en whala.

BRON – Betsie Ferreira




CALAMARI SLAAI

 

Calamari slaai.tested

CALAMARI SLAAI
Vanaand bederf my seun ons met Calamari slaai..op my nuwe gasstoof! So vinnig en heerlik
(laat calamari ontdooi)
Meng 3 eiers met koppie melk..sit Calamariringe daarin.
Meng 300g broodkrummels
met koppie koekmeelblom.sout swartpeper..
meng ringe en diepbraai.

Tartarsous
koppie mayonaise.
teelp fyn knoffel
swartpeper
halwe teelp suiker
en gerasperde piekel by as jy het.

Skep oor calamari…bo op groenslaai..druk bietjie suurlemoen sap uit bo oor.Lekker eet. (laat calamari ontdooi)
BRON – Mathilda Van Tonder Leslie




HENNIE SE SPESIALE KAPOKAARTAPPELS-MASH

 

HENNIE SE SPESIALE KAPOKAARTAPPELS-MASHtested

HENNIE SE SPESIALE KAPOKAARTAPPELS-MASH
Die mash was ongelooflik. Ek het die aartappels geskil en blokkies gesny. Gekook tot sag en gemash. Toe half koppie gerasperde cheddarkaas, eetlepel botter en witpeper ingeroer. Dan geklitste eier ingeroer. Alles in plastiek sak gesit met hoekie geknip en in bakkies spirale uitgedruk. Dan paprika gemeng met water om die rante geverf en halfuur op 180 grade gebak. Dit maak ‘n fantastiese crisp kors.
Foto en resep: Hennie van Deventer




RISOTTO SAUSAGE AND FRESH ARTICHOKES

 

RISOTTO SAUSAGE AND FRESH ARTICHOKEStested

RISOTTO SAUSAGE AND FRESH ARTICHOKES
3 Artichokes
2 Pork Sausages
1 Onion finely chopped
8 tablespoons olive oil
200 gr Rice
500 ml Chicken a Stock
1/2 glass dry white wine

In in pot fry onion with olive oil until transparent.
Remove by cutting the cone and leaves of artichokes only leaving the heart and a few inner leaves cut them in half and slice the artichokes thinly.
Remove sausage meat from casing and crumble meat.
Add the sausage and artichokes to onion fry until sausage is cooked.
Add the rice to the artichokes and sausage stir and add wine until evaporated.
Add the chicken stock in ladles stirring all the time until rice is cooked about 20 minutes. Sprinkle parsley on top and some Parmesan cheese.
BRON – Sabrina Merli




MINI MEATLOAF

 

MINI MEATLOAFtested

MINI MEATLOAF
Preheat oven 180C. Bake in a round pyrex dish or in nonstick mini loaf pan.( Ek het die pannetjies met cook en spray gespuit)

Ingredients:
1 or 1 1/2 pound meatloaf mix (Meatloaf mix is sold in one package and is a combo of ground veal, pork and beef in equal parts.-You can also use all ground beef if you prefer.)
3/4c. diced red onion
2 eggs
1/4 c. soy sauce
1/3c. ketchup
1T. dried oregano
1T. chopped parsley
2 tsp. garlic powder( Ek het sommer 3 vars knoffelhuisies gebruik)
sprinkle black pepper
1c. quick oats ( Fyn broodkrummels werk ook)

Topping:
1/4c. light brown sugar
1/4c. ketchup
3 T. stone ground mustard
1/2 tsp. paprika
1/2 tsp. pepper
Mix all meatloaf ingredients together and place in pan. Mix all topping ingredients together and brush on top. Bake for about 45 min but check regularly!! Top becomes golden brown
BRON – Leandri Potgieter