MARMELADE KONFYT

2013-09-01-marmeladekonfytmarierheedertroskie

MARMELADE KONFYT
Sny suurlemoene in kwarte, haal die pitte uit, en die sny die wit gedeelte uit wat in die middel van die suurlemoene is, saam met die pitte’
Ek het ‘n paar lemoene ook bygesit.
Snipper alles in fyn repies.
Laat staan oornag, bedek die snippers met water.
Kook die fyngesnyde snippers tot sag, ek sommer gou in die stoompot gekook.
Gooi die water af sodra sag.
Vir elke koppie pulp wat ek gebruik het het ek ‘n koppie suiker gevat.
Kook tot lekker konfyt, toets ‘n bietjie op piering of dit smeerbaar is en skep warm in bottels.

BRON- Marie Rheeder Troskie




TAMATIEKONFYT

2013-09-01-tamatiekonfytmarierheedertroskietested

TAMATIEKONFYT
Weeg 2 kg tamaties af.
Giet kookwater oor die tamaties en trek die skilletjies af, sny in klein blokkies.
Voeg 2 kg suiker daarby, roer deur, kook stadig tot die suiker opgelos is, draai die hitte op en kook.
Voeg ongeveer 3 eetlepels suurloemoensap daarby. (ek net n suurlemoen se sap uitgedruk en by gevoeg)

Kook en skep net kort kort die skuim wat die tamaties maak af. Kook tot dit soos konfyt lyk.
Ek het ‘n bietjie in ‘n bordtjie uitgeskep om te sien kan ek dit op die brood smeer, die suurlemoensap maak dat dit nie sandsuiker word nie, dit werk so as jy 1 kg tamaties het gebruik jy 1 kg suiker,

Resep:  Marie Rheeder Troskie

Elba Groenewald
Ek het die tamaties net in voedselverwerker fyn gemaak, sout gegooi en die sap gedreineer deur ‘n sif.
Neem 1 koppie suiker vir elke koppie tamaties,  meng goed deur, kook stadig tot suiker opgelos is, en kook dan vinniger.  Voeg 1 teelepel gemmepoeier by. Die tamatiewater het ek wostershiresous by ge voeg en bedien as ‘n drankie. Heerlik
tamatie konfyt elba




TRINCHADO

trinchado martietested

TRINCHADO
(Oorsprong van Angola en Mosambiek af)
Daar is baie verwerkings vir die dis. Die volgende is een van hulle. Word as n voorgereg bedien,
maar ek maak sommer n hoofgereg daarvan so lekker is dit
Dis hoe ek dit maak en geniet.
(4 porsies)

botter /olyfolie
400 g fillet in repies gesny
1 ui fyngekap
125 gr gesnyde sampioene in skywe
1 knoffel huisie fyngekap
7 ml peri peri of chilli speserye na smaak
15 ml paprika
1 blik tamaties sonder skil
(Verkieslik deur n kosverwerker fyner gekap)
15 ml worcestersous
15 ml balsamiese asyn
200 ml beesaftreksel
125 ml brandewyn/ rooiwyn
100 ml room
Sout en peper na smaak
Klein cocktail buns om te doop in sous.
Braai uie, knoffel en sampioene saam tot effe bruin, skep uit .
Braai fillet repies so paar minute voeg dan die uie mengsel by met al die res van die bestanddele. Kook nou op medium hitte totdat sous effens verdik het ongeveer 15 na 20 minute. Haal van plaat en laat afkoel maar nog warm. Voeg nou die room by.
Bedien saam met botter broodrolltjies. Heerlike voorgereg.

Foto:  Martie Fourie Moolman




HEINER SE SOET-SUUR LEWER

2013-09-01-soet-suurlewertested
HEINER SE SOET-SUUR LEWER
500 g beeslewer, in blokkies gesny
2 medium uie, in ringe gesny of grof gekap
125 g spek stukkies (bacon bits)
2 knoffelhuisies, fyn gekap
3 eetlepels botter
250 ml suur room
3 eetlepels suurlemoensap
½ teelepel sout
1 – 2 teelepels paprika
1 – 2 teelepels suiker
½ teelepel suurlemoenpeper (lemon-pepper)
1 eetlepel Aromat

Verhit die botter in ‘n swaarboompan.
Braai die uie en spek tot deurskynend en gaar. Voeg die knoffel by en roerbraai vir n rukkie.
Roerbraai nou die lewer saam in en braai tot lig bruin.(lewer moet nog effe pienk wees)
Voeg nou die res van die bestanddele by en kook goed deur.
Ek bedien die altyd saam met ‘n lekker krummel pap, maar dit kan ook saam met kapokaartappels bedien word.

Resep: Heiner Lange




HOMEMADE CHOCOLATE PIE

2013-09-01-homemadechocolatepie
HOMEMADE CHOCOLATE PIE
1¼ cup of sugar
½ cup of plain cake flour
¼ cup of cocoa
dash of salt
4 egg yolks
2 cups of milk
¼ cup of butter
1 teaspoon of vanilla essence
1-9″ pastry shell baked

Bake pie crust until golden.
Combine first 4 ingredients in a sauce pan; set aside.
Combine milk and egg yolks.
Stir milk and egg yolks into mixture; add butter.
Cook over medium heat, and stir constantly until mix thickens and boils.
Remove from heat; stir in vanilla; spoon into pastry shell.
I topped mine with whipped cream.

Recipe and photo: Joanne Louis Berman




PIESANGSLAAI MET GEDROOGTE APPELKOSE


PIESANGSLAAI MET GEDROOGTE APPELKOSE
5 ryp maar ferm piesangs
5 gedroogde appelkose, gekap
125 ml granadilla-jogurt
37,5 ml kondensmelk
Sny die piesangs in skyfies in ‘n slaaibak.
Voeg die gekerfde appelkose by.
Meng die jogurt en kondensmelk, en voeg by die vrugte.
Meng liggies met ‘n vurk.

 




WENKE – POTTE SKOONMAAK

FLR BB Wenke

WENKE – POTTE SKOONMAAK

Wynand Chantelle Van Huyssteen
Aangesien potte en kos iets ingemeen het……kan iemand asb vir my se of daar n mengsel is wat jy kan aanmaak om potte mee skoon te skuur?? Dankie

Yolandi van den Heever
Die beste medisyne vir potte is pinegel… dit maak potte silwerskoon en lyk ook splinternuut.. en dis nie duur nie. Gebruik daai fyn skuurwol..

Leonie Steenekamp
Hello ladies and gents. Hoping someone can help. While cooking jam, my young niece got distracted and left the pot on the stove. There will be no jam. There is only a big black crust attached to the bottom of the pot. Is there a way to remove it and save the pot?
Iris Oosthuizen – Put vinegar in pot and boil it for about 10 to 15 min

Anna Marie Durand
Try dishwasher soap, put some soap and warm water boil and leave till tomorrow. Strongs…then steelwool and sunlight cake soap and elbow grease..

Silvia Van Eck
Sit milton onder in die pot sodat dit die brandsel bedek. Dit vreet dit weg. Ek het al erg gebrande potte so gered.

Francisca Vermeulen
Asyn is al wat sal help. Kook die asyn in die pot en was die pot dit sal werk.

Doné Smith
Yip, cooking the water & vinegar works well. For those last tough bits, simply spray the pot with normal oven cleaner, leave for a while and then wash.

Debre Lee Mustard
Brown vinegar trust me works wonders.

Lisinda Blaauw
Vinegar and some bicarbonate of soda if you have..other wise just vinegar will work too.  Leave it over night.

 




SKAAPRIBBETJIE MARINADE

SKAAPRIBBETJIE MARINADE
Hierdie resep behoort aan tannie Jo Calitz van Swakopmund. Dis heerlik
Die resep as volg:
1 pakkie bruin uiesoppoeier
1 koppie blatjang
1 koppie mayonnaise
Heuning na smaak
1 koppie kookwater
Gekapte knoffel na smaak

Ek “pre cook” die ribbetjie altyd en dan marineer ek dit.
Meng die bogenoemde bestanddele saam en marineer die ribbetjie daarin ongeveer 3-4 ure tot gebruik.
Sit foelie oor die pan waarin jy bak. Bak dan in die oond teen 180ºC vir 1-2 ure.
Haal foelie af en bak vir nog so 30 min of tot goudbruin en krakerig.
BRON- Barbara Bullock
Foto: Lizel Taljaard Wessels




PEANUTBOTTER CHOC CHIP KOEKIES

2013-08-30-peanutbottersjokchipkoekies
PEANUTBOTTER CHOC CHIP KOEKIES
250 g margarine
250 g peanutbotter /grondboontjiebotter
2 eiers.
250 ml witsuiker
250 ml bruinsuiker
750 ml koemeel
10 ml bakp
10 ml koeksoda
4 ml sout
125 ml choc chips
1 k gekapte grondbone
Room margarine, grondboontjiebotter, eiers en suiker saam. Voeg droë bestanddele by en meng tot ‘n deeg. Voeg nou die choc chips by en werk deur.  Rol 5 ml balletjies deeg en rol dan in gekapte grondboontjies. Bak vir 15 min in oond van 190°C. Lewer ±65 koekies.

BRON- Elsa van der Westhuizen




MAKLIKE GOEDKOOP SJOKOLADE MOUSSE

MAKLIKE GOEDKOOP SJOKOLADE MOUSSE
BRON- Merelda Hatzidarellis
FOOD LOVERS RECIPES
Hierdie resep het ek jare terug in ‘n tydskrif gekry.
1 blik Ideal melk, verkoel oornag in yskas
500 ml melk
60 ml vlapoeier
60 ml kakao
180 ml suiker of na smaak
15 ml gelatien
30 ml koue water

Sprinkel die gelatien oor die koue water en sit eenkant.
Sit die melk in ‘n kastrol en voeg die suiker by.
Sif die vlapoeier en kakao oor en roer goed met ‘n draadklitser en kook nou die mengsel oor matige hitte tot dit dik en gaar is.
Roer die mengsel deurentyd met ‘n draadklitser om klonte te vermy terwyl dit besig is om te kook en verdik.
Dit sal lyk soos Chocolate Custard as dit gaar is.
Verwyder die pot van die stoof en roer die gelatien, wat nou soos spons lyk, by.
Laat die mengsel afkoel maar roer dit gedurig sodat daar nie ‘n velletjie bo-op vorm nie. Anders sal die mousse klonte in hê.
Die mengsel moet koellerig wees anders smelt dit die Ideal Melk.
Klits die Ideal Melk tot dubbel die volume en klits die mengsel by.
Skep in glasbak met ‘n deksel.
Sit in yskas vir 6 – 8 ure, maar oornag is beter.