
WENKE VIR GEVRIESDE PIESANGS
Lina Victor – Baie piesangs enige voorstelle… kan mens dit vries
Rina Kleinhans – Lina Victor jy kan dit mash en in porsies vries soos bv vir piesangbrood of muffins en dan kan jy dit ook met skil en al heel vries, en dan weer gebruik in kos, mens kan ongelukkig net met dit kos maak en smoothies is ook heerlik
Heleen Meyer – RSG – Hier is ’n lekker wenk met oorryp piesangs: vries oorryp piesangs in die skil tot jy weer wil piesangbrood bak. Die skil word pikswart, maar wanneer dit ontdooi is, skil die piesang maklik af en kan die vrug net fyngedruk word. Vries die piesangs in ’n sakkie en druk soveel as moontlik lug voor dit gevries word.
Jenifer Venter – Ek vries hulle skil en al. Haal n rukkie voor gebruik uit. Skil word swart maar binne makeer niks
Adele Labuschagne-Hansen – Sodra mens die skil afhaal oksideer die piesang (word swart) Anders moet jy maar mash en bietjie suurlemoen deurroer. Ek sou aanraai dat jy die piesang skil en al vries
Rika Fernandez Holloway – Ek vries myne ook met skil maar het al dit gemash en in bakkies gevries. Dit het nie swart geword nie.
Johan van Lelyveld – Ek vries myne fyngedruk in bakkies sonder suurlemoensap. Om in die skil te vries werk vir my nie so lekker nie, die piesangs raak te waterig wanneer dit weer ontvries.
Elizma Laubscher – ek het in skyfies gesny, sonder suurlemoensap, word nie bruin nie. Gaan gebruik vir smoothies
Linda Venter – Vries dit in blokkies…en gebruik dit in disse en souse.
Nicolette Papas – Nope al hoe piesang goed vries is op ‘n stokie gedoop in sjokolade. Dan eet jy dit soos ‘n roomys. Heerlik in die somer.
Geraldene Camons Cartwright – Ek vries piesangs met goeie resultate. My piesangbome in tuin dra trosse met +/- 100 piesangs. Skil piesangs. Sny in die lengte deur en pak langs mekaar in plastiese sakkies. Druk alle lug uit. Vou plastiek oor en plaas in vrieskas. Die piesangs verkleur glad nie. Gebruik die bevrore piesangs in gladde Jantjies (smoothies) , piesangbrood en muffins.