PEANUTBOTTER CHOC CHIP KOEKIES

2013-08-30-peanutbottersjokchipkoekies
PEANUTBOTTER CHOC CHIP KOEKIES
250 g margarine
250 g peanutbotter /grondboontjiebotter
2 eiers.
250 ml witsuiker
250 ml bruinsuiker
750 ml koemeel
10 ml bakp
10 ml koeksoda
4 ml sout
125 ml choc chips
1 k gekapte grondbone
Room margarine, grondboontjiebotter, eiers en suiker saam. Voeg droë bestanddele by en meng tot ‘n deeg. Voeg nou die choc chips by en werk deur.  Rol 5 ml balletjies deeg en rol dan in gekapte grondboontjies. Bak vir 15 min in oond van 190°C. Lewer ±65 koekies.

BRON- Elsa van der Westhuizen




MAKLIKE GOEDKOOP SJOKOLADE MOUSSE

question

MAKLIKE GOEDKOOP SJOKOLADE MOUSSE
Hierdie resep het ek jare terug in a tydskrif gekry.

1 blik Ideal melk (verkoel oornag in yskas)
500 ml melk
60 ml vlapoeier
60 ml kakao
180 ml suiker (of na smaak)
15 ml gelatine
30 ml koue water

Sprinkel die gelatine oor die koue water en sit eenkant. Sit die melk in a kastrol en voeg die suiker by. Sif die vla poeier en cocoa oor en roer goed met a draadklitser en kook nou die mengsel oor matige hitte tot dit dik en gaar is. Roer die mengsel deurentyd met a draadklitser terwyl dit besig is om te kook en verdik om klonte te vermy. Dit sal lyk soos Chocolate Custard as dit gaar is. Verwyder die pot van die stoof en roer die gelatine, wat nou soos spons lyk, by. Laat die mengsel nou afkoel maar roer dit gedurig sodat daar nie ‘n velletjie op vorm nie. Anders sal die mousse klonte in hê. Die mengsel moet koellerig wees anders smelt dit die Ideal Melk. Klits die Ideal Melk tot dubbel die volume en klits die Chocolate Custard by. Skep in glasbak met ‘n deksel. Sit in yskas vir 6 – 8 ure maar oornag is beter.

BRON- Merelda Hatzidarellis




MARELIZE SE KOFFIEKOEK

2013-08-30-heerlikstekoffiekoektested

MARELIZE SE KOFFIEKOEK
4 eiers
1 koppie suiker
2 eetlepels botter
4 eetlepels melk
4 eetlepels water
1 teelepel vanilla
1½ koppie koekmeel
1 eetlepel koffie
knypie sout.
2 teelepls bakpoeier ( Voeg laaste by)

Klits eiers en suiker tot romerig
Smelt botter in melk ,water en vanilla saam in pot, NIE KOOK NIE
Meng droe betanddele met eier en suiker mengsel en voeg dan die botter mengsel by
strooi bakpoeier oor, vou in.
bak in gesmeerde oondpan vir 15-20min teen 180°C.

SOUS:
¾ koppie suiker
1½ koppies water
2 eetlepels koffie
4 eetlepels brandewyn
Kook saam vir 3min en gooi oor koek sodra dit uit die oond kom. Laat koek goed afkoel.

VERSIERING:
1 pakkie Karamel Kitspoeding. Maak aan soos aanwysings op pakkie en smeer oor koek.
1 blikkie Caramel Treat
1 boksie Orley Whip room (altwee sakkies in boksie)
Klits room styf, vou Caramel Treat daarby in en smeer oor koek.
Geniet..
RESEP EN FOTO: Marelize Kotze
Marelize Kotze –  Net n wenk: ek bak dit gewoonlik in ‘n oondpan. Het dit op hierdie foto vir die kerkbasaar in twee foelie tertbakke gedeel. Ek steek ook die koek met ‘n tandestokkie vol gaatjies voordat ek die sous oorgooi – dit help net dat die koek die sous beter absorbeer.




PIZZA VULSELS


PIZZA VULSELS
Aspersievulsel:
Plaas gedreineerde aspersie stukke op rou deeg.
Besprinkel met gekapte ham en gerasperde kaas.

Spekvulsel:
Braai gekapte spek, gekapte uie, groen soetrissie, tamatie en geur met sout en peper.
Skep lepels op rou deeg en strooi kaas bo-op.

Soutvleisvulsel:
Geur soutvleis met mosterd en smeer oor rou deeg.
Sprinkel gekapte argurkies en tamaties op deeg.
Strooi gerasperde kaas bo-op.

Hamvulsel:
Geur tamatiesous met oregano en smeer oor rou deeg.
Sprinkel gekapte ham, uie, gebraaide sampioene en kaas bo-op.

Salamivulsel:
Rangskik stukke salami, uieringe, olywe en tamatieskywe op rou deeg en sprinkel kaas bo-op.

Tunavulsel:
Geur tamatiesous met knoffelsout en smeer op rou deeg.
Sprinkel gevlokte tuna en uieringe bo-op.
Besprinkel met kaas.

Wenk:  Gebruik klaargemaakte brooddeeg wat by supermark gekoop word

 




TRUFFELS MET ‘N SKOP

2013-08-28-truffelsmetnskop

TRUFFELS MET ‘N SKOP
Lewer ongeveer 48
200 g sjokolade gesmelt
100 ml gouestroop
75 ml brandewyn
100 ml donker rum
400 g mariebeskuitjies, verkrummel (2 pakke)
200 g pekanneute fyn gekap (400ml)
40 ml versiersuiker

Meng al die bestanddele, behalwe die versiersuiker, deeglik Rol die mengsel in balletjies en bedek met versiersuiker Verkoel dit totdat dit ferm is en bewaar dit in lugdigte houer tot voor bediening WENK Die truffels kan tot drie weke lank in yskas bewaar word, maar dit smaak die lekkerste na een week

FOTO- Stompie Theron Borman




MILKY BAR YSKASTERT

tested
MILKY BAR YSKASTERT
Ek het die naweek 2 yskasterte gekombineer en die lekkerste tert ooit gemaak. Ongelukkig kan ek nie ‘n foto opsit nie want toe ek weer kyk, is die bak leeg!!!
Die resep is soos volg:
2 bakkies roomkaas
1 blik kondensmelk
½ koppie suurlemoensap
1 groot Milkybar sjokolade, gesmelt
Vars aarbeie vir sowat 1 uur geweek met strooisuiker (na smaak)
1 pk Eat Some More beskuitjies vir kors
80 – 100 ml gesmelte botter/margarien

Maak koekies fyn en meng met gesmelte botter.  Druk vas onder in bak en plaas in die yskas.
Klits roomkaas tot sag, voeg kondensmelk en suurlemoensap by en klits tot styf. Voeg gesmelte sjokolade by. Voeg by aarbeie (of enige ander vrug van jou keuse) en meng. Gooi in kors en sit in yskas vir ‘n paar uur.
Geniet!!

BRON: Adri Liebenberg
Foto’s:  Wilma Pretorius‎ en Rina Kleinhans




SJOKOLADE OLIEKOEK

2013-08-27-sjokoladeoliekoek
SJOKOLADE OLIEKOEK
125 ml kakao
250 ml kookwater
4 groot eiers geskei
375 ml suiker
125 ml kookolie
5 ml vanilla geursel
450 ml koekmeel
15 ml bakpoeier
2 ml sout

Voorverhit oond tot 180ºC en smeer 2 koekpanne van 23 cm.
Meng die kakao en kookwater tot klontjies opgelos is en laat die mengsel eenkant staan om af te koel. Klits die eiergele saam en klits die suiker bietjies gewys by, hou aan met klits tot dik en liggeel. Roer die kakaomengsel, kookolie en vanilla by die eiermengsel. Sif die meel, bakpoeier en sout saam en roer dit ook by die eiermengsel.
Klits die eierwitte net tot styf en vou dit met n metaallepel in by die deeg. Giet die deeg in die panne en bak vir 25 – 30 min tot gaar. Keer die gaar koeke uit op ‘n draadrak en laat koud word. Versier soos verkies.
Nota:
Foto 2: Lucinda Booyse – Ek het hierdie resep by my ouma gekry, dit kom oorspronklik uit die Huisgenoot wenresepte. Vir die vulsel tussen die 2 lae, klits karamelkondensmelk en bietjie vars room tot smeerbaar. Smeer van die roomkaramel op die een koeklaag en plaas die 2de laag koek bo-op die karamel.
Vir die versiersel bo-op, smeer die res van die roomkaramel bo-op die koek, smelt heelneutsjokolade met ‘n bietjie room om ‘n ganach te vorm en giet dit bo-oor die roomkaramel. Ek moet sê dit was regtig yummy.
Resep getoets en foto 1: Elsa van der Westhuizen




SAMPIOENSOUS

SAMPIOENSOUS
Kerf en braai 1 houer wit sampioene en 1 klein uitjie in botter tot vloeistof verdamp het.
Krummel 1 blokkie biefekstrak bo-oor en voeg 1 ½ houertjie room by.
Roer tot ekstrak opgelos het en sous begin kook.
Jy kan ook vars gekapte pietersielie byvoeg as jy wil. Skep oor gaar biefstuk.
Jy kan dit ook as sous oor gaar pasta eet.

Bron- Radio Namakwaland




SURITA SE VOLKORING MUFFINS

2013-08-27-suritasevolkoringmuffins-001tested
SURITA SE VOLKORING MUFFINS
Room saam:
4 eiers
750 ml suiker
250 ml kookolie

Voeg die volgende by:
1 liter melk of Amazi of karringmelk ek gebruik Amazi
10 ml vanilla geursel
Meng goed.

Voeg dan die volgende by en meng goed:
750 ml koekmeel ( Cake Wheat Flour)
10 ml sout
15 ml koeksoda
500 ml Volkoringmeel (Whole Wheat Bran)
1000 ml (4 koppies) Semels (Digestive Bran)

Bak by 200°C (400° F) vir 15 – 20 minute.
Jy kan ook 2 koppies rosyne bygooi as jy wil.
Maak so 36 muffins in ‘n muffinpan gemaak.

BRON: Stompie Theron Borman




EASY PARTY MEATBALLS

2013-08-27-partymeatballs-001

EASY PARTY MEATBALLS
½ cup chilli sauce
½ cup ketchup
2 tablespoons brown sugar packed
1 tablespoon white vinegar

You can make your own meatballs , or buy your own. ( that’s how much I had in my slow cooker ) . serve as a party fav with toothpicks !

FOTO- Peggy Devine