KLUITJIES VIR POTJIEKOS

KLUITJIES VIR POTJIEKOS
250 ml bruismeel
5 ml sout
30 ml botter
10 ml gekapte pietersielie
water om te meng

Sif meel en sout saam, vryf botter in, voeg pietersielie by en maak aan met water om sagte deeg te vorm wat jy kan skep.
Skep lepelsvol op potjiekos, sit deksel op en prut 30 min sonder om deksel te lig.

 




WENKE – ASYN DEEL 1

FLR BB Template

WENKE – ASYN DEEL 1

Asyn & Gebruike

‘n Paar druppels asyn by skoenpolitoer wat hard geword het, maak dit weer sag.

‘n Verfkwas met harde hare kan 30 minute lank geprut word in kokende asyn en agterna gewas word met skottelgoedwasmiddel.

‘n Bietjie asyn in die olie, verhoud dat vleis wat in krummels gerol is, gou vasbrand

in die pan.

‘n Lepel asyn in die water wanneer jy ‘n eier posjeer keer dat die wit versprei.

‘n Paar bakkies vol asyn in die vertrek keer ook dat die rook intrek in meubels.
Aanpaksels aan ‘n ketel se element kan verwyder word deur te kook met asyn

Asyn en koeksoda maak vir ‘n baie goeie bleikmiddel, ontsmettingsmiddel (disinfectant) en werk beter as Handy-Andy.

Asyn en sout aan vleis gesmeer, sal verhoed dat dit gou bederf en vleis sag te maak.

Asyn en warm water kan ontslae raak van ‘n mierplaag.

Biervlekke kan uit ‘n mat verwyder word deur dit met witasyn te vryf.

Citrus Soda en asyn maak ‘n aangebrande pot sommer vinnig skoon!

Die vel van tong sal maklik aftrek indien daar asyn by die water waarin dit kook gegooi word.

Gebruik een deel asyn met twee dele lyn-olie in ‘n spuitbottel. Skud goed en spuit en smeer en poleer aan soos meubelpolitoer.

Gooi ‘n bietjie asyn en suiker by uie wat gesmoor word. Dit sal ‘n lieflike ligbruin kleur en ‘n aangename geur aan die uie verleen.

Gooi bietjie asyn by olie waarin vis gebraai word. Die vis absorbeer minder olie.

Gooi asyn by vleis om dit sag te maak.

Handdoeke wat hard uit die was kom – veral in brak water – word sag gemaak deur die handdoeke in warm water met seep en

ongeveer ‘n handvol sout by (los die sout op in die water) gegooi is. Moet nie versagter gebruik nie. Spoel die seep goed uit.

Spoel weer maar gooi so 3 eetlepels wit asyn in die laaste uitspoelwater.

Bron- BOERERATE & VERBRUIKERS-WENKE




MAKLIKE PIESANG KOEKERIGE BROOD

2013-09-05-maklikepiesangkoekerigebrood
MAKLIKE PIESANG KOEKERIGE BROOD

Chef raak lus en bak….
Meng saam tot romerig:
1 koppie botter
2 koppies suiker

Meng saam:
4 eiers
8 piesangs (gerasper)

Sif by piesang mengsel:
3 koppies meel
2 teelepels bakpoeier
(ek grind sout by)

Spat so eetlepel Amarula by en wees avontuurlustig en rasper 2 fris wortels by en ‘n paar gekapte neute.  Ons skrik mos nie. Bak met liefde vir ‘n uur op 160°C.

Om ‘n donkerder kleur met piesang brood te kry, voeg Bicarb of Soda by, my resep en foto het ‘n halwe teelepel gekry.

Ek verkies om die piesang te rasper want al die ander bestanddele whisk ek in, geen elektriese menger nie, ek het juis hierdie tegniek gebruik omdat ek my Chefs oplei en hulle moet die passie van bak ondervind, die piesang vee maklik van die rasper af, die vurk metode bly maar eenvoudig huishoudelik, bak & geniet.

BRON- Tinus Pretorius




GEROOKTE SNOEK PASTEI

2013-09-04-gerooktesnoekpastei

GEROOKTE SNOEK PASTEI
Ek het nog nooit so iets gemaak nie, maar net besluit dis wat ek alles in my pastei wil sit, so die hoeveelhede is min of meer, kyk maar soos julle aangaan.
1 uie, gekap
1 teelepel fyn knoffel
+- 350 – 450 g gerookte snoek, gevlok
1 – 2 aartappels, geskil en blokkies gesny
+- 200 ml vars room
1 pakkie wit uiesoppoeier
2 eetlepels suurroom
1 pak skilferkorsdeeg
1 eier, geklits
vars pietersielie, gekap
growwe swartpeper, na smaak
wit Gouda of Mozzarella en Cheddar kaas, gerasper en gemeng
paprika

Braai die ui en knoffel in ‘n pot op die stoof met bietjie olie.
Voeg die snoek by en braai saam sodat die geure goed kan meng.
Kook intussen die aartappelblokkies in bietjie water in ‘n pot tot dit lekker sag is en plaas eenkant.
Maak ‘n sous van die room, soppoeier en suurroom, meng totdat al die sop opgelos is.
Voeg die sous/sopmengsel by die snoek en uie in die pot en kook vir so 5 – 10 min. Die mengsel sal bietjie taai lyk (Soos waarmee mens viskoekies maak).
Druk die skilferkorsdeeg op die bodem van ‘n oondbak en blindbak dit by 200ºC vir 15 minute.
Verwyder die pot met die snoekmengsel van die stoof en voeg die aartappels, geklitsde eier, pietersielie en swartpeper by, meng versigtig, sodat die aartappels nie heeltemal fyn druk nie. Die wat wel fyn druk, bind die vulsel saam met die eier, maar die ‘chunky’ stukkies is heerlik.
Plaas die vulsel op die gebakte skilferdeeg en strooi gemengde kaas bo-op met bietjie paprika.
Bak die tert vir 20 minute by 180ºC vir 10 minute op rooster.
Resep: Nadia Prinsloo




HEERLIKE WILDSFILLET

FLR BB Template
HEERLIKE WILDSFILLET
Die toorwoord is botter, room, swartpeper en “hot English mustard” van colemans.
Sny die fillet in selinders van so ongeveer twee duim dik. Laat die porsies regop staan op ‘n houtplank. Stamp dit nou plat met die chutney of ander bottel se boom.
Smeer mosterd oor en druk in vars gemaalde swartpeper.
Maak jou swaarboompan rooiwarm. Sit bietjie olyfolie in en dan botter.
Braai brandbruin aan beide kante, nie meer as ‘n minuut aan ‘n kant as jou pan regtig warm is nie (net seel en verbruin).
Plaas nou porsies op vuurvaste bord in voorverhitte oond van 250 ºC. Nie vir langer as 6 tot 10 minute nie (hang af van die dikte van die porsies en hoe gaar jy dit wil he).
Intussen deglaze jy die pan met room en sit jy versniperde sampieoene by.

Bedien met diepgebraaide ertappels en groen slaai.

Bron- Jozua de la Harpe




SOUR CREAM PASTRY

FLR BB Template
SOUR CREAM PASTRY
3 cups (350 g) cake flour
1 teaspoon (5 ml) salt
250 g butter
1 cup (250 ml) sour cream

Sift flour and salt 3 times and cut in the butter.
Use a small knife, a pastry blender or your fingertips. Be very careful if using a food processor, it is inclined to transform the dough into a paste within seconds. The knobs of butter should remain as big a peas, and never become as small as breadcrumbs, or worse, a paste.
Add all the sour cream at once to the flour mixture and cut in with a knife. Once well blended, use one hand to knead the dough until it holds together and forms a ball.
Never add extra liquid, just continue kneading lightly, the dough will become manageable and start to adhere.
Leave the dough to rest for half an hour or longer.
Roll out on a floured board and fold into thirds. Turn the dough parcel half a turn so the open side faces towards you. Roll and fold once more in the same way. Let the dough rest for another half an hour. Repeat the roll and fold process three times more. The dough is now ready for use, or can be refrigerated for 3 days or frozen for up to 3 months.

BRON- Carol Elliott Claassen




LIME VELVET CAKE

lime velvet cake

LIME VELVET CAKE
makes 1 triple layer cake
Lime Syrup
zest and juice of 5 limes
200 g sugar
250 ml water

Cake
180 g butter
300 g brown sugar
3 large eggs
3 egg yolks
315 g self-raising flour
180 ml buttermilk
zest of 2 limes
125 ml lime syrup
2 drops green food colouring

Icing
235 g cream cheese
30 ml melted butter
2,5 ml vanilla essence
180 g icing sugar
lime zest to garnish

Preheat oven 170 C, crease and line 3 x 20 cm cake tins
For the lime syrup , put the lime zest , juice , sugar and water in a pot and simmer till the sugar has dissolved. Set aside to cool.

For the cake batter, beat the butter and sugar till fluffy, add the eggs and yolks.
Add the flour and buttermilk, lime zest, cooled lime syrup and food colouring.
Spoon into cake tins and bake about 35 min.
For the icing. Beat the cream cheese and butter until smooth, add the vanilla and icing sugar and beat further.
When the cakes have cooled, spread the icing between the layers and top with more icing. Garnish with lime zest

BRON- Hanlie Oosterhuis




CURRIE LAMB

2013-09-03-lambroganjoshtested
CURRIE LAMB

1 tablespoon vegetable oil
1 large onion, finely chopped
1 teaspoonWoolworths freshly grated ginger
2 teaspoons Woolworths freshly chopped garlic
2 red chillis, deseeded and finely chopped
2 teaspoons ground cumin
1 cinnamon stick
1 x 320 g (approx) lamb leg cubes
1 x 400 g can Italian chopped tomatoes
4 tablespoons tomato purée
a good pinch of salt
200 ml organic Greek yogurt

Heat the oil in a pan and gently fry the onion until it starts to soften. Stir in the ginger, garlic, chillis, cumin and cinnamon stick and fry for 2 to 3 minutes. Fry the lamb in the mixture for 2 minutes, constantly stirring until it starts to brown. Add the tomatoes, tomato purée and salt, cover and simmer over a very gentle heat for 40 to 50 minutes or until the lamb is cooked and tender. When ready to serve, stir in the yogurt just a spoonful at a time to prevent it from curdling.

Ek het ‘n eetlepel kerrie poeier by gegooi en 3 eetlepels blatjang. En natuurlik die klein aartappels ook. Het lam skenkels gebruik

Foto- Nikki-Lee de Beer




GARNAAL STERT, SAMPIOEN EN ASPERSIE QUICHE

2013-09-03-prawntailsmushroomandasparagusquiche
GARNAAL STERT, SAMPIOEN EN ASPERSIE QUICHE
Kors:
250 ml mieliemeel
150 ml koekmeel
50 ml mielieblom (Maizena)
3 ml sout
120 ml margarien
2 eiers (ek het 1 gebruik)

Sif droë bestanddele, vryf margarien met vingerpunte tot broodkrummel beslag.
Voeg eiers een vir een by, as een genoeg is om die mengsel te bind, moet nie nog een ingooi nie.
Druk deeg in goedgesmeerde quiche pan (30 cm).

Vulsel:
garnaal stert (prawn tails) (myne was groot, so het so 2 koppies vol ingegooi)
1 pakkie 250 g sampioene, gesny

Braai die sampioene in ‘n pan met bietjie olie, sit die garnale by en braai tot gaar.

Meng:
3 eiers
250 ml room
sout en peper
10 ml suurlemoensap
100 g gerasperde cheddarkaas

Voeg die garnaal en sampioene by, roer deur en skep in kors.
Pak aspersies bo-op, sprinkel pietersielie oor en bak by 180ºC vir 30 min.

Resep en foto: Heidi Rowe




FLIPPEN LEKKA GEBRAAIDE AARTAPPELS

2013-09-01-flippenlekkeraartappels-tested
FLIPPEN LEKKA GEBRAAIDE AARTAPPELS

750 ml kookolie
750 ml koue water
8 tot 12 medium grootte aartappels, geskil en halveer

Plaas koue olie en koue water bymekaar in pot.
Voeg die heel aartappels by en plaas deksel op.
Plaas op stoofplaat op hoogste stelling.
Kook vir sowat 45 minute.
Verwyder deksel en braai vir nog sowat 15 minute.
Op hierdie stadium het al die water reeds verdamp.
MOET NOOIT ROER NIE.
Verwyder uit olie en besprinkel met Flippen Lekka Spice.
Die aartappels sal vir ten minste nog ‘n uur lank “crispy” bly.
Moenie bang wees dat die storie sal vlamvat nie. Slegs wanneer jy koue water by warm olie gooi sal dit brand slaan.

Marisa Vosloo

Foto: Natalie Jessica Koekemoer-Groot

Foto 2:  Barbara Vermeulen
2 bottels kookolie
1 bottel water
Plaas in swart pot op vuur. Sit geskilde aartappel in koue olie en wanneer dit kook, sit deksel effens skeef, wanneer die aartappels ‘crispy’ is, haal uit, dreineer op handdoekrol en gooi dadelik braaisout oor. Moenie roer nie, behalwe as aartappels al redelik crispy is.