SOET KERRIE MAYO RYSSLAAI


SOET KERRIE MAYO RYSSLAAI
Kook twee koppies spicy rice met sout na smaak tot net gaar en los.
Smelt twee eetlepels appelkoos konfyt in n klein potjie.
Voeg een gekapte ui by en braai stadig tot sag.
Meng in aparte bakkie
halwe koppie suiker,
100 ml Wellington tamatie sous ,
2 tel Rhaja mild and spicy kerrie
½ tel asyn en koppie warm water tot goed gemeng.
Gooi by uie en kook vir 5min stadig deur.
Meng die warm sous met 375 ml kwaliteit mayonaise. Meng een blikke Koo sweet corn, pea and red bell pepper by die warm rys en gooi mayo mengsel oor en meng goed deur. Laat staan tot af gekoel en plaas in yskas. Moet nie te veel bekommer as dit baie loperig lyk nie, sous trek in die rys in.
BRON – Franco Dippenaar








