PESTO HOENDER PASTA

pesto hoender pasta

PESTO HOENDER PASTA

2 hoenderborsies, in blokkies/repies
½-¾ bottel Nando’s Portuguese BBQ Peri-Peri Marinade
2-3 eetl olie / Spray-a-Cook
1 groot gekapte ui
1-2 huisies gekapte knoffel
1 pakkie mushrooms, gesnipper
2-3 (of meer) eetl Pesto (ek gebruik ‘n hele botteltjie)
500 ml suurroom
½ pak penne pasta
sout en peper

Marineer hoender met Nando’s (sorg dat hoender goed bedek is) vir 2 ure in yskas.
Sodra hoender klaar gemarineer het, kook pasta.
Verhit olie en braai hoender bietjies-bietjies (anders kook dit) tot ampertjies gaar.
Skep uit en hou eenkant.
Verhit weer bietjie olie (ek gebruik skoon pan – die marinade raak te taai), soteer ui, mushrooms & knoffel tot sag. Geur na smaak.
Stel plaat laag & skep die hoender asook Pesto by mushroom mengsel en laat deur warm.
Laastens skep pasta & suurroom by en roer deur. Laat hitte goed deur trek vir nog so 2-3 minute. Bedien.
Foto: Suretha Jansen de Swardt




SOUSBONE

2013-09-13-sousbone
SOUSBONE
My eie resep
1 kg suikerbone ( of bont bone soos ons dit ken)
Laat le bone ‘n paar uur in kookwater (ten minste 3 ure)
Water dan af en gooi in slowcooker met kookwater bo-oor bone.
Kook op Low oornag in slowcooker.

Volgende oggend:
Voeg by:
2 koppies suiker
2 koppies asyn
Swartpeper na smaak.
Vat nou masher en mash so 4x in die pot.
Maak sous dikker met maizena -pasop vir te dik.
Bottel warm.

Hierdie resep het ek jare gelede by Joan Blom, ‘n vriendin van my, gekry.
Het hom later aangepas soos ek hom wil he.
Lekker eet want dis heerlik.
En jy het altyd slaai in die huis by die braaivleis

BRON- Elize Herholdt




WENKE – GROENTE DEEL 2

GROENTE-DEEL 2

BEET

As die beetvlek op ‘n kledingstuk is, gooi ‘n bietjie melk op die vlek en laat week in koue soutwater. Was dan in warm seepwater.

Om beetvlek op ‘n mat te verwyder gebruik gliserien met ‘n spons in te vryf en dit dan met warm seepwater te was.

‘n Eetlepel asyn by die water sal beet gou laat sag kook.

Om te verhoed dat beet oorkook, voeg ‘n mespunt botter by.

 BLOMKOOL

Kook blomkool in melk en plaas van water om die smaak te verbeter. Die melk kan dan vir die witsous gebruik word.

Sit ‘n stukkie suurlemoenskil of bietjie suurlemoensap in die water as jy blomkool kook. Dit hou die blomkool mooi wit.

 KNOFFEL

As jy ‘n sterk knoffelsmaak in jou gereg wil hê, gooi dit aan die einde van die gaarmaakproses in.

Vir ‘n minder sterker smaak, gooi die knoffel aan die begin in.

Om knoffelasem te verwyder, kou vars mint, pietersielie of seldery.

Sny knoffel fyn en gooi in kookolie in klein houertjies. Kan baie lank so in yskas gebêre word.

Die olie kan agterna weer gebruik word wat klaar knoffel geur het.

 PAMPOEN

Om ‘n gesnyde pampoen vars te hou, verwyder die pitte en bedek die binnekant met ‘n lagie koeksoda.

Om te verhoed dat die hande vlek wanneer pampoen geskil word, smeer die hande vooraf met bietjie botter of vet.

 PATATS

Stowe patats kry ‘n mooi kleur as ‘n mespunt koeksoda bygevoeg word terwyl dit kook.

 RADYSE

Skud radyse in ‘n fles vol water om hulle deeglik te was.

 TAMATIES

As tamatie- en uiemoes gemaak word vir braaivleis of ander geregte, gooi ‘n kwart koppie melk op die end by en roer goed. Dit voorkom sooibrand by die mans.

‘n Knippie kerriepoeier by tamatiesop verbeter die smaak.

 

Tamatiesous –

Gebruik 2kg Tamaties waarvan die kern en pitte verwyder is, 2 koppies suiker, kwart koppie appelasyn, half teelepel sout.

Versap die bestandele saam en kook by ‘n lae hitte vir ongeveer 1 uur. Roer gereeld.

Gooi deur ‘n sif om stukkies te verwyder Voeg 1 verpoeierde Vitamien C tablet by om die kleur te behou.

Vries of lê die tamatiesous in vir latere gebruik.

Rissiepoeier of paprika kan voor die kook proses bygevoeg word vir smaak.

 SLAAIKOPPE

Maak verlepte slaaiblare weer bros deur dit in ‘n bak yskaswater te plaas; nie yswater nie.

Slaaikoppe bly langer vars in die yskas in papiersakke, nie plastieksakke nie.

 UIE

Gooi ‘n bietjie asyn of suiker by uie wat gesmoor word. Dit sal ‘n lieflike ligbruin kleur en ‘n aangename geur aan die uie verleen.

Om te voorkom dat uie wat bewaar word uitloop, kan die worteltjies in kookwater gebrand word voordat dit opgehang word.

BRON- BOERERATE & VERBRUIKERS-WENKE




WENKE – VERSKEIE

 

2013-09-13-1444933_121005075129_boererate

Grondboontjiebotter

As jy per ongeluk jou skeerroom vergeet het op ‘n wegbreeknaweek, kan grondboontjiebotter gebruik word.

Vang muise of rotte met grondboontjiebotter, hulle verkies grondboontjiebotter bo kaas.

Verwyder gom (superglue ens) vanaf meubels: Vryf met grondboontjiebotter oor die gom en dit sal loskom.

Verwyder kougom van hare deur ‘n teelepel grondboontjiebotter in die kougom te vryf en dit sal gou loskom.

Verwyder krapmerke op CD’s deur grondboontjiebotter daarop met ‘n sagte lappie te vryf.

 Kaas

Bêre kaas in aluminium folie. Die kaas sal langer vars bly en nie muf nie.

Kaas sal nie muf as ‘n klontjie suiker in die bak gehou word nie.

Voordat jy kaas rasper, smeer botter oor rasper om die skoonmaak agterna te vergemaklik.

Maaskaas hou langer as jy dit onderstebo bêre.

 Koffie

Bêre koffie in die yskas om dit vars te hou.

Kookolie

Gooi bietjie sout in die braaipan om te keer dat die vetspat.

Sny die onderste deel van ‘n wynbottelhouer af en bêre jou kookoliebottel daarin. Die kartonhouer suig olie wat drup op.

Kastrol

As jy aangebrande kos vinnig uit ‘n kastrol wil verwyder, kan jy dit vul met kookwater waarby twee eetlepels sout gevoeg is.

Strooi koeksoda op die aangebrande deel in ‘n pot. Maak klam met ‘n bietjie water en skrop.

Verwyder die bruin aanpaksel met ‘n droë stukkie staalwol, terwyl die pan nog warm is.

BRON- BOERERATE & VERBRUIKENS-WENKE




PAMPOEN MUFFINS

2013-09-13-pampoenmuffins
PAMPOEN MUFFINS

Pompoenmuffin, gebakken van de eerste zelf gekweekte pompoen

2 eieren / eiers
200 gr suiker
250 gr pompoen( gestoomd en daarna gepureerd)
250 gr bloem / koekmeel
½ theelepel bakpoeder
½ theelepel zout
100 ml olie
Sesam zaad

1Klop de suiker en de eieren luchtig
Roer de bloem en pompoenmoes er door en meng dit goed
Voeg zout en bakpoeder toe, goed mengen en dan de olie weer goed mengen
Doe paiperen vormpje in de muffin vorm, verdeel het mengsel hierin, bestrooien met sesam
Zet in de oven op 180 graden voor 20 minuten
Als je met een stokje er in steek en er plak niets meer aan is het goed
Eet smakelijk.

N.S. Bloem is koekmeel

BRON- Annet Geelhoed




GIDEON SE KAIINGS

2013-09-13-kaiingsgideonlouwtested

GIDEON SE KAIINGS
Myse uitgebraaide sagte vet, ‘n vars gebakte brood , kaiings en goue stroop, was baie lekker, en laat my dink aanso 50 jare gelede toe ek so 10 jaar oud was lekker heimwee.

Ek maar geleer by my ma, sys nou 88 ek sny die sagte vette af maar glip party kere so innie vleiserigheid in met die mes, sny alles in kleinerige blokkies kook dit dan op lae hitte +- 2 ure gooi n bietjie melk by my ma het gese dit maak die kaiings bruin voeg sout by na smaak ( ek lief n souterige kaiing ) as dit dan bruin genoeg is gooi ek die vet af en die kaiings op handoek papier ( vet skaapstert maak altyd lekker kaiings ) hou maar dop vir brand en roer soms.
Resep en Foto: Gideon Louw
Nota: Rina Kleinhans
Dit hang af hoe grof jy dit wil he, my ma het dit altyd gemaal, maar as mens hom lekker wil eet dan sny mens hom lekker groterige stukkies met so effense vleisie nog aan en braai hom baie baie stadig




KOS PLATTER

2013-09-13-kosplatter
KOS PLATTER

Ek het gemaak:
mincebolletjies
kerrie-sosatie beesvleis blokkies
gewone beef sosaties(spur basting gebruik)
sweet en sour varkvleis blokkie sosaties
lemon en herb hoendervlerkies
pork sparerib(in klein porsies)
kaas uitjies
polonie stokkies
En laastens sit ek baie liefde en genade in die platters!!!

BRON- Sonia de Jongh




MAKLIKE PASTA EN MAALVLEIS AANDETE

maklike paste en maalveis geregtested
MAKLIKE PASTA EN MAALVLEIS AANDETE
Genoeg vir 6 mense
30 ml (2 eetlepels) olie
6 repe spekvleis, gekap
2 uie, gekap
4 knoffelhuisies, gekap
500 g beesmaalvleis
2 wortels, gerasper
60 ml (¼ koppie) blatjang
250 ml (1 koppie) beesvleisaftreksel
1 blik (410 g) gekapte tamaties
3 lourierblare
4 takkies tiemie
12 songedroogde tamaties
sout en vars gemaalde swartpeper
500 g pasta (ek voel dit is te veel 250-300g is oorgenoeg)
’n hand vol basilie, geskeur

Verhit die olie in ’n kastrol oor matige hitte en braai die spekvleis tot gaar. Voeg die uie en knoffel by en soteer tot sag.
Verhoog die hitte, voeg die maalvleis by en braai terwyl jy enige klonte opbreek. Voeg die wortels en blatjang by.
Giet die aftreksel by en verminder die hitte tot matig. Roer die tamaties, lourierblare, tiemie en songedroogde tamaties in en laat prut 10 minute of tot die aftreksel verminder het. Geur met die sout en peper.
Kook die pasta volgens die aanwysing op die verpakking tot net gaar. Dreineer en vou versigtig by die maalvleismengsel in.Sit voor met die basilie bo-oor gestrooi

Nota:  Rina Kleinhans
Ek het gisteraand hierdie pasta en maalvleis gereg gemaak, dit is baie baie lekker ek het net die volgende verander. Die 500 g pasta is baie te veel vir die vleis mengsels, ek sal se so 250 g – 300 g sal goed genoeg wees. Dan het ek sampioene bygesit en ook op die einde ‘n pakkie Smokey BBQ Oxtail soppoeier aangemaak met ongeveer 350 ml water, die sous was vir my te min. Ek het ook die pasta onder in ‘n oond bak gesit, die maalvleis mengsel bo-op en lekker baie kaas en in die oond gebak, regtig heerlik, en baie kan maklik 6 mense kos gee. Net met gesnyde piesang bedien en dit maak regtig ‘n verskil…
Foto: Rina Kleinhans




WENKE – GROENTE DEEL 1

WENKE – GROENTE DEEL 1
Groente:
Om groente gouer te laat sag kook, voeg ‘n teelepel suiker by terwyl dit kook.

Om groete langer vars te hou, draai dit in waspapier toe voordat dit in die yskas gebêre word.

Week bone, stampmielies en ander soortgelyke droë kos oornag. Dit sal tyd, geld en ure se kookwerk bespaar.

Aartappels

‘n Bietjie melkpoeier maak die aartappels ook mooi donsig.

‘n Gerasperde ui gee ‘n besonderse smaak aan kapokaartappels.

Aartappels braai baie mooi bruin as dit eers in meel gerol word.

Giet slaaisous oor terwyl die aartappels nog lou is en dit trek in die aartappels in.

Giet 5 ml melk in ‘n kastrol waarin jy aartappels kook. Dit voorkom dat dit kleur verloor

Kapokaartappels is lig en sag as ‘n knippie bakpoeier bygevoeg word.

Kook aartappels in twee dele melk en een deel water om dit smaakliker te maak.

Laat aartappels vir 30 minute in melk lê om mooi bruin te bak.

Om te verhoed dat aartappels uitloop plaas jy ‘n vars groen appel by dit.

Voeg ‘n bietjie gerasperde suurlemoenskil by aartappelslaai vir ‘n pikante smaak.

Voeg eetlepel asyn by olie waarin aartappelskyfies gebak word. Dit maak skyfies bros en die olie skuim nie.

Voeg ‘n vleisekstrakblokkie in die olie waarin aartappelskyfies gebak word vir ‘n heerlike geur.

Voeg suurlemoensap by die water as jy ‘n aartappel met skil en al kook. Die aartappel sal wit wees en jou potte sonder vlekke.

Geplaas deur Linda Venter




WENKE – EIERS

 

eiers

Eiers

As jy ‘n gekookte eier se dop oopgesny het en dis nog te rou na jou sin, plaas die afgesnyde deel terug en bedek die hele eier met kleefplastiek. Sit dit terug in die kookwater en kook dit verder

As jy die eier oopbreek om dit gaar te maak, gooi dit altyd eers in ‘n piering anders kan jy dalk die ander eiers in die pan bederf as hy sleg is.

As jy eiers oopbreek en die eierwit en eiergeel loop dadelik dan is die eiers nie baie vars nie.

As jy koek bak en jy sit dalk sonder eiers, gebruik asyn. 1 teelepel asyn is die ekwivalent van 1 eier. Veral belangrik as jy ‘n cholesterolvrye dieet volg.

Bêre eiergeel in ‘n koppie in die yskas en bedek met koue water om te keer dat ‘n skil vorm. Gebruik binne vier dae.

Die kleur van die eier het nie noodwendig ‘n negatiewe uitwerking nie.

Dop gekookte eiers dadelik af om te keer dat ‘n swart ring om die eiergeel vorm.

Eiers by langer vars as hulle by ‘n temperatuur van 5°C en by ‘n vog gehalte van 70% tot 80% bewaar word.

Gebruik mayonnaise om oor pasteie te smeer: Dit bevat ook eiers en so spaar jy ‘n eier.

Gebruik natuurlike produkte om Paas-eiers te kleur.

Beet – Rooi

Saffron – Geel

Spinasie sap – Groen

Geklitste eiers met ‘n knippie sout kan vir drie maande gevries word.

Gooi gekookte eiergeel in ‘n ‘zip-lock’ sakkie. Seël sakkie en druk fyn. Gooi ander bestanddele by en meng goed.

Sny nou die punt van die sakkie stukkend. Druk die inhoud by die gaaitjie uit. Gooi dan die sakkie weg.

Kyk wanneer is hulle verval datum – Januarie word byvoorbeeld aangedui as 001 en Desember as 365.

Maak seker die eiers is op ‘n koel plek as jy dit aankoop – dit voorkom dat organismes groei.

Moenie gekraakte of vuil eiers koop nie.

Moet nooit ‘n eier in die dop in ‘n mikrogolf kook nie, want dit sal ontplof.

‘n Gekraakte eier bly bruikbaar as jy die kraak met botter verseël en die eier dan kook.

‘n Lepel asyn in die water wanneer jy ‘n eier posjeer keer dat die wit versprei.

Om eiers langer te laat hou meng jy 400g ongebluste kalk met 6 liter water en plaas die eiers daarin.

Om te keer dat eiers bars wanneer jy dit kook, sit ‘n speld of teelepel in die kastrol.

Om te toets of ‘n eier vars is, sit dit in ‘n maatbeker met 600ml water.

As die eier baie vars is, sal dit op die sykant op die bodem lê.

Sny hardgekookte eiers deur met mes wat in water gedoop is en die eiergele sal nie breek nie.

Vir lekkerder roereiers of omelette, klits suurroom, roomkaas of room by.

Voeg bietjie asyn by die water as jy eiers kook. Dit keer dat die eiers bars.

Wanneer jy eiers bak, sprinkel ‘n bietjie sout of meel oor die olie voordat hy die eier in die pan breek.

Die eier sal dan nie aan die boom van die pan vassit nie.

BRON- Boererate & Verbruikers-Wenke

EIERS
HOE OM EIERS TE BEWAAR EN TE VRIES

HOE OM EIERS TE BEWAAR
Nadat jy inkopies gedoen het, gaan reguit huis toe en bêre die eiers in ‘n yskas of temperatuur van 4,5grade C of koeler.
Hou dit in die eierhoue en plaas in die koudste deel van die yskas.
Moenie eiers was nie – die beskermende lagie minerale-olie sal afgewas word wat die kans vergroot dat bakterie”e die dop kan binnedring.
As jy te vinnig oor ‘n spoedhobbel gery het en jy kom met ‘n klomp gekraakte eiers by die huis aan, breek hulle in ‘n skoon houer oop, bedek goed en bewaar in die yskas, maar gebruik binne twee dae.
Eiers behoort nie langer as twee uur buite die yskas l^e voordat dit gebruik word nie.

OM EIERS TE VRIES:
Eierwitte kan net so, sonder enige byvoegings, gevries word.
Eiergeel kan met groot sukses gevries word deur vir elke 12 eiers, 5ml sout of 20ml suiker of heuning of 10ml gliserien by te voeg.
Die gevriesde eiers moet egter eers goed ontvries voordat jy dit kan gebruik.