WENKE VIR DIE GAARMAAK VAN WILDSVLEIS

WENKE VIR DIE GAARMAAK VAN WILDSVLEIS
Jerenice Stafford Goosen – Hoe maak mens dat wilds vleis nie daai wilde reuk en smaak het nie? Ek en die kinders probeer om dit te eet, maar daai smaak en reuk is te veel. Gee raad asseblief, want ons het vriende wat gedurende jag tyd vir ons gee, maar dan moet manlief maar alleen eet.
Petré Van Jaarsveld – Kook eers met ‘n bietjie uie, naeltjies en asyn, water dan af en kook dan weer met uie, naeltjies, bietjie knoffel en asyn of rooiwyn, lekker blokkies varkspek by en klein aartappeltjies.
Hermien Van Rooyen – Marineer dit in rooiwyn en karringmelk. 2 dae. Baie roosmaryn en pietersielie en naeltjies. Stop met knoffel en spekvleis.
Mickayla Swart – Sit twee lobbe fennel en ‘n ½ koppie asyn en so 5 naeltjies in en kook vir ‘n halfuur na ‘n uur, dreineer water af en haal fennel lobbe uit. Kook dan verder soos normale beesvleis.
Erik Groothuijzen – Appelsap help ook om van die wilde smaak en reuk ontslae te raak. Sê net as julle daarvan ontslae wil raak.
Maryka Harris – smooth peanut butter so 5 eetlepels saam rooiwyn en karringmelk werk ook.
Ylonda Kilian – Spoel af met koeksoda, het dit al baie gemaak.
Anna Marie Durand – Karringmelk of natuurlike jogurt, giet oor vleis en laat oornag in dit lê, spoel af volgende dag en kook met lekker speserye van jou keuse vir my is knoffel, naeltjies en koljander ‘n moet.
Yolandi Yollie Tolken – Laat lê oornag in asyn water en wanneer jy kook meng naeltjies bietjie asyn en room by, glo my dit werk, maak elke jaar self so.
Estelle Krüger Van Pletzen – Ek lê myne vir 3 dae in dikmelk (maas). Sit dit sommer in plastiek sakkie en giet die maas daarin. Draai elke oggend en aand. Net nie naeltjies nie dit gee walglike smaak. Tensy jy daarvan hou. Kook met gemengde kruie en braai speserye. Voeg so bietjie spek (bacon) stukkies by, wildsvleis is geneig om bietjie droog te wees.
Alta Gunter Van Dyk – Ons karoo mense laat lê ons wildsvleis vir so ‘n uur in asyn water en dan spoel jy dit goed af, kook of braai met paar heel naeltjies, gebreekte koljander, sout en peper en jou varkspek of vark skenkels, ander is jou wild te droog. As jy nie vark of lekker vet skaap het nie, sit olie in jou vleis, jy kan ook ‘n heel wortel en seldery insit en uithaal voor jy jou vleis fyn maak. Naeltjies moet oordeelkundig gebruik word, 2 is genoeg.
Johan Du Preez Snr – Maak ‘n sterk aftreksel van rooibos tee en kook eers jou vleis daarin. Dit is gewoontlik jou blaarvreters (Kudu, Rooibok ens.) wat ‘n wilds reuk en smaak het. Die grasvretende spesies het nie dieselfde reuk en smaak nie (gemsbok, eland en springbok.) Dit is maar my ondervinding.
Yolandi Van Der Merwe – Maak dit gaar saam met sitrus vrugte. Lemoene werk lekker. Sommer skil en al.
Marianina Nina Mojet Jordaan – Laat dit oornag in karringmelk lê. Dit trek die wild uit. (Gooi weg as jy vleis uithaal) En ek maak dit gaar in Griekse slaaisous. En moenie skaam wees met kruie nie. Chutney en peppadew spice ook ‘n hit.
Magriet Britz – Naeltjies en asyn maak dit baie lekker en dan kan jy ook goeie rooiwyn gebruik.
Monica Knight Pieterse – ‘n Hele bottel Franse slaaisous op so 2 kg se vleis, lekker sag ook dan.
Estelle Krüger Van Pletzen – Potjie. Kook met goeie rooiwyn en baie droë vrugte. Gemengde kruie en bbq speserye, knoffel en uie, sampioene, aartappels en groente.
Ellouise Grundling – ek kook al jare wildsvleis op die manier: kook dit half gaar, dreineer die water af. Sit skoon water in met al jou speserye en lekker goetertjies. My wildsvleis proe soos gewone beesvleis, omdat jy die bloedwater afgooi, gooi jy die wild smaak uit.








