TUISGODIN SE SOUTTERT

2013-09-10-eleonor-tuisgodinsesouttertkors
TUISGODIN SE SOUTTERT
Foto: Magda Helberg
FOOD LOVERS RECIPESE
KORS:
¼ koppie melk
¼ koppie olie
1 koppie bruismeel
½ teelepel sout

VULSEL:
1 blik boeliebief, fyngemaak (of 1 blik Weense worsies, gebruik ook die vloeistof)
1 ui, gerapser
1 tamatie, gerasper
¼ teelepel knoffel
½ koppie bruismeel
3 eiers, geklits
¼ koppie melk
sout
peper
braaivleisspeserye
mosterdpoeier
pietersielie
1 houer laevet roomkaas
175 g natuurlike joghurt
1 koppie kaas, gerasper
* Gebruik die speserye en geurmiddels na smaak

Meng die sout en bruismeel in ‘n tertbak.
Meng die olie en melk.
Voeg dit by die meel, meng goed en druk dit teen die kante van die bak.
Kors hoef nie te bak voor die tyd nie.
Meng al die bestandele van die vulsel en skep bo-op kors.
Bak teen 180°C vir 50 minute.

WENK-. Dit was heerlik gewees. Ek het bacon ipv boeliebeef ingesit.




GESTOOFDE PERSKES EN KLUITJIES

2013-09-09-gestoofdeperskesenkluitjiestested
GESTOOFDE PERSKES EN KLUITJIES
Perskes
500 g gedroogde perskes
water – genoeg om perskes te bedek (5 koppies)
knippie sout
125 ml suiker
1 eetlepel botter
Plaas die perskes in pot. Voeg water en sout by. Kook die perskes tot sag. Meng suiker en botter by.
Kluitjies
250 ml bruismeel
knippie sout
1 eetlepel suiker
water
Meng die droë bestanddele met water tot stywerige deeg vorm. Skep lepelsvol op saggekookte perskes. Sit deksel op en prut oor stadige hitte tot kluitjies gaar is.
Foto: Die Bloubakkie

Rita Olckers
Hierdie heerlikheid kan met ontbyt bedien word, dan sonder die kluitjies, met griekse jogurt, by ligte middagete met roomys en saans as nagereg met warm dun vla. Dis soos ek dit bedien en ook as bykos by vleisgereg.
Maak dit, hou dit in julle yskas, julle sal nie spyt wees nie. Ek gebruik ook die gemengde droë vrugte.
Heerlik!!!!( moenie vergeet om stukkie pypkaneel by te sit terwyl dit kook nie).

Christina De Jager
Ek maak ‘n dik sousie van vla in die soet perskes en ek meng ‘n eier in die kluitjies, my ma en pa het altyd so gemaak.

 

 




WENKE – ASYN DEEL 2

FLR BB Template

ASYN – NR 2

Hou jou wit klere wit deur dit in 5 liter water en 1 koppie asyn te week.

Indien jy hardnekkige watervlekke in ‘n beker of houer het – Vul houer met asyn en laat staan ‘n paar uur en verwyder dan met ‘n

skuursponsie. (Asyn kan oor en oor gebruik word vir die doel)

Klein geroeste artikels kan ‘n paar dae in asyn gelê word om die roes te verwyder.

Maak ‘n ou kous klam met 25ml asyn en 20ml lou water en vryf spieëls blink daarmee.

Maak ‘n pasta van asyn en koeksoda en vryf dit aan die kraag om sweetmerke te verwyder.

Maak jou stoof skoon met ‘n mengsel van sout en asyn.

Maak juweliersware skoon deur dit oornag te week in ‘n mengsel van koeksoda en asyn. Indien nodig, skrop liggies met ‘n ou

tandeborsel. Dit verwyder alle vuilighede sonder om die stene, goud of silver te beskadig.

Week pêrels slegs sowat ‘n uur. Moenie pêrels oornag week nie.

Meng lou water met ‘n handvol sout en 60ml asyn. Borsel matte met mengsel. Dit bring die kleur weer mooi na vore.

‘n Teelepel bruinsuiker gedoop in asyn neem ook hik weg.

Neem houertjies en gooi asyn daarin, as dit kan, hoe sterker die asyn hoe beter [met ander woorde die persentasie asyn wat op

die bottle staan] plaas dit nou oral rond, in die somermaande plaas ek ‘n bakkie voor die waaier en dit vul die vertrek totaal.

Dit verfris die vertrek en hou miskiete en vlieë weg.

Om glans terug te bring in kristalglase – gooi ‘n paar druppels ammonia in die was water en spoel af in asyn water.

Om hoerdervleis sag en sappig te hou, gooi ‘n koppie asyn oor voordat dit gaargemaak word.

Skrop muwwerige panne wat roes skoon met asyn en laat droog word in die son.

Smeer dadelik asyn aan brandwond – dit neem brand weg en keer blase.

Smeer ‘n bietjie asyn op ‘n bysteek nadat die angel afgekrap is – dit neem die brand weg.

Stop ‘n skoon vloerlap in ‘n plastiek groentesakkie en was jou matte daarmee. Verwyder kolle op ‘n mat met 1 deel witasyn en

3 dele water. Wit asyn haal ook bloed en rooiwynvlekke uit matte uit.

Verwyder verfkolle op vensters met asyn.

Verwyder visreuk van eetgerei deur dit in asynwater af te spoel.

Voeg ‘n bietjie asyn by pannekoekdeeg om te verhoed dat dit taai word.

Voeg asyn by uitspoelwater van gordyne. Dit sal verhinder dat stof maklik aan gordyne vaskleef.

Voeg bietjie asyn by die water as jy eiers kook. Dit keer dat die eiers bars.

Voeg twee eetlepels asyn by die water vir silwerskoon vensters.

Voordat ‘n nuwe pan gebruik word, kook ‘n bietjie skoon asyn vir ‘n paar minute daarin. Sal ook voorkom dat vasbrand.

Vryf Koperware blink met sout en asynmengsel.

Vuil mikrogolf oond – Verhit ‘n 125ml asyn in die mikrogolf (nie nodig om te kook nie). Die asyn maak al die vetterigheid los.

Vee mikrogolf met sagte lap uit.

Vul met helfte wit asyn en helfte water. Stoom die strykyster tot die tenk skoon is. Hervul met skoon water en stoom weer die

tenk leeg.

Vul nuwe ketel met helfte wit asyn en helfte water. Kook en laat oornag staan. Spoel die volgende dag uit met skoon water.

Dit voorkom verkalking.

BRON- BOERERATE & VERBRUIKERS-WENKE




WENKE – BROOD

FLR BB Template

BROOD

As jy vleisbraai en die brood is klaar – bak vinnig ‘n broodjie deur 500g bruismeel met een blikkie bier en voeg ‘n teelepel sout by. Meng alles saam en bak in ysterpot oor die kole of in die oond._

Braaibrood op die rooster is geneig om op te krul en die vulsel val dan uit. Bind net oorkruis vas met ‘n stukkie gare en die brood sal sy vulsel hou. Die gare sal nie brand nie._

Doop ou brood in water en bak dit dan weer in die oond. Dit sal vars smaak.

Indien die hout broodbord kromgetrek is, plaas dit op ‘n plat oppervlakte met ‘n klam doek bo-op vir ten minste 24 uur.

‘n Halwe aartappel in die blik hou brood vars.

‘n Stuk brood in die houer oornag maak bruinsuiker wat hard geword het weer sag.

Plaas ‘n koppie water in die mikrogolfoond as jy gevrieste brood, beskuit, pannekoek of muffins ontdooi. (Die vog sal verhoed dat die kos uitdroog.)

Plaas ‘n pakkie sout in die broodblik om jou brood vars te hou.

Bron- Boererate & Verbruikers-Wenke




MAKLIKE SUURLEMOENMARMELADE

2013-09-08-suurlemoenmarmelade
MAKLIKE SUURLEMOENMARMELADE
Was 5 groot suurlemoene goed af
Snipper met skil en al in dun repies.
Gooi 5 liter water daaroor en laat staan vir 24 uur.
Kook dan die mengsel totdat die skilletjies mooi sag is – ongeveer 20 minute.
Laat staan dan weer vir 24 uur.
Gooi die water af.
Weeg dan af en neem 500 g suiker vir elke 500 g moes.
Sny 2 groot appels middeldeur.
Voeg by vrugte (‘n baie hoe pektien).
Roer baie goed deur, laat eers stadig kook tot jou suiker heeltemal opgelos is.
Kook vir 1 uur met toe deksel en laat rus vir 6 ure.
Haal deksel af en kook vinnig totdat ‘n jellie gevorm word.
Bottel dadelik, laat heeltemal afkoel voor jy proppe opsit, of bottel warm en sit deksels dadelik op.

My notas:
Jy kan minder suiker gebruik.
Gebruik groen appels, die pektien is hoër. Pektien help met die jellie-word proses.
Foto- Cecilia Woest Hunwick




PAMPOENMOUSSE TERT

2013-09-08-pampoenmoestert
PAMPOENMOUSSE TERT
Room saam :
175 ml botter
3 eiers
200 ml suiker
Voeg by :
30 ml maizena
15 ml bakpoeier
4 eetlepel hoogvol gaar afgekoelde butternut (mash dit)
klein bietjie sout
Smeer n tertbak met botter of Spray-Cook.
Skep die hele beslag in die gespuite bak, en bak vir ongeveer 40 min by 180 ºC.
Strooi skoon kaneel bo-oor sodra dit uit die oond kom. Dit is heerlik.
Resep: Rounel Siecker




INGELEGDE BEET

2013-09-08-ingelegdebeet

My eie mengsel

Kook 1 kg beet tot sag.
Laat afkoel tot hanteerbaar.
Trek velletjies af.
Rasper of sny in skywe.
Skep in bottels tot so om & by 3/4 vol.

2 k asyn
2 k water
1 k suiker (jy kan die suiker uitlos as jy wil)
1/2 t naeltjies
1/2 t koriander
1 t swartpeperkorrels
3-4 lourierblare
Sout na jou smaak

Kook die bogenoemde speseryemengsel vir so 5-10 minute saam.
Gooi nou die kokende mengsel oor die beet in die bottels. (Versigtig! Moenie brand nie)
Maak mooi toe

BRON- Cecilia Woest Hunwick




RUSTIC HOENDER EN BACON PASTEITJIE

2013-09-08-rustichoenderenbaconpasteitjiestested

RUSTIC HOENDER EN BACON PASTEITJIE
Alles wat ek maak is “rustic”, want ek is ‘n wille kok!
Braai bacon saam met roosmaryn en knoffel, pluis hoender en meng met gaar bacon, twee hoenderborsies is genoeg vir 12 muffin pasteitjies. Voeg swartpeper en geurmiddels na smaak by. Sprinkel omtrent twee eetlepels meel oor, meng met hoender, gooi bietjie melk by, bring tot kookpunt, roer deur en verwyder van hitte. Ek het een rol puff pastry gebruik, uitgerol en vierkante gesny (10,5 x 10,5cm). Ek het vierkantige marg bakkie gebruik om dit af te druk. Plaas in muffinholtes, sit vulsel in, maak puntjies van deeg nat met water en druk effens toe. Bak plus/minus 20 – 25 min op 190grC

BRON- Louise Groenewald




PICKLED PEARS

2013-09-06-pickledpears

PICKLED PEARS
1 lemon or orange
10 cloves
2 tsp black peppercorns, lightly crushed
1 tsp allspice berries, lightly crushed
5 cm piece fresh root ginger, sliced
1 litre/1¾ pints cider or white wine vinegar
2 cinnamon sticks
1 kg bag caster sugar
2 kg small pears

Pare the zest from the lemon or orange and put in a pan with the cloves, peppercorns, allspice berries, root ginger, lemon or orange juice, vinegar, cinnamon sticks and sugar. Stir over a gentle heat until the sugar has dissolved.
Peel, core and halve the pears, then add to the pan and simmer for 15 mins, until the pears are tender. Remove the pears with a slotted spoon and put in a colander to drain. Meanwhile, increase the heat under the syrup and boil rapidly for 15 mins, until the syrup has reduced by about a third and slightly thickened.
Pack the fruit into warmed jars and pour over the hot syrup to cover. Seal, label and store in a cool dry place for a month before using

 




ONGEKOOKTE KLAPPERYS


ONGEKOOKTE KLAPPERYS RESEP

1 blikkie kondensmelk
200 g klapper
500 g versiersuiker

Meng alles saam( effe styf) maar meng net goed en as wil kleursel byvoeg kan jy so 3 ml bysit.
as goed gemeng is, druk mooi vas in gesmeerde bak. Sit in yskas vir so 15 min haal uit en sny in blokkie.

BRON- Marina Wilken van Dyk
foto:  Doreen J Visser‎