BOEREMEISIES-APPELKOSE IN BRANDEWYNSOUS


BOEREMEISIES-APPELKOSE IN BRANDEWYNSOUS
Dis ‘n eg-Kaapse gereg van appelkose in brandewynstroop soos die
Kapenaars toentertyd hul vrugte ingemaak het. Sulke vrugte is in
kelkies as nagereg voorgesit. Dis ook lekker in vrugteslaai. Kies
die mooiste appelkose hiervoor.
ryp, stywe appelkose
brandewyn
gelyke hoeveelhede witsuiker en water, 5 minute lank saamgekook
Was die appelkose, prik elkeen met ‘n stopnaald of toetspen en pak in gesteriliseerde flesse.
Meng brandewyn en stroop om die helfte en vul die flesse daarmee.
Draai die deksels lossies op.
Plaas die flesse op ‘n rakkie in ‘n groot kastrol en vul die kastrol tot by die nekke van die flesse met water. Verhit totdat die inhoud van die flesse kookpunt bereik.
Haal die flesse uit en verseël dadelik.
Nota:
Die oomblik wanneer die stroop in die flessies begin kook, moet jy dit dadelik uithaal, anders is die appelkose pap. Ook gesien dat die heel boonste appelkoos oorbodig is, die appelkose swel en sodra die deksel dan opgesit word, dan druk van hulle stukkend.
FOTO – Petré Van Jaarsveld








